
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 57 of 61

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 2
Oom Barend is 'n instelling by die Hokke en hy praat Michelle moed in. Letitia Samuels is nie net polities ambisieus nie, maar raak ook betrokke in Roman se planne. Arend Brummer is 'n regte kapokhaantjie en vol planne. Ongelukkig vir hom is Michelle nie lus vir sy praaitjies nie.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 1
Dis Michelle Silver se eerste dag as gemeenskapswerker in die Hokke. Die Munisipaliteitswoonstelblokke is 'n rowwe plek en sy kry dadelik die wind van voor. Roman Struwig is 'n suksesvolle besigheidsman en probeer Dice de Bruin ompraat om met hom sake te doen.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 50 (slot)
Wie is die reeksmoordenaar en wat het hom tot die gruweldade gedryf? Wie het Perus Dickson Maasdorp vermoor? En hoe het Sarie Becker gesterf? Kom Tom uiteindelik uit sy koma? Hierdie sluit WEERWRAAK dan af. Druk gerus op die skakel hieronder en luister na RSG se volgende opwindende reeks, DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 49
Alles is gereed vir Charmaine Frost se groot ontsnapping. Dr. Hattingh wil weet wie die geheimsinnige Meneer X is. Bobbie Hattingh is terug in Suid-Afrika met 'n swaar vrag wat sy van haar hart wil afkry. Amor Truter besluit dis tyd om te sien hoe verloop 'n dag in die lewe van 'n Russiese spioen. Sy voorsien nie die dramatiese gevolge nie.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 48
Magdalena Hattingh besoek Tom in die hospitaal om haar hart leeg te maak. Haar hantering van Charmaine Frost en Dick Nolte word 'n skaakspel wat vernuftige skuiwe verg. Wie gaan vir wie skaakmat?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 47
Amor Truter se besoek aan Londen lewer die een na die ander skok op. Magdalena Hattingh is vasberade om haar plan vir 'n Hattingh-nageslag deur te voer ongeag die koste. Wie verdwyn?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 46
Wie sit agter die aanval op Martin Truter? Gaan hy dit oorleef? Charmaine Frost weet baie en Amor Truter besoek haar in die tronk om afsluiting oor haar ma te kry. Wat is die goeie nuus wat dr. Hattingh aan Amor wil meedeel?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 45
Martin Truter is erg onsteld oor wie almal Joanne Buckley se begrafnis in Londen bywoon. Sake verloop ook nie soos dit moet nie. Dick Nolte is weer in die moeilikheid maar hy omskep die verleentheid in 'n geleentheid. Wat voer hy in die mou?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 44
Tom Hattingh se toestand ontstel sy ma so, dat sy sekere voorsorgmaatreëls begin tref. Wat is die jongste krisis waarmee Martin Truter gekonfronteer word?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 43
Magdalena Hattingh dwing Bobbie Hattingh in 'n onbenydenswaardige situasie in. Dick Nolte speel sy troefkaart. Hoekom is Charmaine Frost so ontsteld?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 42
Amor Truter kom op belangrike inligting af. Wie se hulp roep sy in? Dick Nolte begin sy ware kleure wys. Die Vrydag verloop aanhoudend skeef. Dit word 'n aand met dramatiese gevolge.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 41
Magdalena Hattingh vind tot vele se ontsteltenis uit wie Martin en Dirk Truter se biologiese pa is. Charmaine Frost kry besoekers in die tronk, elk met 'n eie agenda. Maar dis of sy die besoeke verwag en voorbereid is daarop. Waarheen het Amor Truter verdwyn?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 40
Watter vernuftige plan beraam Tom Hattingh wat Charmaine uitknikker? Magdalena Hattingh se DNS-toetse het stormagtige gevolge. Gaan Klein Petrus Maasdorp se pa dit oorleef?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 39
Gaan Tom Hattingh ooit uit die kloue van Charmaine Frost bevry word? Die foto wat Bobbie Hattingh van Dick Nolte en Tobias Niewoudt geneem het, het nagevolge. Watter skokkende nuus word uit Stockholm aangestuur?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 38
Wat gaan die nadoodse ondersoek oplewer na die jongste opspraakwekkende gebeure? Was dit moord? Charmaine Frost het diepte kennis oor geheime Russiese regeringsgebeure. Hoe kom sy daaraan?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 37
Die sensasionele Russiese verbintenis wat aan Tom se ontvoering gekoppel word, sorg dat dit 'n voorbladstorie bly. Magdalena Hattingh beskou dit as 'n oorlogsverklaring. Wat is Charmaine Frost se jongste plan met Tom Hattingh? Wie word vermoor?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 36
Die inligting rondom die dood van Dirk Truter wissel van dag tot dag en van indiwidu tot indiwidu. Wat het regtig die dag gebeur toe hy vermoor is? Vir wie werk Martin Truter? Wat was die verbintenis tussen hom en Anton van Wyk? En waar is Tom Hattingh?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 35
Charmaine Frost slaan weer toe met plan B. Wie is die ware Martin Truter? Gaan Bobbie Hattingh voor sy eise swig?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 34
Charmaine beplan om weer tyd saam met Tom Hattingh deur te bring op haar eie makabere manier. Gaan sy daarin slaag? Wie het regtig gesorg dat Bobbie Hattingh uit die tronk in Maputo vrygelaat word en hoekom is dit belangrik om te weet. Geraamtes val uit die kas in nog 'n onthullende episode.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 33
Hoekom lei alle paaie skielik na die Kaap? Daar is 'n verrassende wending in die ondersoek na die moord op Sarie Becker. Gaan die skuldige uiteindelik vasgetrek word?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 32
Wie is Charmaine Frost se jongste slagoffer en wat is die ultimatum wat aan Dick Nolte gestel word? Daar moet sekerlik geheime in Petra Maasdorp se trommel wees. Hoekom anders sou almal daarin belangstel?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 31
Sal die plan van dr. Magdalena Hattingh en Amor Truter om Bobbie Hattingh uit die tronk in Maputo te kry, slaag? Kaptein Stompie van der Merwe se nuus uit Stockholm oor sy DNA-toetse kom as 'n skok. Wat is dit wat Martin Truter heeltemal onderstebo klap? En wie weet almal Magdalena Hattingh is 'n Rus van geboorte.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 30
Terug in Suid-Afrika kom Kaptein van der Merwe op interessante foto's af. Wie konfronteer hy daarmee? Hoe suksesvol is Magdalena Hattingh in haar pogings om haar seun te beskerm? Daar is skokkende nuus uit Swede.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 29
Gaan Bobbie Hattingh ooit uit die tronk in Maputo kom? Kaptein van der Merwe krap nuwe inligting oor die dood van sy seun in Stockholm uit. Gaan dit hom egter help om die moord op te los?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 27
Tom Hattingh sal nooit Valentynsdag vergeet nie. Bobbie Hattingh is in groot nood en soek dringend hulp. Wat laat Dick Nolte en Magdalena Hattingh se verhouding versuur?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 26
Daar is 'n glanspaartjie op die dansvloer van 'n fondsinsamelingsdinee wat mense aan die raai het. Hoe vorder almal se planne vir Valentynsdag? Kaptein van der Merwe is op pad Stockholm toe vir lewensbelangrike inligting.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 24
Daar is verdere kinkels in die moord op die intelligensie-agent Thulani Mabuza. Die feit dat Dick Nolte vir beide dr. Magdalena Hattingh sowel as Charmaine Frost werk, begin sy tol eis. Hoekom is Bobbie Hattingh in 'n ontredderde toestand?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 23
Meer mense wonder skielik oor Martin Truter se agenda. Wie is die nuwe vrou in sy lewe? 'n Kwitansie en vingerafdrukke laat Dick Nolte skarrel.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 22
Tom Hattingh word gekonfronteer met 'n netjiese verklaring wat by die polisie ingehandig is. Martin spook steeds met die tergende geheim oor sy biologiese pa. Dr. Magdalena Hattingh loop weer vir Martin Truter storm, maar die keer is hy voorbereid.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 21
Wie kom tot Bobbie Hattingh se redding? Dr. Magdalena het 'n goeie idee wie die geheimsinnige man is wat op Bobbie se spoor is. Tom Hattingh en Amor Truter sukkel om hulle verskille uit te stryk.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 20
Alle paaie lei weer na Chimoio in Mosambiek. 'n Interessante klomp karakters daag daar op. Bobbie maak 'n ontstellende ontdekking. wat haar inkrimineer as moordenaar. Charmaine Frost slaan weer toe met dramatiese gevolge.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 19
Hoekom spook Dick Nolte by Tom Hattingh? Dis so erg dat hy sy ma, dr. Magdelena Hattingh, daaroor konfronteer. Foto's op die selfoon van die vermoorde prokureur Giep de Jager lei tot baie gevolgtrekkings en moontlike verklarings. Kan Petra Maasdorp se geskrifte werklik tot nuwe insigte lei?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 18
'n Nuwe moord het almal op hol en Dick moet van die lyk ontslae raak. 'n Kubaanse sigaar kan dalk sleutelgetuienis wees. Wie het dit gerook en onnadenkend weggegooi? Amor Truter en Tom Hattingh se verhouding is onder druk. Kaptein Stompie skok Martin met selfooninligting wat Martin in 'n hoek het.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 17
Tom Hattingh word te hulp gesnel, maar is dit betyds om die skade te beperk? Kaptein Stompie van der Merwe kry nie rus vir sy siel oor sy seun Dirk se dood nie en soek verder hulp. Dick kry skaars kans om sy nuwe vryheid te geniet. Daar wag ook vir hom 'n verrassing.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 16
Hoekom skarrel Charmaine Frost skielik rond? Bobbie se ontvoering spook steeds by haar. Sy word verder getraumatiseer met 'n onverwagse ontmoeting. Hoekom is Dick Nolte en Martin Truter so haaks? Dis nie die einde van Tom Hattingh se ellendes nie.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 15
Nuwe inligting skok Bobbie Hattingh oor haar ma, Sarie Becker, se moord. Die destydse ontmoeting tussen kaptein Stompie en Elsa Truter het verreikende gevolge. Amor Truter sal moet koes vir haar lewe – daar's 'n prys op haar kop.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 14
Magdalena Hattingh se geslepenheid manifesteer in die uitsonderlike kommunikasiekanaal wat sy gebruik. Tom Hattingh, haar seun, ontvang nuus wat hom met rede ontstel. Hoekom voel dit vir Dick Nolte hy is tussen die duiwel en die diep blou see? Daar's 'n nuwe man wat sy opwagting maak: ene Tobias Niewoudt.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 13
Dit gaan nie goed met Bobbie Hattingh nie. Skielik val die kollig op spermbanke en Tom Hattingh. Martin Truter het sy eie weergawe van die ontmoeting tussen kaptein Stompie en Elsa Truter en die gevolge daarvan. Gaan pierewaaier Dick Nolte vrygelaat word uit die tronk, of is dit net gerugte.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 12
Wie het almal vir kaptein Van der Merwe in die visier en hoekom? Dick Nolte word van baie dinge beskuldig, maar verwar die karakters nie grondige redes en vooroordele met mekaar nie. Daar's 'n skokkende opdrag wat vir Amor Truter betrek.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 11
'n Gyselaarsdrama is ter sprake. Wat het op 11 Augustus 2010 in Harare gebeur wat vandag nog weerklank in Suid-Afrika vind.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 10
Chimoio in Mosambiek is nie net 'n heerlike subtropiese vakansiebestemming nie... dit vind Bobbie en Amor op 'n harde manier uit. Hoekom moet Amor skielik haar kantoor skuif? Al sit Dick Nolte steeds in die tronk, is sy dienste skielik belangrik.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 9
Die hospitaal is weer die voorland vir een van die karakters. Hoe het kaptein Stompie en wyle Elsa Truter se paaie destyds gekruis? Dis dalk die sleutel tot die kaptein se optrede. Daar's verskeie agendas wat sorg dat 'n klompie sleutelkarakters skielik weet van 'n plek met die naam Chimoio in Mosambiek.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 8
Daar is drama by Tom Hattingh se huis in Kosmos. Sal Breker Benade dit tot in die getuiebank maak? Daar moet 'n goeie rede wees waarom Sarie Becker se dood vir kaptein Stompie Van der Merwe opnuut ontstel.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 7
Asof hy nie genoeg probleme het nie, tref nog 'n nagmerrie vir Tom Hattingh. Daar is 'n ontvoering wat almal verras.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 6
Iemand red Magdalena Hattingh se lewe. Wie is dit en wat is die motief daaragter? Is Breker Benade regtig so 'n belangrike karakter? Daar moet 'n goeie rede wees hoekom Martin Truter so baie vassit met 'n sekere karakter.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 5
Wat staan alles in Sarie Becker se nadoodse verslag? Iemand toor met vermommings. Die vraag is wie. Daar is drama by die hospitaal met verreikende gevolge.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 4
Charmaine Frost is nie verniet bekend as 'n gewetenlose karakter nie. Getrou aan haar aard stook sy nuwe kwaad. Wat spook by Tom Hattingh? Daar is 'n geheimsinnige vrou op Sarie Becker se begrafnis.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 3
Hoekom Is Elsa Truter se nalatenskap so bitter in die monde van haar kinders? Daar's dinge omtrent Dirk Truter se dood wat sy suster, Amor, pla. En daar's 'n persoon (of is dit persone) wat 'n skrikbewind voer met R4-gewere.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 2
Hoekom kom die nuwe karakter, Martin Truter, Suid-Afrika toe? Daar's 'n nuwe moord... die keer met 'n verskil. Doelwit D het van die hoofkarakters se lewens drasties beïnvloed. Is dit die verklaring vir baie dinge?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 1
Wat laat die haat opnuut opvlam tussen Magdalena Hattingh en Charmaine Frost en hoe hanteer hulle die nuwe konflik? Daar's verwikkelinge wat aanleiding gee tot Sending Bissau – met dramatiese gevolge.