PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 52 of 61

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 8

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 8

Mar 18, 201511 min

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 7

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 7

Mar 17, 201513 min

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 6

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 6

Mar 16, 201512 min

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 5

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 5

Mar 13, 201513 min

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 4

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 4

Mar 12, 201512 min

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 3

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 3

Mar 11, 201511 min

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 2

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 2

Mar 10, 201512 min

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 1

BLINDEKOL deur Andre Kotze - Episode 1

Mar 9, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 50 (slot)

Mar 6, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 49

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 49

Mar 5, 201511 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 48

Arlo Madder, wat steeds voorgee dat hy Hadley is, vat Leanne om haar motor by die gym te gaan haal, maar wil eers 'n draai in Paardeneiland by 'n ou visfabriek maak. Felicity en Frans probeer die fabriek opspoor en Frans ontvang 'n oproep van Marijke wat vertel dat Hadley haar gebel het om te sê hy het Madder by die fabriek opgespoor.

Mar 4, 201511 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 47

Marijke en Frans daag by Felicity se huis op net om uit te vind dat Leanne reeds weg is saam met Arlo Madder. Frans probeer Felicity met min hulp van Marijke oortuig dat Hadley eintlik Arlo Madder is en dat haar dogter se lewe in gevaar is.

Mar 3, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 46

Marijke en Frans is op pad Bainskloof toe, maar sy vra hom om stil te hou omdat sy twyfel dat Arlo Madder hom as Hadley voordoen. Madder gaan gym toe as Hadley, en peuter met Leanne se motor sodat dit nie wil aanskakel nie. Hy bied aan om haar huis toe te neem, en Leanne aanvaar goedertrou sy aanbod…

Mar 2, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 45

Marijke is kwaad wanneer sy die nuus hoor dat Oscar die waarheid omtrent Denise Morkel se dood probeer toesmeer. Leanne help Felicity om liedjies af te laai vir dokter Adams. Frans konfronteer Marijke met die waarheid oor Hadley.

Feb 27, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 44

Felicity en Leanne word in die donker deur iemand agtervolg, en dan raak hulle motor se brandstof op in 'n gevaarlike nywerheidsgebied. Hadley verras Marijke met aandete en sy vind sy gedrag vreemd, maar sy weerhou haarself daarvan om iets daaroor te sê.

Feb 26, 201511 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 43

Frans voel steeds skuldig oor Denise se dood. Oscar het nuus oor die goue aansteker wat hy in Hadley se kamer gekry het, en Frans konfronteer Marijke daaroor. Felicity en Leanne verdwaal op pad huis toe in 'n nywerheidsgebied, en in die skemer hou 'n motor agter hulle stil toe Leanne probeer om 'n kaart op haar selfoon te raadpleeg.

Feb 25, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 42

Hadley besoek Felicity en vertel haar dat hy gaan uittrek nadat hy en Marijke weer versoen het. Oscar en Leanne probeer toegang tot Hadley se slaapkamer in Felicity se huis kry. Oscar maak 'n vreemde ontdekking net voor Hadley daar opdaag.

Feb 24, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 41

Frans en Oscar is in sak en as na die moord op Denise. Arlo Madder kom haal Marijke by die hospitaal en hy trek, as Hadley Maritz, terug na hulle woonstel. Oscar verskerp sekuriteit by Felicity se huis uit vrees dat sy of Leanne die volgende slagoffers kan wees.

Feb 23, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 40

Felicity en Leanne kry weer rusie omdat Felicity insinueer dat die ou mense vermoor is as gevolg van Leanne se trekkery. Marijke kom by die kothuis in die berg aan en voor sy weet, word die huisie voor haar oë opgeblaas. Met Denise daarin...

Feb 20, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 39

Frans en Marijke arriveer in die Bainskloofpas en begin die soektog na 'n afgeleë huisie op die berg waar Madder moontlik vir Denise aanhou. Denise probeer met Madder onderhandel om haar lewe te spaar, met ironiese gevolge.

Feb 19, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 38

Felicity maak vir Arlo ontbyt, en as Hadley gee hy voor dat hy kwaad is omdat sy hom nie wakker gemaak het ná die moord nie. Oscar en Frans is onder toenemende druk om Denise op te spoor. Frans los die raaisel van die Death Metal Band se naam op, en hy dink hy weet waar Denise aangehou word.

Feb 18, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 37

Frans daag by die moordtoneel op by die huis waar Leanne sou woon en is net so geskok oor die wrede moord. Hy voel Marijke fokus nie op haar werk nie. Oscar vat Leanne terug huis toe waar Felicity hulle onskuldig meedeel dat Hadley reeds by haar ingetrek het, en vroeg gaan slaap het.

Feb 17, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 36

Arlo keer terug om vir Denise aandete te bring. Hy vertel haar van sy plan om permanent Hadley te wees. Oscar help Leanne om haar goed na die tuinwoonstel te trek, en hulle kom af op 'n grusame toneel by haar nuwe blyplek.

Feb 15, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 35

Frans besoek Marijke om te hoor of hulle enige vordering gemaak het met die soektog na Denise. Leanne vertel haar ma dat sy 'n geskikte woonstel gekry het en die volgende dag gaan uittrek. Hadley is ontsteld oor 'n konfrontasie met Frans, en huil op Marijke se skouer.

Feb 13, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 34

Hadley daag op by die restaurant waar Denise ontvoer is, en help Marijke om 'n verdere leidraad te kry. Felicity vertel Leanne dat sy aangebied het dat Hadley tydelik by haar kom woon nadat Leanne uitgetrek het. Oscar plaas druk op Marijke om uit te vind waar Madder Denise aanhou, voor dit te laat is.

Feb 12, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 33

Marijke daag by die restaurant op waar Denise ontvoer is, en kom ook tot die gevolgtrekking dat dit Arlo Madder se werk is. Madder hou Denise aan in 'n vertrek op 'n afgeleë plek buite Kaapstad en stel vir haar 'n angswekkende strik wat sal verhoed dat sy ontsnap.

Feb 11, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 32

Frans en Oscar kry die nuus dat Denise ontvoer is, en haas hulle na die restaurant in Houtbaai. Felicity verras Leanne met 'n waterblommetjiebredie. Leanne is teleurgesteld wanneer Oscar bel en hulle fliekafspraak kanselleer.

Feb 10, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 31

Marijke gee Leanne die versekering dat sy nie vir Hadley hoef bang te wees nie. Denise is kwaad vir Frans omdat hy Oscar gevra het om met haar te kom praat oor hulle verhouding. Oscar vra Frans of hy sou belangstel in 'n klandestiene ondersoek in Ierland.

Feb 9, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 30

Leanne is vasbeslote om haar eie blyplek te kry, ten spyte van Felicity se pogings om haar tuis te hou. Oscar vra Denise om Frans ruimte te gee en verwittig haar ook dat hy iemand anders gaan aanstel om haar op te pas. Marijke kom vorendag met 'n oortuigende teorie wat Hadley se vreemde gedrag verklaar.

Feb 6, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 29

Leanne wil op haar eie gaan woon, maar Felicity is glad nie gelukkig hieroor nie, en waarsku haar dat Arlo Madder steeds op vrye voet is. Frans vra Oscar om met Denise te praat, aangesien hy voel sy is besig om hulle professionele verhouding te vertroebel.

Feb 5, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 28

Marijke is nie gelukkig met Hadley (in werklikheid Arlo Madder) se optrede nie, en vra hom om homself reg te ruk voor hy terugkom na hulle woonstel. Frans en Oscar besluit om 'n ogie oor Hadley te hou. Denise verras Frans met 'n uitspattige aandete.

Feb 4, 201511 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 27

Frans en Marijke kom af op 'n verkoolde lyk in die skuur van die oorlede Koot van Tonder se plaas op die Weskus. Arlo Madder se voorkoms en rolspel as Hadley Maritz flous almal, en niemand is daarvan bewus dat die gevaarlike reeksmoordenaar in hulle midde is nie…

Feb 3, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 26

Marijke vra Frans om saam met haar na Koot van Tonder se ou plaas te gaan, want sy glo die sleutel wat Arlo Madder in die pakkie by Denise gelos het, is 'n leidraad en sal die skuur oopsluit. Felicity kry 'n onverwagse besoek van Hadley Maritz.

Feb 2, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 25

Denise kry 'n onverwagse middernagtelike besoek van Arlo Madder, wat by haar huis inbreek en 'n pakkie vir Frans laat. Marijke daag by haar woonstel op en vind Hadley in die stort. Maar is dit Hadley?

Jan 30, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 24

Denise trap Marijke uit omdat sy Frans ontstel het en daarom indirek haar veiligheid bedreig. Leanne kry 'n onverwagse besoek van Madder by die gym, wat hom steeds voordoen as Hadley.

Jan 29, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 23

Leanne is geskok wanneer sy uitvind Felicity het Hadley na hulle huis genooi om die nag oor te slaap. Albei sou egter met afgryse vervul gewees het as hulle die ware identiteit van hulle gas moes weet...

Jan 28, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 22

Frans vergesel Denise na 'n dinee by die Franse ambassade. Op pad daarheen gaan hulle na Vlaeberg, en Frans sien Hadley Maritz, min wetende dat dit eintlik Arlo Madder is.

Jan 27, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 21

Leanne is bekommerd oor Felicity wat dink dat daar afluisterapparate in hulle huis is. Frans kuier by Marijke en verneem dat Hadley steeds vermis word. Hy probeer haar troos.

Jan 26, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 20

Frans bevind hom in ’n komiese penarie tussen Denise en Marijke. Leanne is agterdogtig oor haar ma se optrede en konfronteer Felicity oor die feit dat sy gejok het dat sy weer by die hospitaal begin werk het. Marijke bieg teenoor Frans dat sy al lankal bekommerd is oor Hadley en vermoed dat hy aan posttraumatiese stres sindroom ly.

Jan 23, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 19

Hadley probeer desperaat om Madder van sy plan te laat afsien om homself as kolonel Hadley Maritz voor te doen. Marijke probeer vasstel of Felicity iets met Hadley se skielike verdwyning te make het. Marijke daag ongenooid by Denise Morkel se huis op om met Frans te praat en die vonke spat behoorlik!

Jan 22, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 18

Madder neem Hadley gevange en vertel hom van sy plan om sy reis na die sogenaamde Paradiso saam met Marijke voor te sit. Oscar besoek Felicity en vind ʼn parate ou vrou wat hom in sy mou laat lag. Marijke is bekommerd oor Hadley wat spoorloos verdwyn het en bel Oscar om te help soek na hom.

Jan 21, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 17

Hadley vra Oscar om met Felicity Geduld te gaan praat en haar te oortuig om haar neus uit hulle ondersoek te hou. Frans ontmoet Denise Morkel en is onkant betrap deur haar skoonheid. Hadley kry 'n anonieme oproep om iemand te ontmoet wat inligting vir hom het oor Arlo Madder, en maak 'n skokkende ontdekking wanneer hy die persoon ontmoet.

Jan 20, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 16

Die plastiese chirurg onthul aan Arlo Madder sy nuwe voorkoms. Felicity is kwaad vir haar dogter, Leanne, omdat sy Hadley Maritz gebel het om te help keer dat haar ma haar plan uitvoer om Madder vas te trek. Oscar gee Frans meer inligting oor die Openbare Beskermer, Denise Morkel, aan wie Frans beskerming moet verleen.

Jan 19, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 15

Arlo Madder besoek 'n plastiese chirurg en onthul sy skokkende plan om by sy geliefde Marijke uit te kom en so sy reis saam met haar na die Paradiso voort te sit. Hadley probeer Felicity oortuig om af te sien van haar plan om Madder te vang en in te meng met hulle ondersoek. Frans neem hartseer afskeid van sy dogter, Sandra.

Jan 16, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 14

Frans bieg teenoor Oscar dat hy nog gevoelens vir Marijke het. Leanne Geduld is bekommerd oor haar ma, veral nadat Felicity aankondig dat sy Arlo Madder op eie houtjie gaan vastrek uit weerwraak vir sy aanval op haar geliefde dokter Adams. Madder vermoor ʼn gastehuiseienaar en Hadley besluit om sy en Marijke se wittebrood af te stel.

Jan 15, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 13

Felicity bieg teenoor haar dogter dat sy verlief is op dokter Adams vir wie Madder aangeval het tydens sy ontsnapping. Madder daag by Marijke se woonstel op, of is dit net haar verbeelding? Sandra lig Frans in dat sy en Tinus in Ierland gaan woon.

Jan 14, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 12

Marijke begin soortgelyke terugflitse as Hadley ervaar, en Sandra staan haar by met die voorbereiding vir haar en Hadley se troue. Hadley besoek die hospitaal en ontmoet Felicity Geduld, die matrone wat aan diens was tydens Madder se ontsnapping. Frans en Oscar wonder of Hadley enigsins vir sy eie troue gaan opdaag.

Jan 13, 201512 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 11

Marijke is bekommerd oor Hadley se nagmerries en dink hy ly aan posttraumatiese stres sindroom. Arlo Madder ontwaak intussen uit sy koma en ontsnap uit die hospitaal. Oscar bied Frans werk aan as lyfwag vir die Wes-Kaapse Openbare Beskermer, Denise Morkel.

Jan 12, 201513 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 10

Frans vra Oscar om hom by te staan wanneer Marijke deur Arlo Madder ontbied word om hom op Duiwelspiek te ontmoet. Madder word tydens die lokval geskiet en Hadley skrik weer eens wakker uit 'n nagmerrie en verneem tot sy verbasing van Marijke dat Brenda Gouws dood is.

Jan 9, 201511 min

PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 9

Arlo Madder vermoor Koot van Tonder en sy lyk word teen Tafelberg gelaat as lokaas vir Marijke. Frans vertel Oscar dat Madder een van Koot van Tonder se groot finansiële ondersteuners is en daarom met die verregses se terreurplanne verbind kan word.

Jan 8, 201512 min