PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 55 of 61

S1 Ep 2KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 2

In haar tronksel, waar sy wag dat sy verhoor word op 'n aanklag van moord, herleef Katryn die liefde vir haar man, haar kinders en hulle eie plaas. Sy onthou hoe sy ontdek het dat sy die Namas se nuwe opprater is, wat sterwende kinders weer lewendig kan maak.

Aug 11, 201412 min

S1 Ep 1KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 1

Rustig en breed vloei die Oranjerivier verby groentelanderye en spelende boklammers in die droë Richtersveld. Wie sou kon dink dat hier soveel haat en onderstrominge kon wees? Maak kennis met Katryn Jonis, Abraham Klink en 'n geskiedenis van diepgesetelde wrok.

Aug 8, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 50 (slot)

Zonja en Erik praat openhartig en ou geheime word oopgevlek. Clara sê haar eerste woorde. Aretha het 'n ete-afspraak met die man van haar drome. Alex en Elaine ontferm hulle oor Louis. Hierdie sluit MOOI MENSE dan af.. Druk gerus op die skakel hieronder en luister na RSG se volgende opwindende reeks, KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen.

Aug 7, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 49

Jenelle en George se gas maak vir hulle ontbyt om hulle vir hulle goedheid te bedank. Sy hoor hulle hartseerstorie en besluit om die prys vir haar oortredings te betaal.

Aug 6, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 48

Clara is uiters siek. Aretha se werk by MOOI MENSE is afgehandel. Sy vertel vir Zonja van Erik.

Aug 5, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 47

Jenelle en George ontdek 'n plakker in hulle seehuis. Erik vertel Aretha die volle waarheid. Die Robbinses ontferm hulle oor die "wegloopkind", sonder om te besef wie sy is.

Aug 4, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 46

Zonja en Louis troos mekaar. George besluit hy en Jenelle moet wegbreek see toe. Ilonka soek weer hulp by Yolanda.

Aug 1, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 45

Zonja gaan saam met Yolanda na die wondkliniek. Alex vertel vir Louis dat hy en Elaine verloof gaan raak. Aretha wys vir Zonja die foto's wat Louis van Clara geneem het.

Jul 31, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 44

Louis verstaan nie Aretha se skielike stugheid nie. Yolanda wonder oor haar pa se selfmoord. Ilonka word in Durban in hegtenis geneem. 'n Roudiens bring min troos.

Jul 30, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 43

Zonja se gesindheid jeens Yolanda verander. Aretha nooi Erik uit vir ete. Die waarheid oor sy verlede skok.

Jul 29, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 42

Zonja troos Jenelle. Alex stel Louis gerus, maar daar lê 'n lang hersteltyd voor vir Clara. Erik kuier by Aretha en vra baie vrae.

Jul 28, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 41

George en Jenelle is verpletter, hulle stry teen die werklikheid. Zonja maak uiteindelik vrede met Louis. Aretha is by toe George sy slegte nuus meedeel.

Jul 25, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 40

Aretha doen haar bes om tot Zonja deur te dring. Louis en Frankie kuier in 'n kroeg naby die hospitaal. Louis kom veilig tuis.

Jul 24, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 39

Louis is platgeslaan. Frankie ly steeds aan skok. Erik lees die berig in die koerant en dit ontstel hom uitermatig. Zonja is ontroosbaar, sy wil Louis nie by Clara toelaat nie.

Jul 23, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 38

Zonja is gebroke, selfs sy word eers nie by Clara en Yolanda toegelaat nie. Frankie bring ook die nag in die hospitaal deur.

Jul 22, 201412 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 37

Yolanda en Ilonka beplan moeilikheid vir Clara. Dit loop uit op 'n ramp.

Jul 21, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 36

Clara speel model. Zonja nooi Alex uit vir ete. Clara ontmoet Alex op Jimmy se afskeidpartytjie. Aretha en Erik dans asof hulle mekaar lankal ken.

Jul 18, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 35

Ilonka en Yolanda stook mekaar op. Louis en Clara hou piekniek. Frankie verklaar sy liefde.

Jul 17, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 34

Louis wil vrede maak met Clara. Erik Schnell neem oor by Jimmy's Jim. Hy en Aretha ontmoet mekaar.

Jul 16, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 33

Louis en Clara maak rusie. Ilonka soek losies. Sy en Yolanda konfronteer Aretha met die waarheid oor Louis.

Jul 15, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 32

Zonja vertel vir Clara dat sy gekies is as model vir MOOI MENSE se lenteuitgawe. Yolanda is terug van haar fotosessie in die Bosveld. Zonja en Louis se donker geheim kom uit.

Jul 14, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 31

Clara vind uit wat Zonja van Louis dink. Louis is gefrustreerd omdat hy nie die naweek by haar kon uitkom nie. Hy oornag in Alex se huis en Ronda, die hond, sorg vir 'n yslike misverstand.

Jul 11, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 30

Louis kan die maskerspel met Ilonka nie meer verduur nie, maar Aretha smeek hom om nog 'n rukkie aan te hou. Zonja kan nie wag om Clara se vriend te ontmoet nie.

Jul 10, 201412 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 29

Yolanda probeer Ilonka oortuig dat Louis vir haar lieg. George gaan saam met Jenelle na dokter Keyser en vra die verkeerde vrae. Frankie is op pad na sy vriende, toe Yolanda aan sy woonsteldeur klop.

Jul 9, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 28

Louis kuier die hele naweek en Maandag en Dinsdag in Pretoria. Aretha raak bekommerd oor hom en Clara. Yolanda kry 'n fotosessie met Wilhelm Essbach. In ruil daarvoor moet Zonja Clara ompraat om MOOI MENSE se lente-meisie te wees.

Jul 8, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 27

Yolanda laat val dat sy 'n oulike fotograaf by Aretha ontmoet het en Zonja praat haar mond verby. Ilonka verlang na Louis. Yolanda is dringend op soek na werk.

Jul 7, 201412 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 26

Dis duidelik dat Alex 'n ogie op Clara het. George en Frankie gaan vir toetsritte op motorfietse. George is opgewonde, maar Frankie nie.

Jul 4, 201412 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 25

Louis is by Aretha op kantoor toe Yolanda daar inbars met haar portfolio. Hy kies blitsvinnig die hasepad. Jenelle baklei met George oor motorfietse. Louis en Aretha maak rusie oor Clara.

Jul 3, 201412 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 24

Zonja pers Aretha af om werk vir Yolanda te gee. Aretha dink daaraan om Zonja van haar planne vir Clara te vertel en waarsku Louis om uit Yolanda se pad te bly.

Jul 2, 201412 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 23

Ilonka is bekommerd omdat sy niks van Louis hoor nie. Yolanda is kwaad omdat Frankie haar kritiseer.

Jul 1, 201412 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 22

Alex en Louis is by Alex se huis vir nabetragting oor 'n Harley-naweek. Terwyl hy gaan drinkgoed haal, lees Louis SMS'e van Ilonka en raak doodsbenoud. Frankie en George eet weer saam. Louis en Clara maak afsprake.

Jun 30, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 21

Aretha smeek Louis om Ilonka enduit by te staan en selfs vir Clara in te lig. Clara kom die naweek huis toe, maar hy voel dis te vroeg om daar saam te kuier en buitendien hou Zonja nie van hom nie. Zonja vertel Clara dat Yolanda haar werk verloor het en vra haar om te help om Yolanda minder stief te laat voel.

Jun 27, 201412 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 20

Yolanda soek werk en sy sal selfs Frankie s'n oorneem. Zonja stel voor dat sy Aretha nader. Jenelle is steeds onseker oor die vetsuigingprosedure. Yolanda is kwaad omdat Aretha nie vir haar werk het nie en Zonja probeer help. Yolanda kuier by Ilonka wat haar vertel dat sy en Louis Hartog 'n ernstige verhouding het. George probeer Jenelle opbeur.

Jun 26, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 19

Zonja betrap Yolanda in die middel van die nag in haar kombuis. Die volgende dag op pad werk toe sê Frankie dat hy die woonstel sal prysgee, maar Zonja weier. Yolanda is terug omdat haar loopbaan oorsee verby is. Aretha is in haar skik met Louis se vordering, maar jaag hom aan om Clara van die modelwerk te vertel. Teen sluitingstyd wil Zonja nie huis toe gaan nie en nooi Frankie vir ete. Aretha maak 'n voorlegging by Mooi Mense om Clara te betrek, maar skrik toe sy besef hoe sterk Louis oor die meisie voel.

Jun 25, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 18

Aretha is teleurgesteld omdat sy reken Louis het nie hard genoeg probeer nie. Hy vererg hom en besluit om die meisie te kry, kom wat wil. Yolanda is smoorkwaad omdat Zonja haar woonstel uitverhuur het. Sy wil nie in die huis in een van die gastekamers bly nie. Sy hoor dat haar beste vriendin, Ilonka, opgeneem is vir dwelmrehabilitasie. Louis en Clara ontmoet mekaar. Dit is liefde met die eerste aanblik en kom van beide kante.

Jun 24, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 17

Louis vertel vir sy ma dat hy Pretoria toe gaan om van Ilonka af weg te kom. Zonja is vies vir Yolanda wat nie met haar en Clara kommunikeer nie. Clara het die naweek in Frankie se geselskap geniet. Aretha bel Zonja om haar te bedank vir die geld wat sy vir Ilonka inbetaal het. Zonja verseker haar dat sy elke sent sal terugkry. Jenelle maak kennis met die plastiese chirurg, Alex Keyser, wat haar vetsuiging sal doen. Sy is bang en het baie vrae. Louis sit op die mediese kampus en frustreer hom, want Clara is nêrens.

Jun 23, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 16

Louis se vriend, Alex, is terug van Amerika, hulle gim saam. Dit blyk dat Alex sy verhouding met Elaine verbreek het en dat sy hom nou teister. Louis moet Ilonka weer eens besoek. Sy kan nie wag om by hom in te trek nie. Hy skrik en vertel haar hy is op pad om drie maande lank foto's in Afrika te neem, maar belowe om kontak te behou. Hy bekla sy lot by Alex wat aan die hand doen dat hy die mooi meisie in Pretoria moet gaan opsoek.

Jun 20, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 15

Aretha leen geld by Zonja om Ilonka te help. Louis wil steeds nie met Clara gaan vriende maak nie. Jimmy het nou twee kopers vir die gim. Ene meneer Robbins stel ook belang. Jenelle is omgekrap oor George se planne om 'n gim te koop. Hy lok haar verder uit toe hy aankondig dat hy 'n motorfiets sal koop, as hy nie die gim kan kry nie.

Jun 19, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 14

Aretha en Zonja speel saam gholf tot Zonja se frustrasie. Sy waarsku Aretha teen Ilonka, maar willig in om haar te besoek met negatiewe resultate, boonop verneem sy dat dit sleg gaan met haar stiefdogter, Yolanda. Sy kom kwaad by die huis, waar Frankie sy Porsche was dat die seepskuim haar blombolle oorstroom. George bel en wil kom kuier, maar Frankie stel voor dat hulle eerder vir ete uitgaan. Zonja vra te laat om verskoning.

Jun 17, 201412 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 13

Frankie is op sy senuwees oor sy ma se afspraak met Zonja, meer nog indien sy pa skielik sou opdaag. Aretha en Louis skrik vir die toestand van Ilonka se woonstel. Jenelle kom Bianchi's toe vir haar afspraak. Zonja hanteer haar so professioneel soos sy haar ander kliënte hanteer. Aretha besoek Ilonka in die psigiatriese saal en vind uit dat Ilonka hopeloos verlief is op Louis.

Jun 17, 201412 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 12

Aretha vra Louis om Clara op te soek en foto's van haar te neem as 'n voorlegging vir Mooi Mense se lente-uitgawe. Hy weier. Aretha werk hard om die redaksiekantoor reg te ruk. Sy bel Zonja om te verneem of sy of Yolanda kontak het met Ilonka se ouers. Louis kuier weer by Ilonka, met kommerwekkende resultate. Aretha moet van Ilonka se persoonlike besittings in haar Hillbrow-woonstel gaan haal.

Jun 16, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 11

Op pad werk toe pols Zonja vir Frankie oor sy menings en besef dat hy naïef is oor meisies en vroue. Hy erken aan haar dat sy ma hulp soek. Jenelle sien uit na Frankie se besoek. Sy bel Bianchi's en ontdek dat hy daar werk. Louis bring 'n rondloperkatjie huis toe en hy help Jimmy by die gim. George en Jenelle hoor dat Zonja 'n dogter het wat medies swot. Aretha wil Ilonka se ouers opspoor en onthou dat Clara pragtig is en die beste kandidaat is vir haar lente-uitgawe.

Jun 13, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo Episode 10

Aretha kry tydelik haar ou pos by Mooi Mense terug en floreer. Sy beplan die lente-uitgwae en vra Louis as fotograaf om haar te help om 'n nuwe gesig te soek, en ook om vir Ilonka in die hospitaal te gaan kuier. Hy doen dit om sy ma te help en Ilonka beskou hom as haar redder. Dit blyk dat haar verslawing 'n lang pad kom en dat Aretha hard sal moet werk om die tydskrif van ondergang te red. Zonja en Frankie maak beurte om werk toe en terug te bestuur. Sy is eensaam en oorweeg dit om hom vir 'n nightcap in te nooi, maar bel eerder vir Aretha en kruis swaarde met Louis.

Jun 12, 201415 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 9

Die woonstel wat Frankie betrek, is Zonja se modeldogter, Yolanda, s'n maar sy woon en werk jarelank al oorsee en kom nooit meer huis toe nie. Aretha is bekommerd oor Ilonka. Sy deel dit, ook haar bekommernis oor die tydskrif Mooi Mense met Zonja wat geen simpatie toon nie.

Jun 11, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 8

Die woonstel wat Frankie betrek, is Zonja se modeldogter, Yolanda, s'n maar sy woon en werk jarelank al oorsee en kom nooit meer huis toe nie. Aretha is bekommerd oor Ilonka. Sy deel dit, ook haar bekommernis oor die tydskrif Mooi Mense met Zonja wat geen simpatie toon nie.

Jun 10, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 7

Frankie kry die pos by Zonja en sy bied hom haar tuinwoonstel aan. Hy moet dadelik begin werk en Aretha moet hom touwys maak. Zonja stuur hom na haar haarkapper om sy voorkoms te verbeter tot die verbasing van sy ma wat nie kan glo dat hy eindelik die huis gaan verlaat nie. Aretha probeer byhou met haar roman. Ilonka bel, sy werk laat, maar klink deur die blare. Louis en Aretha maak 'n skokkende ontdekking. George is glad nie tevrede met Frankie se geheimsinnige nuwe werk en woonstel nie.

Jun 9, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 6

George en Frankie begin die dag met een van hulle vele konfrontasies. Jimmy het 'n koper vir sy gim. Frankie lê Aretha in die parkeerarea van die sentrum voor en smeek haar om sy ma van Zonja af weg te hou. George is steeds besig om vir sy seun werk te soek. Jenelle bel en bevestig haar afspraak met Zonja by Aretha wat besluit om Jenelle te ondersteun.

Jun 5, 201414 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 5

Zonja konsulteer mev. Haman en haar dogter Tamara. Frankie daag op vir sy werksonderhoud waarvoor hy hom uitstekend voorberei het. Dis nie nodig nie, want Zonja oordeel hom meer op sy voorkoms as sy intelligensie. Aretha sit Frankie gou op sy plek. Tuis ontdek hy dat sy ma 'n afspraak met Zonja het en dit wil hy tot elke prys vermy.

Jun 5, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 4

Zonja speel elke tweede Woensdag gholf en Aretha kry kans om aan haar roman te werk. Louis, wat 'n Harley ry, pas sy doktersvriend Alex se meisie, Elaine, vir hom op. Die volgende dag moet Aretha onder andere vir Zonja help om werksaansoeke wat deur die loop van die week ingekom het, uit te sorteer. Ilonka Flowers, redakteur van Mooi Mense, bel om vir Aretha vryskutwerk te gee en Zonja is nie beïndruk nie. Ilonka klink 'n bietjie af.

Jun 4, 201412 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 3

George is nie so seker dat Frankie werk soek nie en reël vir hom 'n pos by een van sy vriende. Aretha kom net betyds, maar omgekrap, by die werk aan. Zonja het geen simpatie nie en laai net meer op. George en Frankie eet saam. Dit blyk dat Jenelle 'n yslike gewigsprobleem het en dat pa en seun oor min dinge saamstem. Zonja reken dat Aretha haar voorkoms verwaarloos en botox nodig het.

Jun 3, 201413 min