PLAY PODCASTS
Monitor

Monitor

4,322 episodes — Page 5 of 87

Monitor 22 September 2025

Vrystaat Landbou vra opnuut dat die polisie aparte misdaadstatistiek oor plaasaanvalle en -moorde moet aanteken. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, deel haar toekomsplanne vir die Goudstad. Brittanje en Kanada erken die bestaan van 'n Palestynse staat.

Sep 22, 202548 min

Monitor 19 September 2025

Watertoevoer is steeds nie herstel nie in Coronationville en Westbury in Johannesburg. OUTA vra die hooggeregshof om die invordering van uitstaande e-tolskuld finaal te beëindig. Vusumuzi "Kat" Matlala se invloed op wetstoepassingsagentskappe is in die kollig by die Madlanga-kommissie.

Sep 19, 202548 min

Monitor 18 September 2025

Die geskorste Minister van Polisie word betrek by 'n Gautengse misdaadsindikaat. Ons praat met 'n politieke ontleder oor gister se plofbare getuienis voor die Madlanga-kommissie. Navorsing wys dat die Regering van Nasionale Eenheid se beloftes min vordering toon. Die Openbare Beskermer versoek om adjunkpresident Paul Mashatile se seuns te ondersoek.heid se beloftes min vordering toon. Die Openbare Beskermer versoek om adjunkpresident Paul Mashatile se seuns te ondersoek.

Sep 18, 202549 min

Monitor 17 September 2025

Die Madlanga-kommissie van ondersoek na kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel begin vandag te midde van intense belangstelling. Solidariteit verklaar 'n geskil met die regering oor werksverliese. die minister van Landbou, John Steenhuisen, se voormalige stafhoof, Roman Cabanac, eis dat hy weer in sy voormalige posisie aangestel word.

Sep 17, 202549 min

Monitor 16 September 2025

Ons praat met 'n voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris oor die voortslepende massaskietery op die Kaapse Vlakte. 'n Kenner ontleed die ANC se diensleweringsomkeerplan. Inflasieverwagtinge is op sy laagste vlak ooit, maar beteken dit 'n rentekoersverlaging?

Sep 16, 202546 min

Monitor 15 September 2025

Bendegeweld eis talle lewens op verskillende plekke in Kaapstad. Inwoners van Sodwana in die noorde van KwaZulu-Natal is bekommerd oor die voortbestaan van die Isimangaliso Unesco-park. Die Oos-Kaap word tot orde geroep oor kinderwanvoeding.

Sep 15, 202550 min

Monitor 12 September 2025

Woedende inwoners in Gauteng stel ’n ultimatum as watertoevoer nie binne 'n week herstel is nie. Verpligte inenting vir leerlinge is onder die vergrootglas. Mans mag nou hulle vroue se van gebruik.

Sep 12, 202549 min

Monitor 11 September 2025

Inwoners van Coronationville en Westbury eis antwoorde van Johannesburg se burgemeester oor die voortslepende waterkrisis. Die Kraaifontein Gemeenskapspolisiëringsforum sê moord is aan die toeneem in dié Kaapse woonbuurt. Die EFF wil hê drankadvertensies moet verbied word.

Sep 11, 202549 min

Monitor 10 September 2025

Die meeste klagtes aan die Menseregte-kommissie handel oor munisipaliteite se swak dienslewering. Pa's se alkoholmisbruik benadeel óók nuutgeborenes se groei en ontwikkeling. ‘n Geringe styging in Suid-Afrika se ekonomiese groei.

Sep 10, 202549 min

Monitor 9 September 2025

Veiligheidsmaatreëls by howe in die Wes-Kaap gaan verskerp word ná talle skietvoorvalle. Lieutenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi sal die eerste getuie voor die Madlanga-kommissie wees. Die Afrikaanse Taalraad sê al hoe minder mense praat Afrikaans. Die Trump-administrasie skort befondsing aan programme op wat teenstrydig is met die Amerika Eerste-standpunt.

Sep 9, 202548 min

Monitor 8 September 2025

Die sluipmoord op Bouwer van Niekerk is 'n aanslag op fluitjieblasers en korrupsievegters. Die Amerikaanse Minister van Gesondheid se omstrede mediese uitsprake ontlok al hoe meer kritiek. Hoe raak dit die mediese wetenskap in Suid-Afrika? Visstropery bedreig 'n Wêrelderfenisgebied in die noorde van KwaZulu-Natal.

Sep 8, 202547 min

Monitor 5 September 2025

Die DA vra die Tesourie om dringend 'n finansiële herstelplan vir die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes op te stel. Debtbusters sê verbruikers steun toenemend op skuld om te oorleef. Is 'n leierskapskrisis by die Nasionale Vervolgingsgesag op hande?

Sep 5, 202547 min

Monitor 4 September 2025

Landbou-organisasies veroordeel president Ramaphosa se heldeverering van grondvergrype in Zimbabwe. Politieke partye ontevrede oor die stadige pas waarteen die Parlement se ad hoc-komitee funksioneer. Simboliseer die eenheid van die presidente van China, Rusland en Noord-Korea 'n nuwe wêreldorde?

Sep 4, 202547 min

Monitor 3 September 2025

Die parlement win 'n regsmening in oor of die ontbinde SA Toerismeraad heraangestel moet word. 'n Dringende ondersoek gevra na vuurwapengeweld op die Kaapse Vlakte. 16 Organisasies is as vriende van die hof toegelaat in 'n saak oor die dekriminalisering van sekswerk. Ons vind uit hoe die Madlanga-kommissie met voorbereidings vorder vir sy eerste sitting.

Sep 3, 202548 min

Monitor 2 September 2025

Byna 6 000 afleggings in twee dae bekendgemaak. Kommer oor hoe professioneel bankbedrog deesdae gepleeg word. Die Vroue-Bokafrigter, Swys de Briun, praat oor hulle Wêreldbekersukses en spankeuses teen Frankryk.

Sep 2, 202546 min

Monitor 1 September 2025

Die SAKP verwerp 'n versoek dat hy as 'n sosialistiese party in die munisipale verkiesing moet staan. 'n Aktivis, Mark Heywood, sê die regering faal in sy plig om honger kinders te ondersteun. Kommer oor 'n toename in gevalle van bors- en servikale kanker in die noorde van Durban. Ons fokus op 'n inisiatief om vroue te leer om vuurwapens veilig te gebruik.

Sep 1, 202548 min

Monitor 29 Augustus 2025

Nersa se fout met die berekening van Eskom se inkomste oor die volgende twee jaar, moet in die hof betwis word, sê 'n energieontleder. 'n Boek oor die vermiste Joshlin Smith ontlok sterk reaksie. Ons praat oor 'n eienaardige komeet wat deur ons sonnestelsel beweeg.

Aug 29, 202548 min

Monitor 28 Augustus 2025

Die Wes-Kaapse regering nader die hof om die geweld tussen strydende taxiverenigings in Kaapstad, te stop. Fedsas sê al hoe meer ouers sukkel om skoolgeld te betaal. Inwoners van Coronationville en Westbury in Johannesburg eis ingryping van die regering in die voortslepende waterkrisis. SASSA gaan verpligte biometriese toetse instel vir alle nuwe aansoekers van toelae.

Aug 28, 202546 min

Monitor 27 Augustus 2025

Nog geen nuwe begindatum is vasgestel vir die Madlanga-kommissie nie. Intussen is die direkteur verantwoordelik hiervoor die trekpas gegee. Die ineenstorting van die Polisiediens belemmer die stryd teen bendegeweld. Die Amerikaanse president, Donald Trump, wil soldate in Chicago ontplooi.

Aug 27, 202545 min

Monitor 26 Augustus 2025

Die polisie ondersoek die skietdood van 'n vermeende bendeleier buite die Mitchell’s Plain-landdroshof op die Kaapse Vlakte. Inwoners van Parys in die Vrystaat is warm onder die kraag oor onbetroubare watervoorsiening. Kommer oor toenemende voorvalle van geweld op skoolgronde. 'n Studie wys daar is steeds 'n tekort aan vroue in die direksies van maatskappye.

Aug 26, 202545 min

Monitor 25 Augustus 2025

Die ANC se steun daal tot onder 30%. Fluitjieblasers word aangemoedig om na vore te kom. Die brandseisoen bereik 'n hoogtepunt in verskeie provinsies.

Aug 25, 202547 min

Monitor 22 Augustus 2025

Daar is te min plek in sommige Wes-Kaapse skole vir voornemende Graad 8-leerlinge. Die Minister van Toerisme is onder skoot oor haar besluit om SA Toerisme se direksie te ontbind. ’n Versoek aan Suid-Afrikaners om aan 'n vyfdag nasionale tydperk van rou en medelye deel te neem. Ons fokus op die Springbokke se plan vir hulle tweede toets teen die Wallabies.

Aug 22, 202546 min

Monitor 21 Augustus 2025

Die twis tussen die Minister van Toerisme, Patricia de Lille, en die raad van SA Toerisme het 'n lang aanloop. Besware teen veranderinge aan die beperkings op skenkings aan politieke partye. Ons praat met die voorsitter van die parlementêre polisiekomitee, Ian Cameron, nadat hy en twee ander DA-lede in Phillippi-Oos in Kaapstad aangeval is.

Aug 21, 202547 min

Monitor 20 Augustus 2025

'n Voormalige direkteur van die Nasionale Loteryeraad moet R21 miljoen terugbetaal. Die Nasionale Dialoog probeer om die sewe stigtings wat vroeër onttrek het, weer aan boord te kry. Die Kremlin steur hom skynbaar nie aan moontlike samesprekings om die oorlog in Oekraïne te beëindig nie.

Aug 20, 202550 min

Monitor 19 Augustus 2025

Die parlement se ad hoc-komitee oor bewerings van korrupsie binne die strafregstelsel sal nog twee dae moet vergader om hulle verwysingsraamwerk af te handel. Rise Mzanzi eis dat die hoof van die Weermag bedank. Vroue praat oor hulle werk by die Nasionale Seereddingsinstituut.

Aug 19, 202548 min

Monitor 18 Augustus 2025

Uiteenlopende menings oor die naweek se Nasionale Konvensie. Ons praat met Oudspringbok Wynand Claasen oor die Bokke se nagmerrievertoning. 'n Plaaslike aksie-fliek met 'n vroueheld in Vrouemaand vrygestel.

Aug 18, 202548 min

Monitor 15 Augustus 2025

Die soektog na 'n vermiste vlieënier in Durban word vanoggend voortgesit. Talle nie-regeringorganisasies sal die Nasionale Dialoog in Pretoria bywoon. Die ad hoc-komitee van die Parlement, wat bewerings van politieke inmenging en korrupsie in die polisie sal ondersoek, oorweeg 'n robuuste verwysingsraamwerk.

Aug 15, 202548 min

Monitor 14 Augustus 2025

'n Staatsgetuie in die Joshlin Smith-saak word van vervolging gevrywaar. Die lang wag in 'n tou vir jou ID-dokument of paspoort is binnekort iets van die verlede. Onderwyskundiges is bekommerd oor die druk op leerlinge om eerder Wiskunde Geletterdheid as suiwer Wiskunde te neem.

Aug 14, 202548 min

Monitor 13 Augustus 2025

Suid-Afrika gaan die diversifisering van uitvoermarkte bespoedig. 8,4 Miljoen Suid-Afrikaners is nou werkloos. Uitspraak word verwag in die Joshlin Smith-staatsgetuie, Lourentia Lombaard, se aansoek om haar van vervolging te vrywaar. OUTA moedig besighede en huishoudings aan om vir tyd en wyl nie hulle sonkragstelsels by Eskom te registreer nie.

Aug 13, 202547 min

Monitor 12 Augustus 2025

Vrese oor die storting van kernafval in die Noord-Kaap. Die soldate wat in die DRK ontplooi was, wag steeds op vergoeding. Ons praat met Operasie Dudula se voorsitter oor dié beweging se optrede teen buitelanders.

Aug 12, 202549 min

Monitor 11 Augustrus 2025

Die Presidensie sê die eerste byeenkoms van die Nasionale Dialoog sal Vrydag plaasvind, ondanks sewe stigtings se ontrekking aan die voorbereidingstaakspan. Omgewingsaktiviste is gekant teen 'n tweede kernkragaanleg in die Wes-Kaap. Sakeliga eis nasionale ingryping by die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes.

Aug 11, 202549 min

Monitor 8 Augustus 2025

Nóg 'n kind wreed aangerand. Ons bespreek die omstrede podsending wat aanstootlike opmerkings teenoor Bruinmense gemaak het. Ons praat met 'n onderwyskenner oor die nuwe BELA-regulasies wat pas in die staatskoerant gepubliseer is vir openbare kommentaar.

Aug 8, 202549 min

Monitor 7 Augustus 2025

Die geskorste bestuurshoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust is nog dieper in die sop nadat sy glo 'n joernalis probeer omkoop. Die ANC gaan sy RNE-vennote raadpleeg oor die beplande uitbreiding van dié koalisie. Die polisiehoofde van Lesotho en Suid-Afrika onderneem om verdere ondersoek in te stel na beweerde onwettige militêre kampe op Vrystaatse plase.

Aug 7, 202548 min

Monitor 6 Augustus 2025

Opposisiepartye betreur die verkiesing van 'n ANC-parlementslid as voorsitter van die Mkhwanazi ad hoc-komitee. 'n Verbod op wapens kelder Amerikaanse deelname aan 'n militêre oefening in Suid-Afrika. Die departement van Binnelandse Sake reik 'n identiteitsdokument aan 'n staatslose persoon uit ná groot druk van 'n oudregter.

Aug 6, 202549 min

Monitor 5 Augustus 2025

Die regering voorspel dat 30 000 werksgeleetnhede in gedrang is weens Amerika se nuwe invoertariewe. Die ANC sê hy is bekommerd oor die SAKP se besluit om onafhanklik aan die munisipale verkiesing deel te neem. Die Newclare-gemeenskap eis dat borgtog geweier word aan die beskuldigdes wat 'n kleuter aangemoedig het om 'n dwelmmiddel te rook. En die tweede fase van die Aarto-wetgewing tree op 1 Desember in werking.

Aug 5, 202547 min

Monitor 4 Augustus 2025

Die ANC is bekommerd oor die SAKP se besluit om onder sy eie vaandel aan volgende jaar se munisipale verkiesings deel te neem. Die polisie in Gauteng slaan toe op misdaadsindikate in twee provinsies. Die stadsaal in Kaapstad se kloktoring is na 15 jaar weer herstel.

Aug 4, 202547 min

Monitor 1 Augustus 2025

Amerika se nuwe handelstarief tree amptelik in werking - ons praat met die wynbedryf wat sê hulle gaan swaar getref word. Die Reserwebank voorspel dat die gemiddelde inflasiekoers teen 2027 op 3% sal staan. Die parlement se etiekkomitee beboet adjunkpresident Paul Mashatile vir sy versuim om 'n diamant van Louis Liebenberg te verklaar.

Aug 1, 202549 min

Monitor 31 Julie 2025

Werknemers van die studentehulpskema, NSFAS, praat oor hulle griewe voor die deure van die parlement. Die Konstitusionele Hof hoor dat dit onwettig van president Cyril Ramaphosa was om polisieminister Senzo Mchunu op verlof te plaas. Die spertyd vir die implementering van tariewe deur Amerika kom al hoe nader. Die groot tsoenami-waarskuwing in die Stille Oseaan word op baie plekke gekanselleer. Navorsers is bekommerd oor die talle gryskopalbatrosse wat op Marion-eiland neerstort.

Jul 31, 202547 min

Monitor 30 Julie 2025

Minister Dean Macpherson vra die Valke om in te gryp by ongerymdhede van R800-miljoen by die Onafhanklike Ontwikkelingstrust. Adjunkpresident Paul Mashatile is in die kollig nadat hy eiendom van byna R66-miljoen verklaar. Bied Suid-Afrika genoeg aan die VSA om op 1 Augustus 'n 30%-handelstarief af te weer?

Jul 30, 202547 min

Monitor 29 Julie 2025

Die Madlanga-kommissie van ondersoek na kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel se eerste mediakonferensie word verwelkom. Verskeie munisipaliteite in die Vrystaat word deur onreëlmatighede gekenmerk. 'n Konferensie begin in New York oor ’n tweestaat-oplossing vir die Palestyne en Israel.

Jul 29, 202548 min

Monitor 28 Julie 2025

Vrystaat Landbou reageer op gerugte dat Lesotho-burgers grond naby die grens wil gryp. Noodvoorraad word ná maande uiteindelik na Gasa deurgelaat. Boland skok die Cheetahs.

Jul 28, 202548 min

Monitor 25 Julie 2025

Afslaers sê daar kleef 'n stigma aan die Gupta-huise in Johannesburg, want net een van drie eiendomme is gister verkoop. Hoe groot is die druk van binne die ANC om van die DA as 'n RNE-vennoot ontslae te raak? 'n Kenner sê moontlike sanksies teen ANC-politici sal nie noodwendig alle Suid-Afrikaners benadeel nie. Nadat die enkele Knysna-olifant in die Tuinroetestreek van die Wes-Kaap onlangs waargeneem is, vra SANParke die publiek om nié die ligging van die dier bekend te maak nie.

Jul 25, 202547 min

Monitor 24 Julie 2025

Die Toedelingswetsontwerp word in die Nasionale Vergadering goedgekeur. Die Wes-Kaapse landbousektor wag in spanning op die 30%-tarief wat op 1 Augustus deur die VSA ingestel word. Ons praat hieroor met die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap. Die VSA is 'n tree nader om sanksies teen die ANC-leierskap in te stel.

Jul 24, 202548 min

Monitor 23 Julie 2025

Die MK-party dien 'n mosie van wantroue in teen president Cyril Ramaphosa. Die Nasionale Vergadering moet besluit oor die stigting van ’n ad hoc-komitee om Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings te ondersoek. Inwoners van Welverdiend in Gauteng is al amper vier weke sonder krag. 'n Peiling wys Suid-Afrikaners stres minder oor hulle finansies as twee jaar gelede.

Jul 23, 202548 min

Monitor 22 Julie 2025

Reaksie op die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding se afdanking. Wie is die nuwe minister, Buti Manamela? Die seëvierende Junior Bokke trots terugverwelkom. Vandag, op Wêreld Breindag, is die vinnige toename in demensie-gevalle onder die soeklig. Ons praat met 'n neuroloog.

Jul 22, 202550 min

Monitor 21 Julie 2025

Flysafair-vlieëniers verbonde aan die vakbond, Solidariteit, begin vandag met 'n tweeweeklange staking. Die regering onderneem om die nodige hervormings in te stel om soortgelyke tragedies soos die George-gebouramp, te voorkom. Leefstyloudits op senior staatsamptenare is in die kollig. Japan se regerende party verloor sy meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers.

Jul 21, 202548 min

Monitor 18 Julie 2025

FlySafair tref voorsorgmaatreels ter voorbereiding van 'n dreigende staking deur vlieëniers. Ons praat met die medevoorsitter van die groep van vooraanstaande persone, dr. Roelf Meyer, wat die Nasionale Dialoog sal lei. Op Mandela-dag praat ons oor leierskap, spesifiek verantwoordelike leierskap, of die gebrek daaraan.

Jul 18, 202549 min

Monitor 17 Julie 2025

Die SAUK se nuusdiens is vandag 75 jaar oud. Joernaliste wat oor die jare by Monitor gewerk het, vertel hulle staaltjies. Hoe het die medialandskap - en spesifiek die SAUK - die afgelope 75 jaar verander?

Jul 17, 202549 min

Monitor 16 Julie 2025

Die inkomende waarnemende minister van polisie, professor Firoz Cachalia, sê hy is opgewasse vir die taak. Die OVK se verslag oor 2024 se algemene verkiesing is onder die vergrootglas. Bitcoin groei sterk terwyl Amerikaanse wetmakers nuwe kriptowetgewing oorweeg. Kry Suid-Afrikaners waarde uit die sektorale onderwys- en opleidingsowerhede? President Donald Trump las 'n ondersoek na onbillike handelspraktyke deur Brasilië.

Jul 16, 202548 min

Monitor 15 Julie 2025

Gemengde reaksie op die kommissie van ondersoek wat bewerings van korrupsie in die polisiediens sal ondersoek, en ander optrede wat deur die president aangekondig is. Vissers langs die Weskus is ongelukkig oor visvangregte. President Donald Trump stel 'n ultimatum aan Rusland.

Jul 15, 202549 min