
Monitor
4,322 episodes — Page 14 of 87

Monitor 1 Januarie 2024
Die Kaapse Klopse skud hul vere reg vir môre se Twee Nuwejaars Parade. Kenners voorspel wat in vanjaar se verkiesing gaan gebeur, en, reën vandag vir die Oos-Kaap en KwaZuluNatal voorspel.

Monitor 29 Desember 2023
Die jongste oor die brand by Kamiesberg in die Noord-Kaap. Opposisie-kanidate in die DRK sê die presidensiële verkiesing is 'n bedrogspul - ons praat met 'n kenner, en terwyl die vakansie-seisoen pret vir mense beteken, is dit minder so vir baie diere.

Monitor 28 Desember 2023
Mpumalanga verskerp toerisme-veiligheid..Kenners waarsku dat duisende onderwysers oor die volgende dekade gaan aftree, en die Amasone het sy ergste droogte ooit vanjaar beleef.

Monitor 27 Desember 2023
Gerco van Deventer is weer tuis - ná 6 jaar in Al Kaida se kloue. Veilige hawens vir mishandelde vroue en kinders steier onder ekonomiese druk, en Immigrasie was die afgelope jaar 'n warm onderwerp in Suid-Afrika - en kenners meen dit sal gesprekke oorheers in aanloop tot volgende jaar se verkiesing.

Monitor 26 Desember 2023
Boere in Noordwes is woedend oor veediefstalsake wat nie ondersoek word nie. Die Stad Kaapstad sê wetstoepassings-personeel is vandag ten volle op die stad se strande ontplooi, en brandbestryders het die afgelope 24 uur onverpoosd gewerk om talle brande in die Wes-Kaap te blus.

Monitor 25 Desember 2023
'n Spesiale Kersdag-Monitoruitsending.

Monitor 22 Desember 2023
Verkeer na vakansiebestemmings neem skerp toe. Sakeliga sê die Lisensieraad vir Lugdienste is onregmatig besig om lugdiens-lisensies aan raskriteria onderhewig te maak. En, buurlande is toenemend bekommerd oor die konflik tussen Israel en Hamas.

Monitor 21 Desember 2023
Stakende Noordwes-mynwerkers keer terug na die oppervlak..Ons bespreek die gespanne situasie in die Rooisee met 'n militêre kenner, en, dis slangbyt-seisoen.

Monitor 20 Desember 2023
Duisende laat aansoeke vir skooltoelating in Gauteng, is reeds ontvang. 'n Landbou-ekonoom sê die agteruitgang van biosekerheid, hou ernstige gevolge vir die ekonomie in. Die Demokratiese Republiek die Kongo hou vandag sy algemene verkiesing.

Monitor 19 Desember 2023
Kaapse owerhede waarsku teen braaivleis-vure. Die privaatsektor en die regering sit koppe bymekaar oor ekonomiese groei, en 'n blinde Paralimpiese swemmer maak geskiedenis met 'n doktersgraad in Handelsreg.

Monitor 18 Desember 2023
Die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer, wat vir ses jaar in Mali aangehou is, is vrygelaat. Oudpresident Jacob Zuma gaan nie vir die ANC in 2024 stem nie. Suid-Afrikaanse organisasies verleen humanitêre hulp aan burgers, wat deurloop onder die oorlog tussen Hamas en Israel.

Monitor 15 Desember 2023
'n Nuwe politieke-tuiste vir die veteraan-politikus Carl Niehaus. Gauteng se AmaPanyaza-misdaadbestryders kry amptelike status as vredesbeamptes. Plaaswerker-vervoer is onder die soeklig, na 'n dodelike oop-vragmotor-ongeluk in die Wes-Kaap en die jongste Versoeningsbarometer toon 'n afname in vertroue in openbare instellings. Maar daar is nog 'n aptyt vir samehorigheid.

Monitor 14 Desember 2023
Ses van Durban se strande word gesluit, weens hoë vlakke van e.coli. Honderde toerisme-veiligheidsmonitors gaan by gewilde toerismebestemmings ontplooi word. Intussen word bykomende veiligheidsmaatreëls by die Tafelberg Nasionale Park vir die feestyd ingestel en 'n geskiedkudinge ooreenkoms oor die uitfasering van fossielbrandstowwe, word by die COP28-klimaatsberaad bereik.

Monitor 13 Desember 2023
Die regering kry die groen lig om 2500 megawatt Kernkrag. aan te skaf - 'n stap wat nie sonder 'n tikkie sinisme begroet word nie. Dele van die Vlugtelinge-wet is ongrondwetlik - so sê die Konstitusionele. En 300 nuwe mediese praktisyns by die Universiteit van Pretoria neem 'n eed van onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.

Monitor 12 Desember 2023
Die nasionale minimum loon gaan dalk volgende jaar styg. Daar is kommer dat die Nasionale Gesondheidsversekering tot 'n uittog van medici kan lei. 'n Kenner gee raad oor hoe om uitbranding te bestuur.

Monitor 11 Desember 2023
Die sakeman en voormalige anti-apartheidsaktivis, Roger Jardine, stel 'n politieke alternatief vir die ANC bekend. Eenheid twee van die Koeberg-kernkragsentrale word vandag vir onderhoudswerk afgeskakel, en die Minister van Polisie Bheki Cele ontplooi 'n bykomende tienduisend polisiebeamptes op die vooraand van die vakansieseisoen.

Monitor 8 Desember 2023
Die omstrede wysigingswetsontwerp op OPOD word na die Nasionale Raad van Provinsies verwys. Kommer oor junior dokters wat nog nie vir hul verpligte gemeenskapsdiensjaar geplaas is nie. Botswana verleng sy verbod op die invoer van groente en vrugte uit Suid-Afrika.

Monitor 7 Desember 2023
Hoe gaan Suid-Afrika sy waterkrisis oplos? Ons praat met die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu. RGN-navorsing dui op die mees negatiewe stemming voor verkiesings tot nog toe, en daar word vordering gemaak om die houer-agterstand by Durban se hawe uit die weg te ruim.

Monitor 6 Desember 2023
'n Inkrimping in die ekonomie, maar brandstof is vandag goedkoper. Kritiek op die goedkeuring van die Haat-misdade en Haat-spraak wetsontwerp, en SkaakSA bied 'n aanlyn-toernooi aan.

Monitor 5 Desember 2023
Die polisie maan teen verdere vigilante-optredes in Diepsloot in Johannesburg, waar sewe mense die naweek dood is. Wetenskaplikes by die COP-28-beraad beklemtoon die verband tussen klimaatsverandering en nuwe epidemies, en treinwiele rol weer tussen Johannesburg, Durban en Kaapstad.

Monitor 4 Desember 2023
Die minister van Elektrisiteit moet binne 2 maande hospitale, skole en polisiestasies van beurtkrag vrystel. Die president van COP28 los 'n bom, en Zimbabwiërs en Lesotho burgers nog 2 jaar grasie gegee.

Monitor 1 Desember 2023
Die voedselstelsel se bydra tot klimaatsverandering sal hoog op die agenda van die COP28-klimaatsberaad wees. Suid-Afrikaners gebruik al hoe minder kondome, wat die bekamping van MIV moeilik maak. Afriforum sê die konsepweergawe van die Nasionale Polisiëringsbeleid bied nie oplossings om polisiëring te verbeter nie.

Monitor 30 November 2023
'n Nuwe ontleding van politieke meningsopnames wys die ANC se steun het tot 33 persent gedaal. Die COP28-beraad begin later vandag in Dubai, en die Kaapstadse hawe sê hy het meeste van die agterstand by die hawe uit die weg geruim.

Monitor 29 November 2023
Ernstige waterprobleme in Limpopo en Noordwes. Gauteng wil by die regering leen om sy uitstaande 13 miljard-rand E-Tol skuld te delg, en Minister Cele moet Ian Cameron om verskoning vra.

Monitor 28 November 2023
Verskeie mense sterf in 'n mynongeluk by Impala Platinum se nommer elf skag in Rustenburg, in Noordwes. Volkswagen Suid-Afrika ontken dat hy sy deure gaan sluit. En die land beleef 'n ernstige tekort aan veeartse.

Monitor 27 November 2023
Die Sutherland 9 word waardig her-begrawe. 'n Welkome daling in brandstofpryse volgende week verwag, en Agri SA praat oor die impak van die hittegolf op landbou.

Monitor 24 November 2023
Navorsing wys dat een spesifieke atibiotikum 'n doeltreffende middel teen weerstandige tuberkulose is. Daar word verwag dat die skietstilstand in Gasa om sewe-uur vanoggend in werking sal tree. In Stellenbosch vind 'n konferensie hierdie naweek plaas om die rol van Bruinmense in die Suid-Afrikaanse samelewing in oënskou te neem.

Monitor 23 November 2023
Kommer oor die vinnige tempo waarteen die aarde se temperatuur styg. Solidariteit eis dat die NVG die voormalige Eskombaas, Matsela Khoko, en sy medebeskuldigdes wéér voor die hof bring. 'n Ekonoom bespreek die voor- en nadele van die tweepot aftreestelsel.

Monitor 22 November 2023
Die polisie is opsoek na verdagtes ná die skietdood van 'n beweerde bendeleier van Westbury in Johannesburg. Die Nasionale Vergadering aanvaar 'n mosie om Israel se ambassade tydelik te sluit. Die provinsiale wetgewer in Mpumalanga begin op kort kennisgewing met openbare sittings oor die Bela-wetgewing. Kiesers in Nederland gaan vandag na die stembus toe.

Monitor 21 November 2023
Kommer oor die Gautengse regering se voorneme om kinderwelsyn by nie-regeringsorganisasies oor te neem. Meer jongmense het die afgelope naweek geregistreer om te stem. Katar tree toe tot onderhandelinge tussen Israel en Hamas.

Monitor 20 November 2023
Regstappe word beplan oor die opeenhoping van vragmotors by die Richardsbaai-hawe. Die punte van leerlinge wat swak vaar in graad 4 en 9, sal weer aangepas word. Die polisie sê veediefstal het tussen Julie en September vanjaar afgeneem.

Monitor 17 November 2023
Die DA sal vandag 'n klag teen Rand Water by die Menseregtekommissie lê. Nie alle partye in die parlement stem saam oor 'n diplomatieke sanksie van Israel nie. Die stigter en voorsitter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, eis dat die regering alle diplomatieke bande met Israel verbreek.

Monitor 16 November 2023
'n Afgetrede brigadier sê die Eskom-intelligensie verslag is gegrond op ongestaafde inligting. Die Protea-afrigter sê die span het nie 'n probleem om vandag tweede te kolf nie, en ons skakel oor na Kaapstad, vir gesprekke oor Groen Geboue.

Monitor 15 November 2023
Transnet staal hom teen 'n moontlike kredietafgradering. Die DA eis dringende ingryping in die waterkrisis in Gauteng. Meer Suid-Afrikaners werk nou, as voor die Covid-19-pandemie.

Monitor 14 November 2023
Die gesondheidstelsel in Gasa is op sy knieë. Madagaskar se verkiesing is in die weegskaal. Dis Wêreld Diabetesdag, en ons praat met 'n kenner oor die tekens en voorkoming.

Monitor 13 November 2023
Patricia De Lille is onbestrede as die leier van die Good-party herverkies.Die DA wil sy kiesersteun in die Wes-Kaap vermeerder. Nog verligting by die brandstofpomp voorspel.

Monitor 10 November 2023
Kommer oor ministers en hulle departemente wat nie wetgewing betyds voorlê nie. Die oorlog in Gaza gaan 'n diepgaande sosio-ekonomiese impak hê. Nóg 'n wêreldbeker vir Suid-Afrika - in blomkringe.

Monitor 9 November 2023
'n Toename in malariagevalle. Suid-Afrika werk saam met organisasies om humanitêre hulp aan Gaza te verskaf. 'n Versoek om die moord op polisiebeamptes tot verraad te verklaar.

Monitor 8 November 2023
Die politieke koors in Suid-Afrika loop hoog oor die Israel-Hamas konflik. Joernaliste in Gaza waag hulle lewe, maar hoekom doen hulle dit? Ons praat met 'n kenner. 'n Nuwe boek oor die geskidenis van swart rugby word gepubliseer.

Monitor 7 November 2023
Die Suid-Afrikaanse regering ontbied sy diplomate in Israel na Suid-Afrika. Watter impak sal El Niño op mielieproduksie hê? Dit is Aanneem-bewustheidsmaand.

Monitor 6 November 2023
Kritiek oor die regering se plan om die Nasionale Gesondheidsversekeringskema met mediesefonds-belastingkortings te befonds. Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Anthony Blinken, besoek die Midde-Ooste oor die oorlog tussen Israel en Hamas. In George word hommeltuie ingespan om drenkelinge te help.

Monitor 3 November 2023
Sakelui sê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika deel bly van die AGOA-ooreenkoms. 'n Prokureur in verbruikersreg waarsku oor die slaggate van Swartvrydag. 'n Jong byeboer kraai koning oorsee.

Monitor 2 November 2023
Die Minister van Finansies sê swakker ekonomiese groei word verwag. Opposisiepartye is bekommerd oor die toename in staatskuld. Action SA sê sy steun groei sterk in die Noord-Kaap. Rand Water waarsku dat watertekorte oor die feestyd kan voorkom.

Monitor 1 November 2023
Eskom se finansiële verlies verdubbel tot meer as R23 miljard. Daar is pessimisme in die aanloop tot vanmiddag se mediumtermynbegrotingsrede. Die Springbokspan kry 'n hartlike ontvangs met hulle terugkeer na Suid-Afrika nadat hulle die rugby-wêreldbekertoernooi gewen het.

Monitor 31 Oktober 2023
Kommer oor die impak van beurtkrag op die matriekeindeskamen. Twee mense sterf in 'n brand in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte. Suid-Afrika wil handelsbande met Amerika versterk tydens die AGOA-forum. Die DA sê groot hervorming is nodig om die land se ekonomie te herstel.

Monitor 30 Oktober 2023
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, erken die regering is platsak. Die regering se reaksie is om koste te besnoei en nóg geld te leen. "They took us to a dark place," sê bokkaptein Siya Kolisi, wat miskien die beste opsomming van Saterdag se eindstryd is. Sal hierdie epiese en geskiedkundige oorwinning die land uit ons "donker plek" lei?

Monitor 27 Oktober 2023
Inwoners en die polisie in die Oos-kaap en Limpopo slaan toe op buitelanders se winkels. Die DA en die joernalis, Adriaan Basson, is haaks oor sy standpunt dat die party dalk ná die verkiesing 'n koalisie met die ANC sal vorm. Rugbykoors - of dalk eerder 'n soort senuweeagtigheid - pak Suid-Afrikaners op die vooraand van die rugbywêreldbeker-eindstryd.

Monitor 26 Oktober 2023
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys sal vandag voor die Nasionale Vergadering dien. Die ANC hersien sy koalisievennootskap met die EFF. Daar word voorgestel dat buitelanders nie meer vergoeding van die Padongelukkefonds kan eis nie. Die Ampie Bosman Kultuurhistoriese Museum in Lichtenburg is in 'n brand verwoes.

Monitor 25 Oktober 2023
Aanstaande jaar se verkiesing amptelik bekendgestel. Die vervolgingsproses teen twee regters moenie langer vertraag word nie. Hamas pleit by Arabiese lande om die aanvalle in Gaza te help stop.

Monitor 24 Oktober 2023
Die konflik in Gaza word deur 'n skerp propagandaoorlog gekenmerk. 'n Boer sterf in 'n veldbrand in die Vrystaat. Laerskool Elarduspark in Pretoria blink uit in die Rapportryers se Bybelvasvrakompetisie.