
Monitor
4,363 episodes — Page 11 of 88

Monitor 24 September 2024
'n Ondersoek word gevra na die aanstelling van departementshoofde in die Mangaung-metro. Die Limpopo-regering plaas die Thabazimbi-munisipaliteit onder administrasie. Bykans 500 mense is in Libanon dood, nadat Israel sy lugaanvalle op Hezobollah-teikens verskerp.

Monitor 23 September 2024
Huldeblyke stroom in vir die ontslape veteraan-parlementariër, Koos van der Merwe. Hulpverlening en reddingspogings is gister by van Reenenspas in die Drakensberg voortgesit. Die DNS van mense wat tienduisend jaar gelede in die George-omgewing gewoon het, word uitgepluis.

Monitor 20 September 2024
Die repokoers verlaag vir die eerste keer in vier jaar. Die regering vergader met sakelui oor die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan. Die Tshwane Metro sê goeie vordering word gemaak om agterstallige skuld te verhaal.

Monitor 19 September 2024
Ten minste 20 mense word in 'n tweede golf van ontploffings in Libanon gedood - dié keer was tweerigtingradios die teiken. Die konstruksiemafia word onder meer vir die vertragings met die installering van sonkrag warmwaterstelsels deur die regering blameer. Ons praat met Business Against Crime oor die jongste tendense wat die konstruksiemafia betref. Die Amerikaanse ruimteagentskap, NASA, nooi Suid-Afrikaanse wetenskaplikes uit om aan 'n studie oor die dwergplaneet, Pluto, deel te neem.

Monitor 18 September 2024
Die organisasie, WaterCan, sê swak beplanning is die rede vir waterprobleme in Gauteng. Vyf munisipaliteite in die Vrystaat skuld die Vaal Sentraal-waterraad R10 miljard. Ons praat met 'n ontleder oor die verhoogde spanning in die Midde-Ooste, wat die Lebanon-ontploffings meebring.

Monitor 17 September 2024
Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, onderneem om die nuwe BELA-onderwyswet toe te pas, al het sy verlede week se ondertekening geboikot. Stellenbosch Universiteit se Wilgenhof-koshuis gaan vir 'n jaar sluit. sowat 30 000 besoekers word by die Africa Aerospace and Defence-skou in Pretoria verwag.

Monitor 16 September 2024
Die Polisiediens hoes sedert 2018 R2,4 miljard aan uitbetalings weens onregmatige arrestasies. Die Raad van die Universiteit Stellenbosch besluit vandag oor die toekoms van die Wilgenhof-manskoshuis. Die jongste oor die sluipmoordpoging op Donald Trump.

Monitor 13 September 2024
Die omstrede BELA-wet sal waarskynlik vandag bekragtig word. Is kernkrag 'n lewensvatbare opsie vir Suid-Afrika se energiebehoeftes? Reën is volgende week op pad na groot dele van die binneland.

Monitor 12 September 2024
Die DA dreig om uit die regering van nasionale eenheid te stap indien president Cyril Ramaphosa die BELA-wysigingswetsontwerp onderteken. Landdroste se salarisse en werksomstandighede weer onder die vergrootglas. Die Jagersfontein-ramp van twee jaar gelede word met 'n foto-uitstalling herdenk.

Monitor 11 September 2024
Die paroolverhoor van Najwa Petersen sal na verwagting vandag plaasvind. Honderde onderwysers se poste in gedrang weens besnoeiings aan provinsiale onderwysbegrotings. Kamala Harris en Donald Trump pak mekaar in 'n debat.

Monitor 10 September 2024
Skok oor Gauteng se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se onderbesteding van R554 miljoen. Een uit elke vier kinders in Suid-Afrika het vertraagde groei en ontwikkeling weens wanvoeding. Die VSA se twee presidensiële kandidate pak mekaar in 'n debat.

Monitor 9 September 2024
Duitse masels onder kinders aan die toeneem. Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die skrywer en aktivis, James Matthews. Ons fokus op die Springbokke en die Vroue Bokspan se oorwinnings.

Monitor 6 September 2024
Die minister van basiese onderwys word gevra hoe ‘n nuwe plan om sportgeriewe aan alle skole beskikbaar te stel, gedoen sal word. 'n Beweerde lid van die konstruksiemafia sê politici sit agter dié soort misdaad. President Ramaphosa sê daar was geen druk op Suid-Afrika om nie handelsooreenkomste met China te sluit nie.

Monitor 5 September 2024
Die Minister van Korrektiewe Dienste vra strenger paroolvoorwaardes en groter deelname deur die gemeenskap. Suid-Afrika wil meer na China uitvoer. Die Nama Khoi-munisipaliteit in die Noord-Kaap verlaag residensiële eiendomsbelasting met 19 persent.

Monitor 4 September 2024
Burgerregte-organisasies plaas druk op die president om die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg te onderteken. Die ekonomie het effens gegroei in die tweede kwartaal van die jaar. 'n Rolprent oor plaaskinders wat hulle honde oplei om toertjies te doen, is as beste dokumentêre rolprent by die Silwerskermfees aangewys.

Monitor 3 September 2024
Die heropende ondersoek na die dood van die Cradock Vier is tot volgende jaar uitgestel. Kommer oor die toename in die stroop van inheemse plante. Hoe volhoubaar is laer brandstofpryse?

Monitor 2 September 2024
Kommer oor die toename in moord op kinders, en die verkragting van vroue. Die taalraad, Pansat, vra dat Khoe- en San-tale by openbare skole aangebied moet word. Ons fokus op die Springbokke se oorwinning teen die All Blacks.

Monitor 30 Augustus 2024
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement moet 2 400 onderwysposte besnoei - 'n onderwyskenner reageer. Nóg sukses vir Suid-Afrika by die Onder 20-spele. Die oud-Bok André Pretorius praat oor môre se stryd tussen die Bokke en All Blacks.

Monitor 29 Augustus 2024
Slegs vier munisipaliteite in KwaZulu-Natal het 'n skoon oudit gekry. Munisipaliteite se skuld aan waterrade beloop meer as R22-miljard. Goeienuus wink steeds vir motoriste by die brandstofpomp.

Monitor 28 Augustus 2024
Politieke partye en nie-regeringsorganisasies vra dat Justisie-minister Thembi Simelane ondersoek word. Ons praat met 'n belastingkenner oor die tweepot-stelsel. Die Silwerskermfees pas aan by die manier waarop ons na rolprente en televisie kyk.

Monitor 27 Augustus 2024
Vyf verdagtes verskyn in die hof in Camperdown, KwaZulu-Natal, in verband met die konstruksiemafia in uMsunduzi. Ons praat met Business Against Crime South Africa oor hierdie soort misdaad. Planne word gemaak om 'n muisplaag op Marion-eiland te beveg. Huldeblyke stroom in vir die voormalige rektor van die Universiteit van die Wes-Kaap, prof. Brian O'Connell. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking bevestig dat hulle die konsulgeneraal in Dubai, Tsepo Lebona, herroep het.

Monitor 26 Augustus 2024
Nóg 'n brandende gebou in Johannesburg eis lewens. 'n Nuwe inisiatief om vroue en kinders wat erg getraumatiseer is deur geslagsgebaseerde geweld, by te staan. 'n 72-jarige Suid-Afrikaner stel sy eerste rolprent as regisseur vry.

Monitor 23 Augustus 2024
Floyd Shivambu organiseer nou die MK-Party. R67 miljoen vir sportontwikkeling bewillig. 'n Nuwe veldtog om kinders wat skool toe stap, te beveilig.

Monitor 22 Augustrus 2024
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging gaan nie die presidensiële gesondheidsverdrag onderteken nie. Ons fokus op die uittredende hoofregter Raymond Zondo se invloed op die bevordering van demokrasie en die politiek. Tim Walz aanvaar amptelik sy benoeming as die Demokratiese Party se visepresidentskandidaat.

Monitor 21 Augustus 2024
Vrae oor bewerings dat bendelede die topvlakke van die polisie in die Wes-Kaap geïnfiltreer het. Die Minister van Binnelandse Sake sê die departement se werkswyse is 'n bedreiging vir nasionale veiligheid. Kommer oor 'n brand by 'n skool in Eldorado Park, waar daar 'n voorval van messtekery onder leerlinge was. Die Universiteit van Pretoria teken 'n ooreenkoms om malaria in die SADEK-streek te beveg.

Monitor 20 Augustus 2024
Die ANC gaan nie sy provinsiale uitvoerende komitee in KwaZulu-Natal ontbind nie. Die Tshwane Metro sê eiendomskaping is aan die toeneem. Ons fokus op die Amerikaanse Demokratiese Party se Nasionale Konvensie.

Monitor 19 Augustus 2024
Die ANC se leier in Gauteng, Panyaza Lesufi, waarsku lede teen leedvermaak oor Floyd Shivambo se uittog uit die EFF. Inwoners van Riverlands in die Swartland is bekommerd nadat 'n vierde dam oorstroom. Sommige politieke partye is ongelukkig oor die Koalisiewetsontwerp. Die 95 Libiërs wat militêre opleiding in Suid-Afrika ontvang het, word gedeporteer.

Monitor 16 Augustus 2024
EFF-leier Julius Malema verwag dat talle lede die party sal verlaat nadat Floyd Shivambo na die MK-party oorgeloop het. Skoolveiligheid kom onder die loep ná 'n skietvoorval by 'n skool in Eldoradopark in Johannesburg. Rusland mobiliseer om Oekraïne se inval teen te staan.

Monitor 15 Augustus 2024
Verbruikers het in Junie vanjaar meer klere en skoene gekoop as 'n jaar gelede. Die SAUK-wetsontwerp is terug na die parlement gestuur. Israel gaan voort met aanvalle teen Hamas in die Gasastrook, ure voor beplande vredesamesprekings.

Monitor 14 Augustus 2024
Een uit drie volwassenes in Suid-Afrika is werkloos. Johannesburg maak gereed vir 'n nuwe burgemeester. 'n Einde aan diskriminasie teen linkshandiges word bepleit. Namibië beoog om 'n radioteleskoop te bou wat in die millimetergolflengte-spektrum sal kan waarneem - dit sal die eerste van sy soort in Afrika wees. Die parlement se justisiekomitee wil hê 'n nuwe adjunk openbare beskermer moet teen die einde van November aangestel wees.

Monitor 13 Augustus 2024
Ace Magashule se voormalige assistent, Moroadi Cholota, sê die staat se saak teen haar is swak. OUTA vra die parlement om in te gryp om die SA Maritieme Veiligheidsowerheid reg te ruk. Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê werkloosheid is wêreldwyd aan die afneem onder jongmense.

Monitor 12 Augustus 2024
Twee-derdes van alle misdaadsake bly onopgelos. Die MK-party wankel onder interne toutrekkery. Opruimingswerk gaan voort in Riverlands in die Wes-Kaap waar twee damwalle verlede week meegegee het. Genadiglik het dit daar opgehou reën.

Monitor 9 Augustus 2024
Inwoners van Riverlands buite Malmesbury vertel van hulle nagmerrie-ondervinding nadat plaasdamwalle breek. Vrouedag word vandag gevier. Zola Budd praat oor dáái voorval, 50 jaar gelede, by die Olimpiese Spele in Los Angeles. 'n Groot tekort aan ambulanse in die Oos-Kaap. Ons praat met oud-Bok Johan Muller oor môre se toets teen die Wallabies.

Monitor 8 Augustus 2024
Binnelandse Sake het die burgerskap van die Mej. Suid-Afrika-deelnemer, Chidimma Ade-tshina, ondersoek en bevind dat daar moontlik identiteitsbedrog gepleeg is. Die Vereniging van Staatsamptenare sê werknemers by die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur moet weens ondersoek word vir die verval by die polisie se hoofkwartier in Pretoria. Superkerninflasie sal voortaan ingespan word om rentekoerse te bepaal.

Monitor 7 Augustus 2024
ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party en sy alliansievennote begin uiteindelik mekaar vind wat betref die grondwet van die regering van nasionale eenheid. Die veelbesproke Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting is terug op die sewende administrasie se agenda. Ons praat met 'n ontleder oor Tim Walz, die Demokrate se keuse vir visepresident in Amerika.

Monitor 6 Augustus 2024
Brandstofpryse daal, maar druk op die rand is slegte nuus vir rentekoerse. Die ANC blameer sy swakker vertoning in die algemene verkiesing op plaaslike regerings. Die belangrikste internasionale gebeurtenis op die sterrekundige kalender begin in Kaapstad.

Monitor 5 Augustus 2024
'n Gesagbehebbende studie wys dat slegte cholestrol en gehoorverlies bydra tot demensie. Die ANC neem bestek van die steun wat hy in die verkiesing verloor het. Ons gesels met Span Suid-Afrika se kopdokter by die Olimpiese Spele oor gisteraand se geskiedkundige 100 meter finaal.

Monitor 2 Augustus 2024
Tatjana Smith wen haar vierde Olimpiese medalje by vanjaar se spele in Parys, gevolg deur die aankondiging van haar uittrede uit die sport. Oudtshoorn het 'n nuwe burgemeester. Ons praat met 'n kuberdeskundige oor 'n skerp toename in aanvalle op finansiële instansies.

Monitor 1 Augustus 2024
Media 24 gaan nie nog joernaliste afdank nie, ná druk uit talle oorde - ons praat met Beeld se redakteur. Wêreld-veldwagterdag fokus op veldwagters se welstand. Appèl teen die hoë ouderdomsbeperking op 'n Zapiro-dokumentêr.

Monitor 31 Julie 2024
Die Menseregtekommissie gaan bewerings van rassisme by Hoërskool Pinelands in Kaapstad ondersoek. Venezuela se ambassadeur in Suid-Afrika vra wêreldleiers om die uitslag van dié land se presidentsverkiesing te aanvaar. Suid-Afrika is hoopvol dat die AGOA-ooreenkoms verleng sal word, ongeag die uitslag van die Amerikaanse verkiesing.

Monitor 30 Julie 2024
Die ANC gee sy voormalige president, Jacob Zuma, amptelik, 21 dae om teen sy skorsing te appelleer. Die 95 Libiese burgers wat by 'n verdagte militêre opleidingsentrum in hegtenis geneem is, verskyn in die hof. Ons probeer om agter die kap van die byl kom. Meer oor Tatjana Smith se uitsonderlike prestasie.

Monitor 29 Julie 2024
Die ANC se tugkomitee beveel aan dat Jacob Zuma uit die party geskop moet word. Goeie nuus wink vir motoriste by die brandstofpomp. Wêreldleiers is bekommerd dat die konflik tussen Israel en Hezbollah kan uitbrei.

Monitor 26 Julie 2024
Uitspraak in die DA se Kieshof-saak teen president Cyril Ramaphosa is voorbehou. Ons praat met die nuwe Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur oor die vordering in die herstel van die parlementsgebou ná die brandskade van meer as twee jaar gelede. Afwagting bou in aanloop tot vanaand se openingseremonie van die 33ste Olimpiese Spele in Parys, Frankryk.

Monitor 25 Julie 2024
Kosprysinflasie is die laagste in 45 maande. Israel se Eerste Minister verdedig die Gasa-oorlog in die Amerikaanse Kongres. 200 brandbestryders vertrek vandag na Kanada. 'n Hartseer begin vir die Blitsbokke by die Olimpiese Spele. Driekwart van Suid-Afrikaners sê hulle beleef finansiële stres.

Monitor 24 Julie 2024
Die stig van 'n oorsigkomitee oor die Presidensie is weer in die kollig. Die organisasie. Voice To Parliament. vra die president om die Bela-wetgewing terug na die parlement te stuur. Ons praat met 'n belastingkenner oor die regering se voorneme om meer produkte van BTW vry te stel.

Monitor 23 Julie 2024
President Ramaphosa lewer repliek op die debat oor sy staatsrede. Visepresident Kamala Harris kry al hoe meer steun as die Demokrate se presidentskandidaat. Action SA verander van deuntjie oor samewerking met die ANC in Gauteng se metro's.

Monitor 22 Julie 2024
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, glo Suid-Afrika sal teen volgende jaar van die gryslys verwyder word. Afriforum nader die Konstitusionele Hof om John Hlophe se aanstelling as ‘n verteenwoordiger van die parlement op die Regterlike Dienskommissie tersyde te stel. Die Amerikaanse president, Joe Biden, laat vaar sy veldtog om herverkies te word.

Monitor 19 Julie 2024
President Cyril Ramaphosa deel sy regering se vyfjaarplan met die nasie tydens die opening van die 7de Parlement. Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad is ontevrede oor die gebrek aan voldoende interpretasiedienste in die Parlement. Amerikaanse presidentskandidaat Donald Trump spreek sy ondersteuners toe in Milwaukee op die laaste dag van die Republikeinse konvensie. Gure weer duur voort in die Wes-Kaap met verskeie oorstromings in sekere woonbuurte.

Monitor 18 Julie 2024
Groot afwagting op vanaand se parlementsopening. Internasionale Mandeladag word vandag gevier. 'n Afgetrede dokter wil 'n wêreldrekord op 'n trekker verbeter om arm kinders gratis operasies te gee.

Monitor 17 Julie 2024
Die Inkomstediens vra belastingbetalers om waaksaam teen bedrieërs te wees. Meer as 150 000 mense in die Wes-Kaap is dakloos gelaat weens swaar reën. Die Republikeine in Amerika wys 'n verenigde front by hulle nasionale konvensie.