PLAY PODCASTS
Monitor

Monitor

4,406 episodes — Page 15 of 89

Monitor 16 Februarie 2024

Die Veelpartyhandves vra die hulp van buitelandse waarnemers tydens die verkiesing. 'n Politieke wetenskaplike ontleed die president se staatsrede-repliek. Agt vooraanstaande Suid-Afrikaanse medici steun bystanddood.

Feb 16, 202448 min

Monitor 15 Februarie 2024

Kommer oor die gebruik van glisofaat om waterslaai in die Vaalrivier te verwyder. Die DA se mosie om die Ethekwini Metro te ontbind, misluk. Prabowo Subianto is die voorloper in Indonesië se presidentsverkiesing.

Feb 15, 202447 min

Monitor 14 Februarie 2024

Bafana Bafana deur talle ondersteuners verwelkom by OR Tambo-lughawe. Die ANC gaan voort met kaderontplooiing, ter wille van transformasie. Zimbabwe begin binnekort met openbare verhore oor die Matabeleland-slagting van die 1980's. Navorsing gedoen oor depressie onder die werklose jeug.

Feb 14, 202448 min

Monitor 13 Februarie 2024

Inwoners van Ermelo vra vir ingryping oor die waterkrisis in dié dorp. Die Tshwane Metro wil sy uitgawes oor die volgende ses maande met 'n miljard rand per maand verminder. Die uitdagings van radio in 'n digitale wêreld is in die kollig.

Feb 13, 202449 min

Monitor 12 Februarie 2024

Twee Suid-Afrikaners is ná 'n jaar steeds in aanhouding in Ekwatoriaal-Guinee, maar die regering sleep glo sy voete om hulle vrygelaat te kry. Eskom ontken dat Vlak 6-beurtkrag die gevolg van sabotasie is. Sal die EFF die amptelike opposisie word?

Feb 12, 202449 min

Monitor 9 Februarie 2024

President Cyril Ramaphosa fokus in sy staatsrede op die afgelope 30 jaar se suksesse. Ons vra ontleders wat hulle dink. Tientalle onwettige elektrisiteitsverbindings is onlangs in Tshwane ontkoppel, en die metro het nóg sowat 1 500 wanbetalers in sy visier. Miljoene kiesers stroom na die stembusse in Pakistan, ondanks die onlangse vlaag van terreur en geweld.

Feb 9, 202448 min

Monitor 8 Februarie 2024

Rolspelers in die onderwys en landbou vertel wat hulle verwagtinge van die staatsrede verwag. Die Nasionale Tesourie gaan volstoom voort om die tweepot-aftreestelsel teen September in werking te stel. Bafana Bafana herstel trots in hom, in weerwil van die nederlaag teen Nigerië.

Feb 8, 202448 min

Monitor 7 Februarie 2024

Ses leerders sterf in 'n busongeluk naby Ventersburg in die Vrystaat. Die seun van oudpresident Jacob Zuma, Duduzane Zuma, stig sy eie party, en wys sy kleure. Opposisiepartye het ’n reuse taak voor hulle om die ANC uit die saal te lig.

Feb 7, 202450 min

Monitor 6 Februarie 2024

Sakelui vra die president om die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering terug parlement toe te stuur. Die werkgewersorganisasie, NEASA, meen die styging in die nasionale minimumloon kan werkskepping ontmoedig. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van die ontslape president van Namibië, Hage Geingob.

Feb 6, 202449 min

Monitor 5 Februarie 2024

Baie mense het die afgelope naweek vir vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesings geregistreer, maar kiesersapatie bly 'n probleem. 'n Nuwe skietstilstand is op die tafel tussen Israel en Hamas, maar dit bring ook nuwe eise. Huldeblyke stroom in ná die afsterwe van Namibië se president, Hage Geingob.

Feb 5, 202448 min

Monitor 2 Februarie 2024

Eskom brei sy ladingverminderingsprojek in Gauteng uit ná 'n suksesvolle toetslopie in een van die provinsie se voorstede. Die regering verlaag invoertariewe op bevrore hoenderstukke. Dié naweek is jou laaste kans om te registreer om te stem in vanjaar se provinsiale en nasionale verkiesings.

Feb 2, 202447 min

Monitor 1 Februarie 2024

'n Suid-Afrikaanse vrou ontvang 'n genadedood in Switserland. Die aantal geregistreerde kiesers styg tot meer as 27 miljoen op die vooraand van die tweede verkiesingsregistrasie-naweek. Die Afrika-voorkeurhandelsooreekoms tree in werking.

Feb 1, 202450 min

Monitor 31 Januarie 2024

Die brand in Pringlebaai woed steeds buite beheer. Transperancy International sê demokrasie in Afrika is in gedrang. Hoërskoolleerlinge kan nou 'n kwalifikasie in sitrusproduksie verwerf.

Jan 31, 202448 min

Monitor 30 Januarie 2024

President Cyril Ramaphosa sê hy is nie bekommerd oor oudpresident Jacob Zuma se skorsing nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bevind intussen dat die 2021-onluste nie met oudpresident Jacob Zuma verbind kan word nie. 10111 - Hoe werk dié nooddiens vir jou?

Jan 30, 202448 min

Monitor 29 Januarie 2024

Die brande in die Kaapse Wynlanddistrik woed voort. Build One South Africa het groot planne om werkskepping te bevorder. Zimbabwe plaas 'n tydelike verbod op die invoer van aartappels uit Suid-Afrika.

Jan 29, 202448 min

Monitor 26 Januarie 2024

Die Internasionale Geregshof lewer later vandag uitspraak in die Suid-Afrikaanse regering se volksmoord-saak teen Israel. Die stryd teen die brand in die Wolseley-gebied in die Wes-Kaap woed voort. Die Reserwebank laat die rentekoers vir die vierde keer onveranderd op 8,25%.

Jan 26, 202449 min

Monitor 25 Januarie 2024

Drankmisbruik is die hoofoorsaak van padsterftes oor die feestyd. Die Veelparty Handves onderneem om eiendomsreg te beskerm. Ekonome verwag nie dat rentekoerse vandag sal daal nie.

Jan 25, 202448 min

Monitor 24 Januarie 2024

Politieke partye kritiseer die premier van Noordwes, Bushy Maape, nadat hy na Thailand reis om mediese behandeling te ontvang. Donald Trump word voorspel om die Amerikaanse deelstaat, New Hampshire, se Republikeinse voorverkiesing te wen. Die rand begin effens versterk teen die Amerikaanse dollar.

Jan 24, 202449 min

Monitor 23 Januarie 2024

Daar is verskeie opsies vir matriekleerlinge wat gedruip het - ons praat met 'n onderwyskenner. Opposisiepartye bevraagteken weermagvlugte na ANC-bedrywighede. Die MK-party werk saam met ander linkse partye - 'n politieke ontleder bespreek die moontlikheid van 'n linkse koalisie.

Jan 23, 202448 min

Monitor 22 Januarie 2023

Die regering gaan voort met sy plan om 'n onderwys-sertifikaat vir graad nege leerlinge in te stel. Die redakteursforum, SANEF, en Media Monitoring Africa vra die parlement om die SAUK-wetsontwerp terug te trek. Die politieke party, Rise Mzansi, wil wanfunksionele munisipaliteite onder administrasie plaas, indien hy aan bewind sou kom.

Jan 22, 202448 min

Monitor 19 Januarie 2024

Onderwyskenners ontleed die matrie-uitslae. Pakistan loods teenaanvalle op Iran en kommer oor hongersnood en dodelike siektes in Gaza.

Jan 19, 202449 min

Monitor 18 Januarie 2024

Die Onafhanklike Eksamenraad se matriek slaagsyfer is hoër as verlede jaar. 'n Styging in die brandstofprys word vir Februarie verwag en twee gevalle van Cholera is in Limpopo aangemeld.

Jan 18, 202446 min

Monitor 17 Januarie 2024

Die land se skole begin vandag....maar plek-plek is daar probleme. Nóg ontwrigtende reën vir KwaZulu-Natal en die Wonderboom-lughawe in Pretoria gaan privaat bestuur word.

Jan 17, 202447 min

Monitor 16 Januarie 2024

Kan Suid-Afrika se regsoptrede teen Israel Westerse beleggers afskrik? Die gemeenskap van Lethabo-park in Kimberley in the Noord-Kaap trek saam om leerlinge skoolgereed te kry. Die Kaapse Metro word van die selektiewe toepassing van munisipale regulasies beskuldig na die toeverf van 'n Palestynse vlag in die Bo-Kaap en die DA soek antwoorde, na Krieket Suid-Afrika se besluit om David Teeger van sy onder-19-kapteinskap te onthef.

Jan 16, 202450 min

Monitor 15 Januarie 2024

Meer as 16-duisend misdadigers is verlede jaar saam met oud-president Zuma vrygelaat.. Sterrekundiges is opgewonde oor die sogenaamde Groot Ring wat ondek is en die sanger Koos du Plessis is vandag 40 jaar gelede in 'n motorongeluk oorlede.

Jan 15, 202449 min

Monitor 12 Januarie 2024

Suid-Afrika stel sy saak teen Israel by die Internasionale Geregshof in Den Haag. Die Tshwane Universiteit van Tegnologie smelt Joernalistiek en Openbare betrekkinge saam. 'n Mediakenner verduidelik die implikasies daarvan, en 'n Suid-Afrikaanse seiljag in 'n wedvaart om die wêreld - sonder moderne tegnologie.

Jan 12, 202451 min

Monitor 11 Januarie 2024

Suid-Afrika se hofsaak teen Israel begin vandag. Ons fokus op die proses en die politieke gevolge vir alby lande en minstens 700-duisend SASSA begunstigdes wag steeds op hul maatskaplike toelaes vir die maand van Januarie.

Jan 11, 202447 min

Monitor 10 Januarie 2024

Minstens vyf mense nog vermis ná die oorstromings in KwaZulu-Natal. Regsspanne van Suid-Afrika en Israel berei voor vir die saak wat môre by die Internasionale Strafhof in Den Haag begin, en 'n politieke ontleder bespreek die ANC se LEUENS oor oud-president Zuma se brandpoel.

Jan 10, 202449 min

Monitor 9 Januarie 2024

Siviele eise teen die polisie beloop in die eerste kwartaal reeds miljoene rand. 'n Deurbraak in die ondersoek na 'n vee-diefstal-sindikaat in Noordwes. Meer oor die nuwe Covid-19 variant, geken as J-N-punt-1, en kontant kraai lankal nie meer koning nie - maar wat is die implikasies van 'n kontantlose samelewing? Ons praat met 'n kenner.

Jan 9, 202450 min

Monitor 8 Januarie 2024

Hoë-koppe word betrek by guns-lone van miljoene rande by NSFAS. Die ondersoek na die dood van die Cradock 4 heropen. en 158 aasvoëls gaan van Noordwes na die Oos-Kaap verskuif word.

Jan 8, 202447 min

Monitor 5 Januarie 2024

Hulde aan 'n legendariese radio- en televisie-persoonlikheid. Die tronkdeure swaai oop vir Oscar Pistorius, en die voortslepende waterkrisis in dele van die Noord-Kaap noop die burgerlike samelewing om die howe te nader.

Jan 5, 202453 min

Monitor 4 Januarie 2024

Nog vyf lande sluit by BRICS aan..Kommer oor 'n hernude vlaag beurtkrag, en 'n bekende hotel langs die Weskus brand af.

Jan 4, 202453 min

Monitor 3 Januarie 2024

Brandstofpryse daal vir die derde agtereenvolgende maand. Ramp-reaksiespanne in KwaZulu-Natal is op 'n gereedheidsgrondslag, met nog storms vandag, en nuwejaars-babas plaas tienerswangerskappe en afwesige pa's onder die soeklig.

Jan 3, 202450 min

Monitor 2 Januarie 2024

27 lyke reeds gevind ná oorstromings in die KwaZulu-Natalse Middellande. 'n Sensoriese tuin in Bronkhorstspruit verryk die lewens van dementia-lyers, en vanjaar se verkiesing word beskou as die belangrikste sedert 1994.

Jan 2, 202446 min

Monitor 1 Januarie 2024

Die Kaapse Klopse skud hul vere reg vir môre se Twee Nuwejaars Parade. Kenners voorspel wat in vanjaar se verkiesing gaan gebeur, en, reën vandag vir die Oos-Kaap en KwaZuluNatal voorspel.

Jan 1, 202443 min

Monitor 29 Desember 2023

Die jongste oor die brand by Kamiesberg in die Noord-Kaap. Opposisie-kanidate in die DRK sê die presidensiële verkiesing is 'n bedrogspul - ons praat met 'n kenner, en terwyl die vakansie-seisoen pret vir mense beteken, is dit minder so vir baie diere.

Dec 29, 202349 min

Monitor 28 Desember 2023

Mpumalanga verskerp toerisme-veiligheid..Kenners waarsku dat duisende onderwysers oor die volgende dekade gaan aftree, en die Amasone het sy ergste droogte ooit vanjaar beleef.

Dec 28, 202352 min

Monitor 27 Desember 2023

Gerco van Deventer is weer tuis - ná 6 jaar in Al Kaida se kloue. Veilige hawens vir mishandelde vroue en kinders steier onder ekonomiese druk, en Immigrasie was die afgelope jaar 'n warm onderwerp in Suid-Afrika - en kenners meen dit sal gesprekke oorheers in aanloop tot volgende jaar se verkiesing.

Dec 27, 202350 min

Monitor 26 Desember 2023

Boere in Noordwes is woedend oor veediefstalsake wat nie ondersoek word nie. Die Stad Kaapstad sê wetstoepassings-personeel is vandag ten volle op die stad se strande ontplooi, en brandbestryders het die afgelope 24 uur onverpoosd gewerk om talle brande in die Wes-Kaap te blus.

Dec 26, 202349 min

Monitor 25 Desember 2023

'n Spesiale Kersdag-Monitoruitsending.

Dec 25, 202353 min

Monitor 22 Desember 2023

Verkeer na vakansiebestemmings neem skerp toe. Sakeliga sê die Lisensieraad vir Lugdienste is onregmatig besig om lugdiens-lisensies aan raskriteria onderhewig te maak. En, buurlande is toenemend bekommerd oor die konflik tussen Israel en Hamas.

Dec 22, 202347 min

Monitor 21 Desember 2023

Stakende Noordwes-mynwerkers keer terug na die oppervlak..Ons bespreek die gespanne situasie in die Rooisee met 'n militêre kenner, en, dis slangbyt-seisoen.

Dec 21, 202346 min

Monitor 20 Desember 2023

Duisende laat aansoeke vir skooltoelating in Gauteng, is reeds ontvang. 'n Landbou-ekonoom sê die agteruitgang van biosekerheid, hou ernstige gevolge vir die ekonomie in. Die Demokratiese Republiek die Kongo hou vandag sy algemene verkiesing.

Dec 20, 202344 min

Monitor 19 Desember 2023

Kaapse owerhede waarsku teen braaivleis-vure. Die privaatsektor en die regering sit koppe bymekaar oor ekonomiese groei, en 'n blinde Paralimpiese swemmer maak geskiedenis met 'n doktersgraad in Handelsreg.

Dec 19, 202341 min

Monitor 18 Desember 2023

Die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer, wat vir ses jaar in Mali aangehou is, is vrygelaat. Oudpresident Jacob Zuma gaan nie vir die ANC in 2024 stem nie. Suid-Afrikaanse organisasies verleen humanitêre hulp aan burgers, wat deurloop onder die oorlog tussen Hamas en Israel.

Dec 18, 202346 min

Monitor 15 Desember 2023

'n Nuwe politieke-tuiste vir die veteraan-politikus Carl Niehaus. Gauteng se AmaPanyaza-misdaadbestryders kry amptelike status as vredesbeamptes. Plaaswerker-vervoer is onder die soeklig, na 'n dodelike oop-vragmotor-ongeluk in die Wes-Kaap en die jongste Versoeningsbarometer toon 'n afname in vertroue in openbare instellings. Maar daar is nog 'n aptyt vir samehorigheid.

Dec 15, 202349 min

Monitor 14 Desember 2023

Ses van Durban se strande word gesluit, weens hoë vlakke van e.coli. Honderde toerisme-veiligheidsmonitors gaan by gewilde toerismebestemmings ontplooi word. Intussen word bykomende veiligheidsmaatreëls by die Tafelberg Nasionale Park vir die feestyd ingestel en 'n geskiedkudinge ooreenkoms oor die uitfasering van fossielbrandstowwe, word by die COP28-klimaatsberaad bereik.

Dec 14, 202349 min

Monitor 13 Desember 2023

Die regering kry die groen lig om 2500 megawatt Kernkrag. aan te skaf - 'n stap wat nie sonder 'n tikkie sinisme begroet word nie. Dele van die Vlugtelinge-wet is ongrondwetlik - so sê die Konstitusionele. En 300 nuwe mediese praktisyns by die Universiteit van Pretoria neem 'n eed van onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.

Dec 13, 202349 min

Monitor 12 Desember 2023

Die nasionale minimum loon gaan dalk volgende jaar styg. Daar is kommer dat die Nasionale Gesondheidsversekering tot 'n uittog van medici kan lei. 'n Kenner gee raad oor hoe om uitbranding te bestuur.

Dec 12, 202344 min

Monitor 11 Desember 2023

Die sakeman en voormalige anti-apartheidsaktivis, Roger Jardine, stel 'n politieke alternatief vir die ANC bekend. Eenheid twee van die Koeberg-kernkragsentrale word vandag vir onderhoudswerk afgeskakel, en die Minister van Polisie Bheki Cele ontplooi 'n bykomende tienduisend polisiebeamptes op die vooraand van die vakansieseisoen.

Dec 11, 202349 min