PLAY PODCASTS
Monitor

Monitor

4,322 episodes — Page 25 of 87

Monitor 26 Januarie 2022 - Deel 2

Sommige ontleders sê 'n militêre inval in Oekraïne is oppad, nadat verskeie lande hulle diplomate uit Kiëf onttrek. Khoi-aktiviste sê die ontwikkeling van Amazon se hoofkwartier in Afrika vernietig 'n kultuurerfenisgebied.

Jan 26, 202245 min

Monitor 26 Januarie 2022 - Deel 1

Onderhoude vir 'n nuwe hoofregter van die Konstitutionale Hof begin in Februarie. Ons vind meer uit oor die vier kanidate. 'n Verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid wys dat 62% van Covid-19-verwante verkrygingsprosedures onreëlmatig was. Die EFF ontbind sy provinsiale leierskap in Limpopo. Gemeenskapslede van Rustenburg sê hulle baat nie by mynaktiwiteite in die gebied nie. Ons kry die jongste oor verskeie brande wat woed in die berge tussen Worcester en Touwsrivier in die Wes-Kaap. Die publiek word versoek om aanlyn te registreer vir die 2022-sensus.

Jan 26, 202242 min

Monitor 25 Januarie 2022 - Deel 2

Die lening van die Wereldbank aan Suid-Afrika word bevraagteken. Weerstand teen verpligte inenting is aan die oplaai. Huldeblyke stroom in ná die dood van die invloedryke Suid-Afrikaanse teoloog, prof. Jaap Durand.

Jan 25, 202243 min

Monitor 25 Januarie 2022 - Deel 1

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, stel 'n waarnemende provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid aan ná die skorsing van Albert Fritz. Die ANC-parlementslid Mervyn Dirks doen regsstappe teen sy skorsing. Onderwysers by die Phomolong Sekondêre Skool in Tembisa aan die Oos-Rand sê hulle vrees vir hulle lewe nadat die adjunkskoolhoof voor die skoolhek doodgeskiet is.

Jan 25, 202240 min

Monitor 24 Januarie 2022 - Deel 2

Die stof het nog nie gaan lê nie oor die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, se aanval op die grondwet en regters. Ons bespreek die nalatenskap van die ontslape polisieman, Frank Dutton. Die Blou Bulle se president doen 'n beroep op SA Rugby om sportstadions weer tot volle kapasiteit oop te stel vir toeskouers.

Jan 24, 202245 min

Monitor 24 Januarie 2022 - Deel 1

Ons kry die jongste nuus oor die situasie by die Waterkloof Lugmagbasis in Pretoria, nadat 'n brand gisteraand daar uitgebreek het. Adjunkhoofregter Raymond Zondo sê die publiek móét weet hoe die ANC se kanderontplooiingskomitee besluite by staats-nstellings beïnvloed het. Eskom verseker landsburgers dat die kragvoorsiener alles in sy vermoë sal doen om vanjaar beurtkrag te vermy. Boere in dele van die Vrystaat ly miljoene rand se verlies weens swaar reën. Die bestuursopleidingsinstelling, Mancosa, sê tersiêre instellings lewer nie genoeg nuwe ondwerwysers nie. 'n Kenner sê die wetgewing om fluitjieblasers te beskerm is onvoldoende.

Jan 24, 202238 min

Monitor 21 Januarie 2022 - Deel 2

'n Oudit van die Norwood-polisiestasie in Johannesburg wys dat minstens 158 vuurwapens daar verdwyn het. Spanning is aan die oplaai nadat Rusland soldate langs die grens met Oekraïene ontplooi het. Die oudvryheidsvegter en teoloog, Allan Boesak, sê die verslag van die Zondo-kommissie behoort 'n wekroep te wees.

Jan 21, 202245 min

Monitor 21 Januarie 2022 - Deel 1

Die Minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, ontken dat sy om verskoning gevra het vir haar kritiek van die regbank. Bloedige warm weer word in dele van die Kaap verwag, wat die gevaar van veldbrande soveel groter maak. Suksesvolle matrikulante beplan hulle toekoms nadat die uitslae om middernag bekendgemaak is.

Jan 21, 202243 min

Monitor 20 Januarie 2022 - Deel 2

Die voormalige bestuurshoof van Old Mutual, Peter Moyo, beskuldig Old Mutual van kontrakbreuk omdat sy kontrak sonder 'n tugverhoor beëindig is. Verskeie skole in KwaZulu-Natal se deure bly gesluit weens 'n voortslepende tradisionele leierskapsgeskil. Kenners waarsku dat tropiese storms KwaZulu Natal se voorland is. 'n Groen-waterstofprojek in die Noord-Kaap kan duisende werksgeleenthede skep.

Jan 20, 202239 min

Monitor 20 Januarie 2022 - Deel 1

'n Studie bevind dat twee inentings en 'n skraagdosis nie genoeg is om jou teen die hoogsaansteeklike Omicron-variant van die Coronavirus te beskerm nie. Ons vind uit of inentings teen griep, polio of masels erge simptome van Covid-19 kan verlig. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, maak die matriekeindeksamen-resultate vandag bekend. Ons praat met 'n onderwyskenner oor sy verwagtinge.

Jan 20, 202244 min

Monitor 19 Januarie 2022 - Deel 2

'n Studie bevind dat Covid ook van mens na dier oorgedra is. Ons praat met een van die navorsers. Navorsers aan die Oregon Universiteit in Amerika het bevind dat twee sure wat in dagga voorkom, moontlik kan verhoed dat die Covid-19-virus aan mensselle heg. 'n Kommerwekkende styging in die getal padsterftes oor die feestyd. 'n Inwoner op die oewer van die Vaalrivier vertel hoe hy moes padgee weens die hoë watervlak.

Jan 19, 202241 min

Monitor 19 Januarie 2022 - Deel 1

Nooddienste in Noordwes is op 'n hoë gereedsheidsgrondslag, nadat nóg water uit die oorvol Vaaldam gelaat is. Privaatskole behaal 'n slaagsyfer van meer as 98%. Ons praat met 'n paar slimkoppe.

Jan 19, 202239 min

Monitor 18 Januarie 2022 - Deel 2

Die energiereguleerder, Nersa, begin met provinsiale verhore om te bepaal hoeveel meer jy vir elektrisiteit sal moet betaal. Die polisiebegroting gaan volgens berigte oor die volgende drie jaar met R26-miljard gesny word. Ons praat oor klassieke motors met prof. Jannie Rossouw.

Jan 18, 202240 min

Monitor 18 Januarie 2022 - Deel 1

Inwoners van Bloemhof en Christiana in die Noordwes word gevra om hulle huise te ontruim weens die Vaarlrivier se stygende watervlak. Herstelwerk aan spoorinfrastruktuur in die Wes-Kaap vorder stadig weens begrotingsbeperkings. Noordwes se onderwysdepartement identifiseer minstens 50 onwettige skole in die Rustenburg-gebied. Die Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag AfriForum se aansoek aan oor die publikasie van matriekuitslae in die media. FEDSAS sleep die Oos-Kaapse Departement van Onderwys hof toe omdat hy glo versuim het om handboeke en skryfbehoeftes aan die provinsie se skole te voorsien. Tegnologie-liefhebbers moet opdok weens 'n tekort aan hardeware wat rekenaarkomponente se pryse die hoogte laat inskiet.

Jan 18, 202241 min

Monitor 17 Januarie 2022 - Deel 2

Die stof wil nie gaan lê oor die uitlatings van Lindiwe Sisulu nie. Ons praat met 'n politieke ontleder. Pieter van den Berg bespreek die naweek se sport.

Jan 17, 202241 min

Kan 'n mens met koolstof boer? Dié boer sê "ja"

Die Wêreld Ekonomiese Forum se risiko-verslag, wat op die 11e Januarie vanjaar vrygestel is, toon dat klimaatsverandering en die gevolglike ekologiese agteruitgang van natuurlike habitatte, 'n reusebedreiging vir die Afrika-ekonomie inhou . 'n Beroep is gedoen om die mensgemaakte skade wat aangerig is weens droogte, oorstromings, erosie en die oorbewyding van grond, teen te werk. 'n Grondeienaar in die Baviaanskloof, Pieter Kruger, wy sy lewe aan die herstel van die natuurlike ekosisteem op sy plaas, Zandvlakte. Hy het twaalf jaar terug begin om die Spekboombioom op sy plaas te herstel, en het sedertdien sowat 4-miljoen nuwe plante op die plaas geplant. Tydens 'n besoek aan die streek, het hy vir Marlinée Fouché gaan wys waarmee hulle daagliks besig is... 

Jan 17, 20228 min

Monitor 17 Januarie 2022 - Deel 1

Fluitjieblasers vra dat die Zondo-kommissie se aanbevelings oor getuiebeskerming geïmplementeer word. Begunstiges van die Vrede-suiwelplaasprojek ontvang uiteindelik hullr deel van die projek.

Jan 17, 202244 min

Monitor 14 Januarie 2022 - Deel 2

Ons praat met 'n kenner oor die skerp toename in ontvoerings in die land. Famililede van die slagoffers van 'n gru-ongeluk in Limpopo moet DNS-monsters verskaf om hulle geliefdes uit te ken. 'n Omgewingsbewaarder waarsku teen sogenaamde uilvriendelike rottegif. Burgerregte organisasies reageer op die Minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, se opiniestuk waarin sy die regbank en die grondwet aanval.

Jan 14, 202243 min

Monitor 14 Januarie 2022 - Deel 1

Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, sê die nasionale ramptoestand het 'n negatiewe impak op leerders. Drie Suid-Afrikaans-vervaardigde satelliete sorg vir 'n geskiedkundige oomblik toe dit gister in die VSA gelanseer is. Raad aan angstige matrieks wat wag vir hulle 2021 eindeksamenuitslae.

Jan 14, 202242 min

Monitor 13 Januarie 2022 - Deel 2

Opwinding én haakplekke op die eerste dag van die nuwe skooljaar vir binnelandse leerlinge. Indië dreig om beheer van die kriekettoets op Nuweland te neem.

Jan 13, 202239 min

Monitor 13 Januarie 2022 - Deel 1

Hewige kritiek teen minister Lindiwe Sisulu, ná haar aanval op die regbank. Die DA sê die ANC se kader-ontplooiing lei tot staatskaping.

Jan 13, 202241 min

Monitor 12 Januarie 2022 - Deel 2

Daar is reeds sowat 30,000 name op die nasionale register van seksoortreders. Rwandese soldate sal in Mosambiek aanbly waar die stryd teen ekstremiste voortduur.

Jan 12, 202243 min

Monitor 12 Januarie 2022 - Deel 1

Skole in die binneland bgein vandag, met die voortsetting van baie van verlede jaar se Covid-19-maatreëls. Wetenskaplikes meen die oorplanting van 'n geneties gemodifiseerde varkhart in 'n mens, bring hoop vir mense met hartkwale. Die afgelope sewe jaar was die warmste in die geskiedenis van die planeet. Eskom en die energiereguleerder, NERSA, twis oor ‘n verhoging in elektrisiteitstariewe - sal dit 20% of 40% wees?

Jan 12, 202241 min

Monitor 11 Januarie 2022 - Deel 2

Die ANC sê 'n gebrek aan befondsing van die privaatsektor is die rede vir sy huidige geldelike verknorsing. Ons praat met 'n kenner oor gesonde spaargewoontes. Sommige kenners sê Suid-Afrika moet sy verbintenis tot die militêre stryd in die noorde van Mosambiek heroorweeg.

Jan 11, 202242 min

Monitor 11 Januarie 2022 - Deel 1

Die onderwysvakbond, NAPTOSA, wil hê skole moet terugkeer na voltydse onderrig. Ons hoor by 'n onderwyskenner of skole gereed is hiervoor. Ons kry die jongste inligting oor die brande in Kleinmond in die Wes-Kaap. Die IVP in KwaZulu-Natal wil verskeie amptenare van die Mtubatuba-munisipaliteit deur 'n mosie van wantroue verwyder. Die Padverkeer-oortredingsagentskap sê hy is op dreef om die nasionale AARTO Wysigingswet in werking te stel.

Jan 11, 202238 min

Monitor 10 Januarie 2022 - Deel 2

Die ANC gaan 'n vernuwingskommissie stig om die party te laat herleef. Dit is een van die dinge wat ANC-president Cyril Ramaphosa Saterdag tydens sy Januarie 8-toespraak gesê het. Ons fliekresensent Leon van Nierop bring hulde aan die bekroonde akteur Sidney Poitier. Ons kyk na Suid-Afrika se militêre rol in Mosambiek. Sommige ontleders sê die land moet meer soldate en toerusting stuur.

Jan 10, 202243 min

Monitor 10 Januarie 2022 - Deel 1

Politieke partye looi die regering oor die brand in die parlement. Talle inwoners van Wepener in die Suid-Vrystaat het steeds nie water nie. Hoewel pogings gesneuwel het om die grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding toe te laat, sal wetgewing met 'n soortgelyke strekking vanjaar oorweeg word.

Jan 10, 202243 min

Monitor 7 Januarie 2022

Die Good-party in Kaapstad beskryf die metro se hervestigde spesiale misdaadondersoekeenheid as 'n koverte spioenasie-eenheid. Daar word verwag dat president Cyril Ramaphosa harde woorde oor staatskaping in die ANC se Januarie 8-verklaring sal hê. Die waghondorganisasie, OUTA, sê die vyfjaarlikse hernuwing van rybewyse moet geskrap word.

Jan 7, 202245 min

Monitor 6 Januarie 2022

Die DA beskuldig die ANC van inmenging by die aanstelling van regters. Stygende insetkoste, die massa-invoer van melk en die onlangse sluiting van Clover se Lichtenburg-tak het meegebring dat baie melkboere in Noordwes hulle besighede moes sluit. Die Suid-Afrikaanse Bloedoortappingsdiens het minder as drie dae se bloedvoorraad vir pasiënte in nood. ‘n Rekenaargogga, soortgelyk aan Y2K wat die wêreld 22 jaar gelede op hol gehad het, het Microsoft Exchange lamgelê.

Jan 6, 202246 min

Monitor 5 Januarie 2022

Dit kan tot soveel as 'n mijard rand kos om die parlementsgebou te herstel - ons praat met ‘n argitek van die gebou. Die eerste deel van die Zondo-verslag oor staatskaping word aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Die verslag sê Transnet se borgskap van die destydse TNA-sakeontbytprogramme was onregmatig en 'n geldelike verkwisting. Die Y2K-rekenaargogga wat die wêreld 22 jaar gelede op hol gehad het, neem nou weerwraak van anderkant die graf.

Jan 5, 202248 min

Monitor 4 Januarie 2022

'n 49-jarige verdagte verskyn vandag in die hof in verband met die brand by die parlement in Kaapstad. Oorvol damme in die Vaalrivier bied geleenthede vir toerisme en ontspanning. Ons praat oor die Augrabies-waterval in die Noord-Kaap wat skouspelagtig vertoon weens die baie water wat in die Oranjerivier afkom. Verkeer op die land se paaie neem toe soos mense van die kus af terugkeer huistoe. Brandstofpryse daal met tussen 67 sent en 71 sent per liter. Die hooggeregshof in Johannesburg hoor vandag 'n dringende aansoek aan deur die organisasie, Democracy in Action, wat wil verhoed dat die Staatskapingskommissie se eerste verslag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig word.

Jan 4, 202245 min

Monitor 3 Januarie 2022

'n 49-jarige man verskyn môre in die hof in verband met die brand by die Parlementsgebou. Die Elsiesrivier-gemeenskapspolisiëringsforum begin 'n veldtog om paaie in dié woonbuurt veiliger te maak. Tweede Nuwejaar word op 'n spesiale manier gevier.

Jan 3, 202248 min

Monitor 31 Desember 2021

Vriende bring hulde aan emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Die eerste FM radio-uitsendings hjet vandag 60 jaar gelede plaasgevind. Die kabinet kondig aan dat die aandklokreël opgehef word. In sy weeklikse fliekrubriek praat Leon van Nierop oor vanjaar se 20 beste rolprente. Dr. Willem Botha praat oor Oujaarsdag.

Dec 31, 202148 min

Monitor 30 Desember 2021

Die plaaslike regeringsvereniging, Salga, wil hê alle verbruikers moet hulle krag slegs van munisipaliteite koop. Ons gee 'n oorsig oor die 2021-skooljaar. Die polisiehond Snoekie laat dwelmhandelaars aan die pen ry. 'n Moontlike brandstofprysverlaging in die vooruitsig. Klimaatsaktiviste is bekommerd oor 'n afname van sowat 60% in seeskulpe, wat in Mauritius aangeteken is.

Dec 30, 202147 min

Monitor 29 Desember 2021

Shell moet sy seismiese opname aan die Wildekus staak. Wydverspreide reën en donderstorms word vir die res van die week voorspel. Ons kyk na die hoogte- en laagtepunte van die afgelope ekonomiese jaar. Suid-Afrikaners wat 'n tweede dosis van die Pfizer-entstof teen Covid-19 ses maande gelede of langer terug ontvang het, kan nou 'n versterkingsdosis kry. Die Kaapstad Metro sê talle strate om die stadsaal sal vandag gesluit word met die oog op die interkerklike huldigingsdiens vir emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu later vanaand. 2021 was 'n baie moeilike jaar vir krieket - ons vind uit wat gebeur het, en hoe die toekoms lyk.

Dec 29, 202147 min

Monitor 28 Desember 2021

President Cyril Ramaphosa sê die huldeblyke wat vanoor die wêreld heen instroom vir emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is 'n bewys van die enorme aansien wat hy geniet het. Ons fokus op sy werk teen TB en MIV/Vigs. Die James Webb-teleskoop bereik die eerste mylpaal in sy lang reis na ‘n donker, koue bestemming. Die DA vra president Cyril Ramaphosa om die aandklokreël vóór Oujaarsaand te beëindig.

Dec 28, 202147 min

Monitor 27 Desember 2021

Wyle Anglikaanse emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu word onthou as 'n ikoniese geestelike leier en anti-apartheidsaktivis. Ons praat met sy jarelange vriende en kollegas oor sy nalatenskap. Ons leer meer van blou-apies wat gered en in nuwe troppe geïntegreer word.

Dec 27, 202149 min

Monitor 24 Desember 2021 - Deel 2

Navorsing wys dat sekere lig malaria kan uitroei. Watter rolprente is die lekkerste vir Oukersaand? Leon van Nierop het 'n paar idees. Dr. Willem Botha praat oor die oorsprong van die woorde, Oukersaand en Kerfees. Die veteraan nuusman, Freek Robinson, praat oor sy memoir, Op die Man Af.

Dec 24, 202144 min

Monitor 24 Desember 2021 - Deel 1

Die dood van meer as 30 seuns tydens die jongste inisiasieproses word as 'n menseslagting beskryf. Die Wes-Kaap ervaar 'n skerp afname in inentingsgetalle. Die Minister van Gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê inentings teen Covid-19 bespaar die ekonomie baie geld. Kuberkrakers teiken maatskappye en instellings regoor die land. 'n Kenner deel sy wenke vir 'n veiliger feesgety. Die Minister van Polisie, Bheki Cele, waarsku dat Covid-19-regulasies in KwaZulu-Natal streng toegepas sal word.

Dec 24, 202139 min

Monitor 23 Desember 2021 - Deel 2

Opgraderings aan die Koeberg-kragstasie se kernkragreaktors word bevraagteken. 'n Gelekte opname van president Cyril Ramaphosa het die tonge los - 'n politieke ontleder probeer sin maak van die opname en die betekenis daarvan. Ouers word gemaan om hulle kinders se veiligheid te verseker tydens die vakansietyd. Twee babas word uit die puin van ‘n tornado gered.

Dec 23, 202142 min

Monitor 23 Desember 2021 - Deel 1

Covid-infeksies in Gauteng en ander binnelandse provinsies neem af. Nelson Mandelabaai Metro maak planne bekend om waterinfrastruktuur te verbeter. Ons vind meer uit oor die Aarde se sogenaamde Black Box, wat data oor klimaatverandering insamel. 'n Ruimtekapsule van vyftig jaar gelede word binnekort oopgemaak.

Dec 23, 202136 min

Monitor 22 Desember 2021 - Deel 2

Strenger wetgewing vir die bestuur en voorkoming van tienerswangerskappe beplan. Die Menseregtekommissie neem vyf provinsiale onderwysdepartemente hof toe oor die gebruik van puttoilette by skole. Die Lost Bird-projek vra voëlkykliefhebbers om hulle te help soek na voëlspesies, wat vir lank nie gesien is nie.

Dec 22, 202140 min

Monitor 22 Desember 2021 - Deel 1

Jacob Zuma mag appelleer teen 'n hofbeslissing oor sy mediese parool. 'n Suid-Afrikaanse soldaat is in Mosambiek doodgeskiet. Die toerismebedryf pleit dat die Europese Unie reisbeperkings moet ophef.

Dec 22, 202136 min

Monitor 21 Desember 2021 - Deel 2

Ons praat oor die debat oor of kwarantyn en Covid-19-kontakopsporing opgeskort moet word. Die mors van kos neem in die feestyd met 25% toe. Oudpresident Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl word vandag aangehoor.

Dec 21, 202145 min

Monitor 21 Desember 2021 - Deel 1

Die hof se weiering om bortog aan Babita Deokaran se vermeende moordenaars toe te staan, word verwelkom. Ons kry die jongste nuus oor die vakansieverkeer, en 'n kenner gee raad oor hoe om veilig op die paaie te wees.

Dec 21, 202139 min

Monitor 20 Desember 2021 - Deel 2

Inwoners van die Matjhabeng Munisipaliteit sit al sewe dae sonder water. Vrystaatse boere ly skade ná groot reën. 'n Goeie, maar kleiner wyndruifoes in 2022 verwag.

Dec 20, 202143 min

Monitor 20 Desember 2021 - Deel 1

Die produsenteprys vir bees- en skaapvleis styg skerp. Ons praat met 'n traumaberader oor hoe om vakansiedepressie te vermy. Die impak van die Julie-onluste word steeds deur sakeondernemings gevoel.

Dec 20, 202138 min

Monitor 17 Desember 2021 - Deel 2

Verdere reaksie op die tussentydse Sosiale Geregtlikheid en Nasiebou-krieketverslag. Leon van Nierop sê wat hy van die plaaslike rolprent, Klein Karoo 2, dink. Willem Botha bespreek die woorde, pendel en skraagdosis.

Dec 17, 202142 min

Monitor 17 Desember 2021 - Deel 1

Ons het die jongste nuus oor hoe sake op die vernaamste roetes verloop. Nóg reën word vir die ooste van die land voorspel.

Dec 17, 202140 min

Monitor 16 Desember 2021 - Deel 2

Eskom teken 'n groot netto wins aan, en stel duisende hektaar grond beskikbaar vir private groenkragopwekking. Daar is 'n effense afname in Suid-Afrika se Covid-19-toetspositiwiteitskoers. Ons praat met politieke ontleders oor ministers se prestasie om hulle teikens vir dienslewering te haal.

Dec 16, 202144 min