
Monitor
4,363 episodes — Page 9 of 88

Monitor 11 Februarie 2025
Die DA dien hofstukke in om die Onteieningswet ongeldig te laat verklaar. Reaksie op die Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel, wat 'n 25% invoerheffing op staal en aluminium plaas. Die Menseregtekommissie eis dringende ingryping om puttoilette by Oos-Kaapse skole uit te roei. Daar is toenemende gevalle van boeliegedrag by skole.

Monitor 10 Februarie 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, se buitelandse beleid word 'n groot krisis vir Suid-Afrika. Intussen word Elon Musk se Starlink-stelsel as "van groot waarde" vir Suid-Afrikaners beskryf. Kleinzee in die Noord-Kaap se waterkrisis is dalk onder beheer. Sam Nujoma se lewe as 'n vryheidsvegter word herdenk.

Monitor 7 Februarie 2025
President Cyril Ramaphosa fokus in 'n groot mate op ekonomiese groei in sy staatsrede. Die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, stel ekonomiese sanksies en reisbeperkinge in teen sekere beamptes van die Internasionale Strafhof.

Monitor 6 Februarie 2025
Politieke partye binne en buite die regering van nasionale eenheid sê wat hulle van die staatsrede verwag. Oudpresident Jacob Zuma is in die hof in verband met sy korrupsiesaak. Al hoe meer lande en staatsinstellings verbied die gebruik van DeepSeek. Die Amerikaanse regering se beëindiging van finansiële hulp aan Suid-Afrika, kan die land se stryd teen klimaatsverandering in die wiele ry.

Monitor 5 Februarie 2025
Die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, ontken dat die president sakebelange in die Demokratiese Republiek die Kongo het. Die Landboubedryf gaan Donald Trump se dreigement om toekomstige befondsing aan Suid-Afrika op te skort, fyn dophou. Kundiges in die onderwys en misdaadbestryding deel hulle verwagtinge oor die staatsrede.

Monitor 4 Februarie 2025
Suid-Afrika reageer op die Amerikaanse president se dreigement oor die besnoeiing van fondse aan die land se gesonheidsprogramme. Opposisiepartye verwag nie veel van Donderdag se staatsrede nie. 'n DNS-toets kan dalk help om servikale kanker gouer op te spoor.

Monitor 3 Februarie 2025
Vrystaat Landbou sê boere kan nie die skerp stygings in kragtariewe bekostig nie. 'n Krisis met private studenteverblyf dreig omdat NFSAS nie sy uitstaande skuld aan verskaffers vereffen nie. Onwettige mynbou sal na verwagting onder die vergrootglas wees by die Mynbou Indaba.

Monitor 31 Januarie 2025
Inwoners van Witrivier in Mpumalanga kla oor vuil drinkwater. Die energiereguleerder staan verhogings in kragtariewe toe, wat minder is as wat Eskom versoek het. Die konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo sal vandag in die kollig wees by 'n buitengewone SADEK-beraad.

Monitor 30 Januarie 2025
Die regering verwerp berigte dat soldate in die DRK swak toegerus is. Gesondheidskenners reageer op die VSA se ontrekking van befondsing vir Suid-Afrikaanse programme. Die presidensie sê die kabinetvergadering is nie 'n plek om partypolitieke wasgoed te was nie.

Monitor 29 Januarie 2025
Die president bekragtig die wet op die bewaring en ontwikkeling van landbougrond. Die ANC sê hy sal voortgaan om transformerende wetgewing deur te voer, ongeag teenkanting binne in die regering van nasionale eenheid. Daar is toenemende druk op die weermag om soldate aan die Demokratiese Republiek die Kongo te onttrek.

Monitor 28 Januarie 2025
Die ANC sal na verwagting vandag sê hoe die leierskap in KwaZulu-Natal en Gauteng hersaamgestel sal word. Vrese vir 'n grootskaalse streeksoorlog in die DRK - ons praat met 'n kenner. 'n Polisievrou van die Noord-Kaap tem twee baie gevaarlike slange.

Monitor 27 Januarie 2025
OUTA vra Eskom om die voorgestelde tariefstruktuur vir huishoudings te vereenvoudig. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Unie sê daar is 'n ernstige gebrek aan kommunikasie deur die weermag oor Suid-Afrikaanse soldate se omstandighede in die Demokratiese Republiek die Kongo. Spanning in die Regering van Nasionale Eenheid neem toe nadat die DA 'n dispuut verkjaar oor die bekragtiging van die Onteiningswet.

Monitor 24 Januarie 2025
'n Regskenner verduidelik wat die nuwe Onteieningswet behels. Gesinne van apartheidslagoffers eis R167-miljoen van die regering. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike oor president Donald Trump se week van verreikende beleidsveranderings.

Monitor 23 Januarie 2025
Munisipaliteite in die Vrystaat vermors meer as R3-miljard rand se water in vyf jaar. Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die regering se beplande ondersteuningsfonds vir slegs swart sakeondernemings, is ongrondwetlik.Ons ondersoek die impak van oorvol klaskamers op die welstand van leerlinge en onderwysers.

Monitor 22 Januarie 2025
Tersiêre instellings bars uit hulle nate. Ons praat met 'n kenner oor die groeiende gaping tussen beskikbare plek by universiteite en die reuse aantal studente-aansoeke. Die polisie in die Vrystaat sê Operasie Vala uMgodi behaal groot sukses in die stuit van onwettige mynbou in dié provinsie. Ons vra 'n krimonoloog vir haar insette nadat 'n man onlangs in hegtenis geneem is vir die besit en verspreiding van kinderpornografie. Suid-Afrika het twee jaar nodig om van rommelstatus te herstel, sê die Minister van Finansies by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos. Die MeerKAT-radioteleskoop in die Noord-Kaap illustreer sy uitsonderlike vermoëns met nóg 'n nuwe ontdekking.

Monitor 21 Januarie 2025
Die meerderheid van padsterftes oor die feesseisoen is voetgangers. Die ANC se topbestuur sal Maandag aandui wie tot die party se redding in Kwazulu-Natal en Gauteng sal kom. Donald Trump belowe om die Amerikaanse droom te laat herleef.

Monitor 20 Januarie 2025
Die ANC neem ernstige besluite oor sy uitvoerende komitees in KwaZulu-Natal en Gauteng. Minstens agt mense sterf in twee ongelukke in die Oos-Kaap en Limpopo. President Cyril Ramaphosa lei vandeesweek 'n afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos in Switserland. Amerika se volgende president, Donald Trump, word vandag ingehuldig.

Monitor 17 Januarie 2025
Die vakbond, Naptosa, waarsku dat onderwysers dalk die beroep sal verlaat as druk nie verlig word nie. ‘n Massiewe styging in die vlak van die Vaaldam. Meer as 80 mense dood in Israelse aanvalle sedert die skietstilstandooreenkoms aangekondig is.

Monitor 16 Januarie 2025
Die laaste van die onwettige mynwerkers is na verwagting nou uit die Stilfontein-myn in Noordwes gehaal. Minstens 250 skole in Gauteng word as 'onveilig' beskryf. Action SA is in gesprekke met ander partye gewikkel om 'n teenwig vir die regering van nasionale eenheid te vorm. Suid-Afrika verwelkom die skietstilstand-ooreenkoms tussen Israel en Hamas in Gasa. Die wiele van Suid-Afrika se strafregstelsel kort olie, sê teen-misdaadaktiviste.

Monitor 15 Januarie 2025
120 onwettige mynwerkers en 30 lyke is by 'n mynskag in Stilfontein na die oppervlak gebring. 'n Kenner verduidelik hoe die 2024-matrieks se vooruitsigte op werk lyk. Suid-Korea se president in hegtenis geneem.

Monitor 14 Januarie 2025
Verlede jaar se matrieks kry vanoggend hulle langverwagte uitslae. Die klas van 2024 word gelukgewens met 'n geskiedkundige slaagsyfer van meer as 87%. Die reeks aardbewings in die Noord-Kaap gaan ondersoek word. Dertien mense verdrink in oorstromings in Limpopo.

Monitor 13 Januarie 2025
Kommer oor die groot aantal werklose dokters in die land. Die ANC-president sê die party sal moet hernu, of die risiko loop om te vergaan. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die ANC se verjaarsdagverklaring. Dierebeskermingsorganisasies in Gauteng sê hulle ondervind 'n aansienlike toename in die aantal verdwaalde diere.

Monitor 10 Januarie 2025
Nóg heelwat reën die naweek in die noorde en ooste van die land verwag. 'n Landbou-ekonoom verduidelik die impak van die baie reën op die bedryf. Die jongste oor die vernietigende brande in Los Angeles.

Monitor 9 Januarie 2025
Die Departement van Basiese Onderwys verwelkom 'n hofbeslissing wat toestemming gee vir die publikasie van matriekuitslae in die media. Die parlement sal vanjaar in 'n koepeltent vergader terwyl herbouwerk aan die beskadigde gebou begin. Later vandeesmaand sal ses planete vir 'n skouspel in die hemelruim sorg.

Monitor 8 Januarie 2025
Groot dele van die Noord-Kaap gaan gebuk onder 'n knellende droogte. Die beleerde ANC is vandag 113 jaar oud - ons bespreek die party se uitdagings met 'n politieke wetenskaplike. Heelwat ouers sukkel om kop bo water te hou met skooluitgawes.

Monitor 7 Januarie 2025
Minstens 14 mense sterf in 'n ongeluk op Van Reenenspas in KwaZulu-Natal - sommige media berig dit is 18 mense. Die staalreus, ArcelorMittal, gaan na verwagting sowat 3 500 werknemers afdank. Die hooggeregshof besluit vandag of die matriekuitslae aanstaande week in die koerante gepubliseer mag word. 'n Minimumbelasting van 15% gaan op multinasionale maatskappye in Suid-Afrika gehef word.

Monitor 6 Januarie 2025
Ons berig oor die mini-tornado wat Welkom in die Vrystaat getref het. Verskeie weerwaarskuwings tot en met Vlak 8 geld oor die ooste van die land. Anthony Blinken besoek Suid-Korea.

Monitor 3 Januarie 2025
Ná ’n moratorium van 20 jaar, is die doodstraf vandeesweek amptelik in Zimbabwe afgeskaf. Nog nege lande sluit by die BRICS-groepering aan. Die Rand vertoon sterk - ons praat met 'n ekonoom oor sy verwagtinge en voorspellings vir 2025.

Monitor 2 Januarie 2025
Minstens 34 000 verdagtes word regoor die land vir misdade soos moord en verkragting in hegtenis geneem. Gevalle van Covid19 neem toe. Om by nuwejaarsvoornemens te hou, verg toewyding en deursettingvermoë.

Monitor 1 Januarie 2025
‘n Oorsig van die jaar se politiek en sport, en ons hoor wat die Kaapse Klopse se planne is.

Monitor 31 Desember 2024
Ons kry die jongste nuus oor die onwettige myners op Stilfontein in Noordwes. Gauteng se regering wil diensleweringprestasie onder die loep neem met 'n digitale barometerstelsel. Die toename in mense wat op straat is, word grootliks toegeskryf aan die afgelope jare se toename in armoede en werkloosheid.

Monitor 30 Desember 2024
'n Hiëna gryp 'n driejarige meisie in die Timbavati-natuureservaat. Ysterpenne maak weer hulle verskyning as 'n voertuigkapingstaktiek, dié keer op die N1-snelweg aan die westekant van Johannesburg. Die voormalige Amerikaanse president, Jimmy Carter, sterf in die ouderdom van 100.

Monitor 27 Desember 2024
Die EFF vra die regering en SADEK om in te gryp om die konflik in Mosambiek op te los. Die probleem van haweloses sal nie weggaan nie waarsku welsynsorganisasies. Die herstel van grondregte bly op die politieke agenda.

Monitor 26 Desember 2024
Kommer oor die hoë voorkoms van tienerswangerskappe in KwaZulu-Natal. Die proses om van analoog na digitale uitsaaidienste oor te skakel, is steeds nie afgehandel nie. Rolprenttoerisme is in die kollig.

Monitor 25 Desember 2024
'n Spesiale Kersdag-uitgawe van RSG se vlagskip-nuusaktualiteitsprogram.

Monitor 24 Desember 2024
Rotontlasting word op produkte by sommige groot kettingwinkels in Soweto gevind. In Mosambiek bekragtig die grondwetlike raad Frelimo as die wenner van die afgelope verkiesing. Talle buitelanders word by verskillende grensposte in hegtenis geneem. Ons praat met 'n ontleder oor die jaar se vernaamste politieke gebeure. Springbokkaptein Siya Kolisi wil glo terugkeer na die Stormers.

Monitor 23 Desember 2024
Die waterkrisis op Lichtenburg in Noordwes verdiep. 'n Aardbewing tref die Noord-Kaap. 'n Voormalige Isidingo-kollega bring hulde aan Michelle Botes, wat Saterdag oorlede is.

Monitor 20 Desember 2024
Meer as 500 mense sterf op die land se paaie. Eskom ly 'n verlies van R55-miljard. 'n Span van vyf leerlinge het Antarktika vandeesweek besoek.

Monitor 19 Desember 2024
Vrystaat Landbou sê kommersiële boere staan voor die grootste stryd om oorlewing ooit. Botswana hef die verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse groente op. Die Noordwes-Universiteit se Sakeskool sê beleidsonsekerheid is aan die toeneem.

Monitor 18 Desember 2024
Die regulasies van die BELA-wet, wat die toepassing van die wet sal bepaal, kan volgens kenners jare vat om te skryf. 2024 was 'n jaar van bitter gewapende konflik regoor die wêreld. Talle organisasies voel Suid-Afrika se kiesstelsel moet hervorm word. Meer as 600 pasopgeleide polisiekonstabels word by stasies in KwaZulu-Natal ontplooi.

Monitor 17 Desember 2024
'n Versoek dat die kabinet se besteding ingeperk word. Fedsas sê daar is 'n nypende tekort aan openbare skole in Gauteng en die Wes-Kaap. Die Grondwethof in Suid-Korea moet bepaal of president Yoon Suk Yeol uit dié amp onthef moet word.

Monitor 16 Desember 2024
Die EFF sluit sy verkiesingskongres af met 'n waarskuwing vir die regering van nasionale eenheid. 'n Verskeidenheid opsies oor wat met die BELA-wet moet gebeur, is aan president Cyril Ramaphosa vir oorweging oorhandig. Suid-Afrikaners vier vandag Versoeningsdag. 'n Span wetenskaplikes van die Universiteit van Johannesburg vertrek na Antarktika.

Monitor 13 Desember 2024
Die MK Party en die EFF neem die jaar in oënskou by hulle onderskeie saamtrekke die naweek. Dele van Johannesburg tot 86 uur sonder water. Pakistan se kriekettoer na Suid Afrika in 'n krisis gedompel.

Monitor 12 Desember 2024
Die SAKP herbesin sy vennootskap met die ANC en Cosatu by sy spesiale kongres. Kleinhandelverkope van klere, meubels en skoene neem toe. SA Rugby wil die 2030 Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika aanbied.

Monitor 11 Desember 2024
Ons fokus op fluitjieblasers teen die agtergrond van 'n teenkorrupsie-konferensie in Boksburg. Die hooggeregshof belet die bou van nog ’n steenkoolkragstasie. Erfenisgewasse (vrugte en groente wat voor kommersialisering verbou is) is glo meer volhoubaar.

Monitor 10 Desember 2024
Negentienduisend Gautengse leerlinge wie se skoolaansoeke foutief of onvolledig is, kan van môre af weer aansoek doen. Hoe suksesvol was die ministers in die RNE vanjaar? Ons praat met 'n politieke ontleder. Israel doen meer as 'n 100 lugaanvalle op militêre teikens in Sirië.

Monitor 9 Desember 2024
Die DA sê 'n faksie van die ANC wil onderwysminister Siviwe Gwarube uit die saal lig. Rusland gee Sirië se president, Bashar al-Assad, asiel nadat sy regering in duie stort. Die Suid-Afrikaanse sopraan, Pretty Yende, sing in die herboude Notre Dame-katedraal in Parys.

Monitor 6 Desember 2024
Politieke partye wil meer geld van skenkers hê, maar wil minder sê oor wie geld vir hulle gee. Die Ahmed Kathrada-stigting voel ongemaklik oor die polisie se ondersoek na die dood van twee lede van uMkhonto we Sizwe in 1989. 'n Geraamde toename van 140% in koolstofbelasting kan baie besighede se deure laat sluit. Die Franse president, Emmanuel Macron, sê 'n nuwe eerste minister sal binne dae aangewys word. 'n Onbekende siekte eis 79 lewens in die suide van die DRK.

Monitor 5 Desember 2024
Watter impak sal ’n SAL-vlieënierstaking op jou reisplanne en toerisme hê? Kommer oor die voortslepende hittegolf en gebrek aan reën se invloed op damme en die landboubedryf. Die Franse regering stort ineen nadat die eerste minister uit die kussings gelig is.

Monitor 4 Desember 2024
Suid-Afrika se ekonomie het in die derde kwartaal ingekrimp. Inwoners van Thabazimbi in Limpopo trek vandag hulle kruisies in 'n munisipale tussenverkiesing. Nigerië soek lidmaatskap van BRICS en die G20. Die druk neem toe op Suid-Korea se president, Yoon Suk Yeol, om te bedank nadat hy krygswet afgekondig, en daarna teruggetrek het.