
Audio is streamed directly from the publisher (traffic.omny.fm) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.
Show Notes
Die oorhandiging van die laaste deel van die Zondo-verslag oor staatskaping is weer eens uitgestel. Het die president van die Appèlhof, Mandisa Maya, genoeg gedoen om die pos van adjunkhoofregter los te slaan? Die burgerlike samelewing wil help om misdaad by die grens met Zimbabwe te bestry. Eers word die Impofu-dam amptelik buite diens gestel, en nou loop die Churchill-dam byna leeg - ons praat met die nasionale departement oor die Oos-Kaap se voortslepende waterkrisis. Die Verenigde Nasies se verdragskonferensie oor die verbod op kernwapens begin vandag in Wene, Oostenryk.