PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 53 of 61

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 8

Hadley en Marijke besoek weer die hospitaal waar Arlo Madder in 'n koma lê. Hadley is oortuig dat Madder op een of ander manier sy nagmerries beheer. Dit lei weer na 'n terugflits waartydens Brenda en Dewald vir Koot van Tonder gevange neem.

Jan 7, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 7

Hadley word deur Brenda en Dewald in 'n lokval op Tafelberg gelei. Sandra wil weet of daar iets romanties tussen Hadley en Marijke broei. Hadley besef te laat dat Brenda nog die hele tyd met Arlo Madder saamwerk. Of is alles maar net deel van Hadley se nagmerries en terugflitse?

Jan 6, 201511 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 6

Marijke is emosioneel oor kolonel September se begrafnis en vererg haar as Hadley dit weens die ondersoek nie wil bywoon nie. Frans vertel Giel dat Koot hom uitverkoop het en vra of hy teen Koot sal getuig.

Jan 5, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 5

Majoor Hadley Maritz en kaptein Marijke Louw is op die spoor van Dewald Gerber, Arlo Madder se wag by die inrigting waar hy aangehou word, in 'n poging om die verbintenis tussen hom en Madder te probeer vasstel. Hulle keer terug na die hotel by Hangklip om 'n foto van Gerber aan die kroegmeisie te wys. Dalk herken sy hom? Intussen verdwyn Brenda uit die huis van veiligheid. Is sy dalk deur Gerber ontvoer?

Jan 2, 201511 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 4

Frans Malan en Oscar Jacobs begin met die operasie om Tinus Laubscher te red uit 'n kelder waar Koot van Tonder se manne hom aanhou. Brenda Gouws verneem van kaptein Marijke Louw dat sy en die reeksmoordenaar, Arlo Madder, broer en suster is. Brenda veins verbasing om haar ware identiteit te verdoesel.

Dec 31, 201412 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 3

Frans Malan probeer met Koot van Tonder onderhandel en bied aan om hom te help vlug na Australië as hy vir hulle inligting gee oor waar Tinus Laubscher is. Majoor Hadley Maritz skrik wakker uit sy slaap en besef dat alles wat hy ervaar het, net 'n nagmerrie is. Of is dit?

Dec 31, 201412 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 2

Majoor Hadley Maritz begin toenemend terugflitse ervaar en gebeure uit die verlede herleef. Oscar Jacobs probeer by Giel Rademeyer uitvind waar hulle Tinus Laubscher, Sandra Malan se verloofde, aanhou. Frans Malan probeer om Koot van Tonder te oortuig om van sy plan af te sien om 'n bom by 'n politieke konferensie te laat ontplof.

Dec 30, 201411 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 1

Die reeksmoordenaar, Arlo Madder, lê in die hospitaal in 'n koma nadat hy teen die einde van die vorige vervolgverhaal, Purgatorio, geskiet is. Majoor Hadley Maritz en kaptein Marijke Louw besoek die hospitaal en Hadley maak 'n grap oor Madder se toestand wat hom duur te staan sal kom.

Dec 29, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 60 (slot)

Sal Marius en Ansie mekaar weer vind na al die jare? Is Yvette en Rikus vir mekaar bestem?

Dec 25, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 59

Wie gaan Rikus oortuig om sy pa te ontmoet? Die sandglas is besig om leeg te loop.

Dec 24, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 58

Is Ansie hier om Rikus terug te vat Johannesburg toe? Het sy dalk 'n versteekte agenda?

Dec 23, 201415 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 57

Ansie vra Yvette om verskoning. Yvette moet by Marius bieg.

Dec 22, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 56

Yvette moet haar optrede aan Marius verduidelik. Sal hy haar vergewe?

Dec 19, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 55

Rikus kry 'n onverwagse besoeker op Bergplaas. Grant doen 'n goeie daad. Yvette loop op dun ys.

Dec 18, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 54

Susan bak en brou en koop vir 'n vale. Henri probeer keer, maar dit help nie. Rikus besoek Yvette.

Dec 17, 201415 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 53

Henri en Nita besoek die Botaniese tuin in Nelspruit. Dis duidelik dat hy besonder baie van haar hou, dalk meer as wat hy aan homself sal erken. Die vraag is: Hou sy genoeg van hom om nie pad te gee voordat sake ernstig raak nie.

Dec 15, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 52

Daar is bouers by Errol en Veronica se huis, en Errol moet verduidelik wat hulle daar doen. Henri kry 'n etiketles.

Dec 15, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 51

Grant is in die moeilikheid, en Henri word ook deur die polisie ingeroep om te verduidelik wat sy onlangse bewegings was. Henri is in gedagte en ry in iemand se motor vas. Kan dit dalk sy hele toekoms verander?

Dec 12, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 50

Yvette is op 'n missie van haar eie. Sal sy haar vingers verbrand? Errol moet dinge regmaak.

Dec 11, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 49

Rikus het probleme op Bergplaas. Veronica ontdek iets omtrent Errol waarvan sy nie bewus was nie, en sy hou nie noodwendig daarvan nie.

Dec 10, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 48

Errol het groot planne. Sal Veronica daarby inval? Rikus en Yvette moet noodwendig met mekaar praat.

Dec 9, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 47

Veronica probeer Rikus bewus maak van 'n emosie wat hy, of nie ervaar nie, of dalk nie kan ervaar nie, want dit bestaan nie. Henri ontmoet sy vriend Grant. Wat wil hy met hom bespreek?

Dec 8, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 46

Daar is probleme by Bergplaas se grensdraad. Henri lê besoek af by Marius in die hospitaal.

Dec 5, 201415 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 45

Dis Veronica en Errol se dag. Maak sy die regte besluit, of moet sy eers weer oor die saak dink. Wat voer Yvette in die mou?

Dec 4, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 44

Veronica het erge muisneste. Errol sorg vir 'n verrassing by die werk. Gaan Susan regtig padgee Kaap toe?

Dec 3, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 43

Yvette kry onverwags besoek van Henri. Waarom skielik die besoek?

Dec 2, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 42

Errol proe vir die eerste keer Veronica se kerrie en dis vuurwarm. Sy en Rikus stamp koppe.

Dec 1, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 41

Errol tik Yvette oor die vingers. Henri ontmoet dalk sy wederhelfte.

Nov 28, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 40

Rikus is ongelukkig oor die DNS-toets. Sal dit 'n kloof tussen hom en Yvette veroorsaak? Lente gaan dalk 'n verrassing kry, en miskien sal dit nie so aangenaam wees soos sy dit graag sou wou hê nie.

Nov 27, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 39

Yvette maak 'n draai op Bergplaas. Rikus is nie beϊndruk met haar nie. Henri is baie ongelukkig oor die stand van sake tussen Koos en Susan.

Nov 26, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 38

Grant maak weer 'n slag sy verskyning en hy en Henri het 'n sak vol planne om foto's van die renosters in die hande te kry. Rikus het egter 'n nuwe elektroniese hek op Bergplaas laat installeer en dis nie so maklik om dit oop te kry nie.

Nov 25, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 37

Was daar 'n omwenteling in Koos se lewe? Veronica en Errol spook sake uit.

Nov 24, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 36

Susan is terug van die Kaap af en sy is vol stories. Gaan Yvette Henri hierdie keer vervolg.

Nov 21, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 35

Rikus vertel Yvette wat in die diereryk aangaan en sy is beϊndruk met sy kennis. Veronica leer Errol beter ken.

Nov 20, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 34

Die BBC wil 'n program oor die renosters op Bergplaas kom skiet met Rikus as gas. Wanneer Yvette vergeet daar is wilde diere op Bergplaas word sy wreed ontnugter.

Nov 19, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 33

Rikus en Yvette bring tyd saam deur op Bergplaas en dit lyk tog asof daar iets tussen Errol en Veronica wil gebeur.

Nov 18, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 32

Yvette is besig om Henri stadig maar seker vas te vat. Errol rig 'n waarskuwing aan Yvette en Veronica.

Nov 17, 201411 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 31

Errol probeer steeds kliphard om Veronica die hof te maak. Henri kry 'n verrassing waar van hy nie baie hou nie.

Nov 14, 201414 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 30

Errol probeer sy bes om Susan te help.

Nov 13, 201411 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 29

Susan het 'n probleem. Sy vra hulp by Veronica van alle mense. Henri kry 'n onverwagte stortbad!

Nov 12, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 28

Daar is slegte nuus vir sommige karakters, en vir ander verligting. Yvette maak onverwags haar verskyning op Bergplaas.

Nov 11, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 27

Die veelbesproke TV-program word uitgesaai. Is Rikus reg? Is die program 'n mors van tyd en geld. Henri is baie positief en het groot planne vir die toekoms.

Nov 10, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 26

Errol gaan haal Veronica op Laingsburg. Sal sy goeie bedoelings goed ontvang word of nie?

Nov 7, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 25

Yvette hoor die storie agter die storie wat Zaunda en Rikus se verlede betref. Henri loop hom vas met 'n vrou van die wêreld.

Nov 6, 201413 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 24

Die TV-span kom op die plaas aan, en Henri is in sy element. 'n Ou vriendin van Rikus maak haar verskyning. Hy protesteer, maar sy hou vol hulle ken mekaar intiem.

Nov 5, 201412 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 23

Susan is nie baie gelukkig dat sy vervang word nie, maar toe die plaasvervanger 'n oulike jong meisie is, begin 'n plan stadig maar seker in haar kop vorm.

Nov 4, 201415 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 22

Veronica het slegte nuus, en Rikus loop hom vas. Yvette kry 'n plaasvervanger vir Susan.

Nov 3, 201415 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 21

Yvette kry 'n verrassing op pad terug van Bergplaas af en nie noodwendig 'n aangename een nie. Is daar dalk 'n ridder op 'n wit perd wat haar te hulp gaan snel?

Oct 30, 201415 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 20

Henri het groot planne vir Bergplaas en betrek die TV. Maar hoe voordelig is dit vir die renosterkalfie?

Oct 30, 201411 min

SANDGLAS deur Evert Snyman - Episode 19

Daar is 'n belangrike vergadering op Bergplaas en Errol en Susan kla om die beurt by Yvette. In die parkeergarage wag daar 'n verassing op haar.

Oct 29, 201413 min