
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 61 of 61

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 20
Johan wil die spioenasie voortsit om die belhamels te identifiseer en Wynand kry ‘n sagte, maar besliste hou op die neus toe hy romanties wil raak.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 19
Johan vra vir Ina om haar vroulike vernuf in te span om op Bobby te spioeneer. Christien begin meer bekendes verdink en stel ‘n lokval vir hulle.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 18
Die span bekom fotografiese bewyse van die stropers se aktiwiteite, maar Johan soek die belhamels van die sindikaat.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 17
Johan en Christien soek in die nasionale park na die stropers se voertuie en maak ‘n merkwaardige vonds. Sumi vertel vir Johan van sy planne vir ‘n renosterplaas.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 16
Wynand swem weer die see in om te kyk wat onder die water aangaan by die Tarantula se omdraaipunt, maar die stropers daag onverwags op.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 15
Die span volg die stropers te voet en per motor tot binne in die nasionale park. Hulle besluit om die stropers seer te maak en dan te kyk wat die reaksie is.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 14
Die operasie teen die stropers neem ‘n onverwagse wending. Die vraag wat skielik van die perlemoen geword het, en ‘n verdere versoek van Sumi, hou Johan aan die raai.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 13
Die spioenasiespan sien ongelooflike tonele voor hulle afspeel in die donker op Langezandt se strand. Christien rapporteer dit aan die polisie en stel optrede voor om die stropers vas te trek.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 12
Wynand swem in die donker na die Tarantula buite die hawe, terwyl die span ‘n duin bestyg om met nagsigtoerusting te kyk of die perlemoen snags aan land gebring word.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 11
Die stropers verander hulle vaarpatroon en die twee jongmense doen nagtelike waarneming om uit te vind waarheen die perlemoen verdwyn. Johan gaan Kaap toe en bring spioenasie-toerusting terug.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 10
Johan is woedend oor sersant Fortuin se insinuasies en besluit om self tot die ondersoek na stropery toe te tree. Hy maak vriende met Bobby en begin voorbereidings tref om die stropers vas te trek.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 9
Wynand raak agterdogtig oor Johan se Sjinese vriende en sersant Fortuin is teleurgesteld in Johan se samewerking. Fortuin impliseer dat Johan besig is met spioenasie en dat hy betrokke is by smokkelhandel en perlemoenstropery.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 8
Johan weier weer ‘n aanbod van Fortuin en raak moedeloos omdat almal van hom verwag om weer ‘n spioen te word, terwyl hy juis probeer om te kom rus by die see.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 7
Johan laat ‘n geskenk deur sy vingers glip. Daar is ‘n Sjinese konneksie by die geskenk, maar Sumi ontken betrokkenheid. Christien is baie teleurgesteld in Johan en Wynand, die mans in haar lewe.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 6
Wynand misgis hom met Ina se fiksheid. Sersant Fortuin probeer Johan intrek by dinge waarby hy nie betrokke wil wees nie. Johan ontvang ‘n groot geskenk wat hy nie verwag nie.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 5
‘n Sjinese vriend, Sumi, kom kuier vir Johan op L’Agulhas en maak ‘n aanbod wat hy amper nie kan weier nie. Sersant Fortuin is op Johan se spoor en Wynand begewe hom op ‘n terrein waar Ina hom ver voor is.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 4
Johan weier om weer by spioenasie betrokke te raak, maar hy kry ook ‘n oproep van ‘n ou Sjinese vriend en agent. Wanneer Wynand wil vrede maak met Bobby, kry hy ‘n onverwagte reaksie, en as hy toenadering soek tot Ina, ‘n koue skouer.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 3
Christien is teleurgesteld oor die trae reaksie van die owerhede op die stropery en sy en twee vriende probeer Johan ompraat om te help om die smokkelaars agter tralies te kry.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 2
‘n Mooi meisie verskyn op die toneel en maak Wynand verbouereerd. Hy kry boonop ‘n dreigement van stroper-skipper Bobby Jackson.

SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 1
‘n Afgetrede spioen en voorlmalige vlootduiker konfronteer perlemoenstropers op see met die risiko van geweld en onheilspellende gevolge.