
Monitor
4,322 episodes — Page 2 of 87
Monitor 20 April 2026
Monitor 17 April 2026
Monitor 16 April 2026
Monitor 15 April 2026
Monitor 14 April 2026
Monitor 13 April 2026
Monitor 10 April 2026
Monitor 9 April 2026
Monitor 8 April 2026
Monitor 7 April 2026
Monitor 6 April 2026

Monitor 3 April 2026
Die kabinet sê hy is “gewalg” deur die onlangse kroning van 'n Nigeriese koning in KuGompo in die Oos-Kaap. Ons praat oor vragvervoerkoste wat na verwagting skerp sal styg. 500 Mense is reeds aan die begin van die Paasnaweek vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Monitor 2 April 2026
'n Belangrike strafsaak teen die taximafia kan 'n draaipunt in die stryd teen hierdie soort georganiseerde misdaad wees. Die premier van Gauteng maak veranderinge aan sy provinsiale kabinet, wat lei tot ‘n heel eerste kabinetspos vir die EFF. Die JSE skort handel op in effekte van Johannesburg.

Monitor 1 April 2026
Verbruikers word gedeeltelik teen hoë brandstofprysstygings verskans, maar nie almal glo dit is 'n goeie ding nie. Nuwe regulasies oor tienerswangerskappe word gepubliseer. Ons praat oor die tragiese geval van 'n skoolmeisie wat deur 'n dwaalkoeël gedood is, en die gesloer om geregtigheid vir haar familie te kry.

Monitor 31 Maart 2026
Suid-Afrikaners hoop die regering gryp in teen skerp brandstofprysverhogings. Gemoedere loop hoog onder Suid-Afrikaners by 'n optog teen die kroning van die Nigeriese koning in KuGompo-stad, of Oos-Londen. Ons praat met 'n ontleder oor die WVK-hofuitspraak teen twee oud-presidente.

Monitor 30 Maart 2026
ActionSA wil sy voetspoor in die Wes-Kaap vergroot onder die leiding van Dereleen James. Twee ANC-kieskonferensies verkies nuwe leierskap te midde van hofstryde. Nog 'n termyn vir die KZN-polisiehoof, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi.

Monitor 27 Maart 2026
Die ouditeur-generaal waarsku dat swak finansiële bestuur in staatsdepartemente en entiteite 'n groot risiko inhou vir die volhoubaarheid van die nasionale fiskus. Die repokoers is vir eers onveranderd gelaat. 'n Versoek dat die nasionale polisiekommisaris, Fannie Masemola, voorlopig geskors word.

Monitor 26 Maart 2026
Die nasionale polisiekommisaris, generaal Fannie Masemola, word gedagvaar om in die hof te verskyn. Die beskuldigde in die Getuie-D-moordsaak pleit onskuldig, en die saak word tot Mei uitgestel. Belanghebbendes maak voorstelle oor hoe om volgende week se verwagte brandstofstygings te versag.

Monitor 25 Maart 2026
Die DA slaan vure dood oor salarisaanvullings wat die party aan sekere leiers betaal. Afriforum en die ANC se sekretarisgeneraal is in ‘n reuse stryd gewikkel oor die sogenaamde Mbalula dossier en moontlike vervolging. Die oorlog in die Midde-Ooste kan die invoer van bek-en-klouseerentstof vertraag. Die Reserwebank se besluit oor rentekoerse sal deur hoë oliepryse beïnvloed word.

Monitor 24 Maart 2026
Die voormalige apartheidspolisieman, Eugene de Kock, getuig by die Cradock Vier-nadoodse ondersoek. Omgewingsaktiviste begin 'n hofaksie teen Total-Energies se olie-eksplorasie aan die Weskus. Die dood van vyf mynwerkers laat letsels op die inwoners van Kimberley.

Monitor 23 Maart 2026
Die oorskot van nog twee mynwerkers van die Ekapa-myn is na die oppervlak gebring. Die Brandstofbedryf-vereniging van Suid-Afrika waarsku motoriste teen paniekaankope. Mediasie het misluk, en nou gaan die bek-en-klouseer-entstofsaak Hooggeregshof toe.

Monitor 20 Maart 2026
Die PAC sê die skending van Robert Sobukwe se graf in Graaff-Reinet is politieke uittarting. Kommer oor die toenemende gebruik van Kunsmatige Intelligensie in hoër onderwys. Ons praat met 'n intelligensiekenner oor moontlike Iranese vergeldingsaanvalle op die VSA en die EU.

Monitor 19 Maart 2026
Suid-Afrika is op soek na bykomende brandstofverskaffers, te midde van kommer oor die land se oliereserwes. Die Tesourie ondersoek die moontlikheid om pensioenfondslede toegang tot hulle aftreepot te gee. 'n Oos-Kaapse melkboer pleit in 'n ope brief aan die minister van landbou, dat entstof teen bek-en-klouseer boere vinniger moet bereik.

Monitor 18 Maart 2026
Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, staan by sy getuienis oor die ontbinding van die taakspan oor politieke moorde. Die president beplan om 'n Nasionale Vervoerraad te stig. Amerika las 'n Artikel 301 ondersoek om te bepaal of Suid-Afrika en ander lande hulle skuldig maak aan diskriminerende praktyke.

Monitor 17 Maart 2026
Die staat gaan borgtog teenstaan van 'n verdagte in die moord op Getuie D. Inwoners van Johannesburg is warm onder die kraag oor vullis wat nie verwyder word nie. 'n Petisie is begin teen die hoeveelheid huiswerk wat leerlinge kry.

Monitor 16 Maart 2026
Die Weermag en Polisie gee meer besonderhede oor die ontplooiing van soldate in verskeie provinsies. Munisipaliteite begin die moeilike proses om elektrisiteitstariefverhogings te regverdig, bo en behalwe Eskom se nege-persent verhoging. Sowat 40% van die bevolking woon op plekke waar lugbesoedeling ernstige gesondheidsrisiko's inhou. Die Blitsbokke wen wéér die wêreldreeks!

Monitor 13 Maart 2026
Die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Andy Mothibi, sê hy sal op die bekamping van georganiseerde misdaad en geslagsgebaseerde geweld fokus. Daar word berig dat boere reeds inperkings op diesel in die gesig staar as gevolg van die oorlog in Iran. 'n Kunsmatige intelligensie-video van 'n luiperd in die Wes-Kaapse dorp, Pniel, veroorsaak paniek.

Monitor 12 Maart 2026
Die Weermag word in sekere Johannesburgse woonbuurte ontplooi. Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika word ingeroep om sy uitlatings te verduidelik. Mense wat finansieel sukkel, mag hulp van hulle sibbe eis - ons praat met ’n regskenner.

Monitor 11 Maart 2026
Die Spesiale Ondersoekeenheid maak aanbevelings vir strafregtelike vervolgings by Alexkor. MTN se Iran-kopseer vererger. Twee lede van die parlement se ad hoc-komitee bespreek die pad vorentoe. 'WP Jou lekke ding' is binnekort iets van die verlede...

Monitor 10 Maart 2026
Een van die vyf liggame is by die Ekapa-myn teruggebring oppervlak toe. Die olieprys skiet op tot meer as $100 per vat. Vrae oor die president se onkunde oor oudregter Khampepe se betrokkenheid by die WVK.

Monitor 9 Maart 2026
Die minister van gesondheid sê sanitêre doekies bly veilig om te gebruik. Die parlement verdedig die reuse salarisverhoging van sy sekretaris. OUTA sê beter toesig is nodig oor NSFAS se bestuur van studenteverblyf. 'n Nuwe opperleier vir Iran.

Monitor 6 Maart 2026
'n Teen-korrupsie forum gestig om korrupsie en misdaad in die watersektor te stuit. Nóg dosisse entstof teen bek-en-klouseer het in die land aangekom, maar bereik dit wel boere? Die voormalige minister, Naledi Pandor, se uitsprake oor Suid-Afrika se migrasiebeleid ontlok kritiek.

Monitor 5 Maart 2026
Die akteur en komediant, Soli Philander, sterf. Die gedragskomitee se skudigbevinding van drie senior politici in die Wes-Kaap vang die wetgewer onkant. Ons praat oor die toekoms van die progressiewe of linkse politiek in Suid-Afrika.

Monitor 4 Maart 2026
COPE-leier Mosiuoa Lekota sterf. Daar is nou meer gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat as in KwaZulu-Natal. Die DA begin met die volgende fase van hulle stryd teen die waterkrisis. 'n Student is vas nadat hy 'n LGBTQ+ Pride-vlag op NWU se kampus met die woorde, Heil Hitler, ontsier het.

Monitor 3 Maart 2026
Minstens ses mense sterf in nog 'n gebou-ineenstorting in Johannesburg, dié keer in die suidelike voorstad, Ormonde. Huldeblyke stroom in ná die dood van die bekende pianis en TV-persoonlikheid, Ian von Memerty. Op Wêreld Gehoordag praat ons met Mejuffrou Suid-Afrika van 2024, Mia Le Roux.

Monitor 2 Maart 2026
Twintig amptenare van die Departement van Binnelandse Sake is ontslaan, en 16 geskors. Ons praat met 'n militêre kenner en 'n ekonoom oor die konflik in die Midde-Ooste. Inwoners van Graaff-Reinet betoog teen die naamsverandering na die Robert Sobukwe-dorp.

Monitor 27 Februarie 2026
Getuienis voor die WVK-Sakekommissie fokus op ANC-geweld tydens die bevrydingstryd. Die groen ekonomie kan tot 300 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika skep. Die nuus dat sommige sanitêre doekies skadelike endokrien- of hormoon-ontwrigtende chemikalië bevat, veroorsaak paniek.

Monitor 26 Februarie 2026
Broodnodige belastingverligting in die begrotingsrede aangekondig. Die Ekapa-myn, waar vyf werkers steeds vasgekeer is, gaan gelikwideer word. Net 30% van leerlinge se leesvermoë in graad 1 tot graad 3 voldoen aan die vereistes.

Monitor 25 Februarie 2026
Leë rakke in supermarkte voorspel weens bek-en-klouseer. President Donald Trump sê Amerika is in 'n beter toestand as ooit tevore. Kapenaars sal die naweek herinner word aan die Slag van Soutrivier in op 1 Maart 1510.

Monitor 24 Februarie 2026
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, belowe om die waterkrisis spoedig op te los. Die prys van brandstof kan dalk volgende maand styg. Afriforum wil hê die privaatsektor moet toegelaat word om entstof teen bek-en-klouseer te verkry. Vredesonderhandelinge duur voort om die vierjaar lange oorlog tussen Rusland en Oekraïne te beëindig.

Monitor 23 Februarie 2026
Verskeie staatsdepartemente in Mpumalanga gaan weens bedrog met die bou van skole ondersoek word. Nog miljoene dosisse bek-en-klouseer-entstof word binnekort in die land verwag. Die aktivistegroep, Action Society, sê misdaadstatistiek weerspieël nie die ware toestand in die land nie.

Monitor 20 Februarie 2026
President Ramaphosa verwerp oproepe om Swart Bemagtiging te skrap. President Trump stel 'n ultimatum aan Iran. China posisioneer homself as 'n groen supermoondheid. Zimbabwe skok vir Sri Lanka by die T20 wêreldbeker-toernooi.

Monitor 19 Februarie 2026
Talle burgerregteorgansasies eis dat die waterkrisis in Gauteng tot 'n nasionale ramp verklaar word. Afriforum dagvaar die president oor die grondwetlikheid van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys dat die swart middelklas sedert 2012 betekenisvol gegroei het.

Monitor 18 Februarie 2026
'n Beskuldigende vinger word na twee voormalige presidente gewys weens die versuim om apartheidsmisdade te vervolg. Ons praat oor die sogenaamde agterdeur-privatisering van Eskom. Huldeblyke stroom in ná die dood van die Amerikaanse burgerregteleier, eerwaarde Jesse Jackson.

Monitor 17 Februarie 2026
Oos-Kaapse gemeenskappe voel afgeskeep nadat die president nie die ontplooiing van die weermag in bendegeteisterde gebiede in dié provinsie ingesluit het nie. Versoeke dat die regering die suikerreus, Tongaat Hulett, van ondergang red. Varkvleispryse styg weens bek-en-klouseer.

Monitor 16 Februarie 2026
Staatsdiensvakbonde verwerp die mediese fonds, Gems, se skerp styging in sy jaarlikse premie. Johannesburg se waterprobleme duur voort, ondanks beloftes om watertoevoer teen gister te herstel. Vrystaat Landbou sê finansiële bystand aan boere is nou dringend nodig, nadat die bek-en-klouseer-uitbreking tot 'n nasionale ramp verklaar is. Suid-Afrika vra opnuut vir 'n skietstaking in Suid-Soedan.

Monitor 13 Februarie 2026
Die Weermag gaan op die Kaapse Vlakte en in Gauteng ontplooi word om bendegeweld te help bekamp. Bek-en-klouseer is as nasionale ramp verklaar, en nou eis die Menseregtekommissie dat dieselfde oor watertekorte gebeur. Ons praat met die 20 jarige Kyla Reynecke van die vroue-Proteas oor haar ongelooflike prestasie teen Pakistan.

Monitor 12 Februarie 2026
Politieke partye deel hulle verwagtinge van die staatsrede. Die Johannesburg Metro sê tegnici werk onverpoosd om die waternetwerk te stabiliseer, te midde van betogings oor langdurige wateronderbrekings. Die getuienis van die forensiese ondersoeker, Paul O'Sullivan, voor die parlementêre ad hoc-komitee onder die vergrootglas.

Monitor 11 Februarie 2026
Die familie van 17 Suid-Afrikaanse mans wat in Oekraïne vasgekeer is, pleit dat Ramaphosa tussenbeide tree en help. Amerikaanse veghonde is in die spervuur nadat nog 'n persoon verskeur word. Bek-en-klouseer het moontlik nou ook na die Suid-Kaap versprei.

Monitor 10 Februarie 2026
Die energiereguleerder, Nersa, keur skerp stygings in Eskom se kragtariewe toe. Die eerste vermoedelike geval van bek-en-klouseer is in die Noord-Kaap aangemeld. Ons vind uit of die president sy beloftes in sy vorige staatsrede oor die waterkrisis, gestand gedoen het.