
Monitor
4,406 episodes — Page 18 of 89

Monitor 21 Julie 2023
Rentekoerse bly onveranderd. Moontlike redes vir die Johannesburg-ontploffing gegee. Oekraïne gebruik nou trosbomme teen Rusland.

Monitor 20 Julie 2023
Een persoon sterf in 'n ontploffing in Johannesburg se middestad. Die BRICS-beraad in Suid-Afrika gaan volstoom voort, maar sonder die Russiese president, Wladimir Putin. Ons praat met 'n voormalige diplomaat oor die implikasies van die besluit. Is die einde van rentekoersverhogings in sig?

Monitor 19 Julie 2023
Die prys van diesel sal na verwagting aanstaande maand styg. Gebaretaal word vandag amptelik 'n landstaal. Die polise onderneem om onopgeloste sake, wat verbind word aan Norman Afzal Simons, weer te ondersoek.

Monitor 18 Julie 2023
Na byna 30 jaar is daar meer vrae as antwoorde op die vooraand van die sogenaamde "station strangler" se vrylating op parool. Die DA se konsepwetsontwerp wat meer magte aan premiers sal gee, ontlok kritiek. Op internasionale Nelson Mandeladag wonder mense waar politieke leiers die spoor byster geraak het.

Monitor 17 Julie 2023
Die AA sê die Aarto-wetgewing sal nié padveiligheid verbeter nie. Die sogenaamde stasiemoordenaar sal onder huisarres geplaas word wanneer hy op parool vrygelaat word. 'n Kenner sê belastingbetalers moet hulle outomatiese belastingassessering deeglik bestudeer. Die Swartsee-graanooreenkoms verstryk vandag, tensy Rusland dit verleng.

Monitor 14 Julie 2023
Gauteng se regering wil 'n provinsiale staatsbank op die been bring. 'n Kenner antwoord die vraag - sal oudpresident Jacob Zuma terug tronk toe gaan? Wie gaan more uitdraf as Springbok-kaptein?

Monitor 13 Julie 2023
Vrae oor hoekom daar nie vinniger teen vragmotoraanvallers opgetree is nie. 'n Party-woordvoerder sê hulle COPE steeds. Dis nou baie makliker om 'n orgaanskenker te word.

Monitor 12 Julie 2023
Watertoevoer na groot dele van Johannesburg word tot Vrydag onderbreek. Rand Water sê munisipale wanbestuur dra by tot die waterkrisis in Gauteng. 'n Dodelike haassiekte steek weer kop uit. Die Poskantoor is in sakeredding geplaas - ons vind uit hoe dié proses werk.

Monitor 11 Julie 2023
Die oudpolisieman wat die blouligaanval op sosiale media versprei het, kry dreigemente. Die Verkiesingskommissie teken 'n ooreenkoms om fopnuus op sosiale media te bekamp. Gautengers baljaar in die sneeu.

Monitor 10 Julie 2023
Die ANC sê die koalisiestelsel moet hersien word. Sneeu word in Mpumalanga en die Oos-Kaap voorspel. Die SAUK se geldelike verknorsing verdiep. Wintersiektes by kinders is in die kollig.

Monitor 7 Julie 2023
Die polisie ondersoek ’n massa skietvoorval in Hanover Park op die Kaapse Vlakte. Sakelui verwag dat inflasie vanjaar tot bykans 7% persent kan styg. Navorsing wys Suid-Afrikaners is treurig om geld te spaar. Kommer oor die groot tekort aan maatskaplike werkers.

Monitor 6 Julie 2023
'n Gaslekkasie aan die Oosrand wat 16 lewens geëis het, word met onwettige myners verbind. Cosatu betoog vandag landwyd oor 'n lang lys kwessies. Die slagoffers van Maandag se bloulig-aanranding oorweeg regstappe.

Monitor 5 Julie 2023
Petrol is vandag goedkoper, maar diesel duurder - 'n ekonoom verduidelik hoekom. OPOD ondervra die slagoffers van adjunkpresident Paul Mashatile se beskermingseenheid. 'n Politieke wetenskaplike bekyk die uitsonderlike verhouding tussen die VSA en Israel.

Monitor 4 Julie 2023
Beurtkrag of kragvermindering - wat verkies jy? Ons hoor wat Eskom se nuwe plan behels. 'n Biskop van Springbok in die Noord-Kaap verskyn in die hof op aanklagte van seksuele misdrywe. Frankryk is kalm, maar gespanne na die afgelope paar dae se onluste.

Monitor 3 Julie 2023
Nóg liggame in Namakwaland gevind ná oorstromings. Hoe relevant is die ANC Jeugliga? Die Inniebos-fees is 'n dawerende sukses.

Monitor 30 Junie 2023
Suid-Afrika begin die vierdag-werksweek toets. Navorsers sê mense raak te hans met leeus. Ons skakel oor na InniBos waar Lizz Meiring met ons gaan praat oor interaktiewe teater.

Monitor 29 Junie 2023
Die KVBA beslis dat ras nie die enigste faktor mag wees, en dat niemand afgedank mag word nie. 'n Rolprentmaker werp lig op 'n Suid-Afrikaner wat glo 'n kind by 'n ruimtewese gehad het. Ons skakel oor na InniBos.

Monitor 28 Junie 2023
Tot soveel as 97 000 mense het hulle werk die afgelope jaar veloor. Nog Suid-Afrikaanse jagluiperds sterf in die noorde van Indië. Die Wagner-huursoldategroep neem glo beheer oor in die Sentraal Afrika Republiek.

Monitor 27 Junie 2023
Groot kommer oor Suid-Afrika se hoë vlakke van dwelmmisbruik. Ontleders sê president Waldimir Poetin is verswak deur die kortstondige Wagner-rebellie. 'n Suid-Afrikaanse rolprentmaker bring hulde aan sy tuisdorp, Calvinië.

Monitor 26 Junie 2023
President Cyril Ramaphosa sê die doel van die Afrika-vredesending na Oekraïne en Rusland was om verdere lewensverlies te beperk. Die ANC in die Wes-Kaap het 'n nuwe leier. Meer as 700 verdagtes in die konstruksiemafia word gearresteer.

Monitor 23 Junie 2023
Die Artikel 194-ondersoek na die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkwebane, sleep voort, terwyl die soeke na 'n nuwe OB nou amptelik begin het. Die ANC in die Wes-Kaap se langverwagte negende provinsiale konferensie vind uiteindelik die naweek in Kaapstad plaas. Ons praat met Agri Wes-Kaap vir die jongste nuus in die nadraai van die oorstromings in dié provinsie.

Monitor 22 Junie 2023
Nóg 'n bloedige week op die Kaapse Vlakte. Inflasie sak terug - beteken dit die einde van rentekoersverhogings? Museumteater maak sy verskyning in Suid-Afrika.

Monitor 21 Junie 2023
Die ANC in die Wes-Kaap hou sy provinsiale konferensie maande nadat dit moes gebeur het. Georganiseerde landbou beraam die skade van die oorstromings in die Wes-Kaap. Die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê verkeerde inligting word oor die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsontwerp versprei.

Monitor 20 Junie 2023
Wes-Kapenaars staal hulle vir nog reën te midde grootskaalse opruimingswerk weens die onlangse oorstromings. Die ANC het nog tot môre toe kans om die rekords van sy kaderontplooiingskomitee aan die DA te oorhandig. Tienerswangerskap in die Noord-Kaap skiet die hoogte in.

Monitor 19 Junie 2023
Nog stormweer word vandag in die Kaap verwag. President Cyril Ramaphosa oorhandig 'n tienpuntplan vir vrede aan Wladimir Putin, maar daar is 'n angeltjie in die voorstelle. Ons saai die eerste van 'n reeks bydraes oor Sirië uit.

Monitor 16 Junie 2023
Vakbonde bereik 'n historiese loonooreenkoms met ESKOM. Nóg koue fronte op pad na die Wes- en Noord-Kaap. Jeugdag word vandag gevier.

Monitor 15 Junie 2023
Die aansoekproses begin vandag vir plasing van graad 1 en 8 leerlinge in Gautengse skole vir 2024. Die koste van die Nasionale Gesondheidsversekering is in die kollig. OUTA kritiseer die Gautengse regering vir sy gesloer met die afskaffing van die e-tolstelsel. Die Minister van Elektrisiteit gaan na China reis om met die ses grootste sonpaneelvervaardigers te vergader.

Monitor 14 Junie 2023
Reaksie op die goedkeuring van die omstrede Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. Republikeine én Demokrate oorweeg dit nou om Suid-Afrika uit AGOA te skop. Die sardientjies begin loop.

Monitor 13 Junie 2023
Suid-Afrika kry krag van Mosambiek. Ace Magashule is uit die ANC geskop. Daar is steeds 'n tekort aan teengif vir slangbyte. Agbiz is bekommerd oor die beplande raskwotas vir die toekenning van watergebruikslisensies.

Monitor 12 Junie 2023
'n Geoloog verduidelik gister se aardbewing in Gauteng, en of 'n grote verwag moet word. 'n Projek wat bekostigbare kos verskaf, groei met rasse skrede. Hoe volhoubaar is die laer beurtkrag-fases? Ons praat met 'n kenner.

Monitor 9 Junie 2023
TLU SA vra die president om die minister van polisie, Bheki Cele, af te dank. Honderde senior bestuurders in die staatsdiens het nie die nodige kwalifikasies vir hulle poste nie. Daar is 'n groot tekort aan bloedvoorraad. Drie lande word lede van die nuwe ontwikkelingsbank, wat deur die BRICS-groepering gestig is.

Monitor 8 Junie 2023
Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, eis dat die voorsitter van die Artikel 194-komitee, Qubudile Dyantyi, bedank ná skokbewerings van omkopery waarby Dyanti en twee ander ANC-hoës betrek word. Die Jacob Zuma-stigting sê die voormalige president sal teen gister se hofuitspraak appelleer, wat sy private vervolging van advokaat Billy Downer en joernalis Karyn Maughan tersyde gestel het. Duisende mense word jaarliks as onbekendes in Suid-Afrika en ander lande begrawe, ondanks die vooruitgang wat daar met DNS-ontleding gemaak is.

Monitor 7 Junie 2023
Kommer oor beplande raskwotas en 'n moontlike uitvloei van vaardighede. ’n Resessie is vir nou eers afgeweer, maar ekonome waarsku oor die tweede kwartaal. Verskeie munisipaliteite gewaarsku oor die kwaliteit van drinkwater.

Monitor 6 Junie 2023
Politieke Partye reageer op die dood van die LP en voormalige kabinetslid, Tina Joemat Pettersen. Johannesburg se toekoms word vandag duideliker met die lewering van die stadsrede. Eskom betrek ou ingenieurs om sy kragstasies aan die gang te hou. Suid-Afrikaanse onderwysers word oorsee gelok.

Monitor 5 Junie 2023
Suid-Afrika oorweeg sy opsies vir die BRICS-beraad in Augustus. Die Suid-Afrikaanse boubedryf skud sy vere reg op Wêreld Omgewingsdag. 'n Bekende politieke ontleder sê die tekens is daar dat die ANC, nes die NP destyds, se einde in sig is.

Monitor 2 Junie 2023
Die Motor van die Jaar is... 'n bakkie! Die Mzanzi Jeugkoor maak opslae in die VSA. 'n Projek om pappegaaie van uitwissing te red, help ook arm Oos-Kaapse gemeenskappe.

Monitor 1 Junie 2023
President Cyril Ramaphosa word as 'n bedrieër beskryf, wat nie sy beloftes nakom nie. Die Minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, gee vandag meer besonderhede oor die regering se ingryping teen cholera in Tshwane. Die geskiedkundige figuur, Wolraad Woltemade, se heldedaad van 250 jaar gelede word herdenk.

Monitor 31 Mei 2023
Nog gevalle van cholera in Hammanskraal aangemeld. Meer as 10 000 verkragtings is in die eerste drie maande van vanjaar by die polisie aangemeld. Die bevordering van entrepreneurskap is in die kollig, te midde van grootskaalse afleggings wat dreig. Buitelandse ministers van BRICS-lidlande vergader môre in Kaapstad oor die moontlike uitbreiding van dié groepering.

Monitor 30 Mei 2021
Die Suid-Afrikaanse Weermag ontken dat hy wapens op die Russiese vragskip, Lady R, gelaai het. Nie-regeringsorganisasies wat kinderbeskermingsdienste lewer, kla omdat die regering hulle finansieel nie genoeg help nie. Is die Menseregtekommissie se beslissings afdwingbaar? 'n Hof sal nou daaroor besluit.

Monitor 29 Mei 2023
Vakbonde verwerp Eskom se jongste loonaanbod. Die minister van elektrisiteit kry uiteindelik sy magte en pligte, maar kommer bestaan oor wat hy met dié nuwe bevoegdhede gaan doen. 'n Onafhanklike paneel is aangestel om die bewerings te ondersoek dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het. 'n Navorser sê rioolbesoedeling en die swak bestuur van afvalwaterstelsels dra by tot die cholera-krisis.

Monitor 26 Mei 2023
Die eerste sterfte aan cholera word in die Vrystaat aangeteken. Afriforum neem watermonsters in die Vaalrivier waarvan een positief vir cholera toets. Rentekoerse styg met 'n verdere 50 basispunte. 'n Mosie van wantroue teen die burgemeester in die Nelson Mandela Metro, Retief Odendaal, word na verwagting vandag gedebatteer.

Monitor 25 Mei 2023
Verbruikersinflasie is op sy laagste vlak in maande. Kommer oor 'n skerp styging in skole se eiendomsbelasting. 'n Eeu gelede het die eerste vrou onwettig aan die Comrades deelgeneem.

Monitor 24 Mei 2023
'n Toename in gevalle van pampoentjies. Burgerregtegroepe glo konsepwetgewing oor die nasionale raad op geslagsgeweld is onvoldoende om dié misdaad te stuit. Verskeie lande oorweeg voorstelle om kunsmatige intelligensie te reguleer.

Monitor 23 Mei 2023
Minstens 15 mense in Hammanskraal reeds aan cholera oorlede. 'n Kenner verduidelik wat die grondwet oor rasteikens en raskwotas sê. Watter impak het die oorlog in Oekraïne op boere in Europa? Ons praat met die voorsitter van die Duitse Boerevereniging.

Monitor 22 Mei 2023
Kaapse Forum nader die Konstitusionele Hof om te verseker dat inwoners van die Wes-Kaap inspraak kry oor die bestuur van die polisiediens in dié provinsie. Fedsas sê spesialisopvoeders moet aangestel word om leerlinge in die grondslagfase te help om hulle leesvermoë te verbeter. Die Wêreld Landbou-organisasie hou vir die eerste keer sy jaarvergadering in Suid-Afrika. Die G7-lidlande vra China om groter druk op Rusland te plaas om die oorlog in Oekraïne te beëindig.

Monitor 19 Mei 2023
Die land se kragnetwerk sal níé ineenstort nie, maar Eskom waarsku dat 'n uiterse moeilike winter voorlê. Die internasionale gemeenskap slaak 'n sug van verligting ná die verlenging van die Swartsee-graaninisiatief. En, ons skakel oor na die span by Nampopark in die Vrystaat vir die laaste dag van die Nampo-Oesfees.

Monitor 18 Mei 2023
Bedrog is 'n al groter wordende probleem in Suid-Afrika. Die wêreld se beste olyfolie word in die Klein Karoo gemaak. Landbourolspelers vertel hoe die voedselwaardeketting verander, en hoe hulle daarby aanpas.

Monitor 17 Mei 2023
President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor 'n voorgestelde Afrikasending om vrede tussen Oekraïne en Rusland te onderhandel, laat internasionale wenkbroue lig. 'n Rolprent oor die "verlore stemme" in die Afrikaanse musiekbedryf word by die Cannes-rolprentfees vereer. Dis vandag Wêreld Bloeddrukdag.

Monitor 16 Mei 2023
President Ramaphosa sê Suid-Afrika hou by sy onafhanklike buitelandse beleid. Maar watter gevolge hou dit in? Marlinée Fouche vertel hoe Libanon en Sirië oorlog en aardbewings oorleef. By NAMPO praat Suzanne Paxton met Graan SA se bestuurshoof, en 'n ekonoom.

Monitor 15 Mei 2023
President Cyril Ramaphosa lei 'n hoëvlak besoek aan die ANC in KwaZulu-Natal. Die voormalige Eskomhoof, André de Ruyter, verras met 'n onthullende boek oor Eskom. Die verhouding tussen Washington en Pretoria vertroebel ná bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het.