
Monitor
4,363 episodes — Page 20 of 88

Monitor 3 Januarie 2023
Die besluit oor of Suid-Afrika op die internasionale finansiële gryslys geplaas sal word, wink. Motoriste begin die jaar met 'n ekstra paar sent in die sak, danksy brandstofpryse wat môre daal. Gauteng se omstrede e-tolstelsel kan moontlik eers volgende jaar geskrap word.

Monitor 2 Januarie 2023
Boere vra vir belastingkortings om die impak van beurtkrag te versag. 'n Landdros in Limpopo onttrek hom aan 'n moordsaak weens doodsdreigemente. 'n Jong man wat erg beseer is tydens die Hoërskool Driehoek-tragedie, kry 'n nuwe lewe nadat goeie samaritane ingryp.

Monitor 30 Desember 2022
Ons ondersoek die stand van die Lugmag ná 'n jaar van terugslae. Ons kyk ook hoe die ekonomie vanjaar gevaar het. Die Kaapse Klopse is na twee jaar weer terug om die Nuwejaar te vier.

Monitor 29 Desember 2022
Bewerings dat president Cyril Ramaphosa en ander, stemme by die ANC se verkiesingskonferensie gekoop het, is skynbaar vals. Die vrylating van die bestuurder van die vragmotor wat by die gasontploffing in Boksburg betrokke was, ontlok wye reaksie. 'n Vrou voltooi haar bewaringstap van 300 kilometer langs die Kaapse kus.

Monitor 28 Desember 2022
Ons bespreek die behandeling van brandwonde. 'n Klomp pikkewyne keer terug Dyer-eiland toe. 'n Nuwe beesras word in Suid-Afrika bekendgestel.

Monitor 27 Desember 2022
Saterdag se gru-ongeluk toe 'n tenkwa met gas by 'n brug in Boksburg ontplof het, laat vrae ontstaan oor die toestand van die padteken wat die hoogte van die brug aandui. Die meeste dele van oThongathi, noord van Durban, het ná agt maande weer water. Pikkewyne word op Dyer-eiland aan die Suid-Kaapse kus vrygelaat.

Monitor 26 Desember 2022
Die voormalige ANC-lid, Carl Niehaus, wat Vrydag sy bedanking uit die party aangekondig het, sê die regerende party sal sy meerderheid in die volgende verkiesing verloor. Agri-SA vra vir bykomende kortings op die prys van diesel en petrol. Noord-Korea ontken dat hy wapens aan 'n Russiese militêre kontrakteur, die Wagner-groep, verkoop het.

Monitor 23 Desember 2022
Die land se hoofroetes sal vanmiddag baie besig raak - ons vertel jou wat die beste tyd is om te reis. Jy wil braai, maar vleis het duurder geword - ons vind uit wat daartoe lei en hoe lank die hoë pryse nog gaan hou. 'n Kranige stapper gee raad oor hoe jy veilig kan wees in die veld.

Monitor 22 Desember 2022
Die nuwe nasionale uitvoerende komitee van die ANC sorg vir 'n paar verrassings. Die Dias-strand by Mosselbaai in die Suid-Kaap waar vier dwergspermwalvisse van kant gemaak is, word weens haai-aktiwiteit gesluit. Duitsland gee 20 bronsbeelde terug aan Nigerië wat in die koloniale tyd gesteel is.

Monitor 21 Desember 2022
Watertoevoer is grootliks herstel in Kimberley in die Noord-Kaap. Covid-19-gevalle neem skerp toe in China. Die ANC se 55e konferensie is verdaag tot 5 Januarie aanstaande jaar.

Monitor 20 Desember 2022
Ses word sewe - die ANC se nuwe leiers en sy konferensie word in diepte ontleed. Swartbemagtigingsregulasies vir staatsinstellings verander weer. Ons kyk na die impak van hierdie seisoen se gereelde reënbuie op druiwe-oeste.

Monitor 19 Desember 2022
Die leierskapstryd in die ANC blyk, sover, 'n gelykop stryd te wees tussen Cyril Ramaphosa en Zweli Mkhize. Die weermag word by kragstasies ontplooi om sabotasie en vandalisme te keer, iets wat gevaarligte vir sommige ontleders laat flikker. Is die aanspreekvorms, oom en tannie, nog relevant?

Monitor 16 Desember 2022
‘n Toename in indiensneming in die sakedienste, handel- en kontruksiebedrywe. Die Oos-Kaapse regering wil die burgemeesterskomitee-stelsel in die Nelson Mandela Baai Metro skrap. Vleisinflasie is die hoogste in vyf jaar.

Monitor 15 Desember 2022
Eskom is ruiterloos ná die bedanking van sy bestuurshoof. Inwoners van Ditsobotla in Noordwes stem in 'n tussenverkiesing teen chaos en wanbestuur. 'n Reusagtige lelie in die Kirstenbosch Botaniese Tuin blom vir die eerste keer.

Monitor 14 Desember 2022
Nóg Durbanse strande word heropen, maar daar is steeds kommer oor die hoë vlakke van E.coli in die seewater. Deurslaggewende tussenverkiesings vind vandag in die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes plaas. Die parlement se Artikel 89-proses om president Cyril Ramaphosa moontlik in 'n staat van beskuldiging te plaas, kom tot 'n einde.

Monitor 13 Desember 2022
Beurtkrag, wat oral voorkom, het onverwagte newe-effekte in Johannesburg. In die Tankwa Karoo was daar onseisoenale donderweer, reën en hael, en paaie het verspoel. 'n Argeologiese vonds in Engeland wys dat die onverwagte tog wel soms plaasvind.

Monitor 12 Desember 2022
Die Nelson Mandelabaai Metro verwelkom vakansiegangers, ondanks 'n droogte. Wydverspreide reën word vandeesweek landswyd verwag. Produksie van die Boeing 747 word na meer as vyf dekades gestaak.

Monitor 9 Desember 2022
Minder Suid-Afrikaanse petroleum- en chemiese produkte is in Oktober vervaardig. Eenheid 1 van die Koeberg-kragstasie sal eers môre afgeskakel word. Dr. Willem Botha praat onder meer oor woorde soos "blerts" en "aartsvyand".

Monitor 8 Desember 2022
'n Kenner meen daar ís lig aan die einde van die tonnel wat beurtkrag betref. Vroue praat uit nadat hulle in staatshospitale gedwing is om te steriliseer. Wetenskaplikes ondersoek opsies om kunsmatige intelligensie vir maatskaplike geregtigheid in te span.

Monitor 7 Desember 2022
'n Sterk vertoning van die BBP weer 'n resessie af. Die Suid-Afrikaanse Vloot kry amptelik 'n nuwe hoof. Die besoedeling van die Vaalrivier word binnekort in die Parlement bespreek.

Monitor 6 Desember 2022
Reaksie op die nuus dat die parlement eers oor 'n week oor die Phala Phala-sage sal sit. Die volgende fase van die SKA-projek word in die Noord-Kaap bekendgestel. SAPHRA keur nog twee Pfizer-entstowwe teen Covid-19 goed.

Monitor 5 Desember 2022
Die liggame van 14 kerkgangers is gekry nadat die Jukskei-rivier skielik afkom. Opposisiepartye vra dat die proses voortgaan om die president in 'n staat van beskuldiging te plaas. Die SKA-Mid-teleskoop word vandag bekendgestel.

Monitor 2 Desember 2022
President Cyril Ramaphosa oorweeg nog sy politieke opsies ná die Artikel 89-paneel se verdoemende verslag oor die Phala Phala-skandaal, maar wat beteken dit vir Suid-Afrikaners? Kunstenaars is ontevrede omdat hulle ná hulle optrede by die Vrystaatse kunstefees, nie betaal is nie. Streng nuwe maatreëls teen die diefstal van openbare infratruktuur, soos koperkabels, word ingestel.

Monitor 1 Desember 2022
Reaksie op die bevindings oor die Phala Phala-kwessie. Haglike werksomstandighede by die polisie blootgelê. Wêreld Vigsdag word vandag herdenk.

Monitor 30 November 2022
Talle huise in Beachview en Seaview in Gqeberha is ontruim weens 'n veldbrand. Werknemers in die staatsdiens wag steeds vir die regering se terugvoer op hulle eise. Die koers van werkloosheid het in die derde kwartaal met 'n volle persentasiepunt gedaal.

Monitor 29 November 2022
Oorlogstories oor geweld teen vroue en kinders word in Bloemfontein uitgebeeld. 'n Studie bevind dat ouers wraakmoorde op kinders pleeg om hulle huweliks- of lewensmaat seer te maak. Die Afrikaanse Taalraad vereer twee bekendes op Monitor.

Monitor 28 November 2022
Meer as 35 000 voornemende graad 1 en 8 leerlinge moet nog in openbare skole in Gauteng geplaas word. Verdeeldheid in die Vrystaatse ANC verdiep verder nadat twee streekskonferensies gelyktydig deur strydende faksies gehou is. Duisende landsburgers van China betoog teen dié land se streng Covid-19-maatreëls.

Monitor 25 November 2022
Die repokoers word weer met 75 basispunte verhoog. Eskom kry 50 miljoen liter diesel van PetroSA vir noodkragopwekking. Byna 40 miljoen kinders het verlede jaar 'n geskeduleerde entstofdosis teen masels misgeloop.

Monitor 24 November 2022
Reaksie op die jongste misdaadstatistiek. Duurder kos en vervoer blaas inflasie aan. Nóg 'n skok by die Sokker Wêreldbeker-toernooi.

Monitor 23 November 2022
Cyril Ramaphosa se presidentskap van die ANC word in Desember deur een ander kandidaat uitgedaag. Die spooragentskap, Prasa, sê sy langafstanddiens, die Shosoloza Meyl, is in intensiewe sorg, maar nog nie dood nie. Kommentaar word steeds gelewer op die konstitusionele hof se beslissing dat die sluipmoordenaar Janusz Walus parool moet kry.

Monitor 22 November 2022
Gemengde reaksie op Janusz Walusz se vrylating op parool. Politieke partye verwelkom die Appélhofbeslissing in oudpresident Zuma se mediese paroolsaak. Die jongste nuus van die Sokker Wêreldbeker-toernooi.

Monitor 21 November 2022
Eskom se diesel is klaar by twee van sy gasturbine-aanlegte in die Wes-Kaap. Die werkgewersorganisasie, Cofesa, vra huishoudings, sakeondernemings, skole en boere om sonkrag aan Eskom te verkoop. Verreikende ooreenkomste oor onder meer skadevergoeding weens klimaatsverandering word by COP27 in Egipte gesluit.

Monitor 18 November 2022
Ouers kan op die swartlys van kredietburo's geplaas word indien hulle nie hulle kinders se skoolfooie betaal nie. Die direkteur van SA rugby, Rassie Erasmus, is weer deur Wêreldrugby geskors. Is Afrikaans 'n sterwende taal? Ons kry reaksie by die Afrikaanse Taalraad.

Monitor 16 November 2022
Donald Trump sê hy is gereed vir ‘n tweede poging om die Withuis te betrek. Die wêreld reageer ontsteld op 'n missielaanval op Pole. 'n Voorstel van die Department van Basiese Onderwys vir gelsagsneutrale kleedkamers by skole, ontplof in 'n nasionale debat. Die Verenigde Nasies voorspel 'n afplatting in bevolkingsaanwas - wat beteken dit?

Monitor 15 November 2022
Die ANC trek laer om president Ramaphosa. Action SA gee pad uit 'n DA-koalisie. Boere en raadslede van die Nelson Mandela Baai-metro soek na oplossings vir die droogte wat die streek teister.

Monitor 14 November 2022
President Ramaphosa kom reltatief ongedeurd daarvan af by die vergadering van die ANC se Uitvoerende Komitee. Laagliggende gebiede stroomaf van die Vaaldam moet dalk ontruim word uit vrees vir oorstromings. Die Vryheidsfront Plus doen verkiesingswerk in Ditsobotla in Noordwes. 'n Bomontploffing in Istanboel, Turkye, dood ses mense en beseer 81.

Monitor 11 November 2022
Daar word uit verskeie oorde gereageer op die Khampepe-verslag oor bewerings van rassisme by Stellenbosch Universitei. Die Menseregtekommisie tik die EFF-leier, Julius Malema, oor die vingers oor sy Vryheidsdag-uitlatings oor rewolusie. Politieke ontleder professor Jo-Ansie van Wyk bied 'n lesing aan oor Onthou, Vergeet, en Nostalgie in die Suid-Afrikaanse gemeenskap.

Monitor 10 November 2022
Honderde Oos-Kapenaars se oproepe aan die polisie se noodnommer, 10111, word nie beantwoord nie. 'n Verslag deur oudregter Sisi Khampepe beveel aan dat die Universiteit Stellenbosch dit oorweeg om sy taalbeleid te hersien. Bykans 60 brilpikkewynkuikens is onlangs vanaf Dyer-eiland in die Gansbaaiomgewing verwyder om hulle 'n tweede kans op lewe te gee.

Monitor 9 November 2022
President Ramaphosa sê Suid-Afrika benodig $98-miljard om 'n billike oorgang na hernubare energiebronne te implementeer. Tania Campbell word herkies as die burgemeester van die Ekurhuleni-metro. Hoekom glo ons so maklik vals gesondheidsaansprake? Nuwe navorsing gee antwoorde.

Monitor 8 November 2022
Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê die afgelope agt jaar was die warmste op rekord. Voedselsekerheid is in die kollig by die COP27-klimaatsberaad. Amerikaners trek vandag hulle kruisies in die uiters belangrike middeltermyn-verkiesings. Die plaaslike mark is reeds besig om beleggers en ontwikkelaars te lok na meer volhoubare en omgewingsvriendelike praktyke. Die Departement van Basiese Onderwys wil bywoning in graad R verpligtend vir alle kinders maak..

Monitor 7 November 2022
Suid-Afrika se energie-oorgangsplan word vandag by die VN se klimaatberaad in Egipte voorgelê. Sewe-en-vyftig Blou Vlae wapper landwyd. nederland pooitjie die Proteas, terwyl Suid-Afrika ook op die rugbyveld klippe kou.

Monitor 4 November 2022
Inwoners van West Village aan Gauteng se Wesrand vertel van die skrikbewind wat onwettige myners voer. Nie-regeringorganisasies gee terugvoer oor hulle deelname aan die geslagsgeweld-beraad die afgelope week. Die familie van 'n Durbanse egpaar wat glo weens gifgas dood is, sê staatslaboratoriums se gesloer kan geregtigheid in die wiele ry.

Monitor 3 November 2022
Daar is groot planne om slim stede in Suid-Afrika te ontwikkel. 'n Ooreenkoms is bereik om die twee jaar lange burgeroorlog in Ethiopië se Tigray-streek te beëindig. Die mark vir heroïen en metamfetamien in Suid-Afrika groei, en dit wek kommer onder aktiviste teen dwelmmisbruik.

Monitor 2 November 2022
Suid-Afrika spring 'n groot internasionale voëlgriep-uitbreking vry. Hoe kan Eskom se nuwe positiewe vooruitsig, danksy Moody's, die kragvoorsiener in staat stel om beurtkrag hok te slaan? Die systap-koning, Cheslin Kolbe, is weer terug in die Bokspan - dié slag op heelagter.

Monitor 1 November 2022
Beleggers word steeds gesoek om die vrugte-inmaakfabriek op Ashton in die Wes-Kaap te red. Imtiaz Fazel is as die nuwe inspekteurgeneraal van intelligensie aangestel. Die tweede presidensiële beraad oor geslagsgeweld begin vandag. Ons vind uit of die regering sy vorige beloftes nagekom het.

Monitor 31 Oktober 2022
'n Nasionale tydperk van rou word in Suid-Korea afgekondig nadat 153 mense in 'n stormloop sterf. Die matriekeksamen begin vandag. Wie is die nuwe Zulu-koning, en hoeveel mag het hy? 'n Fietsryer trap meer as 'n 1 500 kilometer om geestesgesondheid te beklemtoon.

Monitor 28 Oktober 2022
Veertien verdagtes in 'n verkragtingsaak is vry weens swak polisiewerk - ons vra wat skeefgeloop het. Die VSA gee meer besonderhede oor 'n terreurwaarskuwing in Sandton. Die toelatingsproses vir graad 1- en 8-leerders in Gauteng verloop nie glad nie.

Monitor 27 Oktober 2022
Reaksie op die mediumtermyn-begroting. Die SAUK se Afrikaanse radiodiens is vandag 85 jaar oud - ons praat met die veteraanomroeper Nic de Jager.

Monitor 26 Oktober 2022
Ekonome sê die minister van finansies sal sy lyf vanmiddag koorddanser moet hou om 'n gebalanseerde begroting aan te bied. Rekenaarvakke soos robotika en kodering sal van volgende jaar af by die laerskoolkurrikulum ingesluit word. Tien Pierneef-skilderye wat jare lank in die Sonop manskoshuis by die Universiteit van Pretoria gehang het, vind 'n nuwe tuiste by die Voortrekkermonument.

Monitor 25 Oktober 2022
Ekonome en vakbonde is dit eens dat die aanbevelings van die staatskapingsverslag implementeer moet word. Dis-Chem word hof toe gesleep. Rishi Sunak sal geskiedenis maak as Brittanje se nuwe premier.