
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 48 of 61

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 18
Jeffrey begin Mina sy hartseer verhaal vertel. Hy spreek die vrees uit dat die waarheid oor sy verlede hulle vriendskap in die gedrang sal bring.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 17
Jeffrey is besorg oor die feit dat Mina te veel werk en te min rus, en gaan spreek Jana oor die aangeleentheid. Terwyl hulle langs die see stap, wil Mina by Jeffrey weet hoekom sy oë so vol hartseer is.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 16
Besoeke aan Whitewing Lodge kry 'n hupstoot ná 'n verrassende wending. Meer personeel word benodig om in die kombuis te help. Jeffrey stuur 'n geskenk vir Mina.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 15
Dit is in die winter van 1975 en Jana is opgewonde oor die toeloop van gaste, ten spyte van die nat koue. Mina staan op die kaai om vis te koop, en ontmoet 'n baie aantreklike man wat vaagweg bekend lyk. Terug by die gastehuis sit sy twee en twee bymekaar...

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 14
Mina kry koue rillings in die ou kliptoring langs Whitewing Lodge. Betta stel Mina voor aan Ouma Hannie. Jeffrey Wilson hoor by sy ouma dat daar 'n baie mooi, opgevoede vrou by die gastehuis werk en dat sy wonderlik kan kosmaak.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 13
Mina begin stadig maar seker die mense in Visbaai ken. Veral die jong mans is gek oor die pragtige jong vrou. Sy vind uit by Betta en Myra wat Jana se sondes is waarvan sy praat, en twee gaste, waarvan een 'n Australiër, is kwistig met die heuningkwas.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 12
Mina leer haar “nuwe familie” van Whitewing Lodge beter ken. Sy is oortuig sy het die regte besluit geneem om nie in die Kaap te bly nie.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 11
Jana en Mina kom op Visbaai aan, en Mina is in vervoering oor die klein dorpie en sy eenvoud. Onderweg van Visbaai na Whitewing Lodge, vertel Jana die treurige verhaal van 'n jong bruin moeder wat nog voor Jana se geboorte by Vier Winde gewerk het en een nag op pad huis toe met die paadjie oor die rotse hoog bo die see na haar dood geval het.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 10
Sara en Mina ry na De Doorns om van Mina se besittings te gaan haal, en hulle word getref deur die veranderinge aan Goedemoed. Jana kom Mina haal en hulle pak die rit aan na Whitewing Lodge. Mina voel vir die eerste keer weer opgewonde oor die toekoms.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 9
Mina lig Sara in dat sy besluit het om vir Jana te gaan werk. By die munisipale kantore waar Mina probeer uitvind wat van Sarah Adams geword het, word wonde uit die verlede oopgekrap. Jana bel om te reël om Mina te kom haal om haar nuwe lewe as sjef vir Whitewing Lodge te begin.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 8
Sara en Mina is ingeburger in die dubbelverdiepinghuis in Tamboerskloof. Mina het gehoor dat Distrik Ses volgens die groepsgebiedewet 'n wit gebied verklaar is, en sy gaan kyk hoe dit lyk. Die afgryse van haar besoek aan Distrik Ses laat Mina 'n belangrike besluit neem.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 7
Mina waarsku die werkers van Goedemoed om ander werk te soek, want Cluver Coetzee is nie iemand vir wie hulle sal wil werk nie. Mina ontmoet 'n jeugkennis, Jana Jansens, wat haar lewe en toekoms ingrypend sal verander. Sonia Tredoux loop haar rieme styf.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 6
Sara is besig om in te pak, en word deur die emosionele las oorweldig. 'n Plaaswerker deel ontstellende nuus aan Mina mee, wat later deur die nuwe eienaar, Cluver Coetzee, bevestig word. Mina besef sy moet begin afskeid neem van haar geliefde wingerdhuisie.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 5
Sonia word aangestel as Julie's Bistro se nuwe bestuurder. Mina begin saam met Sara planne maak om Kaap toe te trek. Iris vra Sara of daar nie dalk 'n manier is om Mina te oortuig om haar bedanking terug te trek nie. Mina trap 'n laaste stel af met Sonia.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 4
Mina hoor by Mietjie dat Sonia male sonder tal die wens uitgespreek het dat Mina nooit terugkom na Julie's Bistro nie. Sara probeer Mina weer oortuig om saam met haar Kaap toe te gaan. Mina neem 'n drastiese besluit.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 3
Sara probeer Mina oortuig om saam met haar Kaap toe te gaan, en Mina spreek haar vrese en kommer uit. Mina gaan spreek Iris met die doel om weer te begin werk, en ontmoet die giftige Sonia Tredoux.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 2
Iris besluit om 'n pasafgestudeerde huishoudkundestudent, Sonia Tredoux, aan te stel om in Mina se plek waar te neem totdat sy gereed is om weer te kom werk. Sara wil die twee familieplase, Goedemoed en Hooglande, verkoop en teruggaan Kaap toe. Mina ervaar weer die gevoel wat sy as kind gehad het – dat sy 'n “tussenmens” is.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 1
Iris Oortzen, Mina Afrika en Mietjie staan rustig en gesels in Julie's Bistro se kombuis oor die afgelope agt jaar se sukses. Dan bel Sara de Graaff met nuus wat hulle almal se lewens ingrypend en blywend sal verander.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 50 (slot)
Mina gaan lê besoek af by Schoeman se graf. Sy stel 'n belangrike personeellid aan om haar in die restourant by te staan en kies 'n betekenisvolle naam vir die restourant.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 49
Oplaas word Elsie Lubbe se huisie opgeveil en Mina se senuwees word tot die uiterste beproef. Deon daag weer by Mina op, die keer in uniform. Haar wêreld stort in duie. Iris daag by die De Graaffs op met 'n goeie proposisie vir Mina.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 48
Die gesprek met die ongewilde dominee Venter bereik 'n kritieke punt wat Mina op die vlug laat slaan. Oplaas kom Mina met die hele mandjie patats vorendag en kry Sara en Erik geleentheid om hulle eie menings te vorm. Deon kom kuier en dra siviele klere, nie sy uniform nie.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 47
Mina se skets van haar droomhuis neem 'n hoogs onverwagte wending. Mietjie kom sê vir haar dat die De Graaffs haar ontbied het, maar kwalik het Mina se gesprek met Sara begin, of 'n besoeker daag op wat 'n ware lont in die kruitvat word.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 46
Mina se ondervraging word gekenmerk deur verskeie uiteenlopende gewaarwordings wat nie sy óf Deon voorsien het nie. Vleis Viljoen het verrassende, opwindende nuus vir Mina.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 45
Mina verneem nog nuus van Mietjie omtrent die De Graaffs en besluit om maar in die wingerdhuisie te gaan bly tot hulle terugkeer. Mietjie kom benoud by Mina aan met nuus dat die polisie haar wil ondervra. Mina ontmoet Deon du Toit.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 44
Mina keer terug na die Vallei en word oorval met die jongste nuusgebeure op die dorp. Sy kom op Goedemoed voor dooiemansdeur te staan en verneem boonop skokkende nuus.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 43
Sêra vra Julie (alias Mina) of sy nie haar vertrek tot Kersfees wil uitstel nie, nadat sy nóg 'n brief van Steven ontvang het. Dylan raak ongeduldig omdat Julie hom aan 'n lyntjie hou. Drien waarsku haar om nie met Dylan se gevoelens te speel nie, veral omdat sy nie besef hoe groot die opoffering is wat hy maak nie. Mina se ervaring van Distrik Ses bereik 'n nuwe, skokkende laagtepunt.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 42
Mina begaan 'n reuse misstap wat verreikende gevolge sal hê. Julie (alias Mina) kondig aan dat sy na deeglike oorweging besluit het om liewer na haar ma en twee boeties op Worcester terug te keer. Iris lê 'n verrassingsbesoek by die De Graaffs af met verstommende nuus.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 41
Sêra se aandrang op 'n naam vir die kind, het verrassende gevolge. Steven, Sêra se seun, skryf 'n brief huis toe wat Julie (alias Mina) diep laat nadink, met byna katastrofiese gevolge.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 40
Sêra, Drien en Miriam is baie besorg oor Julie (alias Mina) se ingesteldheid teenoor die baba. Dylan se luitenant waarsku hom en maak 'n bedekte dreigement. Sarah's Cafe and Diner beleef ongekende vooruitgang.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 39
Dylan vertel Julie (alias Mina) waarom hy by bendes betrokke geraak het. Sy bewys aan Sêra hoe goed die kafee finansieel vaar en doen 'n paar voorstelle aan die hand. Julie (alias Mina) se lewe verander ingrypend en permanent.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 38
Mina se besoek aan Bettie lei tot 'n ontstellende ervaring. Dylan se laataandgesprek met Julie (alias Mina) neem 'n onvoorsiene wending. Mina wil weet hoekom Dylan hoegenaamd by bendes betrokke geraak het.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 37
Mina (alias Julie Columbus) ontvang 'n brief van Sara de Graaff wat haar ontstel. Haar ontsteltenis beweeg haar om Bettie Els in Valkenburg te gaan besoek. Dylan maak sy hart teenoor Sêra oop.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 36
Dylan het 'n diep gesprek met Sêra oor die meisie van sy drome, Julie Columbus (alias Mina Afrika). Julie weet nie wat Dylan in haar sien nie, veral nie met haar swanger lyf nie. 'n Swartbord om die kafee se etes op te adverteer verdwyn, maar Dylan en sy bende sorg gou vir 'n ander een en verwilder alle voornemende diewe en vandale. Hulle word die kafee se nie-amptelike beskermers.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 35
Mina kan nie glo dat die mees berugte bendeleier in die Kaap haar koffer vir haar gedra het tot by Sêra nie, en haar die hele tyd soos 'n dame behandel het nie. Sêra is bly om Mina weer te sien, maar kan haar nie help met verblyf nie. Sy raai Mina aan om maar liewer terug te gaan na haar mense toe, want Distrik Ses bars uit sy nate en val uitmekaar. Nes sy mense.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 34
Sonder werk en verblyf, bereik Mina se lewe 'n nuwe laagtepunt. Onderweg na Distrik Ses, keer 'n man haar voor wat wil weet waarheen sy op pad is. Hy dra haar swaar koffer en neem haar tot waar sy wil wees, en sê dat hy haar baie gou weer wil sien.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 33
Mina verloor alle hoop om terug te keer na die Vallei. Boonop kom Dollie se uitrusting uiters verdag voor. 'n Nuwe vriendin, wat ook in die woonstelgebou werk, bring gelukkig nuwe hoop. Maar dan ontdek Rose dat Mina swanger is.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 32
Omdat Mina beswaarlik 'n week by Rose en Mavis werk, is sy bekommerd dat sy nie tyd gegun sal word om die afspraak na te kom nie. Gatiep het 'n onfeilbare plan. Die dag waarop Mina gereken het om haar vorige lewe terug te wen, ontaard in 'n nagmerrie wat sy nooit sou kon voorsien het nie.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 31
Omdat Mina so intens bewus is van die gevare wat agterstraat-aborsies inhou, wil sy seker maak dat sy dit sal oorleef. Dollie belowe om 'n bekwame, professionele persoon te kry om die prosedure uit te voer. Die prys laat Mina na haar asem snak.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 30
Mina word teen Rose en Mavis White gewaarsku, en Miss Aucamp blyk miskien tóg nog iewers 'n tikkie menslikheid versteek te hê. Op Goedemoed is Erik en Sara al rasend omdat Mina skynbaar soos 'n groot speld verdwyn het. Met die eerste geleentheid wat Mina kry, gaan klop sy by Dollie aan om hulp.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 29
Asof die ontmoeting met die twee rare Engelssprekende oujongnooiens nie vir Mina al vreemd genoeg was nie, word sy boonop aan Miss Aucamp en Dollie Davids blootgestel. Sy is vasbeslote om so gou moontlik terug te keer huis toe.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 28
Rose en Mavis White se advertensie in die Engelse koerant blyk Mina se redding te wees. In die Vallei probeer Sara nog desperaat uitpluis wat van Mina kon geword het. Mina en Sara se verlange na mekaar is vir albei oorweldigend.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 27
Dankbaar om van Jerry en sy suster ontslae te wees, wag daar nuwe onaangename ervarings op Mina wanneer sy uiteindelik in die kamer is waarvoor sy so duur betaal het. In Distrik Ses se Hanoverstraat kry Mina ontbyt te koop by Sêra Adams, wat haar die pad beduie na Groenpunt en die Majestic Mansions.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 26
Erik en Sara daag vroegmôre met 'n foto van Mina by die stasie op in die hoop dat iemand dalk sou onthou of sy 'n treinkaartjie gekoop het en waarheen. Mina besef dat sy 'n nuwe identiteit sal moet aanneem. Sy ontdek 'n nagmerrie-wêreld waarvan sy nooit eers bewus was nie.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 25
Iris Oortzen is ontroosbaar oor Schoeman se dood, en Sara tref al die reëlings vir die begrafnis. Sara maak 'n skokkende ontdekking in Mina se kamer, en Sanet wonder of Schoeman nog sou gelewe het as sy tóg maar saam met hom in sy nuwe sportmotor gaan ry het.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 24
Die opruiming van die wingerdhuisie is afgehandel, en Mina kry Tietser se spaarboekie in 'n handsak. Erik se broer, Stefaans, verklaar Tietser se briefie 'n wettige dokument. Mina bring weer 'n nag in die wingerdhuisie deur en beleef 'n tweede gesprek met haar geliefde Tietser. Sanet ontvang 'n oproep van 'n vriendin wat haar geweldig ontstel.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 23
Tietser se dood is vir die hele Vallei 'n skok. Ná die begrafnis bring Mina die nag in die wingerdhuisie deur. Tietser se teenwoordigheid is vir haar só sterk, dat Mina met haar in gesprek tree. Sara en Mietjie kom Mina help om Tietser se huisie op te ruim, en Mina maak toevallig 'n groot ontdekking.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 22
Iris Oortzen beveel Mina as't ware om die spyseniering vir Schoeman se agtiende verjaardag te behartig. Vleis Viljoen is beïndruk met Mina se vaardighede en erken dat die Vallei die De Grootts in die verlede veroordeel het omdat hulle Mina ingeneem het. Sara bied aan om as tussenganger op te tree toe Mina weier om by Schoeman se partytjie betrokke te wees. Ná Schoeman se geslaagde partytjie, het Sara nuus wat Mina se wêreld feitlik in duie laat stort.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 21
Mina stel Boeta Bantjies aan Sara en Erik voor. Erik vertrou Boeta se bedoelings met Mina glad nie, en Boeta glo Erik is inherent rassisties. Mina is ontwykend toe Boeta haar uitvra oor haar afsydigheid. Erik se 45ste verjaardagpartytjie, waarvoor Mina die spyseniering doen, het die hele Vallei aan die praat.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 20
Sanet kom kuier by Mina, maar is verstom oor hoe min belang Mina skielik by Boeta het. Mina spog by Sanet met haar resepteplakboek, en vertel meer van haar planne met Erik se verjaardagpartytjie. Terwyl Sara en Mina gesels oor aankope vir Erik se partytjie, daag die polisiesersant op...

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 19
'n Polisiesersant wil weet of Bettie se aantygings waar is, en vir 'n tyd lank hang 'n vreeslike swaard oor Mina se kop. Mina, Elsie Lubbe en Sara word beveel om die volgende oggend verklarings by die polisiekantoor te gaan aflê.