
Monitor
4,406 episodes — Page 22 of 89

Monitor 13 Oktober 2022
Nog 'n aanval op Oekraïne. Ons bespreek die moontlikheid van afstigting in die Wes-Kaap, en sprake van die afwenteling van magte. Ons praat met 'n outistiese man wat bo sy omstandighede uitgestyg het.

Monitor 12 Oktober 2022
Die Tesourie word oor die vingers geraps oor sy skynbare gesloer met die Wetsontwerp op die Bekamping van Terreur en Geldwassery. 'n Herrie ontstaan oor 'n Angolese vliegtuig wat sonder klaring in Kaapstad geland het. En daar is gesprekke oor die ekonomie van die Wes-Kaap en die persepsie dat die gaping tussen ryk en arm daar al hoe groter word.

Monitor 11 Oktober 2022
Burgerlikes in Oekraïne word nou deur Rusland geteiken. Krotoa is 'n wekroep om op te staan vir Khoisan-identiteit. Ons bespreek Maties se taalbeleid.

Monitor 10 Oktober 2022
Regstreeks vanaf die Toyota US Woordfees in Stellenbosch: Ons kyk na oudpresident Jacob Zuma, wat sy privaatvervolging teen die staatsaanklaer Billy Downer en die joernalis Karyn Mourn begin. Ons praat oor die jongste verwikkelings in Oekraïne, waar verskerpte militêre optrede die oorlog begin kenmerk. Bendegeweld in die Kaap is steeds een van die gebied se grootste probleme.

Monitor 7 Oktober 2022
Transnet kondig force majeure by sy hawens en stasies aan. Kimberley is vir vyf dae sonder water. 'n Hittegolf, beurtkrag en watertekorte het 'n groot invloed op landboubedrywighede.

Monitor 6 Oktober 2022
Die gevolge van die skietdood van 'n Duitse toeris in Mpumalnga kring uit, maar die polisie sê hulle is kort op die hakke van die verdagtes. Ons praat met die SAUK se finansiële hoof oor die uitsaaier se finansies. Uitheemse karp word in die Tuinroete gevang om kos vir behoeftiges te gee.

Monitor 5 Oktober 2022
Werknemers by Transnet gaan staak. David Makhura bedank as premier van Gauteng, en word vervang met Panyaza Lesufi. Die Landbank sukkel om sy skuld te delg.

Monitor 4 Oktober 2022
Die DA gaan hof toe om Johannesburg terug te wen nadat die burgemeester, Mpho Phalatse, met 'n mosie van wantroue oonttroon is. Intercape se bestuurhoof verset hom teen die taxi-mafia. 'n Genetikus kry die Nobelprys vir fisiologie vir sy werk oor die Denisova- en Neandertal-oermense.

Monitor 3 Oktober 2022
Gautengse ouers sal van vandag af SMS'e kry met aanbiedings vir plasing in openbare skole vir 2023. Die Openbare Beskermer se kantoor bevind onreëlmatighede in die Weermag se aankoop van Kubaanse medisyne. Die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool sê beleidsonsekerheid in Suid-Afrika het in die derde kwartaal afgeneem.

Monitor 30 September 2022
'n Mosie van wantroue in die Johannesburgse burgemeester Mpho Phalatse word dalk vandag reeds aangehoor. Sakeliga vergader vandag met die regering oor die krisis in Lichtenburg in Noordwes. Sekswerk is dalk binne twee jaar wettig.

Monitor 29 September 2022
Die DA-koalisie kry pak in die Johannesburgse stadsraad. Nog inhegtenisnemings word verwag in die Estina-melkplaas-saak. Die Proteas val lelik vas teen Indië.

Monitor 28 September 2022
Prof. Richard Calland is nie meer 'n lid van die parlementêre paneel wat president Cyril Ramaphosa moet ondersoek nie. Bykans 120 000 mense het hulle werk in die tweede kwartaal verloor. Die wal van nog 'n dam by Jagersfontein in die Vrystaat het gebreek.

Monitor 27 September 2022
Drie honderd raadslede in KwaZulu-Natal is ongeletterd. Vier Wes-Kaapse munisipaliteite skuld Eskom R255-miljoen rand. 'n Selfoonmaatskappy gaan al sy krag van onafhanklike kragverskaffers ontvang.

Monitor 26 September 2022
Aktiviste wil hê die Nama-taal moet by die volkslied ingesluit word. Giorgia Meloni gaan Italië se eerste vroue premier word. Inwoners op die Kaapse Vlakte vrees wraakaanvalle nadat nog 'n lid van die Hard Livings-bende vermoor is.

Monitor 23 September 2022
Reaksie op die jongste repokoers-verhoging. Nuwe oorlogswolke pak saam oor Oekraïne. Vandag is Wêreld Gebaretaaldag.

Monitor 22 September 2022
Die Konstitusionele Hof beslis dat die Wet op Kopiereg diskrimineer teen persone met siggestremdhede. Die Potchefstroom Landdroshof is tydelik gesluit nadat 'n deel van die gebou se dak intuimel. Die regering wil honderde staatseiendomme verkoop. Jy sal waarskynlik in Oktober duurder vir diesel betaal.

Monitor 21 September 2022
Suid-Afrikaners voel woede, frustrasie en wanhoop met Eskom se jongste rondte beurtkrag. Dis Erfenismaand en ons wonder wat daar is wat ons diverse samelewing saambind, behalwe miskien ons misnoeë met beurtkrag? Die Afrika Lugvaart en Verdedigingskou begin vandag by die Waterkloof Lugmagbasis.

Monitor 20 September 2022
AgriSA waarsku dat die voortgesette beurtkrag 'n ernome impak op voedselproduksie kan hê. Ekonome voorspel dat die rentekoers met 75 basispunte verhoog sal word. Verskeie strande in die Ethekwini-metro is steeds gesluit weens hoë vlakke van e-coli in die water.

Monitor 19 September 2022
President Cyril Ramaphosa knip sy besoek aan die Verenigde Koninkryk kort te midde van Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis. Intussen word eise vir radikale optrede gemaak. Ramaphosa het moeilike sake met president Joe Biden aangeroer tydens sy besoek aan Amerika.

Monitor 16 September 2022
Die adjunkpresident sê die regering wil onwettige mynbedrywighede hokslaan, en dat die privatisering van Eskom nie op die kaarte is nie. Inwoners van Eldorado Park slaap in tente om die polisie se aandag te kry. Die prys van sommige soorte vleis begin daal.

Monitor 15 September 2022
Die Valke ondersoek die moord op die Kaapse Landdros, Romay van Rooyen. Beurtkrag ontwrig skole se werksaamhede. Inwoners van Harrismith in die Vrystaat sit vir 10 dae sonder krag.

Monitor 14 September 2022
Vingers word nou na die mynmaatskappy, JDC Mining, gewys nadat die wal van 'n slikdam in Jagersfontein in die Vrystaat gebreek het. Die bestuur van die myn hou vol dat hulle aan alle wetlike vereistes voldoen het. Oekraïne se onlangse militêre suksesse teen Rusland laat die hoop weer opvlam vir 'n skietstilstand.

Monitor 13 September 2022
Inwoners van Jagersfontein in die Vrystaat vertel hoe hulle moes vlug toe 'n myndam se wal breek. Twee en veertig van Eskom se opwekkingseenhede het verlede week die gees gegee - ons plaas dit in perspektief. Die gehalte van Johannesburg se lug kom onder die loep nadat 'n luggehalte moniteringstasie heropen is.

Monitor 12 September 2022
'n Vloedramp tref Jagersfontein in die Vrystaat nadat 'n slikdam se wal breek. Die regering sê die ramp sal ondersoek word. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting die dorp vandag besoek. Ons saai uit by die Augrabieswaterval Nasionale Park want dis Nasionale Parke Week.

Monitor 9 September 2022
Die wêreld maak reg vir 'n nuwe era in Brittanje ná die dood van koningin Elizabeth die Tweede. Ons praat met 'n hedendaagse Daniël oor sy ervaring in die leeukuil, by wyse van spreke. In ons woordrubriek hoor ons hoe 'n lugwaardin 400 passasiers met net 200 maaltye gelukkig kon hou.

Monitor 8 September 2022
Die DAK Netwerk spreek sy kommer uit oor die tekort aan wiskunde-onderwysers in die grondslagfase. Die onderwysvakbond NAPTOSA sê daar is 'n toename in voorvalle waar onderwysers deur leerlinge aangerand word. Daar is 'n nuwe soort stroming, wat veral aanklank vind by jongmense.

Monitor 7 September 2022
Vrystaat Landbou eis dringende optrede teen bek-en-klou-seer. Die ekonomie krimp in die tweede kwartaal. Miljoene rand, wat bestem was vir die bou van die Vrystaatse wetgewergebou in Bloemfontein, is wanbestee.

Monitor 6 September 2022
Metro-munisipaliteite se uitstaande skuld aan Eskom neem toe. Kommer oor 'n tekort aan noodsaaklike medisyne. Liz Truss is die nuwe premier van Brittanje.

Monitor 5 September 2022
Die veelparty-koalisie in Johannesburg gaan vandag klagtes lê teen die ANC en sy vennote in die raad. Zimbabwiërs in Suid-Afrika het tot einde Junie tyd om vir visums aansoek te doen. Ons bespreek die Bokke se oorwinning met 'n rugbykenner.

Monitor 2 September 2022
Die DA lek sy wonde ná politieke terugslae in Johannesburg en Knysna. Betogers van Operasie Dudula en die EFF bots oor buitelanders by die Kalafong-hospitaal in Pretoria. Weet jy wat die boom van die jaar is?

Monitor 1 September 2022
Die toerismebedryf se inkomste uit verblyf styg, danksy meer mense wat in hotelle oornag. Veeboere eis vergoeding vir verliese weens die verbod op die verskuiwing van beeste. Regskenners sê dis moontlik dat daar op van oudpresident Jacob Zuma se pensioenvoordele beslag gelê kan word.

Monitor 31 Augustus 2022
Die Rooi Barette maak weer amok, terwyl die president steeds swyg oor Phala Phala. 'n Sesde Covid-vlaag is moontlik ons voorland. VBS-likwidateurs mag beslag lê op oudpresident Zuma se roerende bates.

Monitor 30 Augustus 2022
Die bruinsprinkaan is vroeër as wat verwag is, in die Hexrivier-vallei in die Wes-Kaap, gewaar. Die nie-regeringsorganisasie, 1000 Women's Trust, sê die politieke wil ontbreek om geslagsgeweld te stuit. Daar wag 'n opdraende stryd op president Cyril Ramaphosa vanmiddag tydens sy vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering.

Monitor 29 Augustus 2022
Suid-Afrika se Gripen-vegvliegtuie het meer as 'n jaar laas opgestyg. Tete Dijana, 'n veiligheidswag van Noordwes, wen die Comrades in net meer as vyf en 'n half uur. 'n Rus was die eerste vrou oor die wenstreep. Ons praat met 'n kenner oor Saterdag se omstrede skeidsregter in die Bokke/Wallabies-stryd.

Monitor 26 Augustus 2022
Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling voorspel dat die land se ekonomie vanjaar teen 1,8% sal groei. Die agterstand in DNS-toetse in die Wes-Kaap word aansienlik verklein. Die MPLA-party loop voor in Angola se verkiesing.

Monitor 25 Augustus 2022
Vakbonde se dag van protes openbaar teenstrydige standpunte oor hoe om die ekonomie te red. Die geskorste openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane word van 'n onbuigsame en onsensitiewe bestuurstyl beskuldig. Strenger beheer oor die R350-toelaag sal voortaan uitgeoefen word. Oekraïne sê minstens 22 mense is dood in 'n Russiese missielaanval op 'n treinstasie in Chaplyne in die ooste van die land. Die Springbokke het nege jaar laas in Australië teen die Wallabies gewen - is dit 'n droogte wat hulle hierdie naweek kan breek?

Monitor 24 Augustus 2022
Vakbonde staak vandag landwyd. Watter impak sal bek-en-klouseer op rooivleispryse hê? Hulde aan Vytjie Mentor.

Monitor 23 Augustus 2022
Vakbonde skop vas teen die regering se suinige loonbeleid, en gaan voort met 'n algemene staking teen duur lewenskoste. 'n Nuwe terreurwet sal die polisie glo groter magte gee. San-aktiviste wil hê dat hulle tale binne die volgende vyf jaar deel van die skoolkurrikulum moet wees.

Monitor 22 Augustus 2022
Kenners meen die kans is skraal dat die Wes-Kaapse Regterpresident se jongste aansoek sal slaag. Spoedkameras in Johannesburg en Pretoria is al vir langer as 'n jaar buite werking. Wetenskaplikes verbind die DNS van 'n mammoetkalfie, wat 28 000 jaar gelede gevrek het, met die Afrika-olifant.

Monitor 19 Augustus 2022
Kaapstad Metro wil die metropolisie se polisiëringsmag versterk om misdaad te stuit. Meer mense kwalifiseer nou vir die maatskaplike noodtoelaag nadat die inkomstedrempel verhoog is. Die president van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Felix Tshisekedi, is die nuwe voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

Monitor 18 Augustus 2022
'n Slagoffer van die bendegeweld by 'n ou myn naby Krugerdorp vertel van haar ervaring. 'n Staking in die staatsdiens lê dalk voor die deur. Dit is nie seker presies wanneer Namakwaland weer toe onder die blomme sal wees nie.

Monitor 17 Augustus 2022
Die Menseregtekommissie gryp in by die waterkrisis in KwaZulu-Natal. Ons vind uit waarom die Landbank homself moes verdedig teen bewerings van boelietaktiek. Vroue word aangemoedig om op te staan en hulle stem te laat hoor. Onwettige betreding op private eiendom word met nuwe wetgewing aangespreek. Die indiensneming van ouer mense met ervaring is 'n antwoord op die land se vaardigheidskrisis, maar wat van die jeug wat daardeur benadeel word?

Monitor 16 Augustus 2022
Dis vandag tien jaar sedert die Marikana-slagting. Ons praat met een van die verslaggewers wat op die toneel was. Kommer omdat beoogde wysigings aan die Kieswet glo nie genoeg doen om die kiesstelsel te hervorm nie. 'n Klomp nie-regeringsorganisasies span saam teen gaseksplorasie. Dertig jaar van die wêreldwye web word herdenk.

Monitor 15 Augustus 2022
Die ANC Noordwes-konferensie is getref deur ongerymdhede met akkreditasie en 'n onvoltooide stemproses. Gelykheid in die werksplek kan die wêreldekonomie met duisende miljard Amerikaanse dollar laat groei. Ons vra of klimaatsverandering vinniger gebeur as wat aanvanklik verwag is. Ons sweef rond met Suid-Afrika se beste sweeftuigvlieënier. Ons vind uit hoe jy jou vlerke op 'n goedkoop manier kan sprei. Ons praat oor strokiesprente se toekoms en waarde.

Monitor 12 Augustus 2022
Frustrasie en woede oor leë beloftes oor DNS-toetse. Boere bepeins die voor- en nadele van biodiesel. Denel is op koers om te herbou, maar sal dit volhoubaar wees? Suid-Afrika het in 2021 1,1-miljoen ton papier herwin. 'n Predikant vertel waarom 'n merkwaardige kerk in Oos-Londen te koop is.

Monitor 11 Augustus 2022
Talle Springbokondersteuners is Saterdag in Mbombela tydens die kragmeting teen die All Blacks van hulle selfone beroof. 'n Skoolkind in Delft in die Wes-Kaap kry glo 'n pakkie tik in sy springmielies. Nog verdagtes verskyn dalk vandag in die hof in verband met die verkragting van agt vroue in Krugersdorp.

Monitor 10 Augustus 2022
Daar is weer oproepe dat die Kaapstad Internasionale Lughawe na Krotoa vernoem word. Die Nasionale Skuilingsbeweging eis dat die minister van polisie, Bheki Cele, afgedank word. Eskom stel 'n nuwe tariefstruktuur aan die energiereguleerder, Nersa, voor.

Monitor 9 Augustus 2022
Die regering en belanghebbendes begin 'n nasionale slaggate-veldtog. Vroue uit gemeenskappe in die Wes-Kaap sê hulle situasie het nie verbeter nie. Ons skakel oor na ons span by 'n boksateljee vir vroue in Cresta Crossing in Johannesburg.

Monitor 8 Augustus 2022
Skerp stygings in munisipale tariewe knou openbare skole se geldsake. 'n Nuwe premier van KwaZulu-Natal sal binnekort aangewys word. 'n Skietstilstand in die Gasa-strook tree in werking.

Monitor 5 Augustus 2022
Inwoners van Kagiso in Krugersdorp spring in om Zama Zamas self aan die kaak te stel. Die gesondheidsprodukte-reguleerder, SAHPRA, sê een sterfte is na aanleiding van die Jonhson & Johnson-entstof teen Covid-19 aangemeld. Die Springbokke se geheime wapen teen die All Blacks op tuisgrond is soos altyd sy groot ondersteunerstal, maar wat van die talle Suid-Afrikaners wat nie die Bokke nie, maar die All Blacks steun?