
Monitor
4,363 episodes — Page 4 of 88

Monitor 27 Januarie 2026
Goeie nuus wink vir motoriste by die brandstofpomp. Die voortslepende kragonderbreking in Gqeberha ontwrig onderrig by skole. Finansiële instellings word gemaan dat daar teen hulle opgetree sal word indien hulle nie aan nuwe kubersekuriteitvereistes voldoen nie. Die F.W. de Klerk Stigting steun 'n versoek om die misdaadkrisis op die Kaapse Vlakte tot 'n provinsiale ramp te verklaar.

Monitor 26 Januarie 2026
Vrae oor die weermag se beplande makietie van R370 miljoen. Terwyl universiteite net 'n fraksie van matrieks kan aanvaar, vra die motorbedryf dat matrikulante dié bedryf, waar personeeltekorte heers, oorweeg. Die DBV op Kariega sal dalk sy deure moet sluit.

Monitor 23 Januarie 2026
'n Voorstel dat die leefstyl van staatsaanklaers ge-oudit word. Die staat glo hy het 'n sterk saak teen die taxibestuurder in die noodlottige skoolvervoerbotsing naby Vanderbiljpark. Voornemende studente word aangeraai om te verifieer dat kolleges geakkrediteer is voor hulle aansoek doen. Ons ontleed die uitslag van die onlangse tussenverkiesings.

Monitor 22 Januarie 2026
President Trump se aanslag is sagter teenoor Europa by Davos. Vrystaat Landbou sê die staatsmonopolie oor die bek-en-klouseer-krisis moet opgeskort word. Die Wes-Kaapse regering maak desperate planne om Dag Zero oor 'n week in Knysna af te weer.

Monitor 21 Januarie 2026
Gautengse munisipaliteite word gemaan om hulle waterverbruik met 40% te verminder. Kabinets- en parlementslede kry 'n salarisverhoging hoër as inflasie. 'n Megaboer in die Vrystaat, Nick Serfontein, gee sy insig oor die bek-en-klouseer-krisis.

Monitor 20 Januarie 2026
Die dodetal in gister se gru-ongeluk by Vanderbijlpark styg tot 14. Die spanning tussen die VSA en Europa neem toe oor Groenland. SASSA waarsku dat toelaes vir asielsoekers en vlugtelinge fopnuus is.

Monitor 19 Januarie 2026
Die oorstromings in vyf provinsies word tot 'n nasionale ramp verklaar. Die minister van verdediging las 'n ondersoek na Iran se deelname aan 'n BRICS-vlootoefening. Die Afrika Unie verwelkom die herverkiesing van Yoweri Museveni as die president van Uganda.

Monitor 16 Janaurie 2026
Dele in die noordooste van die land het vandeesweek reeds meer as 500 millimeter reën ontvang, met 'n Rooi Vlak 10-waarskuwing dat nóg swaar reën gaan val. Meer as 1 400 padsterftes oor die feestyd laat die vraag ontstaan: Hoe takel ons wetteloosheid op die paaie? SMS- en WhatsApp-bedrog is steeds die foefie van voorkeur – ‘n kenner vertel waarvoor jy op die uitkyk moet wees.

Monitor 15 Januarie 2026
Reaksie op die minister van landbou se plan om bek-en-klouseer teen 2036 uit te roei. Sal die Kwazulu-Natalse polisiehoof, Nhlanhla Mkhwanazi se kontrak hernu word? Ons praat met ‘n polisiekenner. Duisende matrieks het met universiteitsvrystelling geslaag, maar plek in universiteite is beperk.

Monitor 14 Januarie 2026
Ons bespreek skole se uitdagings in 2026 met twee onderwyskenners. Bye in dele van die Wes- en Oos-Kaap moet nou gevoer word, weens brandskade. Ons praat met Suid-Afrika se matriek-toppresteerder, Abigail Kok van George.

Monitor 13 Januarie 2026
Die matriekklas van 2025 behaal die hoogste slaagsyfer ooit. 'n Effense daling in die matriekslaagsyfer van die Onafhanklike Eksamenraad. Ons praat met 'n paar uitblinkers van die 2025-matriekgroep. Die parlementêre ad hoc-komitee wil 'n aantal hoëprofiel getuies roep om oor polisiekorrupsie te getuig.

Monitor 12 Januarie 2026
'n Oranje Vlak 9-waarskuwing vir aanhoudende swaar reën in die verre noordooste van die land. Berigte van hewige bloedvergieting in Iran, met ‘n dreigement van Amerika dat hulle sal inspring. Kritiek op Suid-Afrika se vlootoefening in Simonstad saam met Iran en Rusland.

Monitor 9 Januarie 2026
Die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap waarsku inwoners van die Zwartenbosch-gebied om hulle huise onmiddellik te ontruim weens onbeheerde brande. Die hof se tersydestelling van 'n tender vir 'n nuwe rybewys-kaartmasjien, word verwelkom. Die dreigement van 'n komende oorlog in Europa word ernstig deur regerings opgeneem.

Monitor 8 Januarie 2026
Hoe sal die VSA se oorname van Groenland die geopolitiek verander? Brande in die Mosselbaai-omgewing veroorsaak groot skade. Die EFF versoek dat studenteskuld afgeskryf word - OUTA reageer op dié voorstel.

Monitor 7 Januarie 2026
Daar moet nog plek gevind word vir sowat 5 000 graad 1- en 8-leerders by skole in Gauteng. 'n Twis oor Suid-Afrika se beleid oor Amerika se aanval op Venezuela ontwikkel tussen die ANC en die Vryheidsfront Plus. Dele van Johannesburg sit sonder water weens herstelwerk wat gedoen word.

Monitor 6 Januarie 2026
Suid-Afrika veroordeel die VSA se optrede in Venezuela - ons praat met 'n politieke ontleder. Gift of the Givers help met watervoorsiening in die Klein Karoo. 'n Groot daling in brandstofpryse om middernag, maar ekonome is bekommerd oor die sterk rand se impak op uitvoere.

Monitor 5 Januarie 2025
Die Verenigde Nasies hou vandag 'n noodvergadering oor Amerika se aanval op Venezuela. Brandstofpryse daal vandeesweek. Twintigduisend mense word by die Kaapse karnaval in Groenpunt verwag.

Monitor 2 Januarie 2025
Met verkiesings op hande, is politieke partye dit eens dat 2026 'n beslissende jaar vir demokratiese toesig en plaaslike regering in Suid-Afrika sal wees. Nooddienste in Nelson Mandelabaai is op hoë gereedheid te midde van die voortslepende brandgevare. Uitspraak in die Phala Phala-saak wat reeds in November 2024 aangehoor is, word steeds voorbehou.

Monitor 1 Januarie 2026
President Cyril Ramaphosa lewer sy Nuwejaarsboodskap aan die land. Suid-Afrika se begrotingstekort styg met meer as R14 miljard - ons praat met ’n ekonoom. Die drama oor die Tweedenuwejaar-Klopseparade in Kaapstad verdiep.

Monitor 31 Desember 2025
Die ANC het vanjaar 'n reeks wysigings aan sy grondwet voorgestel - ons sit dit uit een. Die Madlanga-kommissie hervat weer in Januarie - ons neem die getuienis tot dusver in oënskou. Die nuwe jaar is om die draai en die land se paaie gaan weer besig raak - ons praat met die verkeersowerhede.

Monitor 30 Desember 2025
Moontlike brandstofprysverligting vir motoriste in die nuwe jaar. Vakbonde is onsteld oor die groot getal onderwysers wat glo betrokke is by die jongste matriekbedrog. Bafana Bafana het die uitklopfase van AFCON bereik - waar kan ‘n verdere verbetering in spelpeil vandaan kom?

Monitor 29 Desember 2025
Die polisie in Gauteng soek steeds na ‘n groep gewapende transitorowers ná Saterdag se geweldadige tonele in Thokoza. Klopjagte in die Wes-Kaap lei tot die inhegtenisneming van minstens drie verdagtes in verband met bendegeweld op die Kaapse Vlakte. Rusland loods 'n rits nuwe aanvalle op Oekraïne se hoofstad kort voor gesprekke tussen die Amerikaanse president en die president van Oekraïne.

Monitor 26 Desember 2025
Gautengse gesondheidsowerhede is bekommerd oor die getal tiener-ma's in die provinsie. Die feesseisoen is 'n bitter herinnering van verlies vir slagoffers van bendegeweld in die Wes-Kaap. Verkeersvolumes begin van vandag af weer toeneem. Ons praat met die onderskeie verkeersowerhede.

Monitor 25 Desember 2025
Die nuusstorie wat vanjaar meer as enige ander op ons sosiale media-platforms afgelaai is, is die storie van die wegraping: die dag toe die musikant en prediker, Danie Botha, aan die wêreld verkondig het dat hy 'n boodskap ontvang het dat die wêreld teen 24 September 2025 sou vergaan. Ons hoor of Botha weer die Woord op dié manier sal verkondig. Ons bring ook vir jou stories oor spesiale kerstradisies vanoor regoor die wêreld en uit Suid-Afrika, spesiale kersdisse, wat mense se kersherinneringe is, hoekom kersfilms soveel heimweë uitlok, en wat die kleingoed in hulle kerskouse wil hê.

Monitor 24 Desember 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile beloof in sy Kersboodskap dat ekonomiese herstel in 2026 ‘n regeringsprioriteit sal wees. Gee die kabinet werklik uitvoering aan die Grondwet se opdrag om die lewensgehalte van alle burgers te verbeter? UNISA kap terug ná bewerings dat die universiteit se raad gekaap is.

Monitor 23 Desember 2025
'n Terugblik oor die mynboutragedie in Stilfontein in Noordwes vroeër vanjaar, terwyl die onwettige mynboukrisis in Bapong ontvou. Dierewelsynsorganisasies sien 'n toename in weggooitroeteldiere tydens die feesgety. Die jongste nuus na nóg oorstromings in KwaZulu-Natal.

Monitor 22 Desember 2025
Die motief vir die Bekkersdal-slagting waarin 9 mense doodgeskiet is, steeds onbekend. Nuwe navorsing wys dat laerskoolleerlinge wat grade herhaal, beter presteer as dié wat na 'n volgende graad bevorder word. Die MK-party het die afgelope twee jaar vriend en vyand verras, maar waarheen nou?

Monitor 19 Desember 2025
'n Klopjag word op die gebou uitgevoer waar DJ Warras doodgeskiet is. Die Tuinroete ervaar 'n ernstige droogte. Die Weerdiens waarsku oor weersomstandighede vir die volgende twee maande.

Monitor 18 Desember 2025
Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur wil nalatigheid in die konstruksiebedryf strafregtelik vervolg ná die ineenstorting van ‘n Hindoe-tempel by Verulam. Ons ontleed die Wes-Kaap se jongste misdaadsyfers. Teenstrydige berigte oor wat tydens 'n klopjag by 'n Amerikaanse vlugtelingsentrum in Johannesburg gebeur het.

Monitor 17 Desember 2025
Talle mense is geskok oor die moord op die vermaaklikheidster, DJ Warras. Die presidensie sê hulle sal 'n Starlink-proses ondersteun, mits dit wettig is. 213 Ongelukke is sedert die begin van die feestyd aangemeld.

Monitor 16 Desember 2025
Die premier van KwaZulu-Natal oorleef 'n wantrouemosie te midde van chaos in die wetgewer. Hoe versoen is Suid-Afrikaners? Wyle dr. Franklin Sonn vereer.

Monitor 15 Desember 2025
Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê die regering het begin om met die boubedryf oor voldoening aan regulasies te praat nadat 'n tempel in Durban ineengestort het. Afriforum se bewering dat ten minste twee joernaliste deur die regering betaal word om die burgerregte-organisasie te diskretiteer, laat die wenkbroue lig. Die SAKP is onseker oor sy alliansie met die ANC. Australië se eerste minister Anthony Albanese sê sy regering sal alles doen wat nodig is om antisemitisme uit te roei ná die skietaanval op Bondi Beach in Sydney.

Monitor 12 Desember 2025
Die Spesiale Ondersoekeenheid voer klopjagte uit op 16 maatskappye en 35 mense vir beweerde bedrog van R161 miljoen. 'n Taakspan ondersoek uitgelekte eksamenvraestelle. Die ANC-president sê die party sal weer onstuitbaar word.

Monitor 11 Desember 2025
Die familie van 'n vermoorde Brakpan-man eis geregtigheid ná onthullings by die Madlanga-kommissie. Meer as 80% van die rioolsuiweringsaanlegte in die land stort besoedelde water direk in riviere en damme. Hoe lyk Australië ‘n dag nadat alle kinders onder 16 jaar oud verban is om toegang te hê tot sosiale media.

Monitor 10 Desember 2025
Die ANC-president vra partylede om nie-rassige beleid in Suid-Afrika, te bevorder. Onderhoude vir die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag begin vandag. Die Kannaland-munisipaliteit in die Wes-Kaap is op die rand van finansiële ineenstorting.

Monitor 9 Desember 2025
Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula skets 'n donker prentjie van die party. Die polisie identifiseer drie mense van belang in die ondersoek na die moord op die fluitjieblaser, Marius van der Merwe. Die amptelike brandseisoen in die Wes-Kaap het begin - brandbestryders het reeds op 92 brande in die provinsie gereageer.

Monitor 8 Desember 2025
Die ANC gaan sy vernuwingsveldtog by sy hoofraadsvergadering in oënskou neem. Die veiligheid van fluitjieblasers is onder die vergrootglas ná die moord op Getuie D by die Madlanga-kommissie. Minder as 30% van Suid-Afrikaanse soldate is gesond genoeg om ontplooi te word. Fedsas is bekommerd dat die Menseregtekommissie traag is om klagtes in die onderwyssektor te ondersoek.

Monitor 5 Desember 2025
Gauteng se onderwysdepartement sê ouers moet deels die blaam dra vir die skoleplasingskrisis. Kommer oor skietvoorvalle buite howe in die Kaapse-metro. Die vernuwing van die ANC in Johannesburg is hoog op die agenda by sy streekskonferensie. Eskom beplan om nog 'n kernkragsentrale op te rig.

Monitor 4 Desember 2025
Die soektog na die tweede verdagte in die Baltimore-plaasmoord gaan voort, terwyl die eerste verdagte vandag weer in die hof sal verskyn. Suid-Afrika se wapenverkope aan die Verenigde Arabiese Emirate word as 'n gebrek aan behoorlike oorsig gesien. Nóg 'n parlementêre komitee word in die lewe geroep, dié keer op provinsiale vlak, teen bendegeweld in Kaapstad.

Monitor 3 Desember 2025
Die ANC ontken 'n komplot om sy president te verwyder. Eben Etsebeth sal nog moet wag om te hoor wat sy straf is. Op Wêrelddag vir Mense met Gestremdhede praat ons oor die uitdagings.

Monitor 2 Desember 2025
Inwoners van woonbuurte soos Westbury, Newclare en Bosmont in Gauteng betoog teen bendegeweld. Die parlement, op aandrang van die EFF, gaan 'n ondersoek na bendegeweld in Kaapstad begin. Ons praat oor kommunikasie tussen mense wat verskillende tale praat.

Monitor 1 Desember 2025
Matrieks se 30 persent-slaagsyfer weer in die kollig. 'n Tropiese en ekstra-tropiese weerstelsel beïnvloed die land - 'n weerkundige verduidelik wat ons kan verwag. 'n Skerp toename in die dieselprys Woensdag.

Monitor 28 November 2025
'n Neurochirurg by Tukkies ontwikkel 'n manier om kinderbreinsiektes beter te diagnoseer en bestuur. Kommer oor die verspreiding van al hoe meer waninligting, en die invloed wat dit op demokrasie het. ‘n Ekonoom waarsku teen Swart Vrydag.

Monitor 27 November 2025
Parlementslede wil die voormalige bestuurshoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, agter tralies sien. President Cyril Ramaphosa gaan weens beweerde etiekoortredings ondersoek word. Die omstrede sakeman, Vusimuzi Cat Matlala, begin met sy getuienis oor polisiekorrupsie voor die parlement se ad hoc-komitee.

Monitor 26 November 2025
Cat Matlala se regspan slaag nie daarin om sy getuienis vandag voor die parlementêre ad hoc-komitee uit te stel nie. Die G20-presidentskap word stil-stil aan die VSA oorhandig. Hoe haalbaar is versoeke dat leefstyloudits op senior polisielede gedoen word?

Monitor 25 November 2025
Die korrupsiesaak teen 'n lid van die Valke en ’n Tembisahospitaal-beampte word tot volgende week uitgestel. Die Konstitusionele Hof sal vandag begin besin oor die afdwingbaarheid van die Menseregtekommissie se besluite. Die Tafelberg Nasionale Park skenk aandag aan die veiligheid van besoekers.

Monitor 24 November 2025
Die G20-beraad wat in Johannesburg plaasgevind het, word as 'n sukses beskryf. 'n Twis tussen die DA-leier, John Steenhuisen, en voormalige minister Dion George, kan Steenhuisen se loopbaan kortknip. Geen plan teen fossielbrandstof word by die COP30-gesprekke in Brasilië aanvaar nie.

Monitor 21 November 2025
Die Noordwes-sakeman, Brown Mogotsi, se getuienis voor die Madlanga-kommissie word weer betwis. 'n Daling in die repokoers word verwelkom. Die Withuis onderspeel Amerika se teenwoordigheid by die G20-beraad.

Monitor 20 November 2025
Presies hóé klink die waarheid? Getuienisleiers by die Madlanga kommissie vra of Brown Mogotsi homself in 'n hoek verf. Omgewingsbewaringsgroepe skryf 'n ope brief aan president Cyril Ramaphosa oor die gebrek aan Suid-Afrika se verteenwoordiging by COP30, en Gautengse maatskappye wat pantservoertuie verhuur, kan nie byhou met die aanvraag te midde van die G20-beraad nie.

Monitor 19 November 2025
Die Demokratiese Alliansie in George in die Wes-Kaap het 'n nuwe veelparty-koalisie-ooreenkoms aangegaan, wat hul leierskap in de raad verseker. Misdaad op die N2 in die Wes-Kaap is weer onder die vergrootglas, en die Ekurhuleni metro begin 'n ondersoek teen korrupsie.