PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 38 of 61

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 13

Annetjie en Roux praat oor sy dae as TV-sjef. Delia en Nina bespreek die idee dat daar iemand op die trein is wat op hulle spioeneer. Nina en Debra ontmoet vir die eerste keer, en vryf mekaar dadelik verkeerd op.

Apr 22, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 12

Anton ontmoet vir Delia Wolvaardt en haar likkewaan, Bacchus. Nina ontvang vir Delia Treur, wat ingevlieg het van hoofkantoor af om verder saam te toer. Sal hierdie twee nuwe dames die toer op sy kop draai?

Apr 18, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 11

Anton en John-John deursoek mej. Wolvaardt se wa, en vind die interessantste dinge. Dirk se slegte spysvertering hou hom op, en Annetjie moet al sy stories aanhoor. Die volgende oggend wanneer almal aansit vir ontbyt, kom hulle agter Anton is nie daar nie. Waar kan hy wees?

Apr 17, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 10

Daar is 'n wenner in die diamantkompetisie. Anton voel onrustig oor die ekstra wa wat hulle moet hak. Nina wil hê hulle moet sonder die wa aangaan, maar Anton wil gaan kyk wat binne in is. Wat sal hulle kry, of sal hulle gevang word?

Apr 16, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 9

Anton en Nina probeer hulle verskille besleg, maar krap mekaar net verder om. Die trein beweeg deur Kimberley, en die gaste kry die kans om 'n klein diamant te wen. Sal die kompetisie Annetjie en Dirk nader aanmekaar bring?

Apr 15, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 8

Dirk en Annetjie se verhouding is wankelrig. Die treintoer wat alles beter sou maak, bring onderliggende gevoelens na vore. Die personeel sien dat daar 'n probleem is, en beraam 'n plan om hulle te help.

Apr 12, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 7

Die trein kom in Matjiesfontein aan. Met 'n krieketwedstryd, bustoer en spookstories wat wag, is almal in 'n goeie bui. Laataand is daar aksie by die treinwaens. Is dit net spoke wat opgejaag word, of is daar rede vir Anton om sy pistool oor te haal?

Apr 11, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 6

Anton haal die trein, en sit vir Nina op haar plek. Sy oorwinning is egter van korte duur omdat Nina dadelik weer plannetjies begin maak om hom in te doen. Annetjie Barnard is een van die gaste op die trein wat hoop dat die reis weer vuur in haar verhouding sal aanwakker, maar het haar man dieselfde gedagtes?

Apr 10, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 5

Nina en die res van die personeel probeer vir Anton weghou van die trein af met hulle vertrek uit Kaapstad. Hulle onderskat Anton se vernuf, en met die hulp van Richard kry Anton die geleentheid om die bewegende trein in te haal. Nou moet hy net binne in die trein kan kom...

Apr 9, 201914 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 4

Nina doen navorsing oor Anton Mostert, en besluit dat hulle sonder hom gaan vertrek. Daar is met die gastelys gepeuter, en 'n vreemde persoon gaan later by die toer aansluit. John-John verduidelik vir Ruth watter veranderings aan die lokomotief aangebring is, en wonder hoekom dit nou meer soos 'n tenk as 'n trein voel.

Apr 8, 201913 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 3

Nina kry die boodskap duidelik van haar oom af dat Anton deel sal wees van die toerspan. Roux de Bois, die trein se sjef, kry 'n hele nuwe kombuis, en die manne inspekteur die groot kluis wat in een van die waens kom. Hulle almal besef dat dit nie 'n gewone toer gaan wees nie.

Apr 5, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 2

Oudkolonel Richard Minnie wys vir Anton die trein, in 'n poging om hom te oorreed om die werk te vat. Net voor Anton kan nee sê, ontmoet hy die toerbestuurder, Nina Smith, wat dadelik haar misnoeë met die plan en met Anton uitspreek. Anton besluit om die werk te aanvaar. Die geld is goed, maar om Nina op haar plek te sit maak dit nog beter.

Apr 4, 201912 min

STOOM deur Anton Treurnich - Episode 1

Anton Mostert kry 'n oproep wat sy lewe kan verander. Dit is 'n werksaanbod met meer geld as waarvan hy kan droom, maar hy weet om vir oudkolonel Richard Minnie te werk is gevaarlik. John-John Laki moet 'n versteekte kluis in een van die treinwaens inbou, en Ruth Williams wonder wat sal daarin geberg word.

Apr 3, 201913 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 40 (slot)

Peet en Sofia vat vir Benjan na Zoe in die inrigting. Benjan besef sy is geen bedreiging meer nie. Juriana bedien passasiers op die vliegtuig toe sy Coert opmerk. Hy oorreed haar dat hulle in São Paulo verloof raak. Peet en Sofia wil hulle huwelik 'n kans gun. Sy bring hulle ringe uit die brandkluis.

Apr 2, 201916 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 39

Peet besoek Sondag vir Oumiesie. Sofia is alleen tuis toe Coert opdaag. Sy verwyt hom oor die gekonkel met haar en Peet se huwelik. Vossie bring laatmiddag vir Juriana. Sy is woedend omdat sy hom die vorige dag met 'n ander meisie betrap het.

Apr 1, 201912 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 38

Juriana sê vir Coert sy verkies vir Vossie. Paridon en Felana se seremonie verloop mooi. Daarna vra die dominee dat Peet en Sofia vorentoe kom. Dit blyk Coert en die kinders het gekonkel dat hulle ook trou. Hulle speel toneel, maar kom ooreen die huwelik sal net op papier bestaan.

Mar 29, 201912 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 37

Benson vrees dat Joydene hom wil los. Sy kom egter daar aan en laat glip dat sy swanger is. Sy wil Sofia vernoem. Peet en Benjan arriveer. Peet erken Benjan hoort hier. Hy onthul hoe Patricia hom verdoof het. Hy is lankal van haar geskei en wil nader aan sy kinders kom woon.

Mar 28, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 36

Die troureëlings geskied halsoorkop, maar Sofia het vir alles 'n plan. Juriana sal op die nippertjie tulpe uit Amsterdam bring. Coert betreur die breuk met Juriana. Hy het 'n vergesogte idee wat hy met Paridon deel. Dit het iets met Sofia en Peet te doen.

Mar 27, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 35

'n Polisieman in Kimberley is geskiet. Paridon bel, maar Peet stel hom gerus. Sofia en Coert ontmoet. Hy vra raad met Juriana. Felana se pa kry 'n beroerte. Hy sien dit as 'n teken, en beveel dat Felana met Paridon trou. Hulle wil hom net nooit sien nie. Sofia besluit hulle trou die naweek. Peet moet Felana die kerk inbring. Benjan moet kitaar speel.

Mar 26, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 34

Benson reageer beangs. Sy vrou kom tee drink. Sy besit die besigheid. Wil sy hom en Sofia uitskop? Het sy 'n luisterapparaat geplant? Juriana en Coert twis oor 'n pienk vroueskeermes in sy stort. Sy bel Vossie om haar te kom haal. Sofia is verbaas toe hulle saam tuis aankom.

Mar 25, 201912 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 33

Trevor kom hoor hoe die Kgalagadi was. Sofia nooi hom om Benjan se kamer te betrek. Paridon arriveer bedruk van die lughawe af. Felana se pa wil steeds niks van 'n trouery weet nie. Vossie kom spog dat hy Juriana gaan terugwen.

Mar 22, 201913 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 32

Sondag op pad terug bel Peet. Hy vra hoe laat hulle op Kimberley aankom. Hy klink jaloers op hulle samesyn. Hy bring die aand wegneemkos hotel toe. Buite vertel hy Coert hoe Patricia hom verdoof en gemanipuleer het.

Mar 21, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 31

Coert en Juriana ry uit, en sien 'n luiperd vreet. Benjan en Sofia talm by die watergat. Saterdag op Keetmanshoop vind Sofia uit haar pa is verloof en word uitgebuit. In die kamp braai hulle. Buite die vuurkring sê Coert aan Sofia dat hy haar liefhet. Benjan speel weer kitaar.

Mar 20, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 30

Felana tob omdat Paridon in 'n hotel bly. Terwyl hy haar op die lughawe troos, daag haar broer op. Coert en die Besters slaap op Upington. Hy vertel waarom hy uit Moskou gesit is. Hy het die man wat met sy vrou Maxie lol, so te sê aangerand. Felana en haar broer kom Paridon haal. Haar pa het hom genooi, maar net uit beleefdheid.

Mar 19, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 29

Coert laai vroeg vir Sofia, Juriana en Benjan op. Hulle draai by die plot af, en vind die eienaar besig met ontwikkeling. Benjan herleef hoe Zoe hom verskree het. Oumiesie bel. Sy dog sy gaan saam. Sy het haar oog op Sofia se pa. Die atmosfeer in die kar raak gou gespanne.

Mar 18, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 28

Dis die laaste aand voor hulle vertrek na die park. Trevor kom groet. Mev. Benson stuur goeie wense. Sofia vertrou dit nie. Paridon en Felana gaan Madagaskar toe. Hy vertel Sofia dat Peet iets oor Patricia wegsteek. Juriana dink steeds dat Coert op Sofia verlief is.

Mar 15, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 27

Benjan tob steeds oor Zoe, Barnabas en Zeppelin. Die Kgalagadi-reis word beplan. Vossie sal na Nox omsien. Sofia vra hom om Juriana by die Gautrain-stasie te kry. Juriana is nog geskok ná die vliegtuig se byna-val. Vossie maak haar sag om saam met hom in die skemer tuin te kuier.

Mar 14, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 26

Juriana bel Coert uit 'n pandjieswinkel in Atlanta. Sy wil vir Benjan 'n kitaar koop. Paridon vrees dat Benson sy ma kan vergeld. Hy hoor egter dat sy vir hom geld vir 'n kar en vlugkaartjie het. Felana huil oor haar pa se houding. Juriana se vliegtuig begin hewig skud. Sy verwag die ergste.

Mar 13, 201913 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 25

Sofia kom vroeg tuis. Benjan lê bedruk op haar bed. Hy vra waarom hy die "waarheid" by Oumiesie moes hoor. Hy was glo 'n ongewenste kind, en die rede vir die egskeiding. Sofia bel vir Peet om met Benjan te praat. Sy gaan Oumiesie met tas en al in die motor bondel.

Mar 12, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 24

Sofia trek sexy aan. Sy wil haar bonusgeld uit Benson kry. Paridon kort 'n kar en 'n kaartjie na Madagaskar. Benson is oorstelp toe Sofia instem tot 'n afspraak. Hy betaal dadelik vir haar geld in. Sofia bel agteraf sy vrou en bewimpel dit dat Joydene in haar plek hotel toe gaan.

Mar 11, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 23

Trevor laai Benjan Saterdag op. Sy ma, 'n maatskaplike werker, kan ongemerk sy toestand evalueer. Oumiesie arriveer en maak meteens moles. Sy bied kastig aan dat Paridon haar kar kan kry. Ewe koel sê Sofia dat sy self 'n kar vir hom gaan koop.

Mar 8, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 22

Benjan tree steeds vreemd op. Sofia het Peet oorreed dat sy hom in Kimberley sal aflaai as hulle terugkom uit die Kgalagadi. Paridon kom by Felana aan sy ma voorstel. Hulle is verlief, maar haar pa in Madagaskar keur dit af. Sy sal moet kies.

Mar 7, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 21

Benson wys vir Sofia die negatiewe koerantberig oor Benjan. Toe hy uitgaan, loer sy op sy selfoon. Hy het sy vrou laat weet dat Sofia hom probeer verlei. Juriana wag op die Gautrain-stasie vir Coert, maar Vossie daag op en ontstel haar. In sy woonstel kalmeer Coert haar. Peet vertel byna vir Paridon die waarheid oor Patricia.

Mar 6, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 20

Trevor kom vir aandete. Benjan praat skaars. Hy kwel hom oor Zoe, Barnabas en Zeppelin. Hy is bang om alleen te slaap. Hy soek weer sy vuil ou klere. Peet wil vir Benjan saamvat. Patricia kan hom glo beter oppas. Sofia is verpletter.

Mar 5, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 19

Dit wemel van die polisie. Zoe ontvang noodhulp. Haar seun, Barnabas, en Zeppelin word beveilig. Peet laat Sofia weet hy het Benjan gevind. Sy en Paridon moet skoon klere kliniek toe bring. Juriana kry die nuus. In die vliegtuig dink sy aan Coert en aan Vossie. Sy hunker na die feesete tuis.

Mar 4, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 18

Zoe hoor die helikopter. Coert beloof om Sofia en die kinders Kgalagadi toe te neem. Benjan vind 'n rotskamer met 'n gestremde man wat "Mamma" roep. Zoe betrap hom. Hulle worstel en sy kap haar kop. Peet ry in die pad toe Benjan aangehol kom. Hy snik hy het die gravin vermoor.

Mar 1, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 17

Benjan se verdwyning word uitgesaai. Oumiesie bel en braak gal. Paridon glo Benjan sal die volgende dag terug wees. Peet vind uit die petroljoggie weet van die bakkie en hond. Hy bekom 'n helikopter. Hy sê vir Sofia sy weet nie die waarheid oor sy ontrou nie.

Feb 28, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 16

Zeppelin reageer snaaks, en Benjan besef dit was daggakoekies. Peet vertel Juriana dat Patricia 'n ernstige siekte het. Hy vra uit oor haar werk en Coert. Paridon gaan draf met Nox. Hy vertel Sofia meer van Felana. Peet besoek die vulstasie wat op die koerantfoto wys.

Feb 27, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 15

Peet verheug hom in sy kinders. Hy samel gegewens oor Benjan in om plakkate op te sit. Die koerantfoto bied leidrade. Coert daag op. Juriana hoor haar pa buite in die donker snik. Hy sê dis vir hom te laat om terug te kom.

Feb 26, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 14

Juriana mag weer vlieg. Toe Paridon haar oplaai, hoor sy dat Peet in Pretoria is om Benjan te soek. Sy kla dat Coert nog kontak met sy eks, Maxie, het. Gravin Zoe bring vir Benjan koekies. Hy voer dit liewer vir Zeppelin. Juriana hoor Sofia bitterlik huil. Sy weet dis oor haar pa.

Feb 25, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 13

Oumiesie bel en kla dat Sofia die kinders van Peet af weghou. Wanneer Sofia aflei dat Benjan nie by Peet is nie, stort sy ineen. Benson troos kastig tot sy hom wegstamp. Vossie kyk na die geiser. Hy oorreed Sofia om Peet te bel. Peet weet reeds van die foto. Hy is op pad Pretoria toe.

Feb 22, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 12

Paridon wil vir Sofia 'n koerantfoto wys, maar iets val voor. Sy bel Vossie, terwyl Paridon sy suster by Coert opsoek en die foto wys. Dis van 'n verwaarloosde Great Dane agterop 'n bakkie. Die rugsak kan Paridon s'n wees. Benjan krap geheime uit.

Feb 21, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 11

Coert en Sofia ontmoet in die stad. Hy vra raad met Juriana. Hy vertel hoe hulle op die Rooiplein ontmoet het. Hy bieg dat sy ouers hom vir sy boetie se dood verkwalik. Benjan deursoek Zoe se bokse vol rommel.

Feb 20, 201915 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 10

By die tennisbaan beskuldig Juriana vir Coert dat hy op Sofia verlief is. Hulle maak vrede en almal eet in die tuin. Vossie daag op en dit saai onmin. Paridon bel sy pa, maar plak die foon neer toe Peet verskoning maak oor die onderhoudgeld.

Feb 19, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 9

Mev. Benson skimp dat Sofia haar man moet uitlos. Trevor bel om oor Benjan uit te vra. Sofia herleef die koedoe-ongeluk, en hoe Peet daarna van haar afgevat is. Benjan oefen kitaar tot sy vingers bloei. Toe hy parmantig raak, sit Zoe die hond op hom.

Feb 18, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 8

Op die lughawe word Juriana weens haar haarstyl belet om te vlieg. Paridon gaan haal haar by die Gautrein in Hatfield. Sy is verpletter. Sofia wag om van Benjan te hoor. Zoe los hom alleen met Zeppelin. Sy kom terug en verskree hom. Hy moet tuinmaak en kitaar oefen.

Feb 15, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 7

Aan tafel hoor Coert meer van die gesin se lief en leed. Toe die foon lui, hoop Sofia dis Benjan. Dis egter Vossie wat vra of sy skade weens die donderweer het. Dit maak Juriana woedend. Benjan het 'n aaklige nag. Hy kom die oggend agter dat Zeppelin hom bewaak.

Feb 14, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 6

Juriana en Coert speel tennis, en maak saam met Paridon aandete. Hy troos Sofia dat hy self twee keer geskei is. 'n Donderstorm bars los en die krag gaan af. In die murasie hunker Benjan huis toe.

Feb 13, 201914 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 5

Op Zoe se Bosveld-plot is net 'n murasie. Sy neem alles van Benjan weg. Hy moet net sy ma laat weet hy is by sy pa. Coert en Sofia gesels lekker, tot Juriana in badhanddoek uit die stort kom. Sofia is geskok, ook oor Juriana se lang hare wat versnipper is. Benjan besef hy is ontvoer.

Feb 12, 201913 min

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 4

Benjan word opgelaai deur ene Gravin Zoe. Agterop haar ou rooi bakkie is 'n Great Dane. Sy dwing Benjan om sy ma te laat weet hy is veilig. Verlig ry Sofia in druk verkeer huis toe. 'n Man in 'n viertrek toeter vererg. Hy ry agter haar aan. Dit blyk hy is Juriana se nuwe vriend Coert.

Feb 11, 201915 min