PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 49 of 61

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 18

Dominee Venter word deur die bedeesde Elsie Lubbe geskok. Drie-uur in die môre word Mina wakker, maar nie sy of enigiemand in die Vallei sou bedag kon wees op die ervaring wat Bettie Els hulle sou besorg nie...

Dec 26, 201613 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 17

Mina beleef die donkerste nag van haar lewe. Dominee Venter kom doen huisbesoek by Elsie Lubbe net toe Mina klaar les by haar gehad het. Hy besluit om ernstig met Elsie oor Mina te praat...

Dec 23, 201613 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 16

Schoeman nooi Sanet en Mina om saam met hom en van sy maats na die plaaslike bioskoop te gaan. Tietser waarsku Mina teen Boeta Bantjies. Schoeman, Sanet en Mina gaan na die Vlooifliek toe en geniet die aand baie. Dan val daar egter 'n donker skadu oor die aand se vrolikheid...

Dec 22, 201613 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 15

Tietser waarsku Boeta om sy hande van Mina af te hou, en Schoeman maak weer ogies vir Mina. Bettie Els is nie 'n maklike mens nie, en is nie baie gelukkig dat Mina in haar geldsake namens Elsie Lubbe kom snuffel nie.

Dec 21, 201613 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 14

Sanet is bekommerd oor Schoeman se lawwe spelery, maar Mina steur haar nie aan hom nie. Boeta is haar droomman. In die maanlig by die plaasdam probeer Boeta dan ook sy gevoelens vir Mina demonstreer, maar hy loop hom vas.

Dec 20, 201611 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 13

Mina vertel Tietser opgewonde van haar klasse by Elsie Lubbe. Boeta Bantjies vertel Mina ná die skoolkonsert hoe hy haar bewonder, en Mina wil by Sara weet of sy dink daar is 'n loopbaan vir 'n Bruinmens in die kosbedryf.

Dec 19, 201613 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 12

Tietser vertel vir Mina en Sanet van haar jongdae. Elsie Lubbe hoor van Mina se begeerte om met kos te werk, en sy lê besoek af by Bettie Els om met haar 'n afspraak te maak om na Bettie se negosiewinkeltjie se geldsake te kyk.

Dec 16, 201613 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 11

Mina verneem van Erik dat sy hulle gelukbringerkind is, en is ontsteld oor die rede vir die beskrywing. Mina is baie opgewonde, want juffrou Elsie Lubbe het ingestem om haar met 'n paar hoërskoolvakke te help.

Dec 15, 201614 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 10

Sara oortuig Mina om met meer Bruinmense te meng sodat sy meer aanvaarbaar vir haar eie mense kan wees. Iris is oortuig dat die De Graaffs ongemaklik begin voel met Mina in die huis, en haar vir iemand in die bruin gemeenskap gaan gee om verder groot te maak.

Dec 14, 201613 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 9

Schoeman leun oor die klimopheining en knoop 'n geselsie met Mina aan wat haar kwets. Asof Schoeman se aanmerkings nie genoeg is nie, vryf sy ma, Iris, verder sout in Mina se wonde. Tietser gesels indringend met Sara oor Mina se sosiale dilemma.

Dec 13, 201613 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 8

Mina sê vir Tietser dit voel vir haar of sy nêrens inpas nie. Aletta laat Sara goed verstaan dis tyd dat sy begin om haar van Mina, wat nou al groot is, te onttrek. Dit sal vir haar aanvaarbaar wees as Mina aanbly as een van die talle huishulpe. Mina praat met Tietser oor die afdruk van die engel bo Tietser se bed.

Dec 12, 201614 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 7

Dit is jare later en Mina staan op die punt om terug te gaan na Goedemoed. Sy is hartseer want niemand het haar gevra of sy sal wil teruggaan as sy in 'n buitekamer moet bly nie. Op 'n dag kuier Mina en Sanet by Tietser, en Mina praat oor die dinge wat haar grief en seermaak.

Dec 9, 201614 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 6

Erik steur hom aan die ouvroustories van die Vallei dat Sara 'n miskraam sal hê, en hy gebruik die geleentheid om Sara te oortuig dat Mina by Tietser moet gaan woon. Gert Afrika, Mina se pa, trou weer, en Sara neem Mina teësinnig na Tietser, maar sweer dat Mina, wanneer sy groter is, sal terugkom na haar toe.

Dec 8, 201614 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 5

Die De Graaff-familie gaan elke Kersvakansie na Kleinmond waar die patriarg, Sarel de Graaff, 'n reuse dubbelverdiepinghuis teen die see laat bou het. Sara wil Mina met alle geweld saamneem, maar moet uiteindelik besgee. Tydens die vakansie word Sara siek en lusteloos, en belowe Erik en Aletta om haar dokter te gaan spreek sodra hulle terug is op die plaas.

Dec 7, 201615 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 4

Mina kruip vinnig in Erik se hart, en hulle lees om die beurt saans vir haar slaaptydstories en kinderrympies. Soms kom Gert luister na die stories. Hy kan nie glo dat sy kind in so 'n pragtige kamer ín meneer De Graaff se huis slaap nie. Aletta, hoewel betower deur die pragtige kind se persoonlikheid en intelligensie, wys Sara en Erik op die teenkanting van die ganse gemeenskap. Die kind durf nie langer by hulle bly nie.

Dec 6, 201614 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 3

Gert se skoonma sterf skielik weens 'n beroerteaanval. Hy wend hom tot Erik om hom te hulp te kom. Sara neem die kind tot Erik se ontsteltenis, en sê dat hulle tydelik na die driejarige Mina sal omsien. Aletta lê besoek af om die onsinnigheid te beëindig. Erik probeer Sara oortuig dat die bruin kind nie by hulle durf bly nie.

Dec 5, 201613 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 2

Die moeder van die pasgebore dogtertjie sterf aan 'n swak hart, en Gert wend hom tot sy skoonma in die lokasie om die kind te versorg. Sara is diepgeraak oor die aangeleentheid. Aletta kom bekla haar lot by Erik dat hulle weens Sara se ondankbaarheid so ver van haar af woon.

Dec 2, 201612 min

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 1

Die verhaal van Mina Afrika, kind van 'n plaaswerker van die Hexriviervallei, Gert Afrika, begin op 'n stormagtige nag in 1942 op die plaas Goedemoed van die De Graaff familie: Aletta en haar oudste seun, Erik en sy vrou Sara. Baie gou blyk dit egter dat die verhouding tussen veral skoonmoeder en -dogter stram is, hoofsaaklik omdat daar nog geen erfgenaam vir die spogplaas met sy uitvoer-tafeldruiwe voortgebring is nie.

Dec 1, 201612 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 40 (slot)

Lizaan en Armand vind uiteindelik vrede, en dalk ʼn bietjie meer in mekaar se arms. Beilof en Jo kan kommerloos saam die res van die vaart op die Suiderkruis oor die Indiese Oseaan voortsit.

Nov 30, 201512 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 39

Armand van Hings en Jamina Habib ontmoet mekaar in 'n stryd om lewe en dood. Net een sal staande bly. Maar wie?

Nov 27, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 38

Dice en Victor probeer om die kosbare kunswerke in die hande te kry, terwyl Jamina en Delia fokus op die aflaai van die versteekte wapens. Intussen is Armand besig om alles in sy vermoë te doen om die Suiderkruis en sy mense te probeer red.

Nov 26, 20159 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 37

Delia se ware kleure kom te voorskyn. Dit lyk of Armand en Beilof die aftog sal moet blaas. Jamina Habib kom aan boord van die Suiderkruis, en Dice en Victor saai chaos!

Nov 25, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 36

Dice en Victor begin hulle planne in werking stel om chaos op die Suiderkruis te veroorsaak. Beilof vertrou Armand steeds nie, maar moet noodgedwonge saam met hom werk om Jo te probeer opspoor.

Nov 24, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 35

Armand oortuig Lizaan uiteindelik om na sy kant van die verdagmakery teen hom te luister, en Dice en Victor smee 'n bose plan om chaos op die Suiderkruis te saai.

Nov 23, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 34

Dice en Victor begin hulle voorberei op die uitvoering van hulle plan. Delia probeer Armand verlei, en Jo loop hom lelik vas.

Nov 20, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 33

Beilof Maliaros is woedend oor wat Armand met Jo laat gebeur het. Lizaan is glad nie ingenome met die feit dat Armand sy kant van die saak probeer regstel nie, en Jo vind tot sy skok uit dat die Suiderkruis se roete deur 'n gebied van hewige Somaliese seeroweraanvalle loop...

Nov 19, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 32

Jo en Armand verlaat die Suiderkruis om hulle gevaarlike ondersoek na Henriette Aggenbach se verdwyning voort te sit, terwyl Kaptein Maliaros ondersteuning by Delia Smith en Lizaan Klopper soek om die skip se veiligheid te probeer verseker.

Nov 18, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 31

Jo en Armand probeer uitvind wat met Henriette Aggenbach gebeur het. Victor Vos begin met 'n verdagmakery ten einde sy duistere planne in werking te kan stel.

Nov 17, 201512 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 30

Armand en Beilof probeer uitvind wat van Roelof geword het. Henriette besluit die wêreld op die Suiderkruis raak te warm vir haar. Sy wil af, maar Victor wil niks daarvan weet nie.

Nov 16, 201511 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 29

Dice en Henriette moet van Roelof ontslae raak. Jo en Beilof het ʼn baie ernstige gesprek. Henriette se ware kleure kom te voorskyn. Beilof waarsku Jo om uit die moeilikheid te bly.

Nov 13, 201513 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 28

Jo en Armand vind uit wie Victor Vos werklik is. Henriette kom vroeg terug van die vroue se uitstappie. Sy en Victor het ʼn baie ernstige gesprek. Roelf bevind hom in die middel van alles sonder dat hy weet wat aangaan.

Nov 12, 201511 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 27

Jo moet Dice agtervolg, maar hy verloor hom. Victor doen sy bes om ʼn goeie indruk op Beilof te maak. Roelof daag Armand uit om saam met hom te oefen, maar dit ontwikkel spoedig in ʼn strawwe kompetisie.

Nov 11, 201511 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 26

Armand en Beilof bespiegel oor die redes vir Nina se onverwagse oorplasing na 'n ander skip. Dice moet 'n plek aan die kaptein se tafel vir Victor probeer organiseer. Armand ontmoet Jo Lipton, kaptein Beilof Maliaros se susterskind.

Nov 10, 201511 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 25

Armand raak bekommerd oor Nina se veiligheid. Dice smokkel Victor na sy kajuit toe, en die twee begin hulle planne beraam. Armand en Roelof maak nader kennis.

Nov 9, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 24

Delia is op die oorlogspad. Sy konfronteer Armand oor sy verhouding met Nina, en Dice loop ook deur omdat hy haar nie met die toergroep gehelp het nie. Armand en Nina probeer uitwerk wie die persoon is wat direkte toegang tot die geheime wapenkluis het.

Nov 6, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 23

Victor Vos draai Roelof om sy pinkie. Delia is in ʼn verknorsing met ʼn groep besoekers wat net Frans praat, maar gelukkig kom Henriette tot haar redding.

Nov 5, 201512 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 22

Victor Vos maak kontak met Dice. Nina en Armand beplan hulle volgende skuif, maar die toneelstuk hou hulle besig. Roelof en Dice het ʼn onderonsie.

Nov 4, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 21

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 21

Nov 3, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 20

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 20

Nov 2, 201512 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 19

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 19

Oct 30, 201511 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 18

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 18

Oct 29, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 17

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 17

Oct 28, 201511 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 16

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 16

Oct 27, 201511 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 15

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 15

Oct 26, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 14

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 14

Oct 23, 201511 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 13

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 13

Oct 22, 201511 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 12

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 12

Oct 21, 201510 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 11

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 11

Oct 20, 201511 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 10

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 10

Oct 19, 201511 min

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 9

VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 9

Oct 16, 201511 min