
Monitor
4,406 episodes — Page 16 of 89

Monitor 8 Desember 2023
Die omstrede wysigingswetsontwerp op OPOD word na die Nasionale Raad van Provinsies verwys. Kommer oor junior dokters wat nog nie vir hul verpligte gemeenskapsdiensjaar geplaas is nie. Botswana verleng sy verbod op die invoer van groente en vrugte uit Suid-Afrika.

Monitor 7 Desember 2023
Hoe gaan Suid-Afrika sy waterkrisis oplos? Ons praat met die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu. RGN-navorsing dui op die mees negatiewe stemming voor verkiesings tot nog toe, en daar word vordering gemaak om die houer-agterstand by Durban se hawe uit die weg te ruim.

Monitor 6 Desember 2023
'n Inkrimping in die ekonomie, maar brandstof is vandag goedkoper. Kritiek op die goedkeuring van die Haat-misdade en Haat-spraak wetsontwerp, en SkaakSA bied 'n aanlyn-toernooi aan.

Monitor 5 Desember 2023
Die polisie maan teen verdere vigilante-optredes in Diepsloot in Johannesburg, waar sewe mense die naweek dood is. Wetenskaplikes by die COP-28-beraad beklemtoon die verband tussen klimaatsverandering en nuwe epidemies, en treinwiele rol weer tussen Johannesburg, Durban en Kaapstad.

Monitor 4 Desember 2023
Die minister van Elektrisiteit moet binne 2 maande hospitale, skole en polisiestasies van beurtkrag vrystel. Die president van COP28 los 'n bom, en Zimbabwiërs en Lesotho burgers nog 2 jaar grasie gegee.

Monitor 1 Desember 2023
Die voedselstelsel se bydra tot klimaatsverandering sal hoog op die agenda van die COP28-klimaatsberaad wees. Suid-Afrikaners gebruik al hoe minder kondome, wat die bekamping van MIV moeilik maak. Afriforum sê die konsepweergawe van die Nasionale Polisiëringsbeleid bied nie oplossings om polisiëring te verbeter nie.

Monitor 30 November 2023
'n Nuwe ontleding van politieke meningsopnames wys die ANC se steun het tot 33 persent gedaal. Die COP28-beraad begin later vandag in Dubai, en die Kaapstadse hawe sê hy het meeste van die agterstand by die hawe uit die weg geruim.

Monitor 29 November 2023
Ernstige waterprobleme in Limpopo en Noordwes. Gauteng wil by die regering leen om sy uitstaande 13 miljard-rand E-Tol skuld te delg, en Minister Cele moet Ian Cameron om verskoning vra.

Monitor 28 November 2023
Verskeie mense sterf in 'n mynongeluk by Impala Platinum se nommer elf skag in Rustenburg, in Noordwes. Volkswagen Suid-Afrika ontken dat hy sy deure gaan sluit. En die land beleef 'n ernstige tekort aan veeartse.

Monitor 27 November 2023
Die Sutherland 9 word waardig her-begrawe. 'n Welkome daling in brandstofpryse volgende week verwag, en Agri SA praat oor die impak van die hittegolf op landbou.

Monitor 24 November 2023
Navorsing wys dat een spesifieke atibiotikum 'n doeltreffende middel teen weerstandige tuberkulose is. Daar word verwag dat die skietstilstand in Gasa om sewe-uur vanoggend in werking sal tree. In Stellenbosch vind 'n konferensie hierdie naweek plaas om die rol van Bruinmense in die Suid-Afrikaanse samelewing in oënskou te neem.

Monitor 23 November 2023
Kommer oor die vinnige tempo waarteen die aarde se temperatuur styg. Solidariteit eis dat die NVG die voormalige Eskombaas, Matsela Khoko, en sy medebeskuldigdes wéér voor die hof bring. 'n Ekonoom bespreek die voor- en nadele van die tweepot aftreestelsel.

Monitor 22 November 2023
Die polisie is opsoek na verdagtes ná die skietdood van 'n beweerde bendeleier van Westbury in Johannesburg. Die Nasionale Vergadering aanvaar 'n mosie om Israel se ambassade tydelik te sluit. Die provinsiale wetgewer in Mpumalanga begin op kort kennisgewing met openbare sittings oor die Bela-wetgewing. Kiesers in Nederland gaan vandag na die stembus toe.

Monitor 21 November 2023
Kommer oor die Gautengse regering se voorneme om kinderwelsyn by nie-regeringsorganisasies oor te neem. Meer jongmense het die afgelope naweek geregistreer om te stem. Katar tree toe tot onderhandelinge tussen Israel en Hamas.

Monitor 20 November 2023
Regstappe word beplan oor die opeenhoping van vragmotors by die Richardsbaai-hawe. Die punte van leerlinge wat swak vaar in graad 4 en 9, sal weer aangepas word. Die polisie sê veediefstal het tussen Julie en September vanjaar afgeneem.

Monitor 17 November 2023
Die DA sal vandag 'n klag teen Rand Water by die Menseregtekommissie lê. Nie alle partye in die parlement stem saam oor 'n diplomatieke sanksie van Israel nie. Die stigter en voorsitter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, eis dat die regering alle diplomatieke bande met Israel verbreek.

Monitor 16 November 2023
'n Afgetrede brigadier sê die Eskom-intelligensie verslag is gegrond op ongestaafde inligting. Die Protea-afrigter sê die span het nie 'n probleem om vandag tweede te kolf nie, en ons skakel oor na Kaapstad, vir gesprekke oor Groen Geboue.

Monitor 15 November 2023
Transnet staal hom teen 'n moontlike kredietafgradering. Die DA eis dringende ingryping in die waterkrisis in Gauteng. Meer Suid-Afrikaners werk nou, as voor die Covid-19-pandemie.

Monitor 14 November 2023
Die gesondheidstelsel in Gasa is op sy knieë. Madagaskar se verkiesing is in die weegskaal. Dis Wêreld Diabetesdag, en ons praat met 'n kenner oor die tekens en voorkoming.

Monitor 13 November 2023
Patricia De Lille is onbestrede as die leier van die Good-party herverkies.Die DA wil sy kiesersteun in die Wes-Kaap vermeerder. Nog verligting by die brandstofpomp voorspel.

Monitor 10 November 2023
Kommer oor ministers en hulle departemente wat nie wetgewing betyds voorlê nie. Die oorlog in Gaza gaan 'n diepgaande sosio-ekonomiese impak hê. Nóg 'n wêreldbeker vir Suid-Afrika - in blomkringe.

Monitor 9 November 2023
'n Toename in malariagevalle. Suid-Afrika werk saam met organisasies om humanitêre hulp aan Gaza te verskaf. 'n Versoek om die moord op polisiebeamptes tot verraad te verklaar.

Monitor 8 November 2023
Die politieke koors in Suid-Afrika loop hoog oor die Israel-Hamas konflik. Joernaliste in Gaza waag hulle lewe, maar hoekom doen hulle dit? Ons praat met 'n kenner. 'n Nuwe boek oor die geskidenis van swart rugby word gepubliseer.

Monitor 7 November 2023
Die Suid-Afrikaanse regering ontbied sy diplomate in Israel na Suid-Afrika. Watter impak sal El Niño op mielieproduksie hê? Dit is Aanneem-bewustheidsmaand.

Monitor 6 November 2023
Kritiek oor die regering se plan om die Nasionale Gesondheidsversekeringskema met mediesefonds-belastingkortings te befonds. Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Anthony Blinken, besoek die Midde-Ooste oor die oorlog tussen Israel en Hamas. In George word hommeltuie ingespan om drenkelinge te help.

Monitor 3 November 2023
Sakelui sê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika deel bly van die AGOA-ooreenkoms. 'n Prokureur in verbruikersreg waarsku oor die slaggate van Swartvrydag. 'n Jong byeboer kraai koning oorsee.

Monitor 2 November 2023
Die Minister van Finansies sê swakker ekonomiese groei word verwag. Opposisiepartye is bekommerd oor die toename in staatskuld. Action SA sê sy steun groei sterk in die Noord-Kaap. Rand Water waarsku dat watertekorte oor die feestyd kan voorkom.

Monitor 1 November 2023
Eskom se finansiële verlies verdubbel tot meer as R23 miljard. Daar is pessimisme in die aanloop tot vanmiddag se mediumtermynbegrotingsrede. Die Springbokspan kry 'n hartlike ontvangs met hulle terugkeer na Suid-Afrika nadat hulle die rugby-wêreldbekertoernooi gewen het.

Monitor 31 Oktober 2023
Kommer oor die impak van beurtkrag op die matriekeindeskamen. Twee mense sterf in 'n brand in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte. Suid-Afrika wil handelsbande met Amerika versterk tydens die AGOA-forum. Die DA sê groot hervorming is nodig om die land se ekonomie te herstel.

Monitor 30 Oktober 2023
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, erken die regering is platsak. Die regering se reaksie is om koste te besnoei en nóg geld te leen. "They took us to a dark place," sê bokkaptein Siya Kolisi, wat miskien die beste opsomming van Saterdag se eindstryd is. Sal hierdie epiese en geskiedkundige oorwinning die land uit ons "donker plek" lei?

Monitor 27 Oktober 2023
Inwoners en die polisie in die Oos-kaap en Limpopo slaan toe op buitelanders se winkels. Die DA en die joernalis, Adriaan Basson, is haaks oor sy standpunt dat die party dalk ná die verkiesing 'n koalisie met die ANC sal vorm. Rugbykoors - of dalk eerder 'n soort senuweeagtigheid - pak Suid-Afrikaners op die vooraand van die rugbywêreldbeker-eindstryd.

Monitor 26 Oktober 2023
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys sal vandag voor die Nasionale Vergadering dien. Die ANC hersien sy koalisievennootskap met die EFF. Daar word voorgestel dat buitelanders nie meer vergoeding van die Padongelukkefonds kan eis nie. Die Ampie Bosman Kultuurhistoriese Museum in Lichtenburg is in 'n brand verwoes.

Monitor 25 Oktober 2023
Aanstaande jaar se verkiesing amptelik bekendgestel. Die vervolgingsproses teen twee regters moenie langer vertraag word nie. Hamas pleit by Arabiese lande om die aanvalle in Gaza te help stop.

Monitor 24 Oktober 2023
Die konflik in Gaza word deur 'n skerp propagandaoorlog gekenmerk. 'n Boer sterf in 'n veldbrand in die Vrystaat. Laerskool Elarduspark in Pretoria blink uit in die Rapportryers se Bybelvasvrakompetisie.

Monitor 23 Oktober 2023
Verskeie beskadigde strande langs die Tuinroete behou hulle Blouvlag-status. Die sangeres, Jodi Jantjies, vertel hoe sy met hakkel saamleef. Die Springbok-kaptein loof sy spanmaats se deursettingsvermoë teen die Rose.

Monitor 20 Oktober 2023
Die Nasionale Vergadering beveel aan dat Kholeka Gcaleka as Openbare Beskermer aangestel word. Vrystaat Landbou sê veldbrande het tot gevolg dat landbouers op kleiner skaal boer. Die DA sê die stand van die Lugmag is 'n nasionale krisis. 'n Versoek vir nasionale ingryping in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Noordwes.

Monitor 19 Oktober 2023
Koppe moet rol, sê Nehawu ná 'n verslag oor die brand in die parlement die vinger na die parlementêre beskermingsdiens wys. Amerika veto 'n tweede humanitêre resolusie oor Gaza in die Verenigde Nasies se veiligheidsraad. Op Mediavryheiddag wil ons weet: Vertrou jy die hoofstroom-media?

Monitor 18 Oktober 2023
Daar is oor-en-weer beskuldigings oor wie vir die hospitaalaanval in Gaza verantwoordelik is, wat honderde lewens eis. Geen groot hoendertekorte word weens voëlgriep verwag nie. Eskom spog dat beurtkrag moontlik verby is, maar 'n kenner is skepties.

Monitor 17 Oktober 2023
Polisiebeamptes in die Wes-Kaap se verlof is gekanselleer, en dis nou stewels op straatvlak om bendegeweld te bekamp. President Cyril Ramaphosa glo groen waterstof kan die land se ekonomie betekenisvol laat groei. Die oorlog tussen Israel en Hamas versprei dalk na Libanon.

Monitor 16 Oktober 2023
Agri SA se nuwe bestuurshoof praat oor sy uitdagings. Israel beplan 'n volgende fase van die oorlog. Ons praat met Peter de Villiers oor die Bokke se vertoning teen Frankryk.

Monitor 13 Oktober 2023
Ons praat met 'n voormalige diplomaat oor sy bemiddelings tussen Israel en Palestina. 'n Boek ontlok 'n debat oor die gebruik van ‘n term soos bruin om ‘n groep mense te beskryf wat deur die Apartheidsregering geklassifiseer is as Kleurling. Ons maak die wenner van die WAT Nuutskeppingskompetisie bekend.

Monitor 12 Oktober 2023
Kgosi Kwena Mangope is Action SA se premierskandidaat vir Noordwes. Daar is toenemende druk op die Departement van Openbare Ondernemings om Transnet reg te ruk. Meer as twee miljard mense wêreldwyd ervaar probleme met hulle sig. Voedselsekerheid is in die kollig by Agri SA se nasionale kongres.

Monitor 11 Oktober 2023
Ons praat met 'n kenner oor die metode van oorlogvoering in Gaza. Maties se viserektor verduidelik hoe die Khampephe-verslag op die kampus geïmplimenteer word. Ons praat oor 'n dokumentêre film wat oor die verskuiwing van Bruinmense in Stellenbosch handel.

Monitor 10 Oktober 2023
Vroueskuilings sukkel om kop bo water te hou met min befondsing deur die regering. Graad R sal binnekort verpligtend vir alle kinders wees wanneer die Bela-wetgewing goedgekeur word. Die prys van Brent-ruolie styg weens die konflik tussen Israel en Hamas. Kan inheemse kennis ons help om die aard van die heelal te verstaan? Dít en ander kwessies kom onder die loep in die dokumentêre rolprente, AITSA en ROU.

Monitor 9 Oktober 2023
Ons praat met militêre en politieke ontleders, en 'n Suid-Afrikaner in die hart van die bloedvergieting in Israel. Saartjie Botha praat oor vanjaar se Woordfees-hoogtepunte.

Monitor 6 Oktober 2023
Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, ontken dat ondersoeke na die Nasionale Finansiële Hulpskema vir studente weggesteek word. Verskeie munisipaliteite in die Vrystaat sukkel om geld in te vorder, wat dienslewering tot 'n stilstand laat kners. Elektrisiteitsopwekking daal met meer as 6% in Augustus.

Monitor 5 Oktober 2023
Polisiebeamptes wat op die Kaapse Vlakte ontplooi word, word na hulle dood gestuur. 'n Ondersoek na sogenaamde vreemde gedrag onder skoolkinders word. 'n Multimiljoen rand waterpypleiding bring verligting aan Oudtshoorn in die Klein Karoo.

Monitor 4 Oktober 2023
Duisende hektaar weidingsveld is reeds deur veldbrande in Limpopo en die Vrystaat verwoes. Meer polisielede word in Gugulethu op die Kaapse Vlakte ontplooi. Afriforum maak kapsie teen die nuwe voorgestelde regulasies oor watergebruik vir ontspanningsdoeleindes. En, 'n eerste in Amerikaanse geskiedenis...

Monitor 3 Oktober 2023
Die minister van polisie, Bheki Cele, word beveel om verskoning te vra vir sy uitbarsting teenoor die gemeenskapsaktivis, Ian Cameron. Twee wetenskaplikes ontvang die Nobelprys vir Geneeskunde vir die ontwikkeling van die mRNS-enstof teen Covid. Die rolprentmaker, Pierre de Villiers, sê daar is ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Soedan.

Monitor 2 Oktober 2023
Motoriste moet hulle staal om in Oktober weer meer vir brandstof te betaal. Reaksie op die bedanking van die bestuurshoof van Transnet. Vrystaat Landbou sê die beleid oor die invoer en private vervaardiging van entstowwe teen dieresiektes moet hersien word. Kommer oor die vervalle toestand van die Noordwes Landboumuseum.