PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 54 of 61

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 18

Susan maak 'n belangrike ontdekking. Of is dit nie regtig so belangrik soos sy dink nie? Rikus kom doen inkopies in die beskawing en loer by Yvette in.

Oct 28, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 17

Susan tree in die bresse vir Henri. Gaan Koos weer die onderspit delf? Is Yvette werklik opgewasse teen Henri se aanslae? Marius dink nogal so.

Oct 27, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 16

Koos probeer alles om sy nuwe vrou tevrede te stel, maar sy wil die spreekwoordelike Johannes-die-doper-se-kop-op-'n-skottel van hom hê. Gaan hy dit vir haar gee?

Oct 24, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 15

Dit kom aan die lig dat Henri ook 'n goeie kant het. Sou die aand in die tronk iets daarmee te doen hê?

Oct 23, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 14

Yvette pols Rikus weer vir 'n DNS-toets. Dalk het sy 'n plan van haar eie om vas te stel of hy Marius se biologiese seun is.

Oct 22, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 13

Hoe goed is die kanse dat Marius uit die koma sal wakker word en heeltemal herstel? Hoe groot is die risiko dat hy iets kan oorkom? En sou daar iets verkeerd gaan, is daar iemand wat dadelik kan help?

Oct 21, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 12

Veronica het 'n probleem. Sy bespreek dit met Marius waar hy in 'n koma in die hospitaal lê. Kan hy ooit hoor wat sy vir hom sê? Yvette erken sy is nie haarself nie.

Oct 20, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 11

'n Helikopter vlieg onverwags oor Bergplaas. Wie sou dit wees? Dalk wilddiewe? Rikus is bekommerd. Susan neem haar kans waar om haar in te grawe in die kantoor by Bergmans.

Oct 17, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 10

Dit lyk of 'n skietstilstand tussen en Yvette en Veronica in die vooruitsig is. Susan en Henri sien vir die eerste keer sy pa, Koos Bester, saam met sy nuwe en jonger vrou in die openbaar. Susan het haar situasie aanvaar, maar Henri voel dalk anders oor die saak.

Oct 16, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 9

Henri kom met 'n slinkse slenter by Yvette aan en wanneer hy besef sy sien deur hom, wys hy sy ware kleure.

Oct 15, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 8

Henri raak desperaat en speel grootmeneer. Hy voel bedreig deur Rikus. Susan probeer Yvette oortuig dat sy Henri moet toelaat om voort te gaan met sy planne.

Oct 14, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 7

Veronica stel Marius gerus oor wat by die werk aangaan. Errol gee Yvette iets om oor na te dink. Sy en Veronica kruis steeds swaarde.

Oct 13, 201415 min

S1 Ep 41KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 40 (slot)

Die identiteit van Koos Klink se moordenaar word onthul nadat Katryn Jonis reeds skuldig bevind is aan sy moord. Intussen is regter Te Doorn se dogtertjie, Tinkie, besig om te sterf, maar is hy bereid om 'n laaste uitweg te probeer?

Oct 2, 201414 min

S1 Ep 40KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 39

Die hofuitspraak word onderbreek met die nuus dat regter Te Doorn se twaalfjarige dogtertjie in 'n koma is nadat sy van haar perd afgeval het. Abraham het diep berou oor wat hy gedoen het, en maak 'n verrassende oproep.

Oct 1, 201414 min

S1 Ep 39KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 38

Abraham knak onder kruisverhoor en lap die waarheid oor sy haat jeens Katryn uit. Het hy maar vroeër gepraat, kon dit soveel onnodige lyding gespaar het.

Sep 30, 201413 min

S1 Ep 38KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 37

Regter Te Doorn maak 'n skokkende ontdekking. Abraham Klink se haat vir Katryn en haar oupa kook oor in die hof.

Sep 29, 201414 min

S1 Ep 37KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 36

Die hof word ingelig dat Doempies Pieterse vermoor is, en die Staat roep Abraham Klink om te getuig teen Katryn Jonis.

Sep 26, 201414 min

S1 Ep 36KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 35

Abraham maak 'n belofte aan sy oorlede ma. Twee besope boemelaars maak in die nag 'n skokkende ontdekking in 'n murasie in Distrik Ses.

Sep 25, 201413 min

S1 Ep 35KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 34

Doempies vlug. Hy weet sy dae is getel. Hy probeer op alle maniere wegkom, maar Daaimint bly meedoënloos op sy spoor.

Sep 23, 201413 min

S1 Ep 34KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 33

Regter Te Doorn en sy vrou maak vrede langs hulle slapende dogtertjie, en in die hof word Doempies se ergste vrese bewaarheid.

Sep 23, 201414 min

S1 Ep 33KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 32

Regter Te Doorn is terug en gereed om voort te gaan met Katryn se verhoor, maar in die houthut op die Kaapse Vlakte is Doempies en Abraham gespanne oor die hofsaak uit vrees dat die waarheid oor hulle betrokkenheid by Vlok se sindikaat sal uitkom.

Sep 22, 201414 min

S1 Ep 32KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 31

Die hof staan leeg. Waar is regter Te Doorn? Intussen vrees Doempies dat sy troefkaart nie sterk genoeg sal wees om Katryn se doodsvonnis te bewerkstellig nie.

Sep 18, 201412 min

S1 Ep 31KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 30

Die verhoor eis sy tol van regter te Doorn. Na 'n lelike rusie tuis, klim hy in sy motor en ry net weg.

Sep 18, 201413 min

S1 Ep 30KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 29

Dit is Doempies teen Katryn en Katryn teen Doempies in die hof, maar die verloorder is regter Te Doorn.

Sep 17, 201413 min

S1 Ep 29KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 28

Katryn staan in die beskuldigdebank. Doempies glo hy weet iets wat sal bewys dat sy die moord op Koos Klink gepleeg het.

Sep 16, 201413 min

S1 Ep 28KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 27

Abraham vertel Doempies hoe, na die Prinses se ontvoering, die Nama-gemeenskap uitmekaar geval het, en dat maande daarna eers 'n ekspedisie op die been gebring is om haar te probeer bevry.

Sep 15, 201414 min

S1 Ep 27KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 26

Terwyl hulle wag vir die verhoor om te hervat, vertel Abraham verder aan Doempies hoe Dirk Beeslaar se drank die Namas smoordronk buite hulle hutte laat bly lê het. 'n Hartseer Abraham beskryf hoe hy uit skaamte gaan wegkruip het in die veld, en hoe hy wakker geword het van die geluid van gille en perdepote, en die skokkende gebeure daarna.

Sep 12, 201413 min

S1 Ep 26KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 25

Spanning oor die verhoor en Katryn se vreemde houvas op hom, het regter Te Doorn 'n hewige angsaanval besorg, wat hom in die hospitaal laat beland het. Dit gaan boonop nie goed tussen hom en sy vrou, Leona nie. Abraham vertel Doempies van die keer toe Dirk Beeslaar met 'n handperd, belaai met kanne wyn, by die Namas opgedaag het.

Sep 11, 201412 min

S1 Ep 25KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 24

Abraham vertel Doempies verder van die Namas se agteruitgang onder Dirk Beeslaar se invloed. Sersant Snyders daag by die gevangenis op om Katryn in te lig dat die hofsaak tydelik onderbreek gaan word omdat regter Te Doorn in die hospitaal opgeneem is vir waarneming.

Sep 10, 201412 min

S1 Ep 24KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 23

Dirk Beeslaar skiet sommer twee gemsbokke en die Namas vier fees. Die mense drink en dans tot hulle neerval. Dirk het sy oog op die skone Prinses.

Sep 9, 20149 min

S1 Ep 23KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 22

Die slang maak sy opwagting in Abraham se Nama-paradys: Dirk Beeslaar verskyn met sy perde, sy geweer en sy kanne wyn.

Sep 8, 201410 min

S1 Ep 22KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 21

Katryn word verneder deur haar oupa se wit kinders. Abraham begin wonder of Katryn werklik skuldig is aan die moord op sy seun.

Sep 5, 201412 min

S1 Ep 21KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 20

Meneer Vlok kom agter dat van die diamante wegraak en ondervra Doempies nadat hy hom aangerand het. Doempies waarsku Koos.

Sep 4, 201411 min

S1 Ep 20KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 19

Abraham onthou sy gesprekke met die Prinses. Doempies vertel Abraham dat sy seun, Koos, 'n paar dae voor sy moord 'n bekentenis gemaak het.

Sep 3, 201412 min

S1 Ep 19KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 18

Die geheimsinnige Daaimint hou Doempies steeds dop. Katryn vrees vir Maandag, wanneer die verhoor sal voortgaan.

Sep 2, 201413 min

S1 Ep 18KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 17

Regter Te Doorn verloor sy selfbeheer wanneer sy vrou en skoonma hom treiter. Abraham en Doempies word geïnspireer deur te veel wyn.

Sep 1, 201412 min

S1 Ep 17KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 16

Katryn raak bevriend met sersant Saartjie Snyders. Abraham vertel Doempies van sy idilliese jeugjare en die Nama Prinses.

Aug 29, 201412 min

S1 Ep 16KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 15

Doempies hoor hoe Abraham Klink deur meneer Vlok by die diamantsmokkelary betrek is.

Aug 28, 201411 min

S1 Ep 15KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 14

Meneer Vlok, die plaasvoorman, lewer vleis en groente aan 'n diamantmaatskappy, maar terselfdertyd is hy betrokke by sluikhandel. Hy werf Doempies vir die sindikaat.

Aug 27, 201412 min

S1 Ep 14KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 13

Abraham en Doempies gesels in hulle tydelike houthut op die Kaapse Vlakte. Abraham vertel van die Namas se luiperdjag. Daaimint, die geheimsinnige man met die tronk-tatoeëermerke, raak 'n dreigende teenwoordigheid.

Aug 26, 201413 min

S1 Ep 13KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 12

Doempies Pieterse getuig teen Katryn en vertel hoe 'n ongenaakbare mens sy is. Hy en Abraham Klink word egter albei ontsenu deur 'n man met tronk-tatoeëermerke wat hulle dophou.

Aug 25, 201413 min

S1 Ep 12KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 11

Katryn vertel aan die hof hoe sy Koos Klink betrap het waar hy in die proses was om haar dogter te verkrag. Sy het hom met 'n mes agterna gehardloop met die doel om hom dood te steek. 'n Dokter getuig vir die Staat dat die oorsprong van die bloed op Katryn se rok die oorledene is.

Aug 22, 201413 min

S1 Ep 11KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 10

Regter Te Doorn is besig om sy beheer oor die hofverrigtinge voor Katryn se aanslag te verloor.

Aug 21, 201413 min

S1 Ep 10KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 9

Katryn se sterk persoonlikheid en vreesloosheid ontsenu sowel sersant Koekemoer as regter Te Doorn.

Aug 20, 201413 min

S1 Ep 9KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 8

Sersant Koekemoer lewer verdoemende getuienis. Katryn kan haar woede nie beteuel nie en die regter se vrees vir sterk vroue knak sy selfvertroue.

Aug 19, 201413 min

S1 Ep 7KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 7

Die hofsaak begin. Katryn behartig haar eie verdediging, maar trap klei.

Aug 18, 201413 min

S1 Ep 6KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 6

Katryn steek haar advokaat in die pad omdat hy nie onvoorwaardelik in haar onskuld glo nie. Sy is van mening dat dit voldoende sal wees as sy bloot die waarheid aan die hof vertel.

Aug 15, 201413 min

S1 Ep 5KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 5

Sersant Koekemoer van Port Nolloth arresteer Katryn vir die moord op Koos Klink. Sy vertel wat die dag gebeur het.

Aug 14, 201412 min

S1 Ep 4KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 4

Katryn vertel haar storie vir advokaat De Villiers op 'n bandopnemer. Fluitjie gaan bly by Doempies Pieterse, maar Katryn weier om hulle toestemming te gee om te trou.

Aug 13, 201413 min

S1 Ep 3KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD deur Jan Huisamen - Episode 3

Katryn weier om Abraham se kleinkind op te praat en die kindjie sterf. Die haat groei op Grootderm. Katryn se advokaat besoek haar in die tronk.

Aug 12, 201413 min