PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 56 of 61

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 2

Dis Aretha se eerste dag by Zonja se spreekkamers in 'n groot winkelsentrum. Hulle het nog nie oopgesluit nie of Frankie wat die assistentpos geadverteer gesien het, daag op. Tuis vertel Louis vir Aretha dat Jimmy gaan aftree en hul gunsteling-gim in die mark is. Zonja bel Aretha en beveel haar om voor werk die volgende dag voorraad in Alberton te gaan haal.

Jun 2, 201413 min

MOOI MENSE deur Helena Hugo - Episode 1

Twee jarelange vriendinne kuier oor 'n glasie wyn. Zonja Bianchi is 'n kosmetiese konsultant en Aretha Hartog 'n gewese tydskrifredakteur. Hulle het baie in gemeen met mekaar en Zonja vra Aretha om tydelik haar assistent te wees. Louis, Aretha se seun, hou niks van die idee nie en ook nie van Zonja nie. Die welgestelde Jenelle en George Robbins het net een kind, Frankie, wat gruwelik bederf word en pas drie jaar op universiteit gemors het. George sit voet neer en Frankie word verplig om te staak en werk te soek.

May 30, 201413 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 50 (slot)

Roman en Arend beland in 'n groot onderonsie. Louis stel Michelle voor 'n ultimatum. Sal Michelle vir Arend kies of by haar verloofde bly?

May 29, 201414 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 49

Letitia begin glo dat Roman haar gaan verneuk. Roman wil net almal kalm hou tot hulle geld inbetaal word. Engel besluit om teen Roman te draai. Michelle en Arend span saam om die hele bedrogspul te ontbloot.

May 28, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 48

Lulu praat met Meisie oor die toekoms. Arend kom af op sy oopgebreekte duiwehokke en besluit hy kan nie meer apaties staan teenoor wat aangaan nie. Arend, Lulu en Michelle maak 'n plan om die Hokke te red.

May 27, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 47

Louis en Roman besluit om saam te werk. Letitia vind dit moeilik om haar gesig enige plek in die Hokke te wys. Arend is besig om sy duiwe reg te kry vir die groot wedvlug.

May 26, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 46

Daar is 'n groot vergadering in die Hokke waar die munisipaliteit 'n besluit sal neem oor die voortbestaan van die Hokke. Arend maak dit duidelik aan Michelle dat hy nie meer vriende wil wees nie. Lulu is op die oorlogspad en Roman het 'n plan vir Arend se duiwe.

May 23, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 45

Arend gaan kyk of daar enige oorlewendes is na die ontploffing. Michelle en Lulu help die beseerdes. Arend konfronteer vir Roman oor sy afwesigheid gedurende die ontploffing.

May 22, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 44

Dis die dag van die basaar. Letitia is op haar senuwees en Lulu geniet haar gate uit. Roman gebruik vir Engel om Dice vas te keer in sy woonstel. Tydens die burgemeester se toespraak is daar 'n groot ontploffing...

May 21, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 43

Louis maak 'n offer aan Arend waarvoor hy nie kan nee sê nie. Roman, Engel en Dice probeer by die basaar se voedselvoorraad uitkom.

May 20, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 42

Dis die dag voor die groot basaar. Almal is besig met hulle laaste reëlings. Arend en Michelle werk op mekaar se senuwees. Lulu begin rondkrap in Letitia se sake.

May 19, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 41

Michelle se verloofde, Louis du Preez, maak sy opwagting by die Hokke. Roman verduidelik aan Letitia presies wat sy plan is vir die dag van die basaar.

May 16, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 40

Arend en Michelle bestee die dag by 'n duiwewedvlug. Engel lok vir Merlot oor na haar woonstel waar Roman vir hom wag. Lulu het nog geld nodig om die basaar behoorlik te laat vlot, maar Roman is steeks met die begroting.

May 15, 201413 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 39

Merlot gaan bieg by Arend dat Roman en Dice hom in 'n hoek gedryf het. Engel raak ongeduldig met die lang wag en Roman verseker haar sy bedoelings is opreg. Michelle kan nie meer laataande oefen nie, want haar verloofde begin kla.

May 14, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 38

Dice konfronteer vir Merlot oor wat hulle verwag hy vir hulle moet doen. Letitia se gewete begin haar pla en sy gaan praat met Lulu. Michelle geniet die repetisies van die kindertoneelstuk te veel en Lulu begin agterkom daar is 'n gevoel wat broei tussen Michelle en Arend.

May 13, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 37

Dice oorreed vir Merlot om by sy en Roman se planne betrokke te raak. Arend en Michelle moet saam die kindervermaak vir die basaar beplan.

May 12, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 36

Almal is hard aan die werk aan die basaar reëlings. Roman verduidelik aan Engel wat sy groot plan is. Letitia maak haar stem dik en Dice maak die voorstel dat hulle Merlot Dippenaar by hulle planne moet betrek.

May 9, 201413 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 35

Michelle en Arend het die dag, wat Barend vir die twee beplan het, dalk meer geniet as wat hulle wil toegee. Annetjie en Wilhelm se tasse is gepak. Hulle gaan Mosambiek toe om hulle geld terug te kry.

May 8, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 34

Michelle en Arend gaan op die avontuur wat Barend vir hulle beplan het met interessante gevolge. Lulu sny nie net Wilhelm se hare nie, maar praat hom genoeg moed in om beheer van sy lewe te neem.

May 6, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 33

Lulu raak besig met Annetjie se hare. Roman bring vir Engel terug Hokke toe. Michelle en Arend vind uit wat in Barend se testament staan.

May 6, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 32

Michelle moet Dice se woonstel deursoek nadat daar klagtes oor ongerymdhede ontvang is. Wilhelm en Annetjie probeer uitvind waar die man, wat hulle geld gesteel het, homself bevind. Roman is besig om Engel in sy web in te lok.

May 5, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 31

Dit is Barend se groot begrafnis en die daaropvolgende reis om sy laaste wens waar te maak. Annetjie en Wilhelm besluit om beheer van hulle situasie te neem en hulle geld terug te kry.

May 2, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 30

Wilhelm kom sleg tweede in sy onderonsie met Roman. Arend bestee tyd by 'n baie siek Barend. Annetjie probeer haar man moed inpraat en hulle besluit om vir hulleself op te staan.

Apr 30, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 29

Wilhelm wil meer weet en leer van Dice se besigheid. Roman en Michelle sit vas oor die manier waarop sy een van haar nuwe sake hanteer. Lulu en Arend maak planne oor wat die beste vir Barend sal wees. Roman konfronteer Wilhelm oor wie en wat hy regtig is.

Apr 30, 201413 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 28

Arend deel sy besorgdheid oor Barend se gesondheid met Lulu. Dice kry Wilhelm in die moeilikheid. Arend hoor vir die eerste keer dat Barend kanker het. Annetjie konfronteer Wilhelm en hy verloor sy humeur met haar.

Apr 29, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 27

Arend vra Barend uit oor sy verlede en Barend wil weet hoe dit met Arend se liefdeslewe gaan. Annetjie en Wilhelm hoor snaakse geluide en blameer almal en alles vir hulle probleme. Wilhelm en Dice ontmoet en ontwikkel 'n vreemde vriendskap.

Apr 27, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 26

Arend se duiwe begin wen en die moontlikheid dat sy drome bewaarheid mag word, maak hom bang. Wilhelm en Annetjie Brooderyk is nuut in die Hokke. Hulle is gesiene mense wat slegte besluite geneem het en nou in 'n moeilike situasie is. Arend kom agter Barend is nie so gesond as wat hy voorgee nie.

Apr 25, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 25

Hetta en Sollie is op hulle afspraak en Roman gebruik hierdie geleentheid om by Sollie in te breek. Die aand raak baie interessant vir Hetta en Sollie. Michelle weet nie of sy 'n nuwe saak van kindermishandeling moet aanvat nie.

Apr 24, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 24

Roman en Dice wil by Sollie se woonstel inbreek. Letitia en Michelle het 'n groot uitval. Hetta neem Sollie na 'n restaurant wat sy gekies het.

Apr 23, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 23

Letitia raak moeilik oor Roman se plan wat so lank vat om vrugte te werp. Sollie vra liefdesraad by Barend. Michelle het 'n nuwe saak waaraan sy werk en vra Lulu se hulp.

Apr 22, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 22

Hetta voel die nagevolge van te veel rystee. Michelle praat met Barend oor wie sy dink verantwoordelik was vir haar tydelike skorsing. Lulu begin bekommerd raak oor die basaar.

Apr 20, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 21

Sollie neem Hetta na die interessantste koffiewinkel waarvan hy hou. Barend probeer Dice om die bos lei en Roman laat Letitia verstaan wie is die baas.

Apr 17, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 20

Sollie besluit dis tyd om homself skoon en aanvaarbaar te maak want daar is 'n vrou om te gaan uitvra. Roman kry dit reg om Engel te oorreed om saam met hom te werk. Hetta besluit dat haar droomman eintlik 'n nagmerrie was.

Apr 16, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 19

Barend begin tekens wys dat hy nie so gesond is soos almal dink nie. Hetta gaan ontmoet die man van haar drome en kom met 'n skok agter wie dit is. Barend en Arend hou 'n oog oor Dice se doen en late. Roman probeer weer om Engel te oorreed dat hy haar kan help.

Apr 15, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 18

Hetta Wondergem, 'n afgetrede palmleser, droom hoe sy 'n wonderlike man ontmoet en het die dames op hol soos hulle probeer uitvind wie dit is. Roman maak dit duidelik aan Dice en Letitia waar hulle met hom staan.

Apr 14, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 17

Roman vind uit waar Engel heen verdwyn het om 'n voorstel aan haar te maak. Oom Sollie maak sy verskyning en hy is glad nie gelukkig nie. Letitia en Roman sit vas oor hoe sake verloop. Arend en Barend sien wat Dice in die aande aanvang.

Apr 11, 201413 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 16

Michelle word op verpligte verlof geplaas terwyl daar 'n ondersoek teen haar is. Letitia glo sy het die stadsraad aan haar kant teen die inwoners van die Hokke. Barend begin 'n buurtwag en probeer vir Arend oorreed om aan te sluit.

Apr 10, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 15

Engel besluit om haar tasse te pak en so ver moontlik van die Hokke af weg te kom. Barend kry slegte nuus van die dokter af en Lulu probeer vir Zenobia oortuig dat sy binne in haarself moet kyk vir antwoorde. Arend probeer die polisie oortuig van wat hy dink gebeur het en Porteus voel hy gaan vir Zenobia verloor.

Apr 9, 201413 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 14

Die Hokke se waterpype is kurkdroog en die inwoners raak oproerig daaroor. Zenobia en Porteus probeer oplossings soek vir hulle probleme en Arend besef dat Ewald en Dice in die watertoring verdwyn het.

Apr 8, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 13

Ewald en Dice breek in by die watertoring. Ewald doen alles wat Dice van hom vra, maar sal dit genoeg wees om sy lewe te red? Arend en Engel is op Ewald se spoor en hulle soektog lui hulle na die watertoring toe. Barend het 'n guns om van Michelle te vra.

Apr 7, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 12

Dice stel sy en Roman se plan inwerking met 'n halsstarrige Ewald agterna. Arend is hard opsoek na Ewald en kry snuf in die neus. Barnard en Zenobia deel 'n busrit stad toe waar sy meer leer oor Barend se verlede.

Apr 4, 201413 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 11

Dice speel kat en muis speletjies met Ewald. Arend en Engel maak vrede en besluit om saam na Ewald te soek. Porteus voel terneergedruk en besluit om 'n groot stap te doen.

Apr 3, 201413 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 10

Dice vang vir Ewald en nou moet hy en Roman besluit wat hulle met hom gaan doen. Roman krap in Porteus en Zenobia se sake. Die twee kan nie tot vergelyk kom nie en Zenobia bieg dat sy nie nou al 'n kind wil hê nie.

Apr 2, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 9

Zenobia en Porteus gaan sien vir Michelle om uit te vind wat al hulle moontlikhede is. Arend en Engel begin vir Ewald soek. Hulle weet hy is in groot moeilikheid. Roman stel sy visier in op Michelle.

Apr 1, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 8

Dice vind amper vir Ewald in Arend se woonstel. Zenobia skraap al haar moed bymekaar en vertel haar kerel Porteus dat sy hulle kind verwag. Hy reageer in ongeloof en paniek - presies wat hy nie moes doen nie. Barend kry vir Dice onder stok oor sy gedrag. Ewald verdwyn weer.

Mar 31, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 7

Arend help Ewald deur vir hom skuiling aan te bied in sy woonstel. Michelle kry 'n besoek van Zenobia Landsman, 'n jong vrou met 'n blink toekoms, maar soos vele ander meisies in die Hokke is sy verwagtend. Sy soek uitkomkans. Dice is besig om orals aan te klop op soek na Ewald, selfs by Arend.

Mar 28, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 6

Ewald maak kontak met Arend. Dice en Roman doen hulle bes om uit te vind waar Ewald is. Michelle moet vir Arend 'n saamrygeleentheid gee, maar die twee kan net nie oor die weg kom nie. Arend en Ewald ontmoet, maar het iemand vir Arend agtervolg?

Mar 27, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 5

Roman en Dice besluit om ontslae te raak van Ewald van Dyk, maar eers moet hulle hom opspoor. Letitia en Michelle sit vas oor die manier waarop Michelle haar werk doen. Engel wil haar broer beskerm en Roman probeer Michelle beindruk.

Mar 26, 201411 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 4

Arend het 'n idee wie die Bingo-geld gesteel het. Engel van Dyk soek haar broer, Ewald. Hy is 'n tikverslaafde en het verdwyn. Letitia het 'n belangrike munisipale vergadering wat sy moet bywoon en Lulu moet wondere verrig met haar hare.

Mar 25, 201412 min

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 3

Arend Brummer en Barend Voster praat oor Arend se duiwe en wat sy planne vir hulle is. Roman en Dice beraam 'n plan waar hulle die weeklikse Bingo-byeenkoms gaan beroof.

Mar 24, 201411 min