
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 35 of 61

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 43
Josef van Arimatea probeer Simon oortuig dat die skeur van die voorhangsel bewys is dat Jesus die Messias, die Seun van God is. Simon vlug huis toe waar Debora hom inwag. Hulle gesprek verloop egter glad nie soos wat Simon verwag het dit sou nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 42
Toe Simon Niger besef Debora is nie tuis nie, loop hy terug na Jerusalem. 'n Vreemde duisternis sak oor die stad en die hele gebied rondom Jerusalem toe, en Simon vaar blindelings die strate in. Toe hy hom weer kom kry, staan hy op die trap na die voorhof van die tempel, waar hy 'n skrikwekkende gebeurtenis beleef.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 41
Simon Niger hou die kruisigingsoptog van 'n veilige afstand af dop, want iets dwing hom om teenwoordig te wees wanneer die kruisiging voltrek word. Hy het egter nooit kon raai dat sy blote teenwoordigheid sy lewe permanent en ingrypend sou verander nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 40
Pilatus besef dat hy die stryd teen die Joodse leiers verloor het, en gee opdrag dat Jesus gekruisig moet word. Selfs Simon was nie voorbereid op die emosies wat hy sou beleef met die aanskoue van die kruisigingsoptog nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 39
Die skare wat op die voorplein van Pilatus se paleis in Jerusalem vergader, is geskok om te hoor dat die gevreesde Barabbas in die plek van Jesus van Nasaret vrygelaat kan word. Pilatus voel verlig en tevrede dat hy in sy doel geslaag het, maar hy het nie rekening gehou met die sluwe Kajafas en sy priesterhoofde nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 38
Pontius Pilatus se vrou, Claudia, waarsku hom dat sy 'n droom oor die Galileër gehad het, en dat hy die Man nie moet veroordeel nie. Pilatus besluit op grond daarvan om die Jode te uitoorlê deur hulle voor 'n onmoontlike keuse te stel: Die vrylating van Jesus, die Galileër, of die gevaarlikste misdadiger wat in aanhouding in Jerusalem is.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 37
So gretig as wat Herodes Antipas was om Jesus van Nasaret uiteindelik te ontmoet, en so graag as wat hy 'n wonderwerk deur die enigmatiese persoonlikheid sou wou beleef, so gou het hy besef dat hy, nes Pilatus, nie sy politieke loopbaan op die spel wil plaas nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 36
Wanneer Pilatus gekonfronteer word met voorvalle van opstand uit die verlede, besluit hy om ter wille van sy politieke loopbaan die saak na koning Herodus Antipas te verwys. Die koning van Galilea word in sy laatoggendontbyt gesteur met die nuus dat hy Jesus van Nasaret moet verhoor. Hy is opgewonde oor die vooruitsig om Jesus te ontmoet, maar hy word baie gou teleurgestel.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 35
Jesus se verhoor verloop nie vir hoëpriester Kajafas en sy afvaardiging volgens plan nie. Ongeag die vyandigheid van die skare, wil Pilatus nie toegee aan die druk nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 34
Simon volg die klein optog van die tuin van Getsemane af tot buite die poort na Kajafas se huis. 'n Gerug versprei dat die Nasarener skuldig bevind is. Josef van Arimatea se reaksie daarop skok Simon.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 33
Debora ervaar 'n onweerstaanbare drang om die kruik wat Judas Iskariot by Simon agtergelaat het, na Jesus van Nasaret in Betanië te neem. Haar besluit het egter gevolge wat sy nie voorsien het nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 32
Simon se gesprek met Judas Iskariot laat hom voel of ál die argumente teen Jesus van Nasaret deur die afstootlike man onderskryf word. Wanneer Debora van Jerusalem af by Simon verbygaan waar hy wyn aan pelgrims verkoop, hoor sy skokkende nuus by Simon.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 31
Rufus is terug in Betanië, en hy en Maria probeer om Simon en Debora sover te kry om by hulle te kom kuier, want Jesus gaan by hulle tuis vir die Pasga. Debora wil graag gaan, maar nie Simon nie, en sy wil nie sonder hom gaan nie. Kort voor die viering van die Pasga verkoop Simon wyn en brandhout in Getsemane aan die pelgrims. Dan daag daar 'n klant op om wyn te koop wat Simon se hare laat rys...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 30
Simon raak al hoe stiller. Hy kan dit nie verwerk dat Rufus saam met Jesus swerf nie. Maria kom kuier gereeld by hulle, en sy word vir Debora soos 'n dogter in die huis. Op 'n dag bring sy 'n besondere gas vir Debora om te ontmoet...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 29
Rufus en Maria daag een oggend vroeg onverwags by Simon-hulle se huis in Getsemane op. Rufus lig Simon in dat hy nog die hele tyd by Maria-hulle aan huis in Betanië was. Wanneer almal later rustig aan tafel sit, maak Rufus 'n aankondiging wat beide sy ouers, maar veral Simon, hewig ontstel...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 28
Debora en Esegiël is geskok om te sien hoe verflenter Simon se klere is, en hoe bebloed sy gesig en kneukels is. Hy sê 'n paar kwaaddoeners het hom langs die Kedron probeer oorval. Esegiël wil weet wat Simon dink van Josef van Arimatea se storie dat Lasarus uit die dood opgewek is, maar Simon maak dit af as bogtery. Nadat Esegiël gaan slaap het, erken Simon egter aan Debora dat hy in Betanië was en dat hy moet toegee: die Nasarener het Lasarus opgewek. Hy glo die God van Israel het die timmerman gebruik om aan die volk te bewys dat Hy hulle nog nie verlaat het nie. Maar dit maak nie van die Nasarener die Christus, die ware Messias nie!

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 27
Josef van Arimatea se besoek het Simon genoop om self ondersoek te gaan instel na wat Josef hom vertel het. Sy belewenis in Betanië skok hom tot in sy diepste wese...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 26
Simon se gesprek met Josef van Arimatea lei hom al hoe meer om te glo dat die gesiene lid van die Sanhedrin ook in die Nasarener glo. Wanneer hy hom direk daarmee konfronteer, is die ou man vaag omtrent sy gevoelens. Toe Simon die middag terugkom by die huis, merk Debora gou dat iets hom pla. Wanneer sy hoor dat Jesus van Nasaret in Betanië was, vang dit haar verbeelding vas. Simon verlaat die huis met die verskoning dat hy nog na die koringland moet gaan kyk, maar heimlik het hy ander planne...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 25
Twee dae nadat Simon en Esegiël na Saulus in die tempel in Jerusalem geluister het, is die parskuip klaar gepleister en gereed om gebruik te word. Josef van Arimatea lê besoek af met nuus, wat Simon geweldig ontstig.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 24
Simon en Esegiël bring 'n dankoffer in die tempel. Daar is 'n jong Fariseër, genaamd Saulus, besig om die dade en uitsprake van Jesus van Nasaret te veroordeel. Simon glo dit bevestig dat hy reg was om Rufus sy huis te belet totdat sy seun tot ander insigte kom en Jesus veroordeel soos dit 'n goeie Jood betaam.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 23
Rufus daag moeg en seer van die lang rit te perd in Betanië op nadat hy Jesus in Perea gevra het om die sterwende Lasarus te gaan genees. Maar in plaas van die genesing van die siek pottebakker, beleef Rufus die afsterwe van Lasarus. Tóg vind hy terselfdertyd krag, wat vir hom soos 'n skild is teen Simon se woede.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 22
Simon soek antwoorde op sy vrae oor sy twee seuns. Hy kry die struweling tussen hom en Rufus die vorige aand nie uit sy kop nie, en het berou dat hy sy jongste seun uit die huis gejaag het. Josef van Arimatea bring o.a. meel en sout vir Simon en Debora, maar hy is haastig, want Kajafas het hom na Jerusalem ontbied om gerugte te bespreek dat Jesus van Nasaret na Jerusalem op pad is.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 21
Simon is afgemat en voel gedreineer ná Rufus die huis verlaat het. Rufus loop die hele nag, en vroeg die volgende môre ontmoet hy 'n geheimsinnige jong vrou op 'n donkie wat dringend op soek is na iemand om Jesus van Nasaret vir haar te ontbied, want haar broer in Betanië lê op sterwe.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 20
'n Rustige aand aan die etenstafel en 'n gesprek oor al die werk wat op Josef van Arimatea se grond gedoen moet word, het onvoorsiene gevolge.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 19
Nimrod se beskrywing van sy genesing oortuig Rufus dat hy Jesus van Nasaret ten alle koste moet ontmoet. Simon kom met opwindende nuus terug van Jerusalem af.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 18
Nimrod vertel vir Rufus hoe Jesus van Nasaret hom genees het. Rufus is verwonderd oor die eenvoud van die profeet van Galilea se leer.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 17
Simon weier om Nimrod te glo dat hy genees is, en jaag hom weg. Rufus se besoek later die aand aan Nimrod lei tot 'n diep gesprek oor Jesus van Nasaret.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 16
Die feit dat die profeet van Nasaret die Sabbat ontheilig het, is vir Debora en Rufus 'n reuse skok. Buite Jerusalem slaan hulle kamp op, en Simon gaan haal water by die put. Met sy terugkeer tref hy 'n baie vreemde besoeker in sy gesin se geselskap aan.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 15
Dis 'n paar maande later. Simon-hulle is uit Joppe onderweg na Jerusalem. Die gesprek oor Jesus van Nasaret staan Simon nie aan nie, en hy besluit om hulle te vertel watse soort mens hierdie danige profeet van hulle is.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 14
Dis 'n blye weersiens op die hawe, maar Simon-hulle se agtervolgers is kort op hulle hakke. Eers toe die skip van die kaai af begin wegvaar, besef Simon-hulle wat die prys was wat vir hulle ontsnapping betaal is.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 13
Naomi se vertelling van 'n jong Romeinse seeman met 'n litteken op die wang wat Philo kom waarsku het dat die Romeine op soek is na Rufus se ouers, gee Simon en Debora nuwe moed. Naomi se voorspelling stem Simon erg onrustig.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 12
Simon en Debora-hulle kom uiteindelik pootuit in Alexandrië aan. Hulle word egter spoedig ontnugter. Die weduwee by wie Rufus in Alexandrië tuisgegaan het, het 'n waaghalsige plan vir hulle beraam.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 11
Debora is opgewonde oor die vooruitsig om Rufus weer te sien. 'n Onverwagte gesprek met Juba laat haar diep nadink oor die man van Galilea.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 10
Esegiël en Juba kondig aan dat hulle saam met Simon en Debora na Egipte gaan vlug. Die Romeinse kaptein wat hulle met sy soldate agtervolg, moet 'n belangrike keuse maak.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 9
Cirene se inwoners het in opstand gekom. Onderweg na sy sel van die praetorium af, verander Simon se omstandighede onverwags.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 8
Simon se verhoor verloop baie sleg vir hom. Benewens sy kommer oor Debora alleen by die huis, word sy grootste vrees bewaarheid.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 7
Simon kom vroegaand by sy dorsvloer aan terwyl Romeinse soldate en slawe besig is om sy koring op waens te laai om na Rome te verskeep. Sy impulsiewe reaksie het ingrypende en blywende gevolge vir hom, Debora, Esegiël en Juba.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 6
Die goewerneur van Cirene, Sextus Quirinius, waarsku 'n afgesant van Rome, Gaius Papinius, dat die lae graanprys tot 'n opstand kan lei, veral omdat 'n timmerman van Galilea besig is op die Jode met 'n nuwe idee op te sweep.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 5
Simon konfronteer Alexander oor sy beroep as slaweopsigter op 'n Romeinse galei, en storm by die huis uit. Debora vertel Alexander waar sy en Rufus se name vandaan kom.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 4
Simon kom tuis en vaar uit teen die Nasarener wat by die tollenaar gaan eet het. Hy noem terloops dat hy 'n potjie met Vitellius geloop het. Debora is erg bekommerd. Terwyl Simon nog probeer sê dat Quirinius hom nie aan die voorval sal steur nie, verskyn daar 'n Romein in die deur...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 3
Esegiël is onrustig oor die gevolge van hulle skermutseling met Vitellius, maar Simon is meer bekommerd oor die feit dat iemand wat homself die titel van Messias aanmatig, by 'n tollenaar gaan eet het. Plaas Herodus die timmerman en nie die Doper nie se kop afgekap het...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 2
Terwyl Simon, Esegiël en Juba, Simon se vry slaaf, besig is op die dorsvloer, kom Markus Vitellius, die taksateur van die goewerneur van Cirene met twee soldate te perd aan om Simon in te lig dat die oes volledig ingesamel moet wees om op die graanskip te laai daardie aand. Die besoek verloop egter nie vir Vitellius na verwagting nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 1
In hierdie eerste episode van F.A. Venter se klassieke topverkoperroman wat vir die eerste keer in 1957 verskyn het, ontmoet ons die sentrale karakters van die verhaal in Cirene, 'n antieke Griekse stad in die huidige Libië, wat ongeveer in die jaar 630v.C tot stand gekom het: Die forsgeboude, bo-gemiddelde groot en sterk Simon Niger, 'n Jood van byna 40 jaar oud, wat die bynaam Niger gekry het vanweë sy donker gelaatstrekke; sy deugsame vrou, Debora en Simon se jarelange kneg en vriend, Esegiël. Simon boer met koring, vrugte, olywe en druiwe op die terrasse van Cirene. Die feit dat sy twee seuns, Alexander en Rufus, onderskeidelik op 'n Romeinse skip werk en in Alexandrië onder die groot Philo Grieks en Latyn studeer, is vir Simon 'n verleentheid. En boonop stel Debora veels te veel belang in 'n man wat in Galilea besig is met 'n nuwe leer wat strydig is met die heilige wet van Israel...

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 60 (slot)
Buksie bewerkstelig 'n versoening.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 59
Sonet bedink 'n plan om Albert tot ander insigte te bring.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 58
Johannes en Brendan kry 'n droom-geleentheid.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 57
Daar is weer troukoors in die buurt.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 56
Dita maak planne om Brendan se droom te bewaarheid.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 55
Marlene maak 'n bekentenis.

BURE, ALWEER deur Mari Snyman - Episode 54
Sonet kry 'n briljante idee in die middel van die nag.