
Monitor
4,363 episodes — Page 19 of 88

Monitor 14 Maart 2023
ActionSA se voorsitter in Gauteng bedank. Sikloon Freddy tref Mosambiek wéér - ons praat met 'n kenner oor dié uitsonderlike verskynsel. Die land se pampoenkoning praat oor sy bielie van 890 kilogram.

Monitor 13 Maart 2023
Huldeblyke stroom in na die dood van die kletsrymer, Costa Titch. Opposisiepartye verwerp die Openbare Beskermer se voorlopige verslag oor die Phala Phala-sage. Die president van China, Xi Jinping, maak veranderinge aan sy kabinet.

Monitor 10 Maart 2023
Die DA het 'n oorsigbesoek aan drie hospitale in Bloemfontein gedoen om die omvang van die staking deur gesondheidswerkers in dié stad te bepaal. Die Kaapse Metro gaan bome verwyder wat met die stompkopkewer besmet is. Opposisiepartye in Turkye snoer kragte saam om die regerende party in die komende verkiesing te ontsetel.

Monitor 9 Maart 2023
Amptenare van die departement van gesondheid sê daar sal streng teen stakende gesondheidswerkers optree wat hulle aan geweld of intimidasie skuldig maak. 'n Parlementêre debat oor die Afghaanse immigrante vind plaas. 'n Leeu het in Centurion in Pretoria ontsnap. Mense word gewaarsku om binneshuis met hulle kinders en troeteldiere te bly.

Monitor 8 Maart 2023
Pretoria is wéér sonder 'n burgemeester. Beurtkrag dwing die ekonomie tot op die rand van 'n resessie. Die tweede kriekettoets teen die Windies begin op die Wanderers.

Monitor 7 Maart 2023
Landsburgers het gister geen illusies gehad oor wat hulle van president Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling verwag nie. Die situasie by Wits bly gespanne met studente wat voortgaan met betogings. Die stroomdiens, Showmax, skik hom reg vir 'n nuwe gedaante.

Monitor 6 Maart 2023
'n Regskenner reageer op die ANC se prokureursbrief aan André de Ruyter. Die president se woordvoerder verdedig sy traagheid om 'n nuwe kabinet aan te kondig. Kleinboere vra die regering om toegang tot versekering.

Monitor 3 Maart 2023
'n Egpaar kry 14 jaar tronkstraf vir die herhaaldelike aanranding van 'n ses maande oue baba. Die regering word gedwing om vlugtelinge uit Afghanistan in die land toe te laat. 'n Entrepreneur van Hartebeespoort maak jenewer uit indringer waterhiasinte.

Monitor 2 Maart 2023
Veranderinge aan die kabinet sal in die komende dae aangekondig word. Die rioolprobleem dra by tot die hiasinteplaag in die Hartbeespoortdam in Noordwes. Verskeie partye eis die Noordwes-premier se kop.

Monitor 1 Maart 2023
Die DA kry slae in die Tshwane-burgemeestersverkiesing. Meer Suid-Afrikaners het werk, maar minder het geld in die sak om elke maand te oorleef. 'n Amerikaanse resolusie om betrekkinge met Suid-Afrika te hersien ná die militêre oefening met Rusland.

Monitor 28 Februarie 2023
Twee mense sterf in bendeverwante geweld in Westbury, Johannesburg. Die getal egskeidings het in 2021 met 13,1% toegeneem. Uganda se president, Yoweri Museveni, is vandag op staatsbesoek aan Suid-Afrika.

Monitor 27 Februarie 2023
Die president hof toe gesleep oor die vertraging van die aanstel van die SAUK-raad. Die VSA waarsku sy burgers in Suid-Afrika. Druk op André de Ruyter om sy bewerings van korrupsie by die kragreus met bewyse te staaf.

Monitor 24 Februarie 2023
Gemengde reaksie op André de Ruyter se skielike vertrek. Nóg 'n baanbrekeroperasie by die Grootte Schuur-hospitaal. Rusland het Oekraïne vandag 'n jaar gelede binnegeval.

Monitor 23 Februarie 2023
Ons kry reaksie op die minister van finansies se begrotigsrede, en André de Ruyter se voortydige uittrede by Eskom. Nog niemand is in verband met die Life Esidimeni-tragedie van 2016 in hegtenis geneem nie, en die saak sloer steeds. 'n Onlangse konferensie plaas waninligtingsveldtogte in Afrika onder die soeklig.

Monitor 22 Februarie 2023
Ons vind uit hoe jy soos 'n ekonoom na die begroting moet luister. Laer damvlakke in die Wes-Kaap beteken dat besparingsmaatreëls ingestel kan word. Blink planne om misdaad onder beheer te bring in Gauteng laat die wenkbroue lig.

Monitor 21 Februarie 2023
Politieke partye en 'n ekonoom deel hulle verwagtinge vir die begrotingsrede. Fase 6-beurtkrag sal tot minstens Woensdag toegepas word. Die Gautengse Premier, Panyaza Lesufi, maak groot beloftes om misdaad te bestry.

Monitor 20 Februarie 2023
By die Vaaldam is daar nou twaalf sluise oop. Ons kyk na die uitwerking van die volgehoue reën op verskeie plekke in die land. Suid-Afrika bevind hom midde in 'n diplomatieke geskil tussen die Afrika Unie en Israel. Pro-Oekraïense groepe betoog in Durban teen die afgelope week se vlootoefening, wat Rusland insluit.

Monitor 17 Februarie 2023
Die regering erken dat hy die stryd teen misdaad verloor. Die Mededingingskommissie begin met 'n deurtastende ondersoek na die varsprodukte-waardeketting. Die grootste renosterplaas in die wêreld gaan opgeveil word.

Monitor 16 Februarie 2023
Die regering word versoek om so gou moontlik rampgeld aan boere te verskaf. Nóg 'n styging in die brandstofprys word voorspel. Politieke partye kritiseer die president vir sy hantering van die krag- en misdaadkrisisse. Skotland se premier bedank.

Monitor 15 Februarie 2023
Cyril Ramaphosa se regering word van magsbeheptheid beskuldig. Die weermag se Gewapende Mag-feesvieringe vind plaas teen die agtergrond van die omtrede militêre oefening saam met Rusland. Die moordenaar van Tazne van Wyk van Elsiesrivier word nege keer lewenslange tronkstraf opgelê.

Monitor 14 Februarie 2023
Kommer oor die miljoene onwettige vuurwapens in die land. Vloede noodsaak die regering om 'n ramptoestand te verklaar, terwyl nóg reën vandeesweek na die noorde en ooste op pad is. Die Poskantoor beplan om 6 000 werkers af te dank.

Monitor 13 Februarie 2023
Die moord op die kletsrymer, AKA, en sy vriend ontlok wydlopende medelye en kommentaar. Die weerburo reik ’n Oranje Vlak 9-waarskuwing vir die noordelike en oostelike dele van die land uit, maar wat beteken dit? 'n Suid-Afrikaanse nooddienswerker vertel van sy ervaring in Turkye.

Monitor 10 Februarie 2023
President Ramaphosa kondig 'n ramptoestand oor die kragkrisis af, en sê hy sal 'n minister van elektrisiteit in die Presidensie aanstel. Ons ontleed die ekonomiese aspekte van die staatsrede. Hoe sal die misbruik van kunsmatige intelligensie-hulpmiddels onderrig in skole beïnvloed?

Monitor 9 Februarie 2023
Landsburgers hoop dat president Cyril Ramaphosa in sy staatsrede rigting sal gee oor krisisse soos beurtkrag. Suid-Afrikaners betoog in Frankryk teen Total Energie se beoogde gaseksplorasie aan die Weskus. Leerders se leesvermoë neem af ná die Covid-pandemie.

Monitor 8 Februarie 2023
Die publiek kan skriftelike voorleggings indien oor die onteiening van grond vir openbare doeleindes. Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram sê 'n tekort aan werksgeleenthede is die hoofrede hoekom jong mense by terreurgroepe in Afrika suid van die Sahara aansluit. Die Reserwebank verlaag sy verwagte groeikoers vir Suid-Afrika se ekonomie weens beurtkrag.

Monitor 7 Februarie 2023
Die organiseerders van die Johannesburg Rolprentfees kan dalk vervolg word omdat hulle die fliek, Black Girl, vertoon het. Die wêreld se langste internetkabel word langs die kus van Afrika aangelê. Dit sal uiteindelik sowat 45 000 km lank wees. Die groen komeet sal hopelik van Vrydag af in die Suid-Afrikaanse hemelruim sigbaar wees.

Monitor 6 Februarie 2023
Kommer oor 'n skerp styging in nuwe gevalle van masels. Die Vrystaatse ANC oorweeg om die premier, Sisi Ntombela, te herroep. Adjunkpresident David Mabuza het bevestig dat hy sy bedanking by president Cyril Ramaphosa ingedien het.

Monitor 3 Februarie 2023
Tukkies het 'n plan om beurtkrag te beperk. 'n Miljoen Franse protesteer teen die verhoging van die aftreeouderdom. Kunsmatige intelligensie maak kuberaanvalle ál meer gesofistikeerd en suksesvol.

Monitor 2 Februarie 2023
Die voertuigvervaardigingsektor sukkel reeds, en beurtrkrag help ook glad nie. Suid-Afrikaners reageer met skok en ongeloof op die nuus dat SA Toerisme dit oorweeg om die Engelse sokkerspan, Tottenham Hotspur, as deel van 'n reklameveldtog te borg, om toerisme na Suid-Afrika te bevorder. Die aandag word weer op die gevierde digter Ingrid Jonker gevestig ná die dood van haar dogter.

Monitor 1 Februarie 2023
Bykans twee miljoen buitelandse toeriste het Suid-Afrika in Desember verlede jaar besoek. Die kredietburo, TPN, sê al hoe meer ouers kan nie hulle kinders se skoolgeld bekostig nie. Verskeie groepe wil hof toe gaan oor landsburgers se reg tot water, wat geskend word weens water- en kragonderbrekings.

Monitor 31 Januarie 2023
Regter Piet Koen word geloof vir sy besluit om hom aan die Jacob Zuma-wapenskandaalsaak te onttrek. Die voormalige burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê sy stel haar beskikbaar vir die hoogste pos in die DA. Ons praat oor gevaarlike en eksotiese troeteldiere.

Monitor 30 Januarie 2023
Watertoevoer word in twee Gautengse stede onderbreek. ANC-president Cyril Ramaphosa voorspel 'n moeilike verkiesing vir die party in 2024. Inwoners van Touwsrivier in die Wes-Kaap het Saterdag die geleentheid gekry om hul oë vir katarakte te laat toets.

Monitor 27 Januarie 2023
Die Johannesburgse burgemeester, dr. Mpho Phalatse, is wéér uit haar amp verwyder. Die Reserwebank kondig nóg 'n rentekoersverhoging aan. Meer as ‘n duisend gekwalifiseerde mediese dokters sit sonder werk. Suikerrietkwekers steier onder voortgesette beurtkrag.

Monitor 26 Januarie 2023
Die polise verskerp hulle teenwoordigheid in Hanover Park in Kaapstad nadat drie mense vermoor is. Gift of the Givers gryp in by die waterkrisis op Fort Beaufort in die Oos-Kaap. Vroueskuilings sukkel om kop bo water te hou.

Monitor 25 Januarie 2023
Begrafnisondernemings sukkel om lyke koud te hou weens beurtkrag. Die DA ruk vandag op na Luthuli-huis oor die kragkrisis. Die Klein Karoo verwelkom vyf nuwe jagluiperdwelpies.

Monitor 24 Januarie 2023
Melkboere gaan swaar gebuk onder beurtkrag. Honderde leerlinge is steeds nie in Gautengse en Wes-Kaapse skole geplaas nie. Die Amerikaanse minister van finansies, Janet Yellen, sal later vandeesweek Suid-Afrika besoek.

Monitor 23 Januarie 2023
'n Beroep dat Noord-Kaapse plaaswerkers se ure aangepas word nadat sewe werkers weens hitte-uitputting sterf. Afriforum gaan sy eie kragmaatskappy stig. Die KKNK is terug in sy volle glorie.

Monitor 20 Januarie 2023
Reaksie op die matriekuitslae. 'n Uitblinker vertel watter impak Covid en beurtkrag op hom gehad het. Die Benede-Oranjerivierstreek verwag 'n groot inkrimping in sy tafeldruif-oes.

Monitor 19 Januarie 2023
Ons praat met ‘n kenner vir ‘n vooruitsig van die 2022-matriekuitslae vir openbare skole wat later vandag bekendgemaak word. Die regering het tot more kans om antwoorde te gee oor Eskom, of die hof is sy voorland. Landbou-rolspelers waarsku teen skerp stygings in kospryse.

Monitor 18 Januarie 2023
'n Afname in padsterftes in die feestyd. Die landboubedryf vra Eskom om boere, ter wille van voedselsekerheid, van beurtkrag vry te skeld. Zebras in droë streke is dalk die oplossing vir Suid-Afrikaners se vleislus. Reaksie op Suid-Afrika se vlootoefening met Rusland en China.

Monitor 17 Januarie 2023
Effense verligting vir kragverbruikers met Fase 4 en 5, maar baie vra of dit genoeg is om 'n opstand af te weer. Die president kondig 'n routydperk af vir die ontslape eerste speaker van demokratiese Suid-Afrika, Frene Ginwala. Die ANC in die Vrystaat sê hy is gereed vir sy langverwagte provinsiale konferensie die naweek.

Monitor 16 Januarie 2023
Vrystaat Landbou is baie bekommerd oor krag-tariefverhogings. 'n Toename in eise van toerusting wat breek weens beurtkrag. 'n Nuwe dokumentêre reeks fokus op die Khoe Khoe.

Monitor 13 Januarie 2023
Elektrisiteit word bykans 19% duurder. Uitspraak voorbehou in die president se hofaansoek teen private vervolging. Ons praat met Harold Volbrecht oor die dood van Suid-Afrika se eerste swaargewigbokskampioen Gerrie Coetzee. Hoekom het Denemarke nie meer bankrooftogte nie?

Monitor 12 Januarie 2023
NERSA besluit vandag of hy wel 'n 32% tariefverhoging aan ESKOM sal toestaan. Die vervaardigingsektor steier onder voortdurende beurtkrag. Ses mense, onder wie 'n tweejarige kind, sterf in 'n brand in Oudtshoorn.

Monitor 11 Januarie 2023
Die soektog na olie en gas aan die Weskus kan voortgaan nadat die departement van minerale hulpbronne seismiese opnames goedgekeur het. Watervlakke van die voorsieningsdamme in die Nelson Mandelabaai-metro is op die laagste vlakke nóg. Die posbank is gereed om sy skoene as staatsbank vol te staan. 'n Gedenkdiens vir die 12 gesondheidswerkers van die Tambo-gedenkhospitaal is gister gehou, terwyl die eKhuruleni-metro sê daar is genoeg bewyse om die bestuurder van die gastenkwa wat in Boksburg ontplof het te vervolg. Ons hoor van Frieda Schlünz en Bessie Grant, twee vroue met 'n wen-resep vir oudword!

Monitor 10 Januarie 2023
Die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes is sy burgemeester kwyt. President Cyril Ramaphosa bevestig dat hy 'n kabinetskommeling beplan, maar swyg oor presies wanneer. Die veelsydige Proteaspeler, Dwaine Pretorius, kondig sy uittrede uit internasionale krieket aan. Die Ministerie van Gesondheid spreek later die land toe oor die nuwe XBB 1.1.5-subvariant van Covid. Meer as 700 veroordeelde seksoortreders se name word op die Nasionale Register geplaas. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging sukkel om kop bo water te hou.

Monitor 9 Januarie 2023
Die ANC het ses gebiede uitgewys waaraan hy as regerende party dringende en besliste aandag moet skenk. Ons bespreek Adriaan Vlok se nalatenskap met sy oudkollega dr. Leon Wessels. Kaapse inwoners word gewaarsku teen 'n vals aanlynbehuisingskema.

Monitor 6 Januarie 2023
Vrystaatse boere word deur grootskaalse saaddiefstal geteister. Jy kan jou e-tolgeld terugkry. Die vrou van 'n vermoorde speurder vertel van die nagmerrie wat sy beleef het.

Monitor 5 Januarie 2023
Die polisie maak 'n deurbraak in die 2019-skietery op Oujaarsaand in Melville, Johannesburg. Verskeie strande in KwaZulu-Natal én nou ook in die Wes-Kaap is gesluit weens rioolbesoedeling. Die finansiële verliese weens 'n tegniese brandstoffout wat vliegtuie by O.R Tambo gehok het, word nog bereken.

Monitor 4 Januarie 2023
Die ANC maak gereed vir die jaarlikse herdenking van sy totstandkoming op 8 Januarie. Koalisiepolitiek sal volgens ontleders vanjaar 'n taai tameletjie wees vir munisipaliteite. Ons bring hulde aan 'n motorsportikoon.