
Monitor
4,363 episodes — Page 18 of 88

Monitor 23 Mei 2023
Minstens 15 mense in Hammanskraal reeds aan cholera oorlede. 'n Kenner verduidelik wat die grondwet oor rasteikens en raskwotas sê. Watter impak het die oorlog in Oekraïne op boere in Europa? Ons praat met die voorsitter van die Duitse Boerevereniging.

Monitor 22 Mei 2023
Kaapse Forum nader die Konstitusionele Hof om te verseker dat inwoners van die Wes-Kaap inspraak kry oor die bestuur van die polisiediens in dié provinsie. Fedsas sê spesialisopvoeders moet aangestel word om leerlinge in die grondslagfase te help om hulle leesvermoë te verbeter. Die Wêreld Landbou-organisasie hou vir die eerste keer sy jaarvergadering in Suid-Afrika. Die G7-lidlande vra China om groter druk op Rusland te plaas om die oorlog in Oekraïne te beëindig.

Monitor 19 Mei 2023
Die land se kragnetwerk sal níé ineenstort nie, maar Eskom waarsku dat 'n uiterse moeilike winter voorlê. Die internasionale gemeenskap slaak 'n sug van verligting ná die verlenging van die Swartsee-graaninisiatief. En, ons skakel oor na die span by Nampopark in die Vrystaat vir die laaste dag van die Nampo-Oesfees.

Monitor 18 Mei 2023
Bedrog is 'n al groter wordende probleem in Suid-Afrika. Die wêreld se beste olyfolie word in die Klein Karoo gemaak. Landbourolspelers vertel hoe die voedselwaardeketting verander, en hoe hulle daarby aanpas.

Monitor 17 Mei 2023
President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor 'n voorgestelde Afrikasending om vrede tussen Oekraïne en Rusland te onderhandel, laat internasionale wenkbroue lig. 'n Rolprent oor die "verlore stemme" in die Afrikaanse musiekbedryf word by die Cannes-rolprentfees vereer. Dis vandag Wêreld Bloeddrukdag.

Monitor 16 Mei 2023
President Ramaphosa sê Suid-Afrika hou by sy onafhanklike buitelandse beleid. Maar watter gevolge hou dit in? Marlinée Fouche vertel hoe Libanon en Sirië oorlog en aardbewings oorleef. By NAMPO praat Suzanne Paxton met Graan SA se bestuurshoof, en 'n ekonoom.

Monitor 15 Mei 2023
President Cyril Ramaphosa lei 'n hoëvlak besoek aan die ANC in KwaZulu-Natal. Die voormalige Eskomhoof, André de Ruyter, verras met 'n onthullende boek oor Eskom. Die verhouding tussen Washington en Pretoria vertroebel ná bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het.

Monitor 12 Mei 2023
Die VSA beskuldig Suid-Afrika dat hy wapens en ammunisie aan Rusland verskaf. Die rand val skerp teen die dollar. Koue en reën word vir groot dele van die land voorspel.

Monitor 11 Mei 2023
Die nasionale regering gaan ingryp by die bestuur van die eThwekini Metro. Daar is vier keer meer private veiligheidswagte as polisielede in die land. Gun Free South Africa wil 'n groepsgeding teen die polisiediens instel. Die Eskom-raad kom onder skoot in die parlement oor bewerings van korrupsie en misdaadsindikate by die kragvoorsiener.

Monitor 10 Mei 2023
Dit is vandag 29 jaar sedert oudpresident Nelson Mandela sy inhuldigingstoespraak gelewer het – hoe lyk ons demokrasie vandag? Onderhandelinge oor die vrylating van die gyselaar, Gerco van Deventer, vorder stadig maar seker. Ons praat met die medekaptein van die land se eerste beroepsrugbyspan vir vroue, Libbie Janse Van Rensburg.

Monitor 9 Mei 2023
Die tweede ronde van loononderhandelinge by Eskom begin. Die Minister van Toerisme stel 'n ambisieuse teiken om miljoene besoekers teen 2030 na Suid-Afrika te lok. ons praat met twee kenners oor hoe die ekonomiese en maatskaplike omstandighede in die land Suid-Afrikaners se geestesgesondheid beïnvloed.

Monitor 8 Mei 2023
Die burgemeester van Gqeberha, Retief Odendaal, wend hom na die hof om 'n mosie van wantroue af te weer. Die sonkragverskaffer, Rural Free State, vergader met Eskom oor beurtkrag in Frankfort. dagga-aktiviste betoog by die parlement.

Monitor 5 Mei 2023
Die Johannesburg Metroraad sal vandag weer probeer om 'n nuwe burgemeester te verkies nadat verskeie politieke partye gister samesprekings gevoer het. Suid-Afrikaanse gebaretaal is een stap nader om 'n amptelike landstaal te word. Die DA lê nuwe wetgewing in die parlement ter tafel om kabinetslede se byvoordele te reguleer. Ons praat met Suid-Afrika se enigste aktiewe speler in die Amerikaanse voetballiga, die NFL.

Monitor 4 Mei 2023
Die aktivistegroep, Verslaggewers Sonder Grense, waarsku teen die opkoms van 'n sogenaamde fopnuus-bedryf. 'n Hofordonnans word in Motherwell in die Oos-Kaap doodgeskiet tydens ’n ontsnappingspoging. Die Reserwebank stel nuwe munte en banknote bekend.

Monitor 3 Mei 2023
Suid-Afrika in 'n stryd om sitrus na die Europese Unie uit te voer. Parlementslede krap kop oor hoe Suid-Afrika van die gryslys verwyder kan word. Die dieselprys sak weer, maar petrol is vandag duurder.

Monitor 2 Mei 2023
Suid-Afrikaners wat in Soedan was, is verlig om weer by die huis te wees, maar daar is nog ten minste 22 wat sukkel om terug te keer. Gauteng se eksperiment met 'n misdaadvoorkomingsmag word verwelkom. Werkersdag wat gister gevier is, is vir meeste mense 'n herinnering aan lae lone en hoë inflasie.

Monitor 1 Mei 2023
Die laaste groep Suid-Afrikaners vanuit Soedan is by die huis. 'n Onsekere toekoms vir Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon en werk. Reaksie op die nuutaangestelde misdaadvoorkomingsbeamptes in Gauteng.

Monitor 28 April 2023
Black Sash is bekommerd oor die uitdagings wat begunstigdes van maatskaplike toelaes kan ondervind, met die instelling van 'n nuwe kaartlose betalingstelsel. Bahrein, Egipte en Indonesië wil lidlande van die BRICS-groepering word. Die openbare raadplegingsproses oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys word verleng.

Monitor 27 April 2023
Die voormalige Eskombaas, André de Ruyter, frustreer parlementslede met sy swye oor korrupsie by die energieverskaffer. Die Wes-Kaapse regering se plan met haweloses word gekritiseer, maar ook geprys. Die jagluiperd-projek in Indië vorder glo goed, in weerwil van die dood van twee van die diere.

Monitor 26 April 2023
Suid-Afrika gaan aan die Internasionale Strafhof onttrek. Nóg 'n verkrygingsskandaal by die Gautengse Departement van Gesondheid. President Joe Biden van die VSA gaan vir 'n tweede termyn staan.

Monitor 25 April 2023
'n Nood-ontruimingsplan vir Suid-Afrikaners in Soedan is gister in werking gestel. Ons verneem dat die plan twee busse behels, maar die res van die plan is in geheimhouding gehul. Die burgemeester van Johannesburg, Thapelo Amad, bedank uit sy pos. Presisdent Cyril Ramaphosa praat oor 'n ANC-voorstel om koalisies te reguleer.

Monitor 24 April 2023
Dit sal R29-miljard kos om die Vrystaat se paaie rybaar te maak. Nuwe hoop vir 'n man wat reeds ses jaar deur Al Kaïda aangehou word. 'n Beroep gedoen dat Suid-Afrika uit BRICS padgee.

Monitor 21 April 2023
Is die Fase 6-beurtkrag van vandag dieselfde Fase 6 van twee of drie jaar gelede? Boere vra dat kragvermindering op hulle plase toegepas word. Hoe maak ons seker dat kunsmatige intelligensie nie buite beheer raak nie.

Monitor 20 April 2023
Die beweerde meesterbrein agter ’n kinderhandel-en-molesteringsnetwerk, Gerhard Ackerman, hou vol hy is onskuldig. Die Thabo Bester-sage neem die een wending na die ander. Ons vra ’n SAUK-navorser om die nuwe stukkies van die legkaart bymekaar te sit. Die Tshwane-metro wil sy ongebruikte munisipale grond verkoop om die stad se geldsake te help herstel.

Monitor 19 April 2023
Verskeie politieke partye verwelkom die aanstelling van 'n nuwe SAUK-raad. Die president bekragtig veranderinge aan die Wysigingswetsontwerp op Gesinsgeweld. Die Departement van Basiese Onderwys sê daar is 'n afname in die getal leerlinge wat skool voortydig verlaat.

Monitor 18 April 2023
Onafhanklike kandidate sal voortaan aan provinsiale en nasionale verkiesings mag deelneem. Die vrou van die paramedikus wat al ses jaar deur Al Kaïda aangehou word, praat. Aantygings van nepotisme teen die Matie-rektor sal deur 'n komitee ondersoek word.

Monitor 17 April 2023
Die Tshwane-metro kan moontlik onder administrasie geplaas word. Kommer oor die sielkundige impak wat die droogte op boere in die Noord-Kaap het. Die voorsitter van die Afrika Unie Kommissie gaan na Soedan reis om 'n skietstilstand te onderhandel.

Monitor 14 April 2023
Verskeie organisasies wil hof toe gaan ná die bekragtiging van die Wet op Diensbillikheid. Die president wil in die volgende vyf jaar beleggings van R2 000-miljard na Suid-Afrika lok. Die Munisipale Afbakeningsraad oorweeg 'n aansoek om Rustenburg in 'n metropolitaanse munisipaliteit te verander.

Monitor 13 April 2023
Die jongste nuus oor die terugkeur na Suid Afrika van Thabo Bester en Nandipha Magudumana. 'n Vrou wat jare gelede deur Bester geteiken is, vertel van haar noue ontkoming met hom. Hooggeplaastes, sakelui en staatsamptenare van regoor die wêreld is in Sandton, Johannesburgm vir die 5de Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie.

Monitor 12 April 2023
Woede oor die Facebook-verkragter, Thabo Bester, se ontsnapping meer as 'n jaar gelede, is aan die toeneem onder Suid-Afrikaners. Ons berig oor twee beskuldigdes wat intussen in die hof verskyn het in verband met Bester se ontsnapping, en nog arrestasies word in die saak verwag. Planne om die ou duikboot, SAS Assegaai, na sy laaste rusplek te verskuif, is in 'n gevorderde stadium.

Monitor 11 April 2023
Gevalle van Afrika-perdesiekte is aan die toeneem in Gauteng. Onderwysersvakbonde is bekommerd oor die toename in rooftogte by openbare skole. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie monitor 'n nuwe subvariant van Covid-19.

Monitor 10 April 2023
'n Misdaadaktivis beweer Thabo Bester het die tronk verskeie kere verlaat voor sy finale ontsnapping in Mei verlede jaar. Ons praat oor verskeie van die vrae oor dié storie, asook die mislukte uitlewering van die Guptas ontstaan. 'n jong Suid-Afrikaner kry die geleentheid om dalk eendag aan die Formule 1-kampioenskap deel te neem.

Monitor 7 April 2023
Die bloeddiens het 'n tekort aan bloedvoorraad vir die O-groep. Hoër fases van beurtkrag kan dalk hierdie winter ingestel word. Frankryk plaas sy hoop op China om Rusland te oorreed om vredesamesprekings met Oekraïne te begin.

Monitor 6 April 2023
Eskom sal wel verantwoording moet doen oor wanbesteding, nadat die regering die kragvoorsiener se vrystelling van sekere bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur voorlopig terugtrek. Die ramptoestand oor die kragkrisis word na minder as twee maande beëindig. Verkeersowerhede regoor die land is slaggereed vir wanneer Paasverkeer toeneem.

Monitor 5 April 2023
'n Spesiale gesamentlike sitting van verskeie parlementêre komitees sal vandag plaasvind oor die vrystel van Eskom om onreëlmatige en verwistende uitgawes te rapporteer. Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, sê sy vervolging weens die beweerde betaling van omkoopgeld is polities gemotiveer. Australië word die sewende land om Tiktok weens spioenasieoorwegings op regeringsfone te verban.

Monitor 4 April 2023
'n Bykomende R37,4 miljard gaan bestee word aan salarisse vir staatsdiensamptenare. Kommer oor die swak bestuur van Transnet. Finland word vandag amptelik 'n lidland van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie.

Monitor 3 April 2023
John Steenhuisen word as leier van die DA herverkies, en kom met 'n ambisieuse plan vorendag. Die veteraanjoernalis, Jeremy Gordin, word dood by sy huis in Joahnnesburg aangetref. Die luukse passasierskip, Queen Mary 2, kom vandag in Durban se hawe aan.

Monitor 31 Maart 2023
'n Skokrentekoersverhoging laat Suid-Afrikaners na hulle asem snak. 'n Nuwe politieke party wil die meer gevestigde partye die stryd aansê in aanstaande jaar se verkiesing. Ons vra hoeveel waarde sal die minister van elektrisiteit se besoeke aan kragstasies ons werklik bied?

Monitor 30 Maart 2023
Amerikaanse veghonde verskeur 'n bejaarde vrou in Bonteheuwel in die Wes-Kaap. Rentekoerse word moontlik vandag met 25 basispunte verhoog. China Airlines hervat vlugte na Suid-Afrika.

Monitor 29 Maart 2023
Die Tshwane-metro het uiteindelik 'n burgemeester. Die Vereniging van Staatsdiensamptenare aanvaar 'n loonverhoging van 7,5%. Humza Yousaf is die nuwe premier van Skotland.

Monitor 28 Maart 2023
Drie mense word vir ondervraging aangehou in verband met die moord op die kletsrymer, AKA. Die paroolraad sit Vrydag oor die voormalige lemnaelloper, Oscar Pistorius. Vertroue in die kleinhandelsektor daal weens faktore soos inflasie, rentekoerse en beurtkrag.

Monitor 27 Maart 2023
'n Ugandese joernalis praat oor nuwe, drakoniese wetgewing in haar land. Die Slag van Cuito Cuanavale word herdenk - 'n draaipunt in Suidelike Afrika se geskiedenis. Wat is president Poetin se plan met Russiese kernwapens in Belarus?

Monitor 24 Maart 2023
BP onttrek sy dienste aan Suid-Afrikaanse lughawens. Die Wes-Kaap stel 'n 15 jaar waterplan bekend om toekomstige droogtes te oorleef. 'n Groep spesiale ateljeegaste vertel hoe hulle skolesport gaan gebruik om kinders in nood te help. Op Wêreld TB-dag ondersoek ons die voorkoms van dié siekte onder diere.

Monitor 23 Maart 2023
Beurtkrag se impak op selfoonopvangs kos landbou reeds R400 miljoen. 'n Nooddienswerker vertel van die verwoesting wat Sikloon Freddy in Malawi gesaai het. Die inflasiekoers styg tot 7%.

Monitor 22 Maart 2023
Die Nasionale Vergadering hou vandag 'n debat oor 'n mosie van wantroue in die Speaker. Die DA gaan regstappe teen die regering doen om puttoilette by openbare skole te verwyder. Die jongste navorsing wys dat maatskaplike werkers bedank weens groot werksladings en stres.

Monitor 21 Maart 2023
Reaksie op die EFF se protesaksie. Hoeveel is daar te vier vandag op Menseregtedag? Oudpresident Donald Trump moontlik vandeesweek in hegtenis geneem.

Monitor 20 Maart 2023
Die polisie is gereed om moontlike geweld tydens die EFF se betogings te stuit. Openbare sittings word oor die omstrede Bela-wetgewing gehou. Suid-Afrika wil gasheer wees vir vredesamesprekings tussen Rusland en Oekraïne.

Monitor 17 Maart 2023
Die polisie belowe dat die EFF nie Maandag die land tot 'n stilstand sal dwing nie. Ons vra 'n kenner of die polisie wel die staking onder beheer kan hou. Die bankreus, Credit Suisse, moet miljarde dollar leen om sy finansies te ondersteun.

Monitor 16 Maart 2023
Die EFF sê hulle sal Maandag vreedsaam betoog, tensy hulle gekeer word. Reaksie op die MRK-verslag oor Maties se taalbeleid. Die mans Proteaspan begin vandag met 'n splinternuwe witbalera. Ons praat met die kolfafrigter JP Duminy.

Monitor 15 Maart 2023
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie vra lande om strenger wetgewing in te stel om landsburgers se soutinname drasties te verminder. Minder staal- en metaalprodukte is in Janaurie vervaardig as 'n jaar gelede. Die president van Tanzanië, Samia Suluhu Hassan, is môre op 'n staatsbesoek aan Suid-Afrika.