PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 45 of 61

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 3

Anton se jonger broer, die briljantjie Japie, stuur 'n hommeltuig die lug in op see, en die reaksie van medevissers is aggressief en gewelddadig. Die ontvangsklerk by die Huis, Pauline, word aangepraat oor haar geneigdheid tot “matchmaking” onder die gaste.

Dec 12, 201712 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 2

Die jong visserman, Anton Joubert, skaf 'n nuwe skiboot aan, maar raak bekommerd oor die toekoms van die Huis, wat verreweg sy beste kliënt op Mooi Hawens verteenwoordig. Tania Nel, se niggie, die jong student Rina Nel, se versoek om saam see toe te gaan met 'n vissersboot, laat wenkbroue lig.

Dec 11, 201712 min

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 1

Die eienaar van die Huis op die Hawe, Tania Nel, kry 'n aanbod van sakeman en visserman, Boelie Prinsloo, om die Huis te koop, maar sy weier. Boelie bly knaend op haar spoor en sy wonder hoekom hy met vuil spel begin dreig as sy nie wil verkoop nie.

Dec 8, 201713 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 50 (slot)

Mollie Muller kry na al die jare afsluiting oor haar tergende geheim. Wat gebeur met Martha Sithole se swaarverdiende aftreegeldjie? Wie is die reeksmoordenaar?

Dec 7, 201716 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 49

Morkel Nienaber voer nog 'n meesterplan uit. Privaatspeurders is nie goedkoop nie, en soms wonder mens of hulle die baie geld werd is wat hulle betaal word. Die reeksmoordernaar word gevang.

Dec 6, 201713 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 48

Die Sondagkoerant is vol van die storie agter die Dame van die Nag. Sweetness Botes is op die oorlogspad. Morkel Nienaber huil lang trane omdat hy weer nie 'n kontrak behoorlik gelees het nie.

Dec 5, 201715 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 47

Ná 17 jaar word die storie van die Dame van die Nag uiteindelik vertel, met al die hartseer wat daarmee saamgaan.

Dec 4, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 46

Daar is in meer as een opsig 'n verrassende wending in die verloop van sake. Ná langer as 'n jaar vind Seef Visagie uiteindelik uit wie sy Susara so wreed vermoor het.

Dec 1, 201716 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 45

Goedbegin is vol emosie ná die skielike dood van 'n geliefde. Daar is hope kwelvrae. Dr. Dawie Becker word voor stok gekry, maar het dit die gewenste uitwerking?

Nov 30, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 44

Seef Visagie maak planne om sy skilderye terug te kry, en hy ry spesiaal deur Pretoria toe daarvoor. 'n Bedrywige joernalis van die Sondagkoerant is besig om oral gevoelens los te maak. Dan gebeur iets wat Conrad gevrees het...

Nov 29, 201715 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 43

Dis soms moeilik om te bepaal wie die slinkste van die twee is: Morkel Nienaber of dr.Dawie Becker. Feit van die saak is, as die twee saamspan is dit 'n gedugte kombinasie wat nie maklik die onderspit delf nie.

Nov 28, 201713 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 42

Cindy Nel moet op haar voete dink, maar sy kan nie haar planne op haar eie deurvoer nie. Sy het hulp nodig. Die skilderye verwissel uiteindelik van hande.

Nov 27, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 41

Dokter Dawie Becker wys sy ware kleure. Morkel Nienaber bly die ene planne om 'n geldjie te maak. Iemand dra iets uit die plaashuis op Goedbegin weg.

Nov 24, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 40

Hoe is dit moontlik dat Cindy Nel soos 'n gevangene in haar eie huis voel? Wat se 'evidence' krap Sweetness Botes alles uit? Wie se motor is van die pad af die veld in?

Nov 23, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 39

Hoekom het Cindy in die hospitaal beland? Wat het regtig gebeur? Wie ontpop skielik as speurder? Wie word aangerand?

Nov 22, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 38

Hoe ernstig is klein Amelia Rossouw toestand? 'n Gewigte besluit word geneem. Met watter voorstel kom Morkel Nienaber op Goedbegin aan? Met watter skok begin Seef Visagie se dag?

Nov 21, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 37

Hoe verloop die aand by Cindy Nel se hotel? By wie gaan soek Conrad Nienaber troos? Wie daag almal by Cindy se eie pa se paroolverhoor op?

Nov 20, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 36

Vriendskappe word flenters geslaan, en hope venyn kom na vore. Soms bedoel iemand om goed te doen, maar dis nie noodwendig die regte ding nie. Hoe desperaat is dr. Dawie Becker om sake met sy dogter, Cindy Nel, uit te praat?

Nov 17, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 35

Wie daag almal op vir die Koster-het-talent-program? Wie is die grootste verrassing van die dag? Wat is in die koevert?

Nov 16, 201715 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 34

Conrad Nienaber kan skielik kies en keur waar hy wil bly, maar almal is nie so ingenome oor sy wye keuse nie. Meer lig word gewerp op die inhoud van Cindy Nel se ma se testament.

Nov 15, 201713 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 33

Mollie Muller en Martha Sithole word betrek by die Koster-het-talent-program, en Martha ontdek self 'n nuwe talent. Eric Sithole word uit die hospitaal ontslaan. Grace maak 'n voorstel wat 'n paar asems wegslaan.

Nov 14, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 32

Dr. Dawie Becker bedink nog 'n blink plan, en voer dit tot op die letter uit, maar iemand breek by sy brandkluis in...

Nov 13, 201715 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 31

Wie beland in die hospitaal? Seef Visagie besluit dis tyd om die manne vierkantig in die oë te kyk en ernstig bors skoon te maak. Waar word die Dame van die Nag uitgestal?

Nov 10, 201715 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 30

Skielik, en nie heeltemal onverwags nie, is nege skilderye die fokus van alle gesprekke. Verskeie weergawes sien die lig, terwyl almal probeer om agter die kap van die byl te kom. Die kernvraag is wie het destyds nou eintlik die Dame van die Nag gekoop en hoekom?

Nov 9, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 29

Wat presies het gebeur die dag wat Cintaine Becker, Cindy Nel se ma, van die berghang na haar dood geval het? Die skilderye in die Duitser se gastehuis is skielik die fokus van alle belangstelling, en sorg vir groot onmin. Wie verras Mollie Muller op Goedbegin?

Nov 8, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 28

Morkel Nienaber het nou maar eenmaal die vermoë om die bordjies te verhang. Conrad Nienaber werk hard aan die uitdaging wat aan hom gestel is. Hoe suksesvol is hy?

Nov 7, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 27

'n Brand breek uit, en Seef Visagie en sy span werkers swoeg en sweet. 'n Bedrag van R100,000 is skielik druk onder bespreking. Wie maak aan Conrad Nienaber 'n aanbod, en wat is sy reaksie?

Nov 6, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 26

Wie beland in die Heidelberg Hospitaal? Wat het in 1992 op Dundee gebeur? Wat het Amelia Rossouw oorgekom? Wie verras vir Conrad Nienaber?

Nov 3, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 25

Henk Rossouw se begrafnis verloop nie soos beplan nie. Die duiwel laat twee mense 'n snaakse ding doen. Sweetness Botes beleef 'n slegte dag. Cindy Nel is hoogs ontsteld.

Nov 2, 201715 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 24

Dawie Becker wys hy is 'n bedrewe sakeman wat nie maklik tweede kom nie. Daardie een brokkie inligting wat Morkel Nienaber heeltyd soek, val onverwags in sy skoot. Daar is alles behalwe vrede op Vrede.

Nov 1, 201713 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 23

Dis skielik besiger in Seef Visagie se studeerkamer as by 'n dokter se spreekkamer. Die vonke spat behoorlik op Goedbegin. 'n Verslag in 'n rooi omslag kry voete.

Oct 31, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 22

Die skilderye sorg vir groot onmin, en agt van die kunswerke moet skielik 'n nuwe tuiste vind. Hoekom is Cindy Nel so geheimsinnig oor haar biologiese pa? Watter skokontdekking maak Conrad Nienaber?

Oct 30, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 21

Die polisie daag op Goedbegin op. Martha Sithole en Mollie Muller moet op hulle voete dink. Seef Visagie is so kwaad, hy kan slange vang.

Oct 27, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 20

Die storm wat Seef Visagie voel aankom het, bars opeens fel los met verskeie verrassende skerp kante, wat meer as een betrokkene sprakeloos laat.

Oct 26, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 19

Sweetness stap noodgedwonge 'n draai deur gister met al sy seer. Cindy Nel word verras. Seef Visagie gaan 'n vreemde ooreenkoms aan.

Oct 25, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 18

Die vonke spat oral. Seef Visagie hoor die een na die ander ding wat hom teen die mure uitdryf en hom kort duskant 'n hartaanval laat omdraai.

Oct 24, 201715 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 17

Die sewende straatvrou word vermoor. Seef Visagie se hart huil opnuut oor sy skoonseun se doen en late. Dawie Becker is bitter ongelukkig.

Oct 23, 201715 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 16

Mollie Muller krap waar sy nie veronderstel is om te krap nie, en maak nie vriende in die proses nie. Morkel Nienaber is op die oorlogspad, maar ook op 'n missie.

Oct 20, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 15

Seef Visagie gryp in. Die Dame van die Nag lewer 'n verrassing op. Cindy Nel het 'n paar ongemaklike vrae. Mollie Muller neem sake in haar eie hande.

Oct 19, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 14

Wie is die flukse privaatspeurder wat op Frankfort bly? Hoe vind Goedbegin uit waar Seef Visagie hom bevind? Waarheen kry Seef koers?

Oct 18, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 13

Wie wag Sweetness by haar flat in? Saam met wie drink Conrad koffie?

Oct 17, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 12

Mollie Muller het twee foto's op haar selfoon wat konsternasie veroorsaak, en dis nie die enigste saak wat sy op die hart het nie. Sweetness Botes is op die oorlogspad.

Oct 16, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 11

Hoekom moet Seef Visagie by dokter Francis Benade aanmeld? Waar raak Conrad Nienaber tydelik geholpe? Wie loop in mekaar vas? Wie daag almal by dokter Dawie Becker op?

Oct 13, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 10

Sake raak lelik in Sweetness Botes se flat. Waarmee het Seef Visagie nou weer vorendag gekom? Conrad se luck wil nou maar eenmaal nie draai nie.

Oct 12, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 9

Sweetness Botes kry die wind van voor. Hoekom jok Conrad Nienaber vir Cindy Nel? Mollie Muller is op 'n missie. Wie het sy in haar visier?

Oct 11, 201713 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 8

Sake loop lelik skeef op Goedbegin. By wie neem Conrad Nienaber sy toevlug?

Oct 10, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 7

Het Mollie Muller Goedbegin toe gekom omdat sy die Padstal wil bestuur, of is daar 'n ander rede? Wie is Amelia Rossouw? Hoekom pla spinale spieratrofie Mollie so baie?

Oct 9, 201715 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 6

Cindy Nel en Conrad Nienaber kom agter hulle ken mekaar baie sleg. Sweetness Botes kry 'n onverwagse besoeker. Met wie het Seef Visagie volgende week 'n afspraak?

Oct 6, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 5

Gister se spoke bly Seef Visagie by, en die dinge wat om hom gebeur maak dit ook nie makliker nie. Hoekom het Mollie Muller nou eintlik op Goedbegin kom werk? Wat jaag Morkel Nienaber skielik so?

Oct 5, 201714 min

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 4

Conrad Nienaber neem 'n gewigtige besluit. Sweetness Botes is skielik 'n baie gewilde vrou. Martha Sithole se lewe word geknou. Wat is Mollie Muller se agenda nou eintlik?

Oct 4, 201715 min