PLAY PODCASTS
Monitor

Monitor

4,322 episodes — Page 21 of 87

Monitor 26 Augustus 2022

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling voorspel dat die land se ekonomie vanjaar teen 1,8% sal groei. Die agterstand in DNS-toetse in die Wes-Kaap word aansienlik verklein. Die MPLA-party loop voor in Angola se verkiesing.

Aug 26, 202250 min

Monitor 25 Augustus 2022

Vakbonde se dag van protes openbaar teenstrydige standpunte oor hoe om die ekonomie te red. Die geskorste openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane word van 'n onbuigsame en onsensitiewe bestuurstyl beskuldig. Strenger beheer oor die R350-toelaag sal voortaan uitgeoefen word. Oekraïne sê minstens 22 mense is dood in 'n Russiese missielaanval op 'n treinstasie in Chaplyne in die ooste van die land. Die Springbokke het nege jaar laas in Australië teen die Wallabies gewen - is dit 'n droogte wat hulle hierdie naweek kan breek?

Aug 25, 202249 min

Monitor 24 Augustus 2022

Vakbonde staak vandag landwyd. Watter impak sal bek-en-klouseer op rooivleispryse hê? Hulde aan Vytjie Mentor.

Aug 24, 202252 min

Monitor 23 Augustus 2022

Vakbonde skop vas teen die regering se suinige loonbeleid, en gaan voort met 'n algemene staking teen duur lewenskoste. 'n Nuwe terreurwet sal die polisie glo groter magte gee. San-aktiviste wil hê dat hulle tale binne die volgende vyf jaar deel van die skoolkurrikulum moet wees.

Aug 23, 202250 min

Monitor 22 Augustus 2022

Kenners meen die kans is skraal dat die Wes-Kaapse Regterpresident se jongste aansoek sal slaag. Spoedkameras in Johannesburg en Pretoria is al vir langer as 'n jaar buite werking. Wetenskaplikes verbind die DNS van 'n mammoetkalfie, wat 28 000 jaar gelede gevrek het, met die Afrika-olifant.

Aug 22, 202250 min

Monitor 19 Augustus 2022

Kaapstad Metro wil die metropolisie se polisiëringsmag versterk om misdaad te stuit. Meer mense kwalifiseer nou vir die maatskaplike noodtoelaag nadat die inkomstedrempel verhoog is. Die president van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Felix Tshisekedi, is die nuwe voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

Aug 19, 202248 min

Monitor 18 Augustus 2022

'n Slagoffer van die bendegeweld by 'n ou myn naby Krugerdorp vertel van haar ervaring. 'n Staking in die staatsdiens lê dalk voor die deur. Dit is nie seker presies wanneer Namakwaland weer toe onder die blomme sal wees nie.

Aug 18, 202250 min

Monitor 17 Augustus 2022

Die Menseregtekommissie gryp in by die waterkrisis in KwaZulu-Natal. Ons vind uit waarom die Landbank homself moes verdedig teen bewerings van boelietaktiek. Vroue word aangemoedig om op te staan en hulle stem te laat hoor. Onwettige betreding op private eiendom word met nuwe wetgewing aangespreek. Die indiensneming van ouer mense met ervaring is 'n antwoord op die land se vaardigheidskrisis, maar wat van die jeug wat daardeur benadeel word?

Aug 17, 202247 min

Monitor 16 Augustus 2022

Dis vandag tien jaar sedert die Marikana-slagting. Ons praat met een van die verslaggewers wat op die toneel was. Kommer omdat beoogde wysigings aan die Kieswet glo nie genoeg doen om die kiesstelsel te hervorm nie. 'n Klomp nie-regeringsorganisasies span saam teen gaseksplorasie. Dertig jaar van die wêreldwye web word herdenk.

Aug 16, 202246 min

Monitor 15 Augustus 2022

Die ANC Noordwes-konferensie is getref deur ongerymdhede met akkreditasie en 'n onvoltooide stemproses. Gelykheid in die werksplek kan die wêreldekonomie met duisende miljard Amerikaanse dollar laat groei. Ons vra of klimaatsverandering vinniger gebeur as wat aanvanklik verwag is. Ons sweef rond met Suid-Afrika se beste sweeftuigvlieënier. Ons vind uit hoe jy jou vlerke op 'n goedkoop manier kan sprei. Ons praat oor strokiesprente se toekoms en waarde.

Aug 15, 202248 min

Monitor 12 Augustus 2022

Frustrasie en woede oor leë beloftes oor DNS-toetse. Boere bepeins die voor- en nadele van biodiesel. Denel is op koers om te herbou, maar sal dit volhoubaar wees? Suid-Afrika het in 2021 1,1-miljoen ton papier herwin. 'n Predikant vertel waarom 'n merkwaardige kerk in Oos-Londen te koop is.

Aug 12, 202251 min

Monitor 11 Augustus 2022

Talle Springbokondersteuners is Saterdag in Mbombela tydens die kragmeting teen die All Blacks van hulle selfone beroof. 'n Skoolkind in Delft in die Wes-Kaap kry glo 'n pakkie tik in sy springmielies. Nog verdagtes verskyn dalk vandag in die hof in verband met die verkragting van agt vroue in Krugersdorp.

Aug 11, 202252 min

Monitor 10 Augustus 2022

Daar is weer oproepe dat die Kaapstad Internasionale Lughawe na Krotoa vernoem word. Die Nasionale Skuilingsbeweging eis dat die minister van polisie, Bheki Cele, afgedank word. Eskom stel 'n nuwe tariefstruktuur aan die energiereguleerder, Nersa, voor.

Aug 10, 202251 min

Monitor 9 Augustus 2022

Die regering en belanghebbendes begin 'n nasionale slaggate-veldtog. Vroue uit gemeenskappe in die Wes-Kaap sê hulle situasie het nie verbeter nie. Ons skakel oor na ons span by 'n boksateljee vir vroue in Cresta Crossing in Johannesburg.

Aug 9, 202250 min

Monitor 8 Augustus 2022

Skerp stygings in munisipale tariewe knou openbare skole se geldsake. 'n Nuwe premier van KwaZulu-Natal sal binnekort aangewys word. 'n Skietstilstand in die Gasa-strook tree in werking.

Aug 8, 202252 min

Monitor 5 Augustus 2022

Inwoners van Kagiso in Krugersdorp spring in om Zama Zamas self aan die kaak te stel. Die gesondheidsprodukte-reguleerder, SAHPRA, sê een sterfte is na aanleiding van die Jonhson & Johnson-entstof teen Covid-19 aangemeld. Die Springbokke se geheime wapen teen die All Blacks op tuisgrond is soos altyd sy groot ondersteunerstal, maar wat van die talle Suid-Afrikaners wat nie die Bokke nie, maar die All Blacks steun?

Aug 5, 202250 min

Monitor 4 Augustus 2022

Woede oor 'n eerstejaarstudent wat sy lyf professor hou. Suid-Afrikaanse vroue word aangemoedig om babas van dag een tot dag 182 te borsvoed. Oos-Kaapse boere sit koppe bymekaar om provinsiale probleme op te los. China is die swartskaap in die verhaal weens plaaslike woluitvoere wat steeds verbied word. Kapenaars wat roekeloos bestuur, se wiele kan onder hulle uitgeruk word.

Aug 4, 202249 min

Monitor 3 Augustus 2022

Duisende huiswerkers verloor hulle werk omdat hulle werkgewers emigreer of dit nie meer kan bekostig nie. China het die Amerikaanse Speaker, Nancy Pelosi, skerp gekritiseer oor haar besoek aan Taiwan. Die nasionale tesourie stel nuwe wetgewing voor wat die baan weg vir 'n tweepot-stelsel van aftreegeld.

Aug 3, 202249 min

Monitor 2 Augustus 2022

Van oplossings vir die kragkrisis tot beloftes om misdaad hok te slaan - die regering het dié vure probeer doodslaan. Die Brilpikkewyn loop die gevaar om uit te sterf.

Aug 2, 202249 min

Monitor 1 Augustus 2022

Vakbonde is gefrustreerd met die regering se gesloer om wetgewing te verander, wat werknemers toegang tot 'n gedeelte van hulle aftreegeld kan gee. Brandstof is van Woensdag af goedkoper, maar gas word duurder. Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê die meerderheid van partylede steun die opsystaan-reël.

Aug 1, 202250 min

Monitor 29 Julie 2022

Boere kan nou hul grondeisstatus binne 20 sekondes bepaal. Dit woeker agter die skerms by die ANC se beleidskonferensie. Die viermalige Formule Een wêreldkampioen, Sebastian Vettel, groet die sport. Rusland beplan om sy eie ruimtestasie te bou. Die EFF is nege jaar oud - is dit dalk tyd vir nuwe leierskap?

Jul 29, 202250 min

Monitor 28 Julie 2022

Die prys van motorbande kan moontlik die hoogte inskiet indien nuwe invoerheffings goedgekeur word. Die DA vra die Parlement om 'n oorsigkomitee oor die Presidensie te stig. Die ANC stel voor dat 'n grondhervormingsfonds geskep word.

Jul 28, 202250 min

Monitor 27 Julie 2022

'n Palestynse diplomatieke afvaardiging word hartlik in Suid-Afrika verwelkom, terwyl die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oor die Palestynse vraagstuk vergader. Die regering oorweeg die deregulering van 93-oktaan brandstrof én ‘n plafon op die prys daarvan. Die ANC se beleidskonferensie begin by Nasrec in Johannesburg.

Jul 27, 202251 min

Monitor 26 Julie 2022

Nuwe navorsing wys dat Suid-Afrikaners al hoe meer stres oor hulle geldsake. Die regering sê hy gaan administratiewe rompslomp, wat Eskom se instandhoudingswerk bemoeilik, uitskakel. President Cyril Ramaphosa stel 'n nasionale energiekrisiskomitee aan, maar opposisiepartye voel dat hy kragvoorsiening in die land privatiseer. Die Nasionale Seereddingsinistituut sê oorlewingswemlesse kan help om verdrinkings te verminder. Die Black Lawyers Assosciation het die Regterlike Dienskommissie veroordeel vir die manier waarop die voortslepende regstryd van die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, hanteer is.

Jul 26, 202252 min

Monitor 25 Julie 2022

Banyana Banyana gekroon as die kampioene van Afrika. ‘n Boer van Ermelo wat in die tronk is nadat hy glo twee kinders raakgery het, word as 'n goeie man beskryf deur dié wat hom ken. Die Taliban-faksie van die ANC kry die oorhand in KwaZulu-Natal.

Jul 25, 202252 min

Monitor 22 Julie 2022

Gaan die vonke spat tydens die ANC se provinsiale kongres in KwaZulu-Natal se provinsiale kongres? Die regulering van kriptogeldeenhede is op hande. Lizz Truss pak Rishi Sunak in die stryd om die Tory-leierskap en Britse premierskap. Ouers in Gauteng kan van vandag af aansoek doen vir hulle kinders se toelating vir Graad 1 en 8. Twintig jagluiperds van Suid-Afrika en Namibië kry 'n nuwe tuiste in Indië.

Jul 22, 202248 min

Monitor 21 Julie 2022

Die Sentrale Energiefonds wil 'n staatsbeheerde gasmaatskappy stig. Die publiek kan nou kommentaar lewer op die voorgestelde wysiging van die Grondwet om gebaretaal as 'n amptelike taal te verklaar. In Upington in die Noord-Kaap het inwoners 'n vullisstortingsterrein in 'n tuin omskep.

Jul 21, 202251 min

Monitor 20 Julie 2022

Daar word verwag dat 'n verdere renteroersvehoging later dié week aangekondig sal word. 'n Navorsingsinstelling sê onwettige myners moet gereguleer word. Nog 'n organisasie wil hê polisiëring in die Wes-Kaap moet na die provinsiale regering afgewentel word.

Jul 20, 202249 min

Monitor 19 Julie 2022

Vrystaat Landbou spreek sy kommer uit oor 'n tekort aan polisievoertuie in die provinsie. Die digter Don Mattera word ter ruste gelê. Iran en Argentinië wil lidlande van die BRICS-groepering word.

Jul 19, 202245 min

Monitor 18 Julie 2022

Twee verdagtes verskyn vandag in die hof in verband met 'n plaasaanval naby Kestell in die Vrystaat, wat sewe lewens geëis het. Huldeblyke stroom in ná die dood van die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jesse Duarte. Ons saai uit vanaf Krugersdorp-Noord in Gauteng, waar daar krisispakkies aan sowat 550 mense uitgedeel word.

Jul 18, 202245 min

Monitor 15 Julie 2022

Die EFF beplan 'n nasionale staking om president Cyril Ramaphosa se bedanking te eis. Blade Nzimande sê Cosatu en die ANC staar vandag meer uitdagings in die gesig as aan die begin van ‘n demokratiese Suid-Afrika. Ivana Trump, voormalige vrou van oudpresident Donald Trump van Amerika, sterf in die ouderdom van 73 jaar.

Jul 15, 202247 min

Monitor 14 Julie 2022

Kommer oor 'n krimpende polisiemag. en wat dit vir misdaadbekamping beteken. 'n Verslag oor polisiestasies se vermoë om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te help sê dat baie sake onttrek word lank voor hofprosesse voltooi is. Die regering word tot Oktober tyd gegee om sy finansiële stelsel op te knap in die stryd teen geldwassery en terreurfinansiering. Suid-Afrika se nuwe Grensbestuursowerheid begin vandag met sy werksaamhede.

Jul 14, 202251 min

Monitor 13 Julie 2022

Miljoene kartonne sitrusvrugte kan vernietig word weens nuwe EU-regulasies. Die Kaapse burgemeester sê die perk van 100 Megawatt vir die selfopwekking van krag sonder 'n lisensie, moet verwyder word. Sri Lanka se president vlug landuit, ure voor hy sou bedank.

Jul 13, 202251 min

Monitor 12 Julie 2022

Die polisie soek vyf verdagtes in verband met die naweek se skietery by 'n taverne in Soweto. Beurtkrag kan nog weke duur. 'n Jaar nadat die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng meer as 340 mense se lewe geëis het, word daar steeds vrae gevra oor die polisie se vermoë om misdaad te bekamp.

Jul 12, 202252 min

Monitor 11 Julie 2022

Veiligheid by tavernes en sjebeens is in die kollig ná 'n reeks skietvoorvalle die afgelope naweek. Huldeblyke stroom in ná die dood van die rolprentresensent, Barry Ronge. 'n Hond wat verlede jaar tydens die onrus in Phoenix gered is, Skippy, soek steeds 'n nuwe tuiste.

Jul 11, 202252 min

Monitor 8 Julie 2022

Meer as ses miljoen pasiënte met 'n geestesgesondheidstoestand wag om gediagnoseer te word. Strafregtelike klagtes is aanhangig gemaak teen die polisieminister, maar gaan dit iets beteken? Werknemers wat werk toe gaan terwyl hulle siek of beseer is, kos die ekonomie baie geld. En, Koebaai Boris!

Jul 8, 202247 min

Monitor 7 Julie 2022

Peperduur brandstof en voedsel beinvloed Suid-Afrikaners se geestesgesondheid. Nuwe regulasies bepaal dat vuurwapens tydens die lisensie-aansoekproses tuis gehou mag word. Turkye se inflasie staan op bykans 80%.

Jul 7, 202248 min

Monitor 6 Julie 2022

Daar is uiteenlopende standpunte oor die voorgestelde wysigings aan die Skolewet. Miljoene psigiatriese pasiënte wag op behandeling vir geestesgesondheidstoestande. Wat is die implikasies van Eskom se salarisooreenkoms met stakende werkers? Mynbouproduksie steier onder beurtkrag.

Jul 6, 202251 min

Monitor 5 Julie 2022

Nóg 'n brandstofprys-skok om middernag. Pas op vir foefies wat glo brandstofverbruik verbeter. 'n Suid-Afrikaanse dokumentêr blink uit by die Encounters internasionale Filmfees.

Jul 5, 202252 min

Monitor 4 Julie 2022

Beurtkrag duur voort terwyl alle oë op die loononderhandelings tussen Eskom en stakende werkers is. Die hooggeregshof beslis dat president Cyril Ramaphosa aanspreeklik gehou kan word vir die Marikana-slagting. 'n Konstitusionele Hof-uitspraak versterk die regte van vroue in Moslem-huwelike. Die kommissie vir die herstel van grondregte moet nog duisende uitstaande grondeise afhandel. Die voormalige Springbokstut, Jannie du Plessis, sluit by ons aan vir 'n ontleding van die naweek se toetswedstryd tussen die Bokke en Wallis.

Jul 4, 202247 min

Monitor 1 Julie 2022

Ons vra kenners of Eskom se bestuur nou maar die trekpas moet kry. Daar is kommer oor die erge agteruitgang van Potchefstroom se landbou-kollege. Julie is Spaarmaand, en ons vra hoe jy hieruit kan munt slaan.

Jul 1, 202246 min

Monitor 30 Junie 2022

Die DA dien strafregtelike klagte teen die ANC in. Agri-SA is bekommerd oor die uitwerking van beurtkrag op die landbou. Olifante word in die Kruger Wildtuin dopgehou vir tuberkulose.

Jun 30, 202243 min

Monitor 29 Junie 2022

Daar is vordering in gesprekke tussen Eskom en stakende werkers, maar die land se kragkrisis is nog lank nie verby nie. Daar is kritiek teen die basiese onderwysdepartement se voorgestelde wysigings aan die Wet op Norme en Standaarde vir Openbare Skole-infrastruktuur. 'n Kenner sê menslike hulpbronpraktyke by munisipaliteite moet ook geoudit word. Gemeenskappe in die omgewing van die Kruger Nasionale Park word van waterbesoedeling beskuldig. Saaiboere in dele van die land is bekommerd oor die kwaliteit van hulle oeste weens aanhoudende reën en siektes.

Jun 29, 202246 min

Monitor 28 Junie 2022

Ons praat met 'n politieke ontleder oor president Ramaphosa se deelname aan die G7-beraad. 'n Regsgeleerde bekyk die omkeer van die 1973 aborsie-uitspraak in die VSA. 'n Nuwe dokumentêr vra groter erkenning vir Bruin Afrikaanse musiek.

Jun 28, 202247 min

Monitor 27 Junie 2022

Jun 27, 202250 min

Monitor 24 Junie 2022

Suid-Afrika is ontmasker, maar nou steek 'n nuwe gevaar kop uit. Ons vra of 'n kabinetskommeling moontlik is nadat die finale gedeeltes van die Zondo-verslag aan die president oorhandig is. Nog koue weer en sneeu word vir die naweek voorspel.

Jun 24, 202245 min

Monitor 23 Junie 2022

Ná vier-en-'n-half jaar se sittings en sowat 'n miljard rand van belastingbetalers se geld, is die finale verslag oor staatskaping uiteindelik gisteraand aan die president oorhandig. Die Menseregtekommissie in Gauteng sê die gewelddadige optrede teen haweloses in die provinsie moet summier gestaak word. Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, spreek die media vandag toe nadat verskeie Covid-19-regulasies gisteraand per kennisgewing in die Staatskoerant opgeskort is. Ons praat met 'n ingenieur oor hoe die waterkrisis is die Nelson Mandela Baai Metro bestuur word. Die Nasionale Kunstefees in Makhanda verwelkom feesgangers in lewende lywe vir die eerste keer sedert die begin van die Covid-pandemie.

Jun 23, 202246 min

Monitor 22 Junie 2022

Die hotelbedryf trek steeds swaar in die nadraai van die pandemie. SANCA sê die misbruik van dagga onder jong mense neem toe. Afrika het meer as R400-miljard per jaar nodig om elektrisiteit aan almal te verskaf.

Jun 22, 202246 min

Monitor 21 Junie 2022

Die oorhandiging van die laaste deel van die Zondo-verslag oor staatskaping is weer eens uitgestel. Het die president van die Appèlhof, Mandisa Maya, genoeg gedoen om die pos van adjunkhoofregter los te slaan? Die burgerlike samelewing wil help om misdaad by die grens met Zimbabwe te bestry. Eers word die Impofu-dam amptelik buite diens gestel, en nou loop die Churchill-dam byna leeg - ons praat met die nasionale departement oor die Oos-Kaap se voortslepende waterkrisis. Die Verenigde Nasies se verdragskonferensie oor die verbod op kernwapens begin vandag in Wene, Oostenryk.

Jun 21, 202247 min

Monitor 20 Junie 2022

Die finale deel van die Zondo Kommissie se verslag oor staatskaping word vandag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Beurtwater word in die eThekwini-Metro ingestel. Kommer oor die lae vlak van die Kougadam in die Oos-Kaap.

Jun 20, 202242 min