
Monitor
4,363 episodes — Page 12 of 88

Monitor 16 Julie 2024
Die Wes-Kaapse premier verduidelik hoe die rampgebiedverklaring sy provinsie sal help. Die Minister van Polisie sê samewerking met rolspelers sal misdaadbekamping verbeter. Donald Trump wys sy adjunk aan by die Rebublikeine se nasionale konvensie.

Monitor 15 Julie 2024
Die Amerikaanse president, Joe Biden, vra vir politieke kalmte ná 'n mislukte sluipmoordaanval op Donald Trump. Ses brandbestryders sterf in KwaZulu-Natal in wegholveldbrande, en talle ander is beseer. Kragverbuikers in die Buffalo City-metro in die Oos-Kaap is kwaad oor 'n styging in voorafbetaalde elektrisiteitstariewe van 12,7%. Nóg reen word in die vloedgeteisterde Wes-Kaap verwag.

Monitor 12 Julie 2024
Katastrofiese skade aan die landbousektor in Limpopo weens die afgelope week se gure weerspatrone. Ons praat met 'n kenner oor van die knellende kwessies na afloop van die jaarlikse Navo-beraad in die VSA. Die stof oor Krieket SA se besluit, vroeër vanjaar, om David Teeger van sy onder-19 Proteas kapteinskap te ontneem, het nog nie gaan lê nie. Die regering se plan en beleid vir die volgende vyf jaar sal die naweek by die Kabinet Lekgotla bepaal word. Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge betree 'n nuwe era onder die voorsitterskap van Songezo Zibi, die leier van Rise Mzansi.

Monitor 11 Julie 2024
Cyril Xaba is Ethekwini se nuwe burgemeester. Nog ontwrigtende reën tref die Wes-Kaap. Reaksie op die uitspraak van die Life Esidimeni geregtelike ondersoek.

Monitor 10 Julie 2024
Nog 'n soldaat sterf in die Demokratiese Republiek Kongo. Uitspraak verwag in die Esidimeni-ondersoek na 146 sterftes in 2016 by fasiliteite vir geestesongesteldes. Inwoners van Barberton in Mpumalanga is ontevrede oor dwelmhandelverdagtes wat los rondloop.

Monitor 9 Julie 2024
Nóg ontwrigtende reën, sterk wind en moontlike oorstromings in dele van die land. Openbare skole open vandag - ons praat met die nuwe Minister van Basiese Onderwys oor die uitdagings.

Monitor 8 Julie 2024
Portugese Suid-Afrikaners leef in vrees te midde van 'n reeks ontvoerings. Navorsing wys dat jong kinders in Krugersdorp die gas van uraan, arseen en kwik in asem, wat afkomstig is van ou myne. 'n Simulasie van 'n sending na Mars kom ná 'n jaar tot 'n einde. Die linkse Nuwe Populêre Front neem die voortou in die Franse parlemenêre verkiesing.

Monitor 5 Julie 2024
Druk laai op téén oudregter John Hlophe se nominasie as lid van die Regterlike Dienskommissie. Die magsbalans verskuif in Beaufort-Wes ná 'n DA-oorwinning. Vroeë aanduidings dat Brittanje 'n nuwe Eerste Minister sal hê.

Monitor 4 Julie 2024
Gauteng se premier Panyaza Lesufi kondig laatnag sy nuwe kabinet aan nadat onderhandelinge met die DA om 'n eenheidsregering te vorm vir die laaste keer skipbreuk gely het. Die raad bestaan nou uit sewe ANC--lede en drie lede uit die IVP, Rise Mzanzi en Patriotic Alliance. Intussen is die adjunkpresident en 75 ministers en adjunkministers beëdig - ons vra: Hoe verbonde voel hulle aan daardie eed wat hulle so plegtig afgelê het? eThekwini hoop op 'n stewige toerismemeevaller met die naweek se Durban July-perdewedrenbyeenkoms.

Monitor 3 Julie 2024
Wéér geen ooreenkoms tussen die DA en ANC in Gauteng nie. Die VN bevind dat die aanhouding van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee onwettig is. Hoe volhoubaar is laer brandstofpryse?

Monitor 2 Julie 2024
Onderhandelinge vir 'n nuwe provinsiale uitvoerende raad in Gauteng bereik 'n dooiepunt. Daar is intussen steeds baie reaksie op die nuwe kabinet wat Sondagaand aangekondig is. Kabeldiefstal in Ventersdorp in Noordwes is 'n ernstige probleem vir sakeondernemings en boere.

Monitor 1 Julie 2024
Ons fokus ons op die nuwe kabinet, en praat met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom. Monitor is vandag 50 jaar oud.

Monitor 28 Junie 2024
Verskeie stigtings stel 'n nasionale dialoog voor om die land te red, maar nie almal stem saam dat dit nodig is nie. Werkers wat die ineenstorting van 'n gebou in Mei oorleef het, sê dit gaan nou sleg met hulle. Solidariteit verskerp sy stryd teen afleggings by Media24.

Monitor 27 Junie 2024
Instansies betreur die inhuldiging van parlementslede wat strafregtelik aangekla word. 'n Duidelike swaai na regs in Europese verkiesings. 'n Projek op die Kaapse Vlakte om die polisie te help om vermiste kinders te soek.

Monitor 26 Junie 2024
Voormalige regter John Hlophe, wat weens beskuldigings van korrupsie van die regbank verwyder is, word as 'n MK-parlementslid ingehuldig. Onderhandelinge tussen die ANC en die DA is gister voortgesit, maar sal dit vandag lei tot die aankondiging van ‘n kabinet? Die Chinese bring maanrotse terug wat vir die eerste keer van die donker kant van die maan versamel is. Werkloosheid neem toe.

Monitor 25 Junie 2024
Suid-Afrika sal vanjaar 600 dollarmiljoenêrs verloor. Vrae oor die Naspers-baas se R330 miljoen uitbetaling, terwyl werkers afgedank en koerante gesluit word. Kan die ANC met kleiner partye 'n nuwe regering saamstel, sonder die DA?

Monitor 24 Junie 2024
Altesaam tien partye onderteken die Regering van Nasionale Eenheid se Verklaring van Voorneme, terwyl afwagting op die aankodiging van president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet bou. Rand Water sê sy beplande instandhoudingswerk sal waterverskaffing nie tot 'n stilstand bring nie, maar lae waterdruk en watertekorte sál oor die volgende paar weke ervaar word.

Monitor 21 Junie 2024
Groothandelverkope neem toe. Die DA wen groot in tussenverkiesings in Beaufort-Wes. Daar is groot verwagtings van president Cyril Ramaphosa om sy kabinet binnekort aan te kondig.

Monitor 20 Junie 2024
Die 7de administrasie is amptelik ingehuldig met die beëdiging van president Cyril Ramaphosa as hoof van die Regering van Nasionale Eenheid. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike en 'n ekonoom oor die president en die nuwe regering se uitdagings. 'n Gesoute koerantman bespreek die kwyn van gedrukte media.

Monitor 19 Junie 2024
Groot voorbereidings vir die inhuldiging van president Cyril Ramaphosa later vanoggend. Action SA kritiseer die DA se beweerde u-draaie oor sy ooreenkoms rakende die Regering van Nasionale Eenheid, terwyl Jacob Zuma se MK-party steeds die strydbyl swaai teen die verkiesingsuitslae. Meer as 300 kinders is in die eerste ses maande van die jaar deur dwaalkoeëls op die Kaapse Vlakte gewond. 'n Jong bankier van Kwazulu-Natal hou sy familienaam hoog met die verbouing van eetbare veldplante.

Monitor 18 Junie 2024
Vyf partye is amptelik deel van die regering van nasionale eenheid. Die GATS-opname wys dat bykans 30% van volwassenes in Suid-Afrika tabakprodukte gebruik. Israel se oorlogkabinet ontbind.

Monitor 17 Junie 2024
Jeugdagvieringe word oorskadu deur werkloosheid onder jongmense. Ons praat met kenners oor die uitdagings van die nuwe regering. Hulde aan Thys die Bosveldklong.

Monitor 14 Junie 2024
Die EFF sê hy sal nié aan 'n regering van nasionale eenheid deelneem nie, terwyl die ANC nie veel uitlaat oor wie sy nuwe regeringsgenote is nie. Koerante soos City Press, Rapport, Beeld en Daily Sun sal vanaf Oktober glo nie meer gedruk word nie. Ons praat hieroor met 'n mediakenner. 'n Multimiljoen Rand asbeshofsaak word vandag in die Vrystaatse Hooggeregshof aangehoor. Gauteng se Polisiekommissaris praat oor sy eerste 100 dae in die amp.

Monitor 13 Junie 2024
'n Ooreenkoms tussen die IVP, ANC, DA en NFP in KwaZulu-Natal is op hande. 'n Waarskuwing oor A-pokke ná die eerste sterfgeval. Agri SA verwelkom 'n regeringsbesluit oor waterbestuur. Die Bulls sê hulle sal nie Saterdag kanse vat in die VRK halfeindstryd nie.

Monitor 12 Junie 2024
Die vervaardigingsektor verbeter in April. Die Israel/Gasa-oorlog en die konflik in Oekraïne sal hoog op die agenda van die G7-beraad wees. Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê 'n minister van finansies wat nie aan 'n politieke party verbonde is nie, moet aangestel word.

Monitor 11 Junie 2024
Parlementslede word Vrydag ingehuldig, maar laat dit genoeg tyd vir onderhangelinge vir 'n regering van nasionale eenheid? Die VN Veiligheidsraad aanvaar 'n konsepresolusie wat 'n driefase-stilstand tussen Israel en Hamas voorstel. Klein hoeveelhede ingevoerde klerasie sal voortaan belas word.

Monitor 10 Junie 2024
Daar is uiteenlopende reaksie op die plan om 'n regering van nasionale eenheid saam te stel. Die Wêreldbank sê Suid-Afrika se hawens is van die swakste ter wêreld. Afriforum bring 'n dringende hofaansoek oor die verhogings in kragtariewe.

Monitor 7 Junie 2024
Die ANC se NUK besluit om 'n regering van nasionale eenheid te vorm. Action SA verlaat die Veelpartyhandves. Die Wêreld Voedselprogram sê akute voedselonsekerheid is aan die toeneem in Haïti.

Monitor 6 Junie 2024
Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, bedank te midde van sy hofverskyning op korrupsie-aanklagte. Terwyl die ANC 'n regering van nasionale eenheid voorstaan, gee MK die ANC 'n koue skouer. Sekere paaie in die Klein Karoo is steeds gesluit.

Monitor 5 Junie 2024
Stormweer rig groot skade aan in KwaZulu-Natal, asook die Oos- en Suid-Kaap. Suid-Afrika se ekonomie het in die eerste kwartaal van 2024 ingekrimp. Op Wêreld Omgewingsdag word die kollig geplaas op die rehabilitasie van grond.

Monitor 4 Junie 2024
Stormsterk wind, ontwrigtende reën en sneeu in groot dele van die land. Die MK-stigter voer aan dat hy onwettig verwyder is. Brandstof word om middernag goedkoper.

Monitor 3 Junie 2024
Die OVK verklaar die sewende algemene verkiesing as vry en regverdig. Die president onderteken wetgewing om die tweepot-stelsel vir aftreegeld in werking te stel. Sakelui is onrustig oor Suid-Afrika se toekomstige koalisieregering.

Monitor 31 Mei 2024
Daar word voorspel die MK-party moontlik die derde grootste party in die parlement kan word.

Monitor 30 Mei 2024
Suid-Afrikaners trek hulle kruisies by die stembus, maar laataand was daar nog lang toue. Die eerste uitslae is al bekend - met een of twee verassings. Die MK-party is amptelik op die telbord, en die vraag bly staan, wie sal die eerste onafhanklike kandidaat wees om ‘n setel in die nasionale vergadering te verseker. Algerië beoog 'n tweede resolusie in die Verendigde Nasies om die oorlog tussen Hamas en Israel te beëindig.

Monitor 29 Mei 2024
Ons skakel oor na ons verslaggewers landwyd om te hoor hoe dit by die stembusse lyk. Wees op die uitkyk vir fopnuus. Ons kry in diepte ontleding oor wat ons vandag, en nadat die stemme getel is, kan verwag.

Monitor 28 Mei 2024
Suid-Afrikaners wat vir spesiale stemme geregistreer het, gaan na die stembus. Uit die meer as 400 stemlokale in die Oos-Kaap waar daar gisteroggend probleme was, is daar ten minste 107 wat toe gebly het. Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee vergader om oor die rentekoers te besin.

Monitor 27 Mei 2024
Die OVK sê hy's slaggereed vir kiesers wat vandag en môre spesiale stemme uitbring. Die nasionale gesamentlike operasionele intelligensiestruktuur, NATJOINTS, waarsku teen pogings om die verkiesing te destabiliseer. Reaksie op die president se toespraak gisteraand.

Monitor 24 Mei 2024
Kommer oor die impak van klimaatsverandering op Suider-Afrika. Is 'n stem vir 'n kleiner party, 'n vermorsing van 'n stem? Nuwe visumregulasies maak dit baie makliker vir digitale swerwers om in Suid-Afrika te bly.

Monitor 23 Mei 2024
Die Verkiesingskommissie stel die verkiesingsuitslagsentrum in Midrand amptelik in bedryf. Gun Free SA sê die gebrek aan politieke wil om vuurwapenbeheer behoorlik te pak, is kommerwekkend. Sekswerk-voorspraakgroepe sê dis tyd dat die wysigingswetsontwerp wat sekswerk dekriminaliseer, amptelik wet word.

Monitor 22 Mei 2024
Die DA-strydros James Selfe is oorlede. Die Regterlike Dienskommissie beveel Mandisa Maya aan as hoofregter. Burgerregte-organisasies is nie tevrede met die paneellede wat die kiesstelsel moet hersien nie.

Monitor 21 Mei 2024
Oudpresident Zuma mag nie vanjaar parlement toe nie. Wat is die implikasies van die aansoek vir lasbriewe vir die inhegtenisneming van die leiers van Hamas en Israel? Twee kenners gee antwoorde oor wie verantwoordelik is vir die veiligheid op boupersele.

Monitor 20 Mei 2024
Die polisie ondersoek die dood van vier konstruksiewerkers op 'n bouperseel in Ballito in KwaZulu-Natal. Suid-Afrikaners stem in die buiteland. Kommer oor politieke geweld in aanloop tot die verkiesing.

Monitor 17 Mei 2024
Verskeie wette word op die laaste oomblik deur die parlement goedgekeur. Suid-Afrikaners in die buiteland stem vandag en môre in die verkiesing. 'n Interessante nuwe konsep word by Nampo bekendgestel - 'n plaaskombuis met die doel om voedselsekerheid te bevorder.

Monitor 16 Mei 2024
Die Nasionale Gesondheidsversekerings-wet onderteken, maar daar is hewige reaksie uit sekere geledere. Die verkiesing maak landbouers onseker.

Monitor 15 Mei 2024
Werkloosheid styg in die eerste kwartaal van die jaar. Die president sal vanmiddag die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering onderteken. Die geregtelike doodsondersoek na Albert Luthuli gaan heropen word.

Monitor 14 Mei 2024
Die ouma van Joslin Smith pleit by Smith se ma vir meer inligting. Ons praat met die Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering oor die jongste in die George gebou-ramp. Solidariteit dien 'n petisie by die parlement in teen die beplande BELA-wetgewing.

Monitor 13 Mei 2024
Die polisieminister sê die George-gebouramp sal deeglik ondersoek word. Die moordenaars van die vyf-jarige Ditebogo Junior Phalane word gesoek. Politieke moorde is in die kollig. Openbare skole sal binnekort verplig word om leerlinge voorlopig te skors wat van ernstige misdrywe aangekla word.

Monitor 10 Mei 2024
'n Pa vertel hoe sy seun 25 uur lank onder die puin in George vasgevang was. Daar word gesoek na die ontwikkelaar van die George-gebou wat ingetuimel het. Wie het die Kanna-toekennings gewen?

Monitor 9 Mei 2024
'n Hofgeding dreig oor die grondwetlikheid van die Wetsontwerp op Verkiesingsake. Reddingswerkers sal vandag met 'n soek- en herwinningsoperasie begin by die gebouramp in George. Eskom se stryd teen kabeldiewe is in die kollig.

Monitor 8 Mei 2024
ActionSA se premierskandidaat in Gauteng, Funzi Ngobeni, en en nog 'n lid van die party, Hluphi Gafane, word ongedeerd uit 'n kapingsituasie gered. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê ondersoekbeamptes is reeds op die toneel in George waar 'n gebou Maandag ineengestort het. Intussen gaan die soektog na vasgekeerdes voort. ANC-veteraan Tokyo Sexwale vergelyk die regerende party met 'n huis wat brand.