PLAY PODCASTS
Monitor

Monitor

4,322 episodes — Page 8 of 87

Monitor 24 Februarie 2025

'n Kragkenner sê ESKOM kon, en moes, die land vroeër gewaarsku het oor die jongste vlaag beurtkrag. 'n Aansienlike styging in damvlakke ná verlede week se goeie reën. Die verregse party in Duitsland het sy steun byna verdubbel - ons praat met 'n politieke ontleder.

Feb 24, 202549 min

Monitor 21 Februarie 2025

Chaos by van die land se tersiêre instellings bars los weens onsekerheid oor onder meer studente-akkommodasie. Ons praat met 'n ontleder vir sy indrukke oor die eerste dag van die G20-beraad, wat gister in Johannesburg begin het. Die Verenigde Nasies sê dis noodsaaklik dat die Veiligheidsraad beslissende stappe doen om 'n groter streeksoorlog in die ooste van die DRK te voorkom. Die veldtog om die term, kinderpornografie, te vervang met 'n term wat die aanstootlikheid van die misdaad duidelik maak, is weer in die kollig. Die Proteas skop hulle veldtog teen Afghanistan af, by die Kampioenetrofee-toernooi in Pakistan.

Feb 21, 202548 min

Monitor 20 Februarie 2025

Politieke partye reageer op die besluit om die begrotingsrede uit te stel. Ons praat ook met 'n vakbondleier, 'n ekonoom en 'n politieke ontleder hieroor. President Trump verwys na president Zelenski as 'n diktator wat die oorlog met Rusland begin het.

Feb 20, 202547 min

Monitor 19 Februarie 2025

Cosatu sê dis 'n mite dat die staat se salarisrekening te lywig is. Ons bekyk vanmiddag se begrotingsrede van naderby, en vra wat dit jou uit die sak sal jaag. Daar was 'n geringe verbetering wat indiensneming betref. Washington smee nuwe diplomatieke bande met Moskou.

Feb 19, 202547 min

Monitor 18 Februarie 2025

Politieke partye sê wat hulle van môre se begrotingsrede verwag. Nóg baie reën vir groot dele van die land voorspel. Kan Europese leiers vir president Trump oorreed dat hulle belangrik is vir Oekraïne se toekoms?

Feb 18, 202547 min

Monitor 17 Februarie 2025

Skok en onsteltenis ná die sluipmoord op 'n gay imam in Gqeberha in die Oos-Kaap. 'n Vergadering van Khoisan-groepe word in Boksburg gehou om eenheid te bewerkstellig. ‘n Oud-generaal beskryf Suid-Afrikaanse soldate in die DRK as dapper en toegewyd.

Feb 17, 202548 min

Monitor 14 Februarie 2025

President Cyril Ramaphosa lewer repliek op die tweedaagse debat oor die staatsrede. 'n Koalisie van gesondheidswerkers lê 'n plan voor as alternatief vir die Nasionale Gesondheidsversekering-skema. Die stand van jongmense se geestesgesondheid word onder die loep geneem as deel van tienerselfdood-voorkomingsweek.

Feb 14, 202548 min

Monitor 13 Februarie 2025

Ons praat met 'n politieke ontleder oor president Trump se telefoongesprekke met die presidente van Rusland en Oekraïne. SASSA waarsku dat die goue kaarte teen die einde van die maand verval. Op Wêreld Radiodag bespreek ons die gevare van Kunsmatige Intelligensie vir die radiobedryf.

Feb 13, 202547 min

Monitor 12 Februarie 2025

Afriforum verwerp bewerings van hoogverraad, maar wat sê die wet daaroor? Mense uit Suid-Afrika wat vlugtelingstatus wil hê, sal met talle uitdagings te doen hê. 'n Nuwe wêreldklas walvisnavorsingsentrum word vir Hermanus in die Wes-Kaap beplan. Hoe weeg die twee groot kunsmatige intelligensie-toepassings, Deepseek en ChatGPT, teen mekaar op?

Feb 12, 202549 min

Monitor 11 Februarie 2025

Die DA dien hofstukke in om die Onteieningswet ongeldig te laat verklaar. Reaksie op die Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel, wat 'n 25% invoerheffing op staal en aluminium plaas. Die Menseregtekommissie eis dringende ingryping om puttoilette by Oos-Kaapse skole uit te roei. Daar is toenemende gevalle van boeliegedrag by skole.

Feb 11, 202548 min

Monitor 10 Februarie 2025

Die Amerikaanse president, Donald Trump, se buitelandse beleid word 'n groot krisis vir Suid-Afrika. Intussen word Elon Musk se Starlink-stelsel as "van groot waarde" vir Suid-Afrikaners beskryf. Kleinzee in die Noord-Kaap se waterkrisis is dalk onder beheer. Sam Nujoma se lewe as 'n vryheidsvegter word herdenk.

Feb 10, 202550 min

Monitor 7 Februarie 2025

President Cyril Ramaphosa fokus in 'n groot mate op ekonomiese groei in sy staatsrede. Die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, stel ekonomiese sanksies en reisbeperkinge in teen sekere beamptes van die Internasionale Strafhof.

Feb 7, 202550 min

Monitor 6 Februarie 2025

Politieke partye binne en buite die regering van nasionale eenheid sê wat hulle van die staatsrede verwag. Oudpresident Jacob Zuma is in die hof in verband met sy korrupsiesaak. Al hoe meer lande en staatsinstellings verbied die gebruik van DeepSeek. Die Amerikaanse regering se beëindiging van finansiële hulp aan Suid-Afrika, kan die land se stryd teen klimaatsverandering in die wiele ry.

Feb 6, 202548 min

Monitor 5 Februarie 2025

Die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, ontken dat die president sakebelange in die Demokratiese Republiek die Kongo het. Die Landboubedryf gaan Donald Trump se dreigement om toekomstige befondsing aan Suid-Afrika op te skort, fyn dophou. Kundiges in die onderwys en misdaadbestryding deel hulle verwagtinge oor die staatsrede.

Feb 5, 202548 min

Monitor 4 Februarie 2025

Suid-Afrika reageer op die Amerikaanse president se dreigement oor die besnoeiing van fondse aan die land se gesonheidsprogramme. Opposisiepartye verwag nie veel van Donderdag se staatsrede nie. 'n DNS-toets kan dalk help om servikale kanker gouer op te spoor.

Feb 4, 202550 min

Monitor 3 Februarie 2025

Vrystaat Landbou sê boere kan nie die skerp stygings in kragtariewe bekostig nie. 'n Krisis met private studenteverblyf dreig omdat NFSAS nie sy uitstaande skuld aan verskaffers vereffen nie. Onwettige mynbou sal na verwagting onder die vergrootglas wees by die Mynbou Indaba.

Feb 3, 202546 min

Monitor 31 Januarie 2025

Inwoners van Witrivier in Mpumalanga kla oor vuil drinkwater. Die energiereguleerder staan verhogings in kragtariewe toe, wat minder is as wat Eskom versoek het. Die konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo sal vandag in die kollig wees by 'n buitengewone SADEK-beraad.

Jan 31, 202547 min

Monitor 30 Januarie 2025

Die regering verwerp berigte dat soldate in die DRK swak toegerus is. Gesondheidskenners reageer op die VSA se ontrekking van befondsing vir Suid-Afrikaanse programme. Die presidensie sê die kabinetvergadering is nie 'n plek om partypolitieke wasgoed te was nie.

Jan 30, 202547 min

Monitor 29 Januarie 2025

Die president bekragtig die wet op die bewaring en ontwikkeling van landbougrond. Die ANC sê hy sal voortgaan om transformerende wetgewing deur te voer, ongeag teenkanting binne in die regering van nasionale eenheid. Daar is toenemende druk op die weermag om soldate aan die Demokratiese Republiek die Kongo te onttrek.

Jan 29, 202545 min

Monitor 28 Januarie 2025

Die ANC sal na verwagting vandag sê hoe die leierskap in KwaZulu-Natal en Gauteng hersaamgestel sal word. Vrese vir 'n grootskaalse streeksoorlog in die DRK - ons praat met 'n kenner. 'n Polisievrou van die Noord-Kaap tem twee baie gevaarlike slange.

Jan 28, 202549 min

Monitor 27 Januarie 2025

OUTA vra Eskom om die voorgestelde tariefstruktuur vir huishoudings te vereenvoudig. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Unie sê daar is 'n ernstige gebrek aan kommunikasie deur die weermag oor Suid-Afrikaanse soldate se omstandighede in die Demokratiese Republiek die Kongo. Spanning in die Regering van Nasionale Eenheid neem toe nadat die DA 'n dispuut verkjaar oor die bekragtiging van die Onteiningswet.

Jan 27, 202548 min

Monitor 24 Januarie 2025

'n Regskenner verduidelik wat die nuwe Onteieningswet behels. Gesinne van apartheidslagoffers eis R167-miljoen van die regering. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike oor president Donald Trump se week van verreikende beleidsveranderings.

Jan 24, 202543 min

Monitor 23 Januarie 2025

Munisipaliteite in die Vrystaat vermors meer as R3-miljard rand se water in vyf jaar. Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die regering se beplande ondersteuningsfonds vir slegs swart sakeondernemings, is ongrondwetlik.Ons ondersoek die impak van oorvol klaskamers op die welstand van leerlinge en onderwysers.

Jan 23, 202545 min

Monitor 22 Januarie 2025

Tersiêre instellings bars uit hulle nate. Ons praat met 'n kenner oor die groeiende gaping tussen beskikbare plek by universiteite en die reuse aantal studente-aansoeke. Die polisie in die Vrystaat sê Operasie Vala uMgodi behaal groot sukses in die stuit van onwettige mynbou in dié provinsie. Ons vra 'n krimonoloog vir haar insette nadat 'n man onlangs in hegtenis geneem is vir die besit en verspreiding van kinderpornografie. Suid-Afrika het twee jaar nodig om van rommelstatus te herstel, sê die Minister van Finansies by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos. Die MeerKAT-radioteleskoop in die Noord-Kaap illustreer sy uitsonderlike vermoëns met nóg 'n nuwe ontdekking.

Jan 22, 202545 min

Monitor 21 Januarie 2025

Die meerderheid van padsterftes oor die feesseisoen is voetgangers. Die ANC se topbestuur sal Maandag aandui wie tot die party se redding in Kwazulu-Natal en Gauteng sal kom. Donald Trump belowe om die Amerikaanse droom te laat herleef.

Jan 21, 202547 min

Monitor 20 Januarie 2025

Die ANC neem ernstige besluite oor sy uitvoerende komitees in KwaZulu-Natal en Gauteng. Minstens agt mense sterf in twee ongelukke in die Oos-Kaap en Limpopo. President Cyril Ramaphosa lei vandeesweek 'n afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos in Switserland. Amerika se volgende president, Donald Trump, word vandag ingehuldig.

Jan 20, 202549 min

Monitor 17 Januarie 2025

Die vakbond, Naptosa, waarsku dat onderwysers dalk die beroep sal verlaat as druk nie verlig word nie. ‘n Massiewe styging in die vlak van die Vaaldam. Meer as 80 mense dood in Israelse aanvalle sedert die skietstilstandooreenkoms aangekondig is.

Jan 17, 202547 min

Monitor 16 Januarie 2025

Die laaste van die onwettige mynwerkers is na verwagting nou uit die Stilfontein-myn in Noordwes gehaal. Minstens 250 skole in Gauteng word as 'onveilig' beskryf. Action SA is in gesprekke met ander partye gewikkel om 'n teenwig vir die regering van nasionale eenheid te vorm. Suid-Afrika verwelkom die skietstilstand-ooreenkoms tussen Israel en Hamas in Gasa. Die wiele van Suid-Afrika se strafregstelsel kort olie, sê teen-misdaadaktiviste.

Jan 16, 202549 min

Monitor 15 Januarie 2025

120 onwettige mynwerkers en 30 lyke is by 'n mynskag in Stilfontein na die oppervlak gebring. 'n Kenner verduidelik hoe die 2024-matrieks se vooruitsigte op werk lyk. Suid-Korea se president in hegtenis geneem.

Jan 15, 202548 min

Monitor 14 Januarie 2025

Verlede jaar se matrieks kry vanoggend hulle langverwagte uitslae. Die klas van 2024 word gelukgewens met 'n geskiedkundige slaagsyfer van meer as 87%. Die reeks aardbewings in die Noord-Kaap gaan ondersoek word. Dertien mense verdrink in oorstromings in Limpopo.

Jan 14, 202549 min

Monitor 13 Januarie 2025

Kommer oor die groot aantal werklose dokters in die land. Die ANC-president sê die party sal moet hernu, of die risiko loop om te vergaan. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die ANC se verjaarsdagverklaring. Dierebeskermingsorganisasies in Gauteng sê hulle ondervind 'n aansienlike toename in die aantal verdwaalde diere.

Jan 13, 202548 min

Monitor 10 Januarie 2025

Nóg heelwat reën die naweek in die noorde en ooste van die land verwag. 'n Landbou-ekonoom verduidelik die impak van die baie reën op die bedryf. Die jongste oor die vernietigende brande in Los Angeles.

Jan 10, 202547 min

Monitor 9 Januarie 2025

Die Departement van Basiese Onderwys verwelkom 'n hofbeslissing wat toestemming gee vir die publikasie van matriekuitslae in die media. Die parlement sal vanjaar in 'n koepeltent vergader terwyl herbouwerk aan die beskadigde gebou begin. Later vandeesmaand sal ses planete vir 'n skouspel in die hemelruim sorg.

Jan 9, 202548 min

Monitor 8 Januarie 2025

Groot dele van die Noord-Kaap gaan gebuk onder 'n knellende droogte. Die beleerde ANC is vandag 113 jaar oud - ons bespreek die party se uitdagings met 'n politieke wetenskaplike. Heelwat ouers sukkel om kop bo water te hou met skooluitgawes.

Jan 8, 202548 min

Monitor 7 Januarie 2025

Minstens 14 mense sterf in 'n ongeluk op Van Reenenspas in KwaZulu-Natal - sommige media berig dit is 18 mense. Die staalreus, ArcelorMittal, gaan na verwagting sowat 3 500 werknemers afdank. Die hooggeregshof besluit vandag of die matriekuitslae aanstaande week in die koerante gepubliseer mag word. 'n Minimumbelasting van 15% gaan op multinasionale maatskappye in Suid-Afrika gehef word.

Jan 7, 202549 min

Monitor 6 Januarie 2025

Ons berig oor die mini-tornado wat Welkom in die Vrystaat getref het. Verskeie weerwaarskuwings tot en met Vlak 8 geld oor die ooste van die land. Anthony Blinken besoek Suid-Korea.

Jan 6, 202545 min

Monitor 3 Januarie 2025

Ná ’n moratorium van 20 jaar, is die doodstraf vandeesweek amptelik in Zimbabwe afgeskaf. Nog nege lande sluit by die BRICS-groepering aan. Die Rand vertoon sterk - ons praat met 'n ekonoom oor sy verwagtinge en voorspellings vir 2025.

Jan 3, 202550 min

Monitor 2 Januarie 2025

Minstens 34 000 verdagtes word regoor die land vir misdade soos moord en verkragting in hegtenis geneem. Gevalle van Covid19 neem toe. Om by nuwejaarsvoornemens te hou, verg toewyding en deursettingvermoë.

Jan 2, 202549 min

Monitor 1 Januarie 2025

‘n Oorsig van die jaar se politiek en sport, en ons hoor wat die Kaapse Klopse se planne is.

Jan 1, 202548 min

Monitor 31 Desember 2024

Ons kry die jongste nuus oor die onwettige myners op Stilfontein in Noordwes. Gauteng se regering wil diensleweringprestasie onder die loep neem met 'n digitale barometerstelsel. Die toename in mense wat op straat is, word grootliks toegeskryf aan die afgelope jare se toename in armoede en werkloosheid.

Dec 31, 202451 min

Monitor 30 Desember 2024

'n Hiëna gryp 'n driejarige meisie in die Timbavati-natuureservaat. Ysterpenne maak weer hulle verskyning as 'n voertuigkapingstaktiek, dié keer op die N1-snelweg aan die westekant van Johannesburg. Die voormalige Amerikaanse president, Jimmy Carter, sterf in die ouderdom van 100.

Dec 30, 202447 min

Monitor 27 Desember 2024

Die EFF vra die regering en SADEK om in te gryp om die konflik in Mosambiek op te los. Die probleem van haweloses sal nie weggaan nie waarsku welsynsorganisasies. Die herstel van grondregte bly op die politieke agenda.

Dec 27, 202449 min

Monitor 26 Desember 2024

Kommer oor die hoë voorkoms van tienerswangerskappe in KwaZulu-Natal. Die proses om van analoog na digitale uitsaaidienste oor te skakel, is steeds nie afgehandel nie. Rolprenttoerisme is in die kollig.

Dec 26, 202450 min

Monitor 25 Desember 2024

'n Spesiale Kersdag-uitgawe van RSG se vlagskip-nuusaktualiteitsprogram.

Dec 25, 202447 min

Monitor 24 Desember 2024

Rotontlasting word op produkte by sommige groot kettingwinkels in Soweto gevind. In Mosambiek bekragtig die grondwetlike raad Frelimo as die wenner van die afgelope verkiesing. Talle buitelanders word by verskillende grensposte in hegtenis geneem. Ons praat met 'n ontleder oor die jaar se vernaamste politieke gebeure. Springbokkaptein Siya Kolisi wil glo terugkeer na die Stormers.

Dec 24, 202449 min

Monitor 23 Desember 2024

Die waterkrisis op Lichtenburg in Noordwes verdiep. 'n Aardbewing tref die Noord-Kaap. 'n Voormalige Isidingo-kollega bring hulde aan Michelle Botes, wat Saterdag oorlede is.

Dec 23, 202449 min

Monitor 20 Desember 2024

Meer as 500 mense sterf op die land se paaie. Eskom ly 'n verlies van R55-miljard. 'n Span van vyf leerlinge het Antarktika vandeesweek besoek.

Dec 20, 202452 min

Monitor 19 Desember 2024

Vrystaat Landbou sê kommersiële boere staan voor die grootste stryd om oorlewing ooit. Botswana hef die verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse groente op. Die Noordwes-Universiteit se Sakeskool sê beleidsonsekerheid is aan die toeneem.

Dec 19, 202448 min

Monitor 18 Desember 2024

Die regulasies van die BELA-wet, wat die toepassing van die wet sal bepaal, kan volgens kenners jare vat om te skryf. 2024 was 'n jaar van bitter gewapende konflik regoor die wêreld. Talle organisasies voel Suid-Afrika se kiesstelsel moet hervorm word. Meer as 600 pasopgeleide polisiekonstabels word by stasies in KwaZulu-Natal ontplooi.

Dec 18, 202447 min

Monitor 17 Desember 2024

'n Versoek dat die kabinet se besteding ingeperk word. Fedsas sê daar is 'n nypende tekort aan openbare skole in Gauteng en die Wes-Kaap. Die Grondwethof in Suid-Korea moet bepaal of president Yoon Suk Yeol uit dié amp onthef moet word.

Dec 17, 202449 min