
Middagvervolgverhaal
3,047 episodes — Page 43 of 61

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 10
Jaap is die mening toegedaan dat Henning by Johanna kom kuier het as deel van 'n komplot om Langvlei by Boskloof te probeer inlyf. Te midde van Sybrand se frustrasie oor Willa se koppigheid, word sy dag opgehelder deur 'n onverwagte besoeker.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 9
Jaap en Mieta besef hulle dogter sal kortgevat moet word. Sybrand spreek sy misnoeë uit oor Willa se onwilligheid om dorp toe te trek.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 8
Henning daag by Johanna se ouerhuis op die plaas Langvlei op, maar word wreed ontnugter. Jaap en Mieta, Johanna se ouers, leer ken met skok 'n sy van hulle ingetoë dogter waarvan hulle nie bewus was nie.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 7
Gert en Sybrand se rusie by ma Willa se opstal word op die spits gedryf. Henning deel sy droom met Nonnie om by Johanna te gaan kuier.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 6
Sybrand se ewe hardvogtige, bejaarde moeder, is in gesprek met haar huishulp en vertroueling, Nonnie, oor Sybrand se pogings om haar van die plaas af te kry, sodat hy in volle beheer daarvan kan wees. Dan daag haar skoonseun, Gert, op met 'n rits klagtes.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 5
Jannewarie deel sy insig oor Sybrand met Henning. Sybrand beskuldig Betta daarvan dat sy en Henning saamspan om hom van sy besitting (die plaas en sy ideale gekoppel daaraan) te ontneem.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 4
Henning is besig om met 'n ou, uitgediende eenskaarploeg te sukkel. Sybrand se poging om sy vernuf as ondernemende, praktiese boer aan sy seun te demonstreer, misluk.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 3
Na aandete is Henning in sy kamer besig om na 'n foto van Johanna, sy droommeisie van die buurplaas, Langvlei, te kyk voor hy aan die slaap raak en van haar droom. Hy word egter ru wakkergemaak, en die gebeure wat daarop volg, lei tot die begin van 'n onafwendbare afwaartse spiraal in sy verhouding met sy hardvogtige vader.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 2
Sybrand neem Jannewarie in sy vertroue oor 'n paar sake rakende die plaasopset. Henning lug sy frustrasie teenoor sy ma oor die neerdrukkende atmosfeer in die huis.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 1
Ontmoet die inwoners van die plaas Boskloof: Die geharde pa, Sybrand; sy gebroke vrou, Betta; hulle twintigjare seun, Henning; en die skaapwagter en vertroueling, Jannewarie. Daar heers groot opwinding want 'n wilde vosperd moet ingebreek word. Die gebeure lei tot groot onmin in die reeds gespanne huishouding.

BURE deur Mari Snyman - Episode 60 (slot)
Albert vertel uiteindelik die waarheid vir Mathilda.

BURE deur Mari Snyman - Episode 59
Mathilda is onseker of sy wil weet hoekom Jurg die grond aan Albert verkoop het.

BURE deur Mari Snyman - Episode 58
Dita maak haar hart oop teenoor Brendan oor haar diepste geheim.

BURE deur Mari Snyman - Episode 57
Werner besluit om Marlene se wense te verontagsaam.

BURE deur Mari Snyman - Episode 56
Brendan kry die skok van sy lewe.

BURE deur Mari Snyman - Episode 55
Dita staan haar man teen 'n swendelaar.

BURE deur Mari Snyman - Episode 54
Johannes soek toenadering by Mathilda.

BURE deur Mari Snyman - Episode 53
Dita ontmoet 'n nuwe man.

BURE deur Mari Snyman - Episode 52
Mathilda en Marlene stamp opnuut koppe.

BURE deur Mari Snyman - Episode 51
Johannes verwyt Mathilda, en beskuldig haar van onverdraagsaamheid.

BURE deur Mari Snyman - Episode 50
Mathilda en Albert ontvang ontstellende nuus oor Buksie.

BURE deur Mari Snyman - Episode 49
Marlene loop 'n bloutjie by Mathilda.

BURE deur Mari Snyman - Episode 48
Dita laat haar nie onderkry nie, en skep nuwe moed.

BURE deur Mari Snyman - Episode 47
Albert tree in die bresse vir Mathilda.

BURE deur Mari Snyman - Episode 46
Mathilda waarsku Dita om nie halsoorkop op te tree nie.

BURE deur Mari Snyman - Episode 45
'n Onverwagse ongenooide gas daag by Albert se partytjie op.

BURE deur Mari Snyman - Episode 44
Mathilda konfronteer Albert oor die stuk grond wat Jurg aan hom verkoop het.

BURE deur Mari Snyman - Episode 43
Johannes en Mathilda stamp koppe.

BURE deur Mari Snyman - Episode 42
Mathilda help Johannes om Albert se partytjie te beplan.

BURE deur Mari Snyman - Episode 41
Albert beredder 'n moeilike situasie.

BURE deur Mari Snyman - Episode 40
Mathilda en Albert besef daar is groot moeilikheid langsaan by Emelda se huis.

BURE deur Mari Snyman - Episode 39
Marlene soek toenadering by Brendan.

BURE deur Mari Snyman - Episode 38
Iemand uit Werner se verlede maak amok, tot Marlene se ontsteltenis.

BURE deur Mari Snyman - Episode 37
Brendan praat Dita moed in, en hulle vriendskap verdiep.

BURE deur Mari Snyman - Episode 36
Mathilda versag teensinnig teenoor Albert.

BURE deur Mari Snyman - Episode 35
Albert verras Marthilda met 'n spontane gebaar.

BURE deur Mari Snyman - Episode 34
Daar is 'n onverwagse besoeker in Mathilda se tuin.

BURE deur Mari Snyman - Episode 33
Brendan konfronteer Johannes oor sy gevoelens teenoor hom.

BURE deur Mari Snyman - Episode 32
Mathilda ervaar 'n ander sy van Albert.

BURE deur Mari Snyman - Episode 31
Werner maan Marlene om te veg teen bitterheid teenoor Emelda.

BURE deur Mari Snyman - Episode 30
Brendan keur nie Werner se optrede goed nie, maar Werner troef hom.

BURE deur Mari Snyman - Episode 29
Mathilda is ongelukkig oor Buksie se gebrek aan lojaliteit.

BURE deur Mari Snyman - Episode 28
Die verhouding tussen Marlene en Brendan versleg verder.

BURE deur Mari Snyman - Episode 27
Brendan en Marlene stamp koppe.

BURE deur Mari Snyman - Episode 26
Dita se probleme vererger.

BURE deur Mari Snyman - Episode 25
'n Yslike ramp tref Dita.

BURE deur Mari Snyman - Episode 24
Dita brand om Joe se nuwe pos oor te neem

BURE deur Mari Snyman - Episode 23
Mathilda konfronteer Emelda vir die eerste keer oor hulle geskil

BURE deur Mari Snyman - Episode 22
Albert beplan om hom permanent in die buurt te vestig

BURE deur Mari Snyman - Episode 21
Emelda en Marlene probeer hulle verskille uitstryk