
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 60 of 61

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 20
Wikus en Susan vind mekaar, maar is daar ‘n toekoms saam vir sulke totaal uiteenlopende persoonlikhede? Basjan het ‘n groot besluit geneem terwyl hy op die berg was en deel dit met Cathrine.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 19
Langes en Winter oorreed Basjan om saam met hulle terug te gaan hotel toe. Susan gaan saam met Wikus om te sien of hy werklik water sal raakboor. Die berghang eis amper ‘n slagoffer en hoe dieper die boorgat raak hoe minder is die moontlikheid dat water gevind sal word.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 18
Langes en Winter begin die berg klim na die grot waar Basjan uitkamp. Winter erken dat hy hoogtevrees het, wat die hele klim meer van ‘n uitdaging maak. Vivian en Susan spandeer tyd saam en die vere waai voor Wikus vir Susan wegneem.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 17
Basjan is al amper drie weke in die grotte en Langes wil gaan kyk hoe dit met hom gaan. Winter besluit om Langes te vergesel omdat dit hom ook die geleentheid gee om die plaas se heinings teen die berg na te gaan. Vivian is in sewende hemel omdat sy ‘n fees vir die plaas kan reël en Lilanie probeer al die los drade bymekaar hou.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 16
Wikus vind uiteindelik die regte plek vir sy boorgat. Ratel het besluit om laataand die wildplaas te verlaat en dit maak Winter agterdogtig. Lilanie probeer ‘n manier bedink om die aandag van die vliegveld en wat daar aan die gang is, af te lei.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 15
Wikus, Langes en Susan spandeer die dag op die groot dam. Dit raak ‘n plofbare situasie in ‘n kompakte area. George en Ratel probeer agterkom wat by die vliegveld aangaan.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 14
Winter en Ratel kom agter hulle ken mekaar. Albei is huursoldate met ‘n donker verlede. Winter maak aannames dat die stropers wat hulle gevang het dalk agter meer aan was as net ‘n renosterhoring. George skuld Ratel baie geld en George kom eis sy pond vleis.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 13
Ratel Trichardt maak sy opwagting op die plaas. Hy is ‘n vriend van George en dis al wat die ander van hom weet. Susan en Wikus kom agter hulle het dalk net soveel gemeen as wat hulle verskil. Lilanie en Winter sukkel om vatplek aan mekaar te kry.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 12
Langes moet Susan en Wikus vergesel veld toe en ook uit mekaar se hare hou. Lilanie sien vir die eerste keer hoe groot die stoorareas onder die vliegveld is. Susan vind Wikus se manier van water soek belaglik en Wikus dink haar soeke na minerale en gasse is barbaars.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 11
Lilanie wil by Winter weet hoekom haar pa Nasionale Parke uithelp. Haar pa doen alles met ‘n rede en sy wil weet wat dit is. Susan Willemse maak haar opwagting. Sy is van die staatsdiens en ondersoek die moontlikheid van Skaliegas ontginning. George probeer by Winter uitvind wat by die vliegveld aangaan. Wikus de Lange, die distrik se waterwyser, en Susan het hulle eerste uitval.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 10
Johan en Schalk begin hulle uitdaging. George sien ‘n vloot vragmotors wat verbyry vliegveld toe en wil by Lilanie weet wat aangaan. Vivian en Cathrine verlekker hulself in Johan en Schalk se malligheid.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 9
Vivian probeer van haar kristalle aan Schalk en Johan afsmeer. Cathrine en Lilanie is bekommerd oor wat met Langes en Winter gebeur het. Schalk en Johan kla by Cathrine dat hulle ‘n uitdaging soek, iets wat finaal sal bewys wie die beste tussen die twee van hulle is. Cathrine het ‘n plan.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 8
Winter en Langes is besig om die net stywer om die stropers te span. Cathrine vertel vir Lilanie wat die vorige aand met George en die twee jagters gebeur het. Vivian lig hulle in van die vrou wat die grond kom omdolwe agter aardgas aan.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 7
Winter sluit aan by Langes, wat al drie dae op die vlugtende stropers se spoor is. Hulle besluit om die stropers vas te keer in een van die klein nedersettings aan die rand van die plaas. George neem vir Schalk en Johan op hulle eerste nagjag en hulle word oorval deur ‘n kwaai seekoeibul.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 6
Schalk Bester en Johan Visser daag op die plaas op vir hulle jaarlikse vakansie. Alles is vir hulle ‘n kompetisie. Ongelukkig vir George word hulle sy verantwoordelikheid. Winter en Lilanie karring aan mekaar en dis duidelik dat hulle nie om dieselfde vuur sit nie.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 5
Winter en Lilanie word deur die stropers vasgekeer in die vliegtuigloods. George wys sy ware kleure teenoor Cathrine. Langes Smith en die nasionale park se wildbewaarders haas hulle om Winter en Lilanie te gaan red. Winter beken aan Lilanie hoekom hy werklik op die plaas is.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 4
Vivian van Schoor kom kuier op die plaas. Sy is soos ‘n tweede ma vir die Sevensters. George het afgekom op ‘n gestroopte renosterkarkas en Lilanie wil dadelik agter die stropers aan. Winter kan nie veel doen om haar te keer nie en die twee maak reg om die stropers voor te lê by die vliegveld.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 3
Lilanie Sevenster is al vroeg op en gereed om Winter Le Roux die plaas en sy verantwoordelikhede te wys. Cathrine geniet dit om haar pa by haar te hê, maar Basjan Baaitjies kan nie te lank stilsit nie. Winter wil graag by die vliegveld uitkom en dit prikkel Lilanie se nuuskierigheid. Basjan wil grotte toe, waar sy mense al duisende jare lank belangrike besluite neem.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 2
Lilanie Sevenster ontdek haar nuwe sekuriteitshoof het vele talente, hy kan onder andere Russies praat. George Sevenster, die oudste Seventer-kind en hoofjagter op die plaas, vind aanklank by Winter. Cathrine Baaitjies loop wye draaie om George en is bly dat haar pa, Basjan, vir ‘n slag kom inloer het.

IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 1
Winter le Roux se motor raak onklaar oppad na Sjibbolet, waar hy pas aangestel is as sekuriteitshoof. Met 30km oor na die wildplaas se hotel en geen manier om kontak te maak nie, wag daar ‘n lang gevaarlike dag op hom. Lilanie Sevenster, bestuurder en eienaar van die wildplaas, sukkel met ‘n groep Russiese gaste wat hulleself gemaklik gemaak het in die hotel se kroeg en nie hulle rekening wil vereffen nie.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 50 (slot)
Johan kry twee keer skokkende nuus. Hy vra ‘n belangrike vraag aan Christien en maak vir oulaas ‘n oorsese oproep.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 49
Wynand vra ‘n groot vraag. Die belhamels van die stropers kry borgtog en benut hulle vryheid op ‘n dramatiese manier. Johan kry ‘n moeilike oproep van oorsee.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 48
Die finale seeslag is toe meer as ‘n woordestryd. Wie gaan die skipper van die reddingsboot van die NSRI oortuig om hulle te help? Dis Wynand en Ina teenoor die stropers.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 47
Wynand en Ina vorder verbasend goed met die seeslag teen die seerowers, totdat Fortuin in die naam van die owerheid ingryp met ‘n groot oormag.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 46
Wynand en Ina berei voor om die stropers ter see op heterdaad te betrap en te oorrompel. Johan is bekommerd oor Ina se veiligheid.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 45
Johan skarrel vir sy eie vryheid, terwyl Sumi wil slange vang oor Fortuin se verraad. Fortuin en Bobby maak nuwe planne.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 44
Terug in Suid-Afrika konfronteer Johan vir Fortuin en verduidelik die ooreenkoms aan hom. Fortuin aanvaar dit oënskynlik langtand, maar kom met ‘n onverwagte teenaanval.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 43

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 42

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 41

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 40

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 39

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 38

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 37

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 36

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 35

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 34

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 33
Ina en Wynand slaap oor op die renosterplaas, maar kry in hulle kamers geskenke, sommige met ‘n angel in die stert.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 32
Wynand en Ina styg op vanaf George se vliegveld en Ina stem in die lug in tot ‘n verhouding met Wynand. Dit word egter deur meer ore gehoor as vir wie dit bedoel is.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 31
Die stropers op grondvlak verneem dat Johan op Sumi se wildsplaas gekuier het en is totaal verward omdat hulle nie weet of Johan vir, of op Sumi spioeneer nie.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 30
Johan keer terug na sy nuwe huis in L’Agulhas en die verrassings hou nie op nie. Die reaksie van Sersant Fortuin is egter nie ‘n verrassing nie.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 29
‘n Vinnige, onbeplande besoek deur Johan en Christien aan die wildsplaas loop uit op ‘n onaangename verrassing en groot verleentheid.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 28
Johan en Christien besoek George en ontmoet onverwags ‘n vermeende belhamel van die sindikaat van aangesig tot aangesig.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 27
Johan bespreek ‘n moontlike besoek aan Sumi se renosterplaas met Christien, en reguit woorde word gewissel as moontlike liefdesverhoudings binne die span ter sprake kom.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 26
Sumi spog met nuwe nuus oor sy renosterplaas en nooi Johan en sy vriendin om die plaas te besoek. ‘n Aangeklamde Bobby beskuldig Johan van verraad.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 25
Wynand en Ina beweeg nader aan Big Joe se netwerk en Sumi skakel Johan oor ‘n onthulling.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 24
Wynand en Ina slaan ‘n slag in ‘n selfoonwinkel, maar die stropers begin agterkom dat iemand in hulle slaai krap.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 23
Misverstande onder spanlede verongeluk byna die hele ondersoek, maar ‘n agtervolging per pad lei die span na nuwe informasie.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 22
Ina moet keer as Bobby haar toenadering verkeerd vertolk. Johan soek toenadering by Christien, maar hy praat sy mond verby.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 21
Bobby konfronteer Johan omdat hy ‘n spioen is en dit nooit genoem het nie. Ina besoek weer vir Bobby op ‘n gewaagde en gevaarlike operasie.