PLAY PODCASTS
Monitor

Monitor

4,363 episodes — Page 10 of 88

Monitor 3 Desember 2024

Die polisie se soektog na die gewapende verdagtes, wat vyf mans in Mfuleni op die Kaapse Vlakte doodgeskiet het, duur voort. Thabazimbi gaan na die stembus ná intensiewe verkiesingsveldtogte wat verskeie partyleiers betrek het. Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, voer samesprekings met Nigerië.

Dec 3, 202446 min

Monitor 2 Desember 2024

Agt mense sterf in 'n busongeluk buite Worcester in die Wes-Kaap. Die president sê die Bela-skikkingsooreenkoms het geen invloed op die veelparty-raadplegingsproses oor dié wetgewing nie. Suid-Afrika neem die voorsitterskap van die G20 oor.

Dec 2, 202444 min

Monitor 29 November 2024

Die taal- en toelatingsklousules in die omstrede BELA-skolewet sal ingevolge 'n skikking tussen Solidariteit en die regering nié op 13 Desember in werking gestel word nie. Nóg onwettige mynwerkers het by Skag 10 van die Buffelsfonteinmyn op Stilfontein uitgekom. Die stelsel wat maatskaplike toelaes uitbetaal is kwesbaar vir bedrog. 'n Museum wat die evolusie van televisie uitstal, open in Kaapstad. Daar word koppe gestamp oor 'n beoogde beperking op die verkoop van alkohol tydens die feesseisoen.

Nov 29, 202442 min

Monitor 28 November 2024

Hezbollah verklaar 'n oorwinning oor Israel, terwyl Israel dreig om te reageer indien die ooreenkoms verbreek word. Die jongste oor die verkiesing in Namibië. 'n Verbruikersprokureur waarsku teen die slaggate van Swartvrydag.

Nov 28, 202446 min

Monitor 27 November 2024

Die Ouditeur-Generaal sê daar is 'n effense verbetering in die oudituitkomste van nasionale en provinsiale departemente. Solidariteit nader die Arbeidshof oor die proses wat die Wes-Kaapse Onderwysdepartement volg, om onderwysposte af te skaf. Namibiërs trek vandag hulle kruisies in dié land se algemene verkiesing.

Nov 27, 202445 min

Monitor 26 November 2024

'n Effense verbetering in misdaadstatistiek, maar geweld teen kinders neem toe. Vrystaat Landbou geskok oor die voorgestelde reuse kragtariefverhoging. Die brand buite Ceres is geblus.

Nov 26, 202445 min

Monitor 25 November 2024

Huldeblyke stroom in ná die dood van Breyten Breytenbach. Ons fokus op die 16 dae veldtog van geen geweld teen vroue en kinders, wat vandag begin. Ontwikkelde lande verdrievoudig hulle befondsing aan die ontwikkelende wêreld om klimaatsverandering te stuit.

Nov 25, 202449 min

Monitor 22 November 2024

Die repokoers word weer verlaag. Die regering wil die gebruik van industriële plaagdoders by openbare skole verban. Die Internasionale Strafhof reik lasbriewe uit vir die inhegtenisneming van Benjamin Netanyahu en Yoav Gallant.

Nov 22, 202448 min

Monitor 21 November 2024

Suid-Afrikaners staan gereed vir 'n verdere rentekoersverlaging, wat na verwagting vanmiddag aangekondig sal word. Die registrasie van wettige spaza-winkels vorder fluks. Die spertyd vir die opgradering van voorafbetaalde Eskom-elektrisiteitsmeters kom vinnig nader. Versuim om dit te doen, kan beteken dat jy 'n nuwe meter teen 'n koste van tot R12 000 sal moet aanskaf, én geen elektrisiteit sal kan koop nie. Die Weerdiens onthul 'n model waarmee sleurstrome in die see voorspel kan word. 'n Beraad oor plastiekbesoedeling vind dié naweek in Suid-Korea plaas.

Nov 21, 202450 min

Monitor 20 November 2024

Bykomende hulpbronne ontplooi ná die skietdood van 'n tiener in Ravensmead. Rusland sê Oekraïne het hom aangeval met langafstandmissiele van die VSA. Op Wêreld Kinderdag praat ons met die akteur, Zane Meas, oor die effek wat afwesige pa's op kinders het.

Nov 20, 202448 min

Monitor 19 November 2024

Inwoners van Kaapstad vra die energiereguleerder om Eskom se kragtariefaansoek af te keur. Afriforum sê dringende optrede is nodig om rioolbesoedeling in die Vaalrivier se opvangsgebied stop te sit. Action SA wil die oorskot van drie mynwerkers by die Lily-myn na die oppervlak bring.

Nov 19, 202447 min

Monitor 18 November 2024

Die Vloot het net een werkende skip - ons praat met 'n militêre ontleder. Suid-Afrika se skuldgraderingvooruitsigte word van stabiel na positief aangepas. Ons praat met die oud-Bok Franco van der Merwe oor die Bokke se oorwinning oor Engeland.

Nov 18, 202446 min

Monitor 15 November 2024

Sahpra waarsku teen die gebruik van vervalste diabetesmiddels, wat vir gewigsverlies gebruik word. SADEK word gevra om 'n spesiale gesant na Mosambiek te stuur om die politieke krisis daar te besleg. Die Appèlhof beslis dat munisipale amptenare in hulle persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou kan word vir die onreëlmatige en vrugtelose besteding van staatsgeld.

Nov 15, 202449 min

Monitor 14 November 2024

Die polisie sê hulle vorder met tegnologie vir die gebruik teen misdaad. Vervalste matrieksertifikate word steeds op sosiale media verkoop. Die Johannesburg Planetarium word in 'n wonderwêreld omskep. Verskeie internasionale banke beloof om geld aan ontwikkelende lande tee gee vir die stryd teen klimaatsverandering.

Nov 14, 202448 min

Monitor 13 November 2024

Werkloosheid neem effens af in die derde kwartaal - ons praat met 'n ekonoom. Die Minister van Water versoek Suid-Afrikaners om water as 'n skaars hulpbron te hanteer. 'n Kenner waarsku dat skelms jou tik-en-betaal-bankkaarte teiken.

Nov 13, 202445 min

Monitor 12 November 2024

Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, word gekritiseer vir sy besluit om die SAUK-wetsontwerp te onttrek. Ons praat met die vakbond, Bemawu, oor of dit wel n finansiële krisis voorspel vir die SAUK. Waterbeperkings vir Johannesburg. Die VN se Wêreld Meteorologiese Organisasie waarsku dat 2024 waarskynlik die warmste op rekord sal wees.

Nov 12, 202448 min

Monitor 11 November 2024

Die net span nouer om ouers wat nie onderhoud betaal nie. Die situasie by die Lebombo-grenspos met Mosambiek begin na normaal terugkeer. Suid-Afrika blink uit op die sportveld.

Nov 11, 202450 min

Monitor 8 November 2024

Eskom is van voorneme om die kragtoevoer na Johannesburg te onderbreek. Die Nasionale Skuilingsbeweging versoek dringende ingryping van die regering, om te verhoed dat skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld hulle deure sluit. Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwerp die voorgestelde verhoging in kragtariewe.

Nov 8, 202450 min

Monitor 7 November 2024

Ons praat met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom oor Donald Trump se oorwinning, en kry reaksie van politieke partye in Suid-Afrika. Vragmotors kan nie die Lebombo-grens na Mosambiek oorsteek nie.

Nov 7, 202448 min

Monitor 6 November 2024

Stemme word nog in Amerika se verkiesing getel. Die grenspos met Mosambiek by Lebombo word volgens berigte gesluit. Die konstitusionele hof besin oor burgerskap vir Suid-Afrikaners in die buiteland.

Nov 6, 202449 min

Monitor 5 November 2024

Lewenslange tronkstraf vir die 13-jarige Jerobejin van Wyk se moordenaar. Ons praat met ‘n politieke ontleder oor die Amerikaanse verkiesing. Kommer oor mynmaatskappye wat nie tot verantwoording geroep word nie.

Nov 5, 202448 min

Monitor 4 November 2024

Die polisie slaan op groot skaal toe op vermeende onwettige mynwerkers op Orkney in Noordwes. Die ANC se subkomitee oor buitelandse sake het die afgelope naweek in Boksburg vergader. Vakbonde is nie gelukkig met die regering se plan om vroeë aftrede vir sowat 30 000 staatsamptenare aan te bied nie.

Nov 4, 202449 min

Monitor 1 November 2024

Die minister van finansies se mediumtermyn-begroting maak geen groot verskuiwing van fondse ten bate van Nasionale Gesondheidsversekering nie - hoekom? 'n Onafhanklike ondersoek deur die Verenigde Nasies bevind dat Israel se veiligheidsmagte doelbewus mediese fasiliteite- en personeel in Gasa geteiken het. 'n Beraamde 500-miljoen liter gevaarlike, onwettige alkohol word jaarliks deur Suid-Afrikaners gedrink.

Nov 1, 202447 min

Monitor 31 Oktober 2024

‘n Ekonoom en politieke partye reageer op die mediumtermyn-begrotingsraamwerk. Die ergste oorstromings in Spanje in meer as 30 jaar. Noord-Korea vuur 'n interkontinentale missiel oor meer as 1 000 kilometer af.

Oct 31, 202448 min

Monitor 30 Oktober 2024

Daar word baie van die regering van nasionale eenheid se eerste medium-termynbegroting verwag, soos groter fiskale dissipline. Die RNE werk beter as verwag, sê DA-leier John Steenhuisen by 'n beleggerskonferensie in New York. Suid-Afrika wil sien dat heelwat meer internasionale geld aan ontwikkelende lande bestee word, om hulle teen klimaatsverandering te beskerm.

Oct 30, 202448 min

Monitor 29 Oktober 2024

Groter druk dat die Matie-rektor bedank ná oudregter Edwin Cameron se onthullings - ons praat met die president van die US-Konvokasie. ‘n Spesialis verduidelik wat die organofosfaat, terbufos, is. Dit was die oorsaak van ses kinders se dood. Dis vandag Wêreld Beroerte-dag.

Oct 29, 202448 min

Monitor 28 Oktober 2024

ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party is in 'n krisis wat 'n drieledige aanslag verg om te bowe te kom. Die Afrikaanse Taalraad kritiseer die rektor en visekansellier van Universiteit Stellenbosch, prof. Wim de Villiers, oor sy hantering van die Wilgenhof-verslag. ’n SAUK-reeks oor die Khoisan palm 'n SAFTA prys in. Suid-Afrika neem vandeesweek deel aan 'n internasionale beraad oor stowwe wat die osoonlaag vernietig. Die WNNR stel 'n vervoerveiligheidslaboratorium in Pretoria bekend.

Oct 28, 202450 min

Monitor 25 Oktober 2024

Die diamanthandelaar, Louis Liebenberg, en vyf medebeskuldigdes bly nóg 'n week in aanhouding. Die gebrek aan 'n eenvormige buitelandse beleid in die Regering van Nasionale Eenheid onder die soeklig. Frelimo bly aan bewind in Mosambiek.

Oct 25, 202448 min

Monitor 24 Oktober 2024

Drie waterprojekte moet onmiddelik in Gauteng begin word om 'n Dag Zero te voorkom. Duisende mense is nog dakloos na hierdie week se storms in die Oos-Kaap. Meer as 17 000 mense onderteken 'n petisie teen misdaad in die sakekern van Stellenbosch. Die eerste besending Suid-Afrikaanse avokados het in China aangekom.

Oct 24, 202446 min

Monitor 23 Oktober 2024

Afriforum gaan stappe doen om die rioolprobleem in Kroonstad op te los. Swaar reën rig groot skade aan in Kariega en omliggende gebiede in die Oos-Kaap. Ons fokus op die eerste honderd dae van die Minister van Korrektiewe Dienste, dr. Pieter Groenewald.

Oct 23, 202448 min

Monitor 22 Oktober 2024

Die BRICS- en Statebond-berade vind vandeesweek plaas - ons praat met 'n ontleder oor Suid-Afrika se belange. 'n Gladde begin vir die matriek-eindeksamen in KwaZulu-Natal, ondanks baie reën. Die fokus is vandag op Wêreld-Hakkeldag.

Oct 22, 202448 min

Monitor 21 Oktober 2024

Derduisende matrikulante skryf vandag hulle eerste vraestel in die eindeksamen. Die Joshlin Smith-hofsaak hervat enkele dae voor haar verjaarsdag. Afriforum sê die waterkrisis in Gauteng kan deels toegeskryf word aan die premier, Panyaza Lesufi, se versuim om munisipaliteite reg te ruk.

Oct 21, 202447 min

Monitor 18 Oktober 2024

Die Instituut vir Sekerheidsstudies sê ernstige misdaad kan deur die opsporing van onwettige vuurwapens bekamp word. Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton MacKenzie, reageer op kritiek dat sy besoek aan die Olimiese Spele R800 000 gekos het. Die Padvragvereniging sê die privatisering van hawens is waarskynlik vir eers van die baan ná 'n belangrike hofuitspraak in Durban.

Oct 18, 202448 min

Monitor 17 Oktober 2024

Kleinhandelverkope styg vir die sesde agtereenvolgende maand. Hoe gaan jy vir 'n mammogram? Ons praat met 'n kenner oor borskanker-bewusmaking. 'n Elekrtiese motorfiets kom 6 000 kilometer later, vanaf Kenia in die Kaap aan.

Oct 17, 202447 min

Monitor 16 Oktober 2024

'n Moontlike styging in die brandstofprys in November. Rand Water vra munisipaliteite om dringend waterverliese te beperk om te verhoed dat krane opdroog. Brittanje, Duitsland, Frankryk en Italië vra Israel om nie VN-vredesmagte in die suide van Libanon aan te val nie.

Oct 16, 202448 min

Monitor 15 Oktober 2024

President Ramaphosa vra dat die Regering van Nasionale Eenheid regverdig beoordeel word. Action SA sê hy is nog nie klaar met die Phala Phala-skandaal nie. Ons praat met Helen Zille oor koalisie-politiek, veral op plaaslike regeringsvlak.

Oct 15, 202441 min

Monitor 14 Oktober 2024

Die polisie ondersoek 'n massa-skietvoorval in Orange Farm. Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die voormalige minister van finansies, Tito Mboweni. Ons bespreek Mboweni se invloed op die ekonomie en politiek. Die polisiediens kry 'n ongekwalifiseerde ouditmening. Moontlike regstappe oor die besnoeiing aan onderwysposte in die Wes-Kaap.

Oct 14, 202446 min

Monitor 11 Oktober 2024

Ons praat met 'n kenner oor die reuse bedrae wat in die Amerikaanse verkiesingsveldtogte betrokke is. Massa-optrede beplan teen die Wet op Basiese Onderwys en Orkaan Milton eis die lewens van 16 mense.

Oct 11, 202449 min

Monitor 10 Oktober 2024

Dr Nasiphi Moya van Action SA dra nou die burgemeestersketting in die Tshwane Metro. Die Gautengse kantoor vir verbruikersake vra mense om nie kosprodukte sonder etikette, te koop nie. Mosambiekers wag op die uitslag van dié land se algemene verkiesing.

Oct 10, 202445 min

Monitor 9 Oktober 2024

Spaza-winkels onder die vergrootglas ná die dood van vyf kinders. Een van die sterkste orkane ooit op pad na Florida. Die SAUK is tegnies insolvent - ons praat met ons eie finansiële hoof.

Oct 9, 202447 min

Monitor 8 Oktober 2024

Dr. John Hlophe trek sy benoeming terug as lid van die Regterlike Dienskommissie. 'n Versoek om die wettige ouderdom om alkohol te gebruik, tot 21 jaar te verhoog. Daar is 'n groot tekort aan personeel by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie.

Oct 8, 202448 min

Monitor 7 Oktober 2024

Hamas het Israel 'n jaar gelede aangeval, met skrikwekkende gevolge en Israel wat nou op verskeie fronte oorlog voer - ons praat met 'n militêre kenner. Hulde aan ‘n politieke leier en 'n bekroonde joernalis. 'n Belangegroep sê ’n reuse skuif is nodig om geestesgesondheidsorg vir almal toeganklik te maak.

Oct 7, 202448 min

Monitor 4 Oktober 2024

Treindienste op ses van Durban se agt spoorweglyne weer in bedryf gestel. Die AA bevraagteken die Gautrein-uitbreiding ten bedrae van R120 miljard. 'n Elektriese motorfiets pak die 6 000 kilometer van Kenia na Stellenbosch aan.

Oct 4, 202449 min

Monitor 3 Oktober 2024

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê hy ondersteun nie 'n moontlike teenaanval deur Israel op kernkragaanlegte in Iran nie. Solidariteit nader Nedlac om die regering te dwing om 'n bemiddelingsproses oor die Bela-wet te begin. Ons skyn die kollig op laerskoolleerders se leesvermoë. Verskeie lande eis dat Afrika dringend permanente setels in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad moet kry.

Oct 3, 202448 min

Monitor 2 Oktober 2024

Ons ontleed Iran se grootskaalse aanval op Israel. Brandstof is vandag aansienlik goedkoper, maar is dit 'n tendens wat sal voortduur, gegewe die konflik in die Midde-Ooste. Wilgenhoffers wil hof toe om die omstrede koshuis oop te hou.

Oct 2, 202449 min

Monitor 1 Oktober 2024

‘n Spesiale uitsending om Monitor se 50ste bestaansjaar te vier. Gure rweer tref die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal. Daar is 'n min skenkers van stamselle. Moord op vroue is aan die toeneem. Meer munisipaliteite dien hulle finansiële state betyds in.

Oct 1, 202449 min

Monitor 30 September 2024

Voorstanders van AfriKaaps vra groter status. Die Woordfees se direkteur, Saartjie Botha, praat oor vanjaar se kleiner fees. Ons hoor met watter interessante nuutskeppings ons luisteraars vorendag kom.

Sep 30, 202449 min

Monitor 27 September 2024

Action SA hoop die ANC steun hulle kandidaat vir die burgemeesterskap in Tshwane, adjunkburgemeester dr. Nasiphi Moya, nadat 'n mosie van wantroue teen die burgemeester, Cillier Brink, geslaag het. Ons praat met die DA oor wat hulle nou gaan doen. Sanparke stel sy Visie 2040-plan bekend. Een van die doelwitte is om 30% van die land se grondgebied teen 2030 onder bewaring te bring. In Libanon sterf minstens 92 mense in lugaanvalle deur Israel op 'n woonstelgebou in die suide van Beiroet.

Sep 27, 202446 min

Monitor 26 September 2024

Provinsiale onderwysdepartemente sal teen 2027 'n reuse begrotingstekort hê. 'n Openbare raadplegingsproses begin oor Eskom se voorgestelde kragtariefverhogings. 'n Mosie van wantroue sal na verwagting vandag teen die burgemeester van die Tshwane-metro, Cilliers Brink, gebring word.

Sep 26, 202446 min

Monitor 25 September 2024

Die oorskot van 49 vryheidsvegters wat in Zimbabwe en Zambië oorlede is, word geherpatrieër. 'n Suid-Afrikaanse organisasie help met vlugtelinge in die suide van Libanon. Mejuffrou Suid-Afrika, Mia le Roux, word met groot blydskap tuis in Oudtshoorn verwelkom. Ons praat oor Rassie Erasmus se spankeuse vir Saterdag se wedstryd teen Argentinië.

Sep 25, 202447 min