
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 39 of 61

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 3
Mnr. Benson weier dat Sofia van die werk af wegbly. Juriana los boonop die bom dat sy Vossie gelos het vir 'n nuwe ou wat die aand oorkom. Paridon tob oor Benjan en oor die donker meisiestudent in die bib. Benson teister vir Sofia. Dit blyk boonop dat sy vrou jaloers is.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 2
Sofia, Juriana en Paridon pleeg oorleg oor waar Benjan kan wees. Hy het 'n briefie gelos wat sê hy gaan sy bene toets. Sofia bel sy enigste vriend, Trevor, wat niks weet nie. Sy weier om Peet, haar speurder-eks, te bel. Haar verbittering oor sy ontrou is te groot.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 1
Sofia Bester moet uit Pretoria-Noord deur Wonderboompoort na haar werk in Sunnyside ry. Sedert sy en Peet geskei is, is sy die broodwinner. Juriana en Paridon is ook vroeg op. Toe Sofia na Benjan se buitekamer gaan, vind sy geskok uit dat hy glad nie daar geslaap het nie.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot)
Hannes en Floors vertrek na Paternoster om Frieda sê as te gaan strooi. Kittie stem uiteindelik in om saam met Ronnie uit te gaan wanneer hy terugkom. Matrone ontvang 'n vreemde oproep uit Peru.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 59
Vivienne vertel Floors dat Santie gesê het sy sal steeds in die ontwikkeling belê, al delg Floors Rupert se skuld. Pastoor Joseph vra Vivienne of sy weer saam met hom vir 'n melkskommel sal gaan.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 58
Vivienne probeer vir oulaas om matrone te oortuig om Floors te laat afsien van sy plan om Rupert se skuld te delg. Frieda se as word afgelewer, en dis Kittie se taak om dit aan Hannes te oorhandig.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 57
Santie laat weet vir Vivienne dat sy woedend vir Denver is dat hy nie verhoed het dat Floors vir Rupert by Rus en Vrede laat inwoon het. Joseph besluit om by sy seun en dogter te gaan kuier.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 56
Matrone vra Floors om 'n ogie oor Hannes te hou ná Frieda se afsterwe. Hannes vertel vir Floors dat Frieda gevra het om veras te word sonder 'n begrafnis. Rupert keer terug na Johannesburg ná Floors se aanbod.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 55
Rupert vra raad by matrone oor die ontwikkeling. Kittie vertel vir Ronnie dat pastoor Joseph sy seun probeer bel het. Matrone bring slegte nuus vir Floors oor tannie Frieda.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 54
Vivienne waarsku Denver dat sy vermoed Floors en matrone konkel agter sy rug met Rupert. Floors neem Rupert op 'n toer van Rus en Vrede, en stel hom voor aan van die inwoners.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 53
Floors vra matrone om 'n afspraak vir hom met Rupert Aucamp te reël buite Rus en Vrede se perseel. Ronnie vertel vir matrone dat hy pastoor Joseph wou help met sy ID-kaart aansoek, maar volgens die Departement van Binnelandse Sake bestaan hy nie…

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 52
Kittie is emosioneel nadat sy saam met Floors, vir Frieda en Hannes besoek het by die sorgsentrum. Vivienne poog om pastoor Joseph te oortuig om die vergadering by te woon, waartydens Rupert Aucamp die inwoners sal toespreek oor die ontwikkeling.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 51
Denver is terug op sy pos, maar is geskok dat sy skildery verdwyn het. Floors verneem dat Frieda baie siek is. Hy is ook bekommerd oor Hannes se welstand. Denver konfronteer Rupert oor Santie se Plan B met die ontwikkeling.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 50
Pastoor Joseph is woedend vir Santie omdat sy vir hom gejok het oor haar langtermynplanne met Rus en Vrede. Die inwoners hou 'n protesoptrede teen Santie terwyl 'n joernalis Rus en Vrede besoek.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 49
Floors lig Santie in dat hy koerante toe sal gaan as sy poog om Rus en Vrede se inwoners te skuif. Santie poog om pastoor Joseph aan haar kant te kry, en belowe om hom te vergoed indien hy haar ondersteun.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 48
Vivienne nader vir pastoor Joseph om haar en matrone te help om van Santie ontslae te raak. Vivienne maak ook verskoning by Petro dat sy gejok het oor Petro wat kamtig vir Denver sou verlei.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 47
Matrone en Floors bespreek 'n plan om van Santie Kotze ontslae te raak. Petro verneem dat sy tydelik afgedank is tot tyd en wyl die raad oor haar en Denver se vryery 'n besluit geneem het.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 46
Ronnie vertel vir Floors al die jongste skindernuus. Matrone is kwaad oor al die veranderinge wat plaasgevind het sedert sy terug is. Santie word op haar plek gesit deur matrone.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 45
Santie betrap Denver en Petro in matrone se kantoor terwyl hulle vry. Vivienne probeer om Denver beskerm ná die vry-voorval, en stel voor dat Santie vir Petro afdank.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 44
Hannes vermoed Frieda het besluit het om terug te keer na die sorgsentrum. Santie deel nuwe inligting oor 'n plan-B met die ontwikkeling, wat Denver heeltemal verras.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 43
Santie aanvaar Vivienne se uitnodiging om by Rus en Vrede te kom eet. Kittie vind Frieda op die dak van die hoofgebou, en roep pastoor Joseph om te kom help om haar daar af te kry.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 42
Frieda wil 'n nuwe testament opstel, en Hannes is nie baie gelukkig daaroor nie. Denver vra Petro om hulle verhouding nie by die werk uit te leef nie. Frieda vra pastoor Joseph om weer vir haar te bid.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 41
Santie Kotze arriveer by Rus en Vrede, en Denver moet bontstaan. Petro is bly om terug te wees, en help Denver om sy kantoor op te pak. Vivienne deel haar idees vir die toekoms van Rus en Vrede met Santie.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 40
Denver is geskok as hy hoor Rupert wil vir pastoor Joseph aanstel as onderbestuurder. Rupert hou 'n vergadering met Floors, en oortuig hom om vrede te maak met sy dogter.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 39
Die gerugte dat pastoor Joseph 'n geneser is, kom by Rupert Aucamp uit en hy wil hom ontmoet. Hannes is kwaad vir pastoor oor die bohaai dat Frieda kamstig genees is.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 38
Denver doen alles in sy vermoë om Rupert Aucamp te beïndruk. Kittie probeer Floors so vêr moontlik buite sig hou tydens Rupert se besoek. Frieda probeer steeds om haar vriendin Verena Malherbe te kontak.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 37
Denver is ontsteld as hy verneem sy ma en Kittie versprei gerugte dat pastoor Joseph vir Frieda van Alzheimers genees het. Hannes verras Frieda met 'n uitstappie na 'n luiperd-park.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 36
Floors daag onverwags op om Hannes se verlowing te vier. Frieda tree weer vreemd op, en sluit haarself in Hannes se woonstel toe. Kittie roep pastoor Joseph se hulp in om Frieda uit te kry.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 35
Denver spog met sy nuut geverfde kantoor. Matrone bespreek haar bekommernis dat Frieda nie haar pille drink nie. Denver vra Hannes om seker te maak Floors veroorsaak nie 'n bohaai wanneer Rupert Aucamp hulle besoek nie.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 34
Ronnie volg pastoor se raad, en besluit om meer kleurvol aan te trek en ook blomme te plant in die kwekery. Matrone en Vivienne loop hulle vas in 'n Duitse partytjie wanneer hulle ontmoet vir 'n glas wyn.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 33
Frieda kan nie onthou dat sy met Kittie ooreengekom het om 'n koek en tee partytjie te hou nie. Denver vra matrone om vrede te maak met Vivienne. Matrone is bekommerd oor Frieda.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 32
Frieda en Kittie moet besluit waar hulle die koek en tee verlowingspartytjie gaan hou. Pastoor Joseph vertel vir Ronnie hoe hy by Rus en Vrede beland het. Hannes is huiwerig om Frieda alleen te los.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 31
Matrone wens Vivienne geluk met die sukses van die Kersete, maar hulle stamp weer koppe. Denver wil by pastoor Joseph weet hoekom hy destyds weg is by sy gemeente in Bonteheuwel.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 30
Matrone is nie beïndruk met Ronnie by ontvangs nie. Hannes is opgewonde omdat Frieda by hulle gaan aansluit vir die Kersete. Kittie is kwaad as sy verneem Ronnie het gereël dat hy by haar tafel sit.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 29
Kittie en Vivienne versier die eetsaal vir die kersete. Ronnie vis by pastoor Joseph uit oor waar hy vandaan kom. Denver stel vir Ronnie aan om ontvangs te beman in Petro se afwesigheid.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 28
Floors is kwaad vir Hannes omdat hy vir matrone Louw vertel het van die plan om te ontsnap. Ronnie dink hy ken vir pastoor Joseph wat voorheen 'n gemeente in Bontheuwel gehad het. Floors beraam 'n nuwe plan om te ontsnap.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 27
Floors deel Hannes mee dat hy sy bakkie se sleutels sal terugkry, en ontsnap voor sy dogter opdaag om hom te kom haal. Vivienne ontmoet vir pastoor Joseph, en is beïndruk met die flambojante man en sy spinasiebrode.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 26
Floors en Hannes luister geamuseerd hoe Floors se tuindwerg vir Joseph geselskap gehou het in die donker vertrek onder die hoofgebou. Matrone probeer uitvind wie en wat Joseph Hendricks nou eintlik is.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 25
Almal bespiegel oor die identiteit van die bejaarde man waarop Ronnie en Denver afgekom het. Petro vra matrone vir verlof en bieg dat sy ontsteld is oor die nuus dat Denver nie in vrouens belangstel nie.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 24
Denver lig matrone in dat hy Floors se dogter gevra het om hom te kom haal. Vivienne is woedend vir Matrone nadat sy verneem van die gerugte wat die rondte doen dat Denver nie in vrouens belangstel nie.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 23
Floors lig Denver in dat hy besluit het om self Peru toe te gaan en uit te vind wat met Emsie gebeur het. Hannes poog om Floors om te praat oor sy gek plan om Peru toe te gaan.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 22
Kittie bespreek haar plan om die inwoners meer aktief te kry met Floors. Hannes vra Ronnie uit oor Petro en die hangertjie wat by die brandtoneel gevind is. Kittie konfronteer Ronnie oor sy kamtige jaloesie.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 21
Petro vra raad by matrone oor haar hangertjie wat by die brandtoneel gevind is. Hannes doen navraag by Denver oor Petro se verlede en waar sy voorheen gewerk het. Kittie en Petro sit weer vas oor Ronnie.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 20
Kittie spot Petro oor haar kampeerdery saam met Ronnie. Hannes voel dat Floors dinge te vêr gevat het met die protesoptrede. Floors probeer Vivienne oortuig om hulle protes teen die ontwikkeling van Rus en Vrede te ondersteun.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 19
Ronnie en Petro se uitstappie na die motorfiets rally ontaard in 'n nagmerrie. Matrone word onkant gevang toe Vivienne begin uitvra oor haar verlede. Denver is raadop as hy verneem sommige van die inwoners hou 'n protesoptrede wat deur Floors Cronje gelei word.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 18
Vivienne nooi matrone vir aandete om haar nuwe spyskaart uit te toets. Denver probeer sy jaloesie wegsteek toe hy hoor Petro gaan saam met Ronnie na die motorfiets rally.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 17
Petro bied aan om saam met Ronnie na die motorfiets rally te gaan. Hannes en Floors doen ondersoek na die oorsaak van die brand. Kittie weier om deel te wees van Petro se plan om Ronnie te flous.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 16
Matrone vind uit dat Hannes by 'n gastehuis ingetrek het om nader aan Frieda te wees, en gaan haal hom. Denver vra Kittie uit oor die inwoners se houding teenoor die beplande ontwikkeling, en stel haar voltyds aan as bemiddelaar.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 15
Kittie vertel vir matrone dat Hannes hom in sy woonstel toegesluit het. Petro vra Kittie om haar te help om Ronnie 'n streep te trek. Matrone en Kittie sluit Hannes se woonstel oop, en merk op dat sy tas weg is.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 14
Matrone noem aan Vivienne dat een van die inwoners gekla het oor haar ryk kos. Denver verneem by Floors of hy die brandstigter was wat die Wendyhuis probeer afbrand het. Ronnie vra matrone of sy saam met hom na die motorfiets rally wil gaan.