
Audio is streamed directly from the publisher (traffic.omny.fm) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.
Show Notes
'n Video wat glo wys hoe 'n man sy vrou aanrand, het die afgelope week opslae gemaak. Ons praat met die slagoffer daaroor. 'n Nare stank in Pretoria het inwoners aan die praat. Die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, sê glo die weglating van Afrikaans uit die taalmonument se naam is nie onderhandelbaar nie. Talle van die skilder Irma Stern se werke gaan in Kaapstad opgeveil word.