
Monitor
4,363 episodes — Page 23 of 88

Monitor 6 Junie 2022
Reaksie op die jongste misdaadstatistiek. Wêreld Omgewingsdag is gister herdenk. Mense bo vyftig kan nou 'n bykomende Covid-19-versterkingsdosis kry.

Monitor 3 Junie 2022
Boere naby Calitzdorp in die Wes-Kaap sukkel steeds om kop bo water te hou. Dokters verwag dat meer mense hierdie winter griep en verkoue sal kry ná die verslapping van inperkingsmaatreëls. Meer kinders sukkel met hulle geestesgesondheid.

Monitor 2 Junie 2022
Die polisie bevestig dat die voormalige spioenbaas, Arthur Fraser, misdaadklagtes teen president Cyril Ramaphosa gelê het. Die Nasionale Vervolgingsgesag maak vordering met ondersoeke na apartheidsmisdade. 'n Beskuldigende vinger word onder meer na die polisie gewys omdat duisende misdadigers vry rondloop.

Monitor 1 Junie 2022
Suid-Afrika se werkloosheidskoers het ietwat verbeter. Brandstofpryse het om middernag skerp gestyg, ondanks nóg 'n tydelike verlaging in die brandstofheffing. Oproepe dat meer hulpbronne beskikbaar gestel word om plaasaanvallers agter tralies te kry.

Monitor 31 Mei 2022
Motoriste wag in spanning op 'n skerp styging in die brandstofprys, maar die regering rep nog geen woord hieroor nie. Ons praat oor 'n belangrike uitspraak in die Konstitusionele Hof oor wapenlisensies.

Monitor 30 Mei 2022
Ons praat met die voorsitter van die raad van die Afrikaanse Taalmonument. 'n Taalkundige vra vir 'n Groot Afrikaanse Gesprek. Die Amerikaanse Vuurwapenvereniging maak sy stem dik kort ná die massa-skietdood van 19 skoliere en twee onderwysers.

Monitor 27 Mei 2022
Die stompkopkewer-plaag kan die ekonomie miljarde rand kos. Kundiges glo krag wat uit afval opgewek word, kan energiesekerheid bevorder. Navorsing wys leerlinge het 'n jaar se agterstand in lees- en syfervaardighede weens die Covid-19-pandemie.

Monitor 26 Mei 2022
Die jongste massa-skietvoorval in Amerika plaas vuurwapenbeheer weer in die kollig. Kritiek teen die Taalmonument-voorstel kring uit. Die Suid-Afrikaanse dubbelspelspeler, Raven Klaasen, en sy Nederlandse maat is deur na die volgende ronde van die Franse Ope.

Monitor 25 Mei 2022
Agttien kinders en drie volwassenes word by 'n laerskool in Texas in die VSA afgemaai. Kommer is aan die toeneem oor die volgende brandstofprysstyging van 'n geskatte R3,50 per liter. Die Minister van Polisie, Bheki Cele, sê nagenoeg R30-miljoen sal vir die stryd teen bendegeweld beskikbaar gestel word.

Monitor 24 Mei 2022
KwaZuluNatal wéér in die greep van vloede en modderstortings. Ons praat met 'n klimatoloog oor die verwoesting in die provinsie. Hoe bang moet Suid-Afrikaners vir aap-pokke wees?

Monitor 23 Mei 2022
Oorstromings vind weer in KwaZulu-Natal plaas, veral in Umdloti, noord van Durban. 'n tweejarige seuntjie sterf in 'n busongeluk op Wildernishoogte naby George. ‘n Oudsoldaat pak die tog aan na Ondangwa in die verre noorde van Namibië om aandag op PTSV en geslagsgeweld te vestig.

Monitor 20 Mei 2022
'n Kenner sê 'n deeglike ondersoek is nodig na die stand van die land se watervoorraad. Herlewingsboerdery word toenemend gewild in Suid-Afrika. Dr. Willem Botha van die WAT praat oor die woord, boelie.

Monitor 19 Mei 2022
Die vierde deel van die staatkapingsverslag word aan die parlement oorhandig. 'n Koue en nat naweek lê vir groot dele van die land voor. Oekraïne se ambassadeur besoek NAMPO om die landbousektor ná die oorlog te herbou.

Monitor 18 Mei 2022
Brandstofpryse kan in Junie met bykans R2 per liter styg. 'n Swart student by Maties lê 'n klag by die polisie nadat 'n video van 'n klaarblyklike rassevoorval op sosiale media versprei word. Ons kry die jongste landbounuus by die Nampo-oesfees in die Vrystaat.

Monitor 17 Mei 2022
Matie-betogers eis dat 'n student permanent geskors word ná 'n beweerde rassevoorval. Tony Yengeni en Raymond Zondo is op die drumpel van 'n kaalvuisgeveg voor die Regterlike Dienstekommissie. Ons skakel oor na Suzanne Paxton by die NAMPO-Oesdag waar die bedryf se brandpunte onder die soeklig is.

Monitor 16 Mei 2022
Sowat 160-miljoen kinders wêreldwyd is arbeiders, en die helfte van hulle is van vyf tot elf jaar oud. NAVO vergader oor Finland en Swede se moontlike lidmaatskap terwyl Oekraïne militêre suksesse teen die Russe aanteken. Die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap is op die vooraand van Dag Zero wat water betref.

Monitor 13 Mei 2022
Belanghebbendes in die landbousektor onderteken 'n meesterplan om groei in die sektor te stimuleer. Die voormalige Minister van Finansies, Trevor Manuel, dreig met regstappe teen die mediapersoonlikheid JJ Tabane oor bewerings in verband met die Congress of the People. Siggestremdes gaan hof toe teen kopieregwetgewing. Die kommunikasieowerheid, OKOSA, wil biometriese data soos vingerafdrukke, gesigsherkenning en retinaskanderings met SIM-kaarte koppel. AmaBhungane en die Financial Mail slaag met hulle aansoek oor die Steinhoff-verslag. Tienduisend rybewyskaarte lê onafgehaal by rybewyssentrums.

Monitor 12 Mei 2022
Kommer oor miljoene KwaZulu-Natallers wat nie ingeënt is nie. 'n Tukkie verwerf sy geskiedenisgraad oor koesisters en koeksisters. Hoe kan en moet Afrika kernkrag vreedsaam toepas?

Monitor 11 Mei 2022
Begunstigdes van die R350-noodtoelaag sal nie meer dié geld by takke van die Poskantoor kan trek nie. Die regering wil verpligte gemeenskapsdiens vir regslui instel. Statistieke Suid-Afrika het nog drie dae oor om vanjaar se sensusopname in die Wes-Kaap te voltooi.

Monitor 10 Mei 2022
Die DA-leier praat oor sy besoek aan Oekraïne. Suid-Afrika is die land wat sesde ergste onder kubermisdaad deurloop. Tot hoe 'n mate benadeel faksiegevegte die ANC? Ons praat met 'n politieke ontleder.

Monitor 9 Mei 2022
Boere is ongelukkig oor die sluiting van die R30-pad tussen Allanridge en Bothaville. Nog 'n groot sardientjieloop aan die KwaZulu-Natalse kus verwag. Studente en werkersvakbonde in Zimbabwe hou vandag 'n wegblyprotesaksie.

Monitor 6 Mei 2022
Motoriste wat nagelaat het om hulle rybewyse te hernu, is van vandag af voëlvry, of fair game soos die Engelse sê. Of dalk nie - ons praat met die Metropolisie in Johannesburg om te hoor wat nou gaan gebeur. Baie waarnemers sê skrootwerwe moet gesluit word om kabeldiefstal te bekamp.

Monitor 5 Mei 2022
Een uit elke vyf Suid-Afrikaanse boere beplan om oor die volgende dekade uit te tree. Die hoër dieselprys is 'n gevoelige slag vir die landbousektor. Hulde aan 'n bekende spotprent-tekenaar.

Monitor 4 Mei 2022
Die regering word versoek om sy pogings te verskerp om geslagsgeweld hok te slaan. Beurtkrag sal tot volgende week toegepas word. Die militêre regering in Mali verbreek sy verdedigingsooreenkomste met Frankryk.

Monitor 3 Mei 2022
Die DA lê besoek af in Oekraïne. Rusland onttrek aan die internasionale ruimtestasie, maar behou beheer oor sy wentelbaan. Ons praat met twee vlieëniers wat om die Suid-Afrikaanse kus vlieg.

Monitor 2 Mei 2022
'n Kenner verduidelik die konsep van 'n sogenaamde "gig"-ekonomie. Een uit elke vyf reptiele word deur uitsterwing bedreig. Daar is 'n groot toename in hoërskoolleerlinge wat dagga op skoolterreine gebruik.

Monitor 29 April 2022
Indonesië plaas 'n verbod op die uitvoer van palmolie. OUTA sleep Nersa hof toe oor die goedkeuring van lisensies aan Karpowership. Sakelui en inwoners van Kirkwood is bekommerd oor die langdurige impak van betogings deur plaaswerkers op die plaaslike ekonomie.

Monitor 28 April 2022
Boere is skepties oor die ANC-regering se nuwe grondhervormingsplan. 'n Swart vrou sal vir die eerste keer aan 'n langtermynsending aan boord van die internasionale ruimtestasie deelneem. Die internasionale strafhof ondersoek agtduisend gevalle van oorlogsmisdade in Oekraïne.

Monitor 27 April 2022
Is die land reeds in die greep van die vyfde vlaag van Covid-19? Vryheidsdag word vandag gevier, 28 jaar ná die eerste demokratiese verkiesing. Vandag is ook Wêreld Gidshonddag.

Monitor 26 April 2022
Humanitêre organisasies het hulle hande vol in KwaZulu-Natal ná die oorstromings van twee weke gelede. 'n Geskil tussen die Eskom-raadslid, Busisiwe Mavuso, en die parlementêre komitee, SKOOR, ontlok wye reaksie. Is dit meer gesond om kaalvoet te loop?

Monitor 25 April 2022
Boere in KwaZulu-Natal lei meer as R500-miljoen se vloedskade. Hulde aan die politikus en Springbok-rugbykaptein Dawie de Villiers. Ons praat met die president van die Blou Bulle oor die ontydige afsterwe van die oud-Bok Pedri Wannenburg. Vandag is Internasionale Malariadag. Die plaaslike gruwelfliek, Gaia, bekoor internasionale gehore.

Monitor 22 April 2022
Meer kleinsakeondernemings huur persele in winkelsentrums. Blind SA se stryd om toegang tot duisende boeke in Braille, draai in die Konstitusionele Hof. Die Suid-Afrikaanse Poskantoor beplan om sy dienste en mandaat uit te brei.

Monitor 21 April 2022
Geld stroom steeds in vanuit alle oorde, ook uit die buiteland, om slagoffers van die vloedramp in KwaZulu-Natal en elders te help. Intussen gaan Suid-Afrikaners voort met opruimingswerk. Die parlementêre oorsigkomitee, SKOOR, besoek die Medupi-kragstasie om uit te vind wat beurtkrag noodsaak. 'n Doktorsgraadstudent van Stellenbosch ontwikkel 'n botsingvoorkomingstelsel vir hommeltuie.

Monitor 20 April 2022
Inwoners van Eldorado Park in Johannesburg staan op teen kabeldiewe en vandale. 'n Energiekenner praat oor Eskom se probleme - en moontlike oplossings. Sowat vyfmiljoen Oekraïners het reeds uit hulle land gevlug.

Monitor 19 April 2022
Siniese Suid-Afrikaners sien groot potensiaal vir korrupsie in die regering se R1-miljard reddingsboei vir die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal, maar president Cyril Ramaphosa kondig spesiale maatreëls aan om dit te verhoed. Inwoners van Kleinsee vra die regering weer eens om delwerye te wettig.

Monitor 18 April 2022
Minstens 63 mense word steeds in KwaZulu-Natal vermis, terwyl duisende inwoners sonder skuiling, elektrisiteit of water moet klaarkom. Gerda Steyn verpletter 'n drie dekade oue rekord. Nóg 'n groot prestasie vir die Matie-koor.

Monitor 15 April 2022
Die omvang van die vloedskade aan die landboubedryf in KwaZulu-Natal word nog bepaal. Die prys van diesel het die afgelope tyd skerp gestyg. Is jy getel? Ons vind uit hoe vanjaar se sensusopname verloop. 'n Rolprent oor boeliegedrag op skool maak sy buiging op die silwerdoek.

Monitor 14 April 2022
Terwyl die dodetal in KwaZulu-Natal skerp styg, probeer inwoners die skade bepaal. Nóg baie reën lê die Paasnaweek voor. 'n Kenner verduidelik hoe jy veilig op nat paaie bestuur.

Monitor 13 April 2022
Reddingspogings word in dele van KwaZulu-Natal voortgesit ná swaar reën en oorstromings. Die stormweer in die provinsie kry ook die skuld vir Suid-Afrika se elektrisiteitsprobleme. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bevind dat die sanger Steve Hofmeyr se uitlatings oor die LGBT-plus gemeenskap strydig is met diskriminasiewetgewing.

Monitor 12 April 2022
Swaar reën laat 'n spoor van verwoesting in KwaZulu-Natal. Ons praat met Agri SA oor hoe die oorlog in Oekraïne Suid-Afrika beinvloed. Vanwaar die skuif na regs in die Franse verkiesing? Aardklop bied vanjaar drie kleiner feeste aan.

Monitor 11 April 2022
Die strafsaak teen oudpresident Jacob Zuma en die wapenvervaardiger Thales word vandag voortgesit, en hierdie keer word dit dalk nie so maklik weer uitgestel nie. Die prys van kookolie skiet die hoogte in, maar word ons dalk om die bos gelei oor die redes daarvoor? Suid-Afrika se Meerkat-teleskoop maak 'n indrukwekkende waarneming van internasionale belang in die diepste ruimte.

Monitor 8 April 2022
Die AA vra vir 'n hersiening van die sogenaamde bloulig-brigades. Die Mangaung Metro is onder nasionale administrasie geplaas. Suid-Afrika sal teen 2025 'n ernstige watertekort ervaar.

Monitor 7 April 2022
Landbou wil alle vee teen bek-en-klouseer inent, maar Suid-Afrika het nie entstof beskikbaar nie. Betogers eis beter polisiëring in Diepsloot, noord van Johannesburg. Ontevredenheid oor moontlike olie- en gasontginning in die Noord-Kaap.

Monitor 6 April 2022
Boewe teiken fietsryers in verskeie buurte van Pretoria. In sommige gevalle word hulle omgery en hulle fietse gevat. Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie glo Rusland beoog 'n groot teenoffensief in die ooste van Oekraïne. Die president van Oekraïne sê die VN-Veiligheidsraad het misluk in pogings om die oorlog te stop, en dat Rusland aanspreeklik gehou moet word vir sy gruweldade. Sommige wetenskaplikes dink dis 'n slegte idee om buiteruimtelike wesens te probeer kontak. Die Regterlike Dienskommissie beveel vier van die vyf kandidate aan vir die twee poste in die Konstitusionele Hof. 'n Sstudent wat 'n stryd teen breingewasse gehad het, kry vandag haar doktersgraad in Stellenbosch.

Monitor 5 Maart 2022
Die ramptoestand word ná 750 dae opgehef. Ons praat met politieke en mediese kenners. Kommer oor president Poetin se sielkundige profiel. Die prys van brandstof styg om middernag.

Monitor 4 April 2022
Daar is al hoe meer bewyse dat oorlogsmisdade in Oekraïne gepleeg is. Inwoners van Kimberley in die Noord-Kaap is geskok en woedend ná die moord op 'n elf-jarige meisie. ANC-hoës vergader later vanoggend met die president van die ANC-Vroueliga, Bathabile Dlamini, oor haar meineed-vonnis.

Monitor 1 April 2022 - Deel 2
Leon van Nierop kritiseer die aksiefilm AMBULANCE. Willem Botha bespreek die woorde "katel" en "kooi".

Monitor 1 April 2022 - Deel 1
Die president kondig Suid-Afrika se nuwe polisiekommissaris aan. Die brandstofheffing word verlaag om vuisvoos motoriste te help, maar branstofpryse sal stééds Woensdag styg.

Monitor 31 Maart 2022 - Deel 2
'n Dringende oplossing word gesoek vir landbouprodukte wat steeds in die Kaapstadse hawe lê en nie uitgevoer kan word nie. Vier nuwe boomsoorte in Suid-Afrika word by die lys van bedreigde spesies gevoeg. Ons ontleed 'n konsepooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne.

Monitor 31 Maart 2022 - Deel 1
Die DA se mosie om van kabinetsministers ontslae te raak, misluk. Die AA vra dat vandag se spertyd vir die hernuwing van rybewyse weer uitgestel moet word. Die oopwater-swemmer Sarah Ferguson se aanslag op die swemroete van Durban na Kaapstad ly skipbreuk.