
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 58 of 61

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 40 (slot)
Die groot oomblik breek aan: Maans en Pieter gaan die eerste fase van hulle projek demonstreer. Na Maans se kort, maar begeesterde toespraak, is daar eers 'n ontploffing, toe bars 'n bom en toe's die koeël deur die kerk! Gelukkig, soos dikwels in sulke omstandighede die geval is, is dit ook waar vir Maans en kie: Eind goed, als goed! Hierdie sluit dan DIE MAANSFAKTOR af. Druk gerus op die skakel hieronder en luister na RSG se volgende opwindende reeks, WEERWRAAK deur Joe Kleinhans.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 39
Billy is hoogs ongelukkig oor die oproep wat Charl van Elna ontvang nog voor hulle eers die voordeurklokkie kan lui. Charl wil met alle geweld vroeg ry om by Elna te wees, maar dan maak Landi die voordeur oop…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 38
Landi is baie bly om Sandy weer te sien, maar wat sy by die huis kom doen het, gaan veral nie haar ouers gelukkig maak nie… Dan daag Charl en Billy by Maans-hulle se huis op vir die groot bekendstelling van die projek.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 37
Maans en Pieter is albei baie opgewonde oor die sukses van hulle eksperiment en die twee joernaliste, Charl Venter en Billy Daniels. Vir Dorothea en Elizabeth is dit moeilik om agter te kom waaroor hulle mans die meeste opgewonde is, en dít maak hulle bekommerd! Só bekommerd, dat hulle die nag nie kan slaap nie. Maar vroeg die volgende oggend, kry Pieter en Elizabeth 'n reuse verrassing.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 36
Met Maans en Pieter se suksesvolle proefrit agter die rug, is hulle nou gereed vir die volgende stap. Op Laingsburg probeer Billy tevergeefs om Charl te laat afsien van sy voorneme om sy verhouding met Elna Schoeman te hervat. Die beste raad is om met Denny se pa in verbinding te tree om 'n afspraak te maak sodat hulle kan besluit of daar 'n artikel in die projek van ene menere Swiegers en Beukes opgesluit lê.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 35
Elizabeth is erg terneergedruk oor Denny se skielike vertrek, veral nou dat sy weet hy gaan hom tussen 'n klomp boewe onder gevaarlike omstandighede in Rome bevind. Maans en Pieter is gereed vir hulle volgende eksperiment. Pieter is benoud en skepties, maar Maans is vol vertroue!

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 34
Denny se vervroegde vertrek na Rome is vir almal behalwe vir hom 'n skok. Op die lughawe ontmoet Bibi hom om vir oulaas sy opdrag met hom te bespreek. Maans probeer Landi troos en erken dat hy nie sterk is by sulke geleenthede nie, en daarom liefs 'n veilige afstand handhaaf. Dan daag kolonel John Lucas op…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 33
Pieter kom geskok en verdwaas by die huis aan. Elizabeth is besorg en Dorothea wil dadelik weet of Maans veilig is. Nadat sy telefonies met hom in verbinding was, is sy darem gerusgestel dat die boer bereid is om buite die hof te skik. Denny daag vroeër as wat verwag is by die huis op met skokkende nuus vir Pieter en Elizabeth.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 32
Charl is onbeholpe en onseker van homself in die geselskap van Elna Schoeman. Dit maak Billy baie boos en hy verskoon homself. Intussen, op 'n kleinhoewe op Phillipi naby die skuur waar Maans en Pieter hulle groot projek bedryf, wei 'n trop beeste baie rustig en ongestoord. Totdat Maans sy eksperiment lanseer…!

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 31
Met Scooter en Mandy albei dood, kan Denny met gerustheid sy kunsloopbaan in Rome begin. Charl en Billy probeer meer inligting oor die swart paneelwa en ene Bibi Bernardo by kolonel John Lucas bekom, maar hy bly vaag en afsydig. Daardie aand in 'n restourant op Laingsburg, beleef Charl ál die slegte herinneringe wat sedert Merweville by hom spook, van voor af…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 30
Charl en Billy neem afskeid van Denny by die restourant op Laingsburg. Die volgende oomblik sien hulle hoe die swart paneelwa Denny se vragmotor in die rigting van Beaufort-Wes begin agtervolg. Nadat hulle die polisie in kennis gestel het, besluit hulle om self ook maar daardie rigting in te slaan, net vir ingeval die paneelwa koers kies veld toe, of die insittendes uitspring en die veld in hardloop as die polisie hulle sou voorkeer…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 29
Die swart paneelwa verskyn weer op Prins Albert en peil openlik af op Charl en Billy. Die keer kry hulle die registrasienommer te sien en gaan gee dit vir die polisie. Scooter jaag Laingsburg toe en besluit dat, sou hy die twee motorfietsryers dáár raakloop, hy van hulle ontslae sal raak. Op Laingsburg aangekom, merk Scooter 'n vragmotor van Beukes Transport op…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 28
Op Merweville konfronteer Billy vir Charl oor sy terneergedruktheid en skryf dit toe aan die omgewing wat baie slegte herinneringe in hom wakker gemaak het. Landi bel Denny by Beukes Transport, maar hy beëindig die gesprek voordat sy behoorlik met hom kan praat. Sy ry na Beukes Transport en kan nie glo wat haar oë sien nie…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 27
Landi is gebroke en vertel Maans die volgende dag by die winkel waaroor sy en Denny gesels het. Om haar op te beur, vertel Maans presies hoe hy die skuur se muur met 'n gemotoriseerde deur afgebreek het. Pieter se potensiële kliënt daag op by Beukes Transport. Dit is hoegenaamd nie waarvoor hy óf Denny hulle voorberei het nie!

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 26
Elizabeth en Pieter ontvang 'n oproep van 'n polisiebeampte wat sê dat hy met hulle oor Denny wil kom gesels. Elizabeth is agterdogtig en glo dis een van Scooter Julies se trawante wat Denny probeer opspoor. Maans sê vir Pieter hy het 'n bestelling geplaas vir 'n baie spesiale eksperiment.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 25
Dis al middernag en Dorothea en Elizabeth raak erg bekommerd oor hulle mans. Pieter bel om te sê daar was 'n klein ou ongelukkie, maar dat hulle op pad is huis toe. Dorothea verwag die ergste. Denny wil Landi die volgende dag in 'n restourant ontmoet om te gesels, en Maans praat sy mond verby oor die oproep van Mandy September wat Denny so ontstel het.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 24
Op Prins Albert gewaar Charl en Billy die swart paneelwa wat die dorp uit ry en besluit om by elke vorm van akkommodasie op die dorp te gaan aanklop om te kyk of Miss Bernardo dalk daar tuisgegaan het. Maans besluit om die nuwe, swaarder deur aan die skuur wat hulle in Phillipi huur, te motoriseer. Maar nie eers Pieter kon met al sy vertwyfeling voorsien waarvoor hy homself inlaat nie…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 22
Mandy se oproep na Denny ontstel hom geweldig en Pieter belowe om hom ten alle koste te beskerm. Elizabeth is ewe ontsteld en dring daarop aan dat Pieter Denny administratief in Beukes Transport aanwend. Denny maak 'n oproep na 'n geheimsinnige persoon.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 23
Denny kom by Maans-hulle eet op Landi se uitnodiging, maar sy kom gou agter daar is iets verkeerd, maar hy wil nie daaroor praat nie. Na ete vra Maans Denny uit oor Pieter se afspraak die volgende dag met 'n potensiële kliënt, en besef Pieter het nie die volle waarheid gepraat nie.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 21
Charl en Billy probeer om meer inligting oor Miss Bernardo in die motel se gasteboek te kry, maar word net deur meer raaisels begroet. Wie is in die swart paneelwa en is daar 'n verband tussen Miss Bernardo en die paneelwa? Scooter Julies glo Denny het Charl en Billy gevra om hom en Mandy September dop te hou.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 20
Charl en Billy se ondersoek lei na 'n chalet by die motel op Beaufort-Wes waar hulle tuisgaan. Wie of wat wag hulle in agter die deur wat hulle die ganse oggend al sit en dophou? Maans wys Pieter planne vir die bou van 'n straalmotor, wat 'n motor se aanjaer inkorporeer, en daar byt die gogga Pieter ook!

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 19
Landi en Denny se soen ontketen gemengde reaksie onder die ouers: Elizabeth en Dorothea is hoogs tevrede dat hulle plan gewerk het om die twee bymekaar te kry, maar Maans en Pieter is hoogs ontsteld. Wanneer die vrouens uitvind wat die rede vir hulle mans se ontevredenheid is, steek hulle dit vir mekaar weg. Op Beaufort-Wes ontdek Billy dat die geheimsinnige swart paneelwa weer uit die niet verskyn het en hy en Charl besluit om ondersoek in te stel.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 18
Die waarheid oor Maans se besering kom aan die lig en Landi besluit dis tyd om sake tussen haar en Denny reg te stel.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 17
Maans-hulle se huis is uiteindelik weer gereed om bewoon te word na die skade wat die suigwaaier en …

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 16
Charl en Billy kom op Bloemfontein aan waar 'n geheimsinnige swart paneelwa Charl byna omry. Elizabe…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 15
Denny bel Elizabeth uit die stad om te sê dat hy die een meisie wat vir hom alles beteken, gesê het …

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 14
Denny hou vol dat Landi hom nie sal wil ken as sy alles omtrent sy verlede moes weet nie. Sy probeer…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 13
Maans erken teenoor Pieter dat Denny se verlede ook hulle vriendskap benadeel het en dat hy dit graa…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 12
Landi nooi haarself vir ete by Maans-hulle en laat Maans in die verknorsing, want hy was veronderste…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 11
Pieter en Elizabeth bied aan om Maans en Dorothea verblyf te bied totdat die watertoevoer en die ska…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 10
Nat en bedremmeld nadat Maans die waterpyp stukkend geslaan het, kry hy darem uiteindelik die toevoe…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 9
Charl en Billy se avontuur eindig op 'n positiewe noot voor hulle weer die pad Pretoria toe aandurf.…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 8
Charl is aangegryp deur Barend en Stella se hartseer verhaal en besluit dat hulle professionele hulp…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 7
Charl en Billy probeer Stella oorreed om hulle los te maak sodat sy saam met hulle kan ontsnap, maar…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 6
Billy en Charl loop hulle 'n tweede keer vas op Reddersfontein nadat Billy 'n ou bakkie in die veld …

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 5
Maans belowe Dorothea dat hy en Pieter niks op die lugmagveiling sal koop nie. Charl en Billy begin …

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 4
Maans probeer Pieter oortuig dat hulle 'n ou straalmotor op 'n lugmagveiling moet koop, want hy het …

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 3
Landi nooi Denton na haar woonstel in Mouillepunt om te gaan koffie drink, en Charl en Billy oorromp…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 2
Denny kuier by Landi in haar ateljee in Groenpunt waar sy besig is om te werk aan haar eerste uitsta…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 1
Maans Swiegers is 'n oud Afrikaans-onderwyser wat sy pa se ysterwarewinkel in Rondebosch in die Kaap…

HOTEL ELIZABETH deur Mari Snyman - Episode 40 (slot)
Wat gaan uiteindelik met die inwoners van Hotel Elizabeth gebeur? 'n Mens kan maar net hoop op 'n ge…

HOTEL ELIZABETH deur Mari Snyman - Episode 39
Hoekom is Sonja ongedurig teenoor Maggie? Is daar iets wat krap tussen haar en Frans?

HOTEL ELIZABETH deur Mari Snyman - Episode 38
Kan 'n mens nog verlief raak as jy ouer is? Maggie dink blykbaar so.

HOTEL ELIZABETH deur Mari Snyman - Episode 37
Frans maak seker Melt weet hoe spesiaal Maggie vir hom is. Die feit dat Melt dit verstaan, maak hom …

HOTEL ELIZABETH deur Mari Snyman - Episode 36
Albert en Elna moet verduidelik waarom hulle van die hotelperseel af verdwyn het. Frans se reaksie i…

HOTEL ELIZABETH deur Mari Snyman - Episode 35
Die gebeure by Christo se konsert laat Liz haar kop in skaamte sak. Frans is terug en hy is moeilik.…

HOTEL ELIZABETH deur Mari Snyman - Episode 34
Dis 'n tyd vir groot besluite en aanpassings vir die inwoners van Hotel Elizabeth. Vir sommiges lyk …

HOTEL ELIZABETH deur Mari Snyman - Episode 33
Zelna vra Christo om vir haar 'n liedjie te skryf vir haar troue. Gaan sy dan met iemand trou en ind…

HOTEL ELIZABETH deur Mari Snyman - Episode 32
Frans het groot planne vir hom en Sonja Retief. Die vraag is of sy daarby sal inval of nie. Jade het…

HOTEL ELIZABETH deur Mari Snyman - Episode 31
Wat gaan Frans in Kalkbaai doen? Christo is opgewonde oor die feit dat Liz uiteindelik vir Jade gaan…