PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 40 of 61

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 13

Ronnie laat glip by Floors dat die ontwikkelaars 'n kantoor langs sy kwekery oprig. Matrone verduidelik aan Hannes wat hulle te wagte kan wees wanneer Frieda terugkeer. Floors vra Hannes om te help om die ontwikkelaars se nuwe kantoor te saboteer.

Nov 29, 201813 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 12

Denver lig Hannes in dat Frieda gediagnoseer is met vroeë Alzheimers. Ronnie konfronteer Kittie oor haar kamtige nuwe kêrel. Denver vra Ronnie om die ontwikkelaars by te staan met die oprig van 'n tydelike kantoor.

Nov 28, 201813 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 11

Hannes is ontsteld en verward ná die voorval met Frieda. Kittie en Petro bespiegel oor wat fout is met Frieda. Floors stel homself voor aan Vivienne, en vertel haar van sy vermoedens dat Emsie nog lewe.

Nov 27, 201814 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 10

Vivienne toets haar kersete-spyskaart op Hannes. Kittie toets haar bemarkingsvermoë op Hannes. Frieda sluit haarself in haar woonstel toe nadat sy genoeg van die inmenging in haar private lewe gehad het.

Nov 26, 201815 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 9

Matrone verneem by Petro of sy Frieda Jansen se lêer vir haar uit Denver se kantoor kan gaps. Petro vertel vir Ronnie dat Kittie reeds 'n kêrel het. Denver deel die beplande ontwikkelingsplanne van Rus en Vrede met matrone.

Nov 23, 201814 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 8

Vivienne en matrone sit vas oor die kersete se spyskaart. Denver verneem dat Vivienne van plan is om permanent by Rust en Vrede in te trek. Ronnie vra Kittie of hy saam met haar werk toe kan ry.

Nov 22, 201813 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 7

Ronnie probeer weer om Kittie te oortuig dat die ongeluk met die motorfiets nie sy skuld was nie. Frieda is nie beïndruk deur die bos angeliere wat iemand vir haar gelos het nie, en Hannes ontken dat dit hy was.

Nov 21, 201815 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 6

Denver se ma, Vivienne, is nie tevrede met die uitleg van die kombuis nie, en wil veranderinge aanbring. Petro neem vir Hannes saam na die winkelsentrum om inkopies te doen, en verloor hom in die sentrum.

Nov 20, 201814 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 5

Floors ontvang nuus dat daar probleme op die plaas is, en hy moet sy dogter gaan besoek. Hannes is gegooi deur Frieda se wispelturigheid. Matrone spreek Kittie aan oor haar vriendskap met Ronnie.

Nov 19, 201815 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 4

Matrone is woedend vir Ronnie nadat hy met Kittie geval het met sy motorfiets, en sy nou beseer is. Denver verbied Ronnie om die motorfiets op die perseel te bring. Petro is nuuskierig oor Frieda nadat sy 'n vreemde oproep van 'n familielid ontvang.

Nov 16, 201814 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 3

Denver stem in om vir Floors te spreek oor die verandering op die naambord. Ronnie kom spog met sy motorfiets by Kittie. Matrone is bekommerd dat hulle nie iemand sal kry om sjef Suretha te vervang nie.

Nov 15, 201815 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 2

Ronnie vertel Kittie van die nuwe motorfiets wat hy beplan om te koop, in die hoop dat sy saam met hom vir 'n rit sal gaan. Hannes is oorbluf wanneer Frieda hom met skaak uitstof, en vra Ronnie se hulp.

Nov 14, 201815 min

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 1

Floors is ontevrede oor die nuwe naambord van die aftree-oord, en begin 'n veldtog om ontslae te raak van die T in die naam. Matrone Louw vind uit dat sjef Suretha bedank het, en moet dringend 'n nuwe sjef vind.

Nov 13, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 60 (slot)

Daar is bloedstollende onthullings vanuit 'n hospitaalbed. Wie tree vir dr. Dawie Becker in die bresse? Wie neem almal groot besluite? Wat gebeur by die see?

Nov 12, 201818 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 59

Wat het gebeur die dag toe Dawie Becker en sy vrou Cintaine gaan bergklim, en sy so tragies verongeluk het? Wie se oorbel het Seef Visagie in die stoorkamer opgetel waaruit Susara se skilderye gesteel is? 'n Francois van Dyk-skildery maak sy verskyning.

Nov 9, 201815 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 58

Wat lewer die opgrawings by Morkel Nienaber se meenthuis op? Wie neem 'n baie groot besluit, met ernstige gevolge? Wie probeer almal om speurwerk te doen? Met watter gevolge?

Nov 8, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 57

Die skildery van Tafelberg wat destyds uit die boonste gastehuis gesteel is, maak onverwags weer sy verskyning. Waaroor is Sweetness Botes en Martha Sithole so verslae? Wie is PJ Stofberg se onverwagse gas? Waaroor gesels hulle?

Nov 7, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 56

Morkel Nienaber kry die een skok na die ander. Wat is dit met al die opgrawings? Wat probeer die polisie bereik? Wie vat die langpad? Waarheen? Om wat te gaan doen?

Nov 6, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 55

Waarna is dr. Dawie Becker so dringend opsoek? Grace Fortuin besluit om pynlik eerlik te wees. Wie daag almal by die begrafnis op? 'n Telefoonoproep keer iemand se lewe op sy kop.

Nov 5, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 54

Almal reageer nie dieselfde op die slegte nuus nie. Seef Visagie se gewete jaag hom, en hy kan nie stilsit nie. Hy sleep Conrad Nienaber saam met hom. Waarna soek hulle, en hoe suksesvol is hulle?

Nov 2, 201815 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 53

Hulle sê 'n jakkals kan van kleur verander, maar nie van streke nie. Wie se huis loop deur? Watter belangrike troefkaart speel Amelia Rossouw? Hoe suksesvol is sy? Wie beland in die hospitaal?

Nov 1, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 52

Wie is aan wie se kant? Wie is die man met die bakkie? Wie kom net nie by Seef Visagie uit nie? Wanneer en waar is Sophia van Tonder se motor werklik gestamp?

Oct 31, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 51

Vrede bly een van die mensdom se grootste versugtinge. Maar soms is dit al wat dit is: 'n versugting! In die boonste gastehuis is daar van vrede g'n sprake nie. Dis nie die enigste plek waar daar konflik in oorvloed is nie...

Oct 30, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 50

PJ Stofberg is op 'n missie. Wat is sy agenda? Wie smee duistere planne? Wie se lewe is in gevaar?

Oct 29, 201815 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 49

Conrad Nienaber is pas klaar met sy laaste eksamenvraestel toe 'n ligte orkaan hom tref. Maar elke donker wolk het 'n silwer rand. Wie agtervolg hom? Morkel Nienaber is in 'n hoek, en hy weet nie hoe om daaruit te kom nie. By wie gaan klop hy om hulp aan?

Oct 26, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 48

Tot wie se redding kom Seef Visagie? Wie konfronteer dr. Dawie Becker en slaan sy voete onder hom uit? Wie en wat wag op Cindy Nel nadat sy haar laaste vraestel geskryf het?

Oct 25, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 47

Sweetness Botes oortref haarself, maar dit beteken nie sy het haarself 'n guns gedoen nie. Sy't ook deesdae 'n nuk om ander ongevraagd te betrek. En dan neig sy boonop om die wag voor haar mond te vergeet. Dis asof sy in die naam van geregtigheid moeilikheid soek... en kry!

Oct 24, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 46

Conrad Nienaber het meer as een mens erg bekommerd. Dr. Dawie Becker kry 'n onverwagse besoek met 'n nog meer onverwagse versoek. Wie besoek hom met watter versoek?

Oct 23, 201813 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 45

By wie het Morkel Nienaber sy spoggerige meenthuis gekoop? Wie is die blyste dat die kooptransaksie uiteindelik afgehandel is? Iemand het verdwyn. Die saak moet dringend by die polisie aangemeld word. Wie het verdwyn, en wie meld dit aan?

Oct 22, 201815 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 44

Kamers 303 en 304 van die Tafelkop Hotel in Tafelbergstraat 30, Kaapstad, sal nooit weer dieselfde wees nie. Wat speel alles in die twee hotelkamers af? Wie is die groot argitek van die planne? En wie is die arme slagoffers?

Oct 19, 201815 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 43

Martha Sithole is skielik in die spervuur, maar sy is ook in aanvraag. Wie wil van haar dienste gebruik maak? Susara Visagie se vervalste Francois van Dyk-skildery is weer hoog op die agenda. Wat gebeur by die garage langs die N3, wes van Heidelberg?

Oct 18, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 42

Hoekom kry Sweetness Botes die wind van voor? Conrad Nienaber wil net op sy eksamens fokus en al sy vakke deurkom. Maar wie neem hom onverwags onder kruisverhoor? Dis tyd vir Seef Visagie se volgende besoek aan die chemokliniek. Wie verras hom daar?

Oct 17, 201813 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 41

Cindy Nel kry druk van meer as een kant. Hierdie keer aanvaar sy dit nie. Hoekom is Grace Fortuin in 'n slegte bui? Wie staan aan haar verkeerde kant? Sweetness Botes krap weer waar dit nie jeuk nie. Wie is dr. Liebenberg se enigste erfgenaam?

Oct 16, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 40

Die Franse glo dat as jou hand vol waarheid is, is dit nie altyd verstandig om dit oop te maak nie. PJ Stofberg kon net sowel 'n Fransman gewees het. Hy weet hoe om sy hand toe te hou. Vir wie hou PJ sy hand so toe?

Oct 15, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 39

Koster kom tot stilstand vir die begrafnis van een van sy geliefde gemeenskapsleiers. Die gemeenskapleier se dood maak steeds opslae. Morkel Nienaber is vol innoverende planne, maar kry hy oral die nodige oor en entoesiasme daarvoor?

Oct 12, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 38

Dis goed vir kollegas om soms saam te sit en die legkaart van onduidelikhede te probeer voltooi. Al is dit net om aan die einde van die sessie uit te vind hoeveel ontbrekende stukkies daar nog is. Wie het 'n intense gesprek?

Oct 11, 201815 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 37

Margaret Koster se begrafnis lewer sy kwota verrassings op. Wie daag almal daarvoor op? Wie is die vroue met 'n hart vol nuwe drome? Gaan sy droom of doen?

Oct 10, 201815 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 36

Waarmee hou Amelia Rossouw haar nou eintlik besig? Wie maak almal van haar talente en dienste gebruik? Wie kry 'n blink plan, en hoe moet dit uitgevoer word? Wie loop sy rieme onverwags lelik styf?

Oct 9, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 35

Die jagmes begin by meer mense te spook. En dis skielik nie al bewys uit die kindersorgsentrum in die moordsaak nie. Sweetness Botes tel twee en twee bymekaar.

Oct 8, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 34

'n Paar foto's uit die verlede het dramatiese gebeure tot gevolg. Hoekom is Cindy Nel op die oorlogspad? Wie het sy almal in haar visier? Wie het Seef Visagie se vervalste skildery gesteel?

Oct 5, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 33

Sweetness Botes is soms soos 'n bul in 'n glaskas - praat nou, dink later. En nou is sy weer op só 'n missie. Wie het sy in haar visier? Wie vlieg waarheen met die vervalste skildery?

Oct 4, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 32

Desjare het Sweetness Botes bedreigd gevoel deur Cintaine Nel. Toe stalk sy Cintaine, en neem foto's van alles wat sy doen. Sy't dit in plakboeke gesit en later vir Cindy gegee - al die plakboeke, behalwe een. En nou is die tyd ryp vir die laaste plakboek om uitgehaal te word.

Oct 3, 201813 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 31

Martha Sithole se kerktrappe sal nooit weer dieselfde wees nie. En asof dit nie genoeg is nie, speel nog 'n tragedie hom af in die ouetehuis. Wie word almal deur die tragedies geraak en daarby betrek?

Oct 2, 201813 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 30

Daar is iets wat Seef Visagie meer as Susara se skilderye, selfs meer as die volgende chemosessie, pla. Hy weet dis 'n saak wat dringend hanteer moet word. Uitstel is nie 'n opsie nie. Wat jaag Seef Visagie?

Oct 1, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 29

Dawie Becker kry 'n onverwagse besoek wat hom ontstel. Hy word genoodsaak om 'n belangrike besluit te neem en dit deur te voer. Wie het vir Cindy Nel so volledig ingelig? Grace Fortuin se nare ondervinding bly by haar spook.

Sep 28, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 28

In vandag se lewe is dit onmoontlik om sonder 'n papierspoor te leef. En papierspore vertel so baie. Ook van dit wat mense wil wegsteek. PJ Stofberg het op 'n papierspoor geloop en op meer as interessante inligting afgekom. Inligting wat Seef Visagie op die oorlogspad het.

Sep 27, 201814 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 27

Seef Visagie maak sy opwagting op 'n onverwagse plek. Dis duidelik dat Susara se skilderye hom ontsenu. Maar groot misdade word dikwels met behulp van klein leidrade opgelos. Wie wil 'n huis koop? En vir wie?

Sep 26, 201813 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 26

Soms is die individu se geskiedenis vol dwaashede wat mettertyd werklikhede word. Werklikhede wat 'n nuk het om 'n mens iewers langs die pad in te haal. Martha Sithole is op 'n missie, en niemand is beïndruk nie.

Sep 25, 201813 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 25

Die dood het nie vriende nie. Wicus Nel ook nie. Wie daag almal by sy begrafnis op? Hoekom het Grace Fortuin haar seun Paul gedoop?

Sep 24, 201812 min

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 24

Morkel Nienaber loop meer as een verrassing op die lyf. Daar moet dringend 'n groot besluit geneem word. Die groen monster slaan liederlik toe.

Sep 21, 201813 min