
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 33 of 61

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 23
Bettie word na Jakes se jongste wegkruipplek geneem. Hoe meer Jakes vir sy ma probeer oortuig dat alles nou weer na normaal sal terugkeer, hoe minder wil sy hom glo. Bettie pleit by haar seun om nie weer aan ʼn transitorooftog deel te neem nie.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 22
Pieter vertel vir Chanel van sy skoolmaats wat hom op hoogte hou met sy skoolwerk. Hy raak nou ʼn bietjie moeg om so lank in die hospitaal te bly. Hy vertel haar van ʼn ou met tatoes op sy gesig wat elke nou en dan inloer en vra hoe dit met hom gaan. Chanel bel dadelik vir Ben en sê dat sy vermoed dat een van die Vinnige-Boys bendelede op haar seun spioeneer.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 21
Johan oorreed Ben om hom grot toe te neem. Op pad soontoe argumenteer die twee heftig oor die geld wat Ben vermoed Johan vroeër daar versteek het. In die grot wag daar ʼn verrassing op Johan. Hoe het die Vinnige-Boys uitgevind van die grot, en wat maak hulle nou?

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 20
Ma word uit die hospitaal ontslaan ná ʼn aand se observasie. Ben kom haal haar, en Ma gee vir hom ʼn ultimatum oor Adri. Ben wil nie oor Adri of die beplande rooftog praat nie. Jakes bel sy ma. Bettie is bly om sy stem te hoor, en probeer hom oorreed om homself aan die polisie oor te gee.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 19
Ben sê vir Ma dat hy en Adri verloof is, en dat hulle van nou af saam gaan woon. Chanel laat die bom bars oor haar uittrek, en Ma se wêreld stort ineen. Ben hoef nie meer om Pieter se onthalwe by Ma te bly nie. Sal Ma al die skokke kan oorleef?

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 18
Ben verras Adri met ʼn spogete. Ná ete het hy ʼn baie belangrike vraag om vir haar te vra. Chanel laat Johan verstaan dat sy nie wil skei nie, en dat hy van voor af weer by haar moet kom vlerksleep. Sy verwag ook dat hy alles sal insit om vrede met hulle kind te maak.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 17
Jakes en Johan het ʼn middernagtelike ontmoeting buite die huis. In die donkerte vertel Jakes vir Johan in detail hoe hulle te werk sal gaan om die transitotrok te beroof. Jakes verdwyn die nag in. Ben het alles gehoor wat Jakes gesê het.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 16
Jakes en Johnny beroof ʼn klein supermark. Johnny vererg hom oor iets wat ʼn kassier doen, en skiet haar. Hulle kom weg met ʼn paar duisend rand. Jakes is woedend oor wat Johnny gedoen het.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 15
Bettie sê vir ma dat sy nog nie van Jakes gehoor het ná sy ontsnapping uit die tronk nie. Die twee maak planne om die transitorooftog te keer. Hulle planne is nie uitvoerbaar nie, maar dit pla hulle nie. Adri en Ben beplan hoe om vir Ma te laat weet dat Ben by die huis gaan uittrek. Ben laat vir Adri verstaan hoe gevaarlik die rooftog is.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 14
Jakes en Johnny maak planne om ʼn supermark te beroof. Jakes erken dat hy eerder sal sterf as om terug te gaan tronk toe. Ben probeer om Johan te oortuig om teen die Vinnige-Boys en hulle beplande transitorooftog te werk. Jakes bel vir Ben met instruksies oor die rooftog. Johan moet besluit of hy vir of teen die Vinnige-Boys sal wees.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 13
Pieter is by sy volle bewussyn. Johan en Pieter sit weer sleg vas. Ben probeer vir Johan oortuig dat Pieter wel vir hom omgee. Die Steenberg-broers kom agter dat die Vinnige-Boys bende hulle gedurig dophou.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 12
Pieter word stadig wakker, en is verward en angstig. Chanel probeer hom kalmeer. Pieter praat asof Johan nog in die tronk is, en Ma poog om te hom oortuig dat sy pa vry is en nou by hulle woon. Ma en Chanel begin oor alles stry. Pieter raak stiller en stiller.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 11
Johan is oortuig dat sy vrou wil skei, maar sy hou vol dat sy net ʼn bietjie tyd en spasie nodig het. Chanel weet dat sy Johan nog nie kan vertrou nie. Ma peper Ben met vrae oor wat met Johan en die beplande rooftog aangaan. Die hospitaal laat weet dat daar goeie nuus is oor Pieter.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 10
Johan en Ma waak by Pieter se hospitaalbed. As hy met sy bewustelose seun praat, vra hy vir vergifnis. Dit is die eerste keer dat Johan eerlik praat oor die gebeure van die afgelope tien jaar.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 9
Chanel soek Ben by sy werk. Adri stel haarself voor, en die twee vroue leer mekaar ken. Ben gesels privaat met Chanel, en sy speel oop kaarte met hom. As sy vir Ma sê wat sy wil doen, sal daar ʼn bom bars.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 8
In die hospitaal se familie-wagkamer ontmoet Ma vir Bettie. Die twee oumas gesels lekker saam, en spog oor hulle kinders en kleinkinders. Bettie vertel vir Ma wie sy eintlik is, en wat sy soek.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 7
Terwyl hulle vir nuus oor Pieter wag, gesels die familie oor die toekoms. Ma probeer om vrede tussen haar seuns te bewerkstellig. ʼn Dokter laat weet dat die operasie suksesvol was. Pieter word in ʼn mediese koma gehou, maar sal binne die volgende 24 uur wakker gemaak word. Chanel sien daarna uit om die waarheid oor sy 'val' te leer.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 6
Ben is vies omdat Johan nie sy bande met die Vinnige-Boys bende kan verbreek nie. Johan bel vir Jakes wat spog dat hy binnekort vry sal wees, en gee instruksies wat Ben ook insluit.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 5
Dis tyd vir ʼn eerlike en oop gesprek, en die Steenberg-broers ontmoet in ʼn kroeg. Johan voel verstoot deur sy familie, en glo dat hulle gelukkiger sal wees as hy verdwyn. Chanel bel met ontstellende nuus oor iets wat ʼn bendelid by die hospitaal gedoen het.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 4
In ʼn laatnag gesprek met sy meisie, Adri, erken Ben dat hy besorg is oor sy broer. Johan en Chanel is vir die eerste keer ná sy vrylating alleen. Chanel het nie goeie nuus vir Johan nie. Later bel sy vir Ben met die nuus dat Pieter teater toe geneem word vir ʼn noodoperasie.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 3
Terwyl dokters werk om Pieter te stabiliseer, sukkel die Steenberg-familie om te verstaan wat gebeur het. Jakes bel vir Johan op Ben se foon, en lê sy planne uit vir die volgende transitorooftog. Chanel kom haal die manne om te help want Ma het inmekaar gesak.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 2
Ben en Johan vind vir Pieter in die Heksrivierberge. Hy skuil in ʼn grot waar die twee broers gereeld as kinders gespeel het. Pieter hardloop by die grot uit, klim te vinnig na onder, gly en val...

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 1
Die transitorower, Johan Steenberg, word deur die leier van die Vinnige Boys-bende, Jakes Appollis, geïntimideer voordat hy op parool vrygelaat word. By die familiehuis in Bellville maak Ma en Chanel (Johan se vrou) gereed om sy vrylating te vier. Johan se jonger broer, Ben, gaan haal hom by die tronk. Intussen het Pieter, Johan se tienerseun, spoorloos verdwyn.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot)
Fanie probeer by Jolene uitvind wat hy alles die vorige aand gemis het. Christa probeer Francois teen Ansie waarsku. Ansie en Francois kom voor 'n laaste besluit te staan. Fanie neem vir Belinda op 'n romantiese uitstappie.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 59
Die waarheid oor die ontvoering kom uit. Daleen is ongelukkig dat Jolene vir Jantjies 'n romantiese ete by die gastehuis hou. Ansie en Francois maak planne vir die toekoms.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 58
Jantjies beplan om Mike en Errol se vriendskap te wen om die waarheid uit hulle te kry oor wie agter Francois se ontvoering sit. Daleen pols Basjan omdat sy dink hy is die baasbrein agter Francois se ontvoering.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 57
Ansie merk dat 'n bakkie vir haar en Christa volg, en hou langs die pad stil, want sy dink dit is haar pa wat hulle agtervolg. Fanie en Belinda hou ook stil wanneer hulle besef Ansie en Christa het hulle gesien. Basjan daag by die toneel op nadat hy nie daarin geslaag het om sy geld terug te kry nie.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 56
Ansie en Christa vertrek om die tweemiljoenrand losprys te gaan afgee, en word deur Fanie en Belinda agtervolg, wat spoedig besef dat Basjan op sy beurt ook vir Ansie en Christa agtervolg. Tot Jantjies en kaptein Jafta se verbasing, verskyn Francois saam met die boorder, Mike, vanuit die karavaan.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 55
Belinda is nuuskierig om te weet op watter uitstappie Basjan vir Christa neem. Fanie probeer Basjan en Ansie se gesprek afluister. Ansie smeek haar pa om nie betrokke te raak by die losprysaflewering vir Francois nie.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 54
Jantjies bieg dat hy wel in Jolene belang stel. Fanie probeer uitvind hoekom kaptein Jafta en Jantjies gaan kampeer. Jantjies en kaptein Jafta loer vir Mike en Errol af, en vind Basjan by hulle.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 53
Jantjies probeer uitpluis hoekom Basjan vir Fanie en Belinda by die rivier afgeloer het. Christa vertel vir Basjan die besonderhede van die losprys se aflewering. Daleen dink Jolene het muisneste oor Jantjies, en verbied haar om verder kontak met hom te hê.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 52
Ansie is woedend vir Jolene omdat sy vir Basjan vertel het dat Francois ontvoer is. Basjan vra vir Jolene om haar oë en ore oop te hou en vir hom te spioeneer. Belinda bieg teenoor Jolene dat sy eintlik vir Basjan wil terugbetaal vir die egskeiding.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 51
Ansie konfronteer haar ma nadat sy verneem dat Belinda saam met Fanie gaan piekniek hou. Daleen lig Jantjies in dat die twee boorders, Mike en Errol, oudmyners is wat destyds op 'n myn in Thabazimbi gewerk het.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 50
Daleen en Jantjies vertrek op hulle helikopterekspedisie om die twee boorders, Mike en Errol, op te spoor. Belinda is bekommerd oor Basjan wat uit die gastehuis trek, en vra vir Christa of hy by haar gaan intrek aangesien hulle nie meer hulle verhouding hoef weg te steek nie.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 49
Jolene laat glip teenoor Basjan dat Christa en Ansie 'n losprys vir Francois gaan betaal. Fanie konfronteer Christa oor haar kop-in-een-mus-spel met Basjan.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 48
Daleen vertel vir speurdersersant Jantjies van Fanie se dilemma en sy werkloosheid. Christa wys vir Ansie die tweemiljoenrand wat sy moet oorhandig om Francois te bevry. Jantjies reël 'n helikopter om die twee boorders, Mike en Errol, te gaan soek by Witsand.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 47
Daleen is nuuskierig oor hoe Jolene se afspraak met speurdersersant Jantjies verloop het. Basjan wil hê Ansie moet vir Fanie Louw by die gastehuis uitskop, anders trek hy uit.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 46
Jolene kry toestemming by haar ma om Jantjies te vergesel vir die pizza-afspraak, maar met streng voorwaardes. Basjan besluit om Ansie te verras met 'n bottel wyn, maar vind haar in 'n terneergedrukte toestand. Fanie konfronteer Basjan oor sy mynbedrywighede by die ontwikkeling.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 45
Speurdersersant Jantjies doen navraag by Christa oor die twee kêrels wat vir water boor by die oordontwikkeling. Herbert vra Daleen of hy vir Jolene mag uitneem vir 'n pizza. Belinda loop in Christa vas by die bank in Upington, en merk op dat sy 'n groot bedrag geld onttrek.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 44
Basjan ontstel Ansie wanneer hy navraag doen oor Francois. Speurdersersant Jantjies nooi Jolene uit vir 'n pizza. Christa vertel Ansie dat sy die losprys vir Francois môre in Upington sal gaan haal. Ansie is nie gelukkig dat Jolene saam met Jantjies 'n pizza wil gaan eet nie.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 43
Herbert en Daleen besoek Witsand om te kyk of hulle nie Francois se bakkie kan opspoor nie. Belinda konfronteer vir Basjan oor sy stelling dat hulle huwelik net 'n opoffering was. Fanie vererg hom vir kaptein Jafta nadat sy dreig om hom op te sluit as hy nie ophou om in te meng met hulle ondersoek nie.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 42
Ansie herstel nadat sy flou geval het tydens haar gesprek met oom Fanie. Belinda is bekommerd oor Ansie. Fanie verduidelik sy Reid-ondervragingstegniek aan speurdersersant Jantjies, wat diep geamuseerd is.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 41
Ansie en Christa wag angstig op Francois se ontvoerders om hulle te bel. Christa reël met Basjan om die R2-miljoen rand in die hande te kry vir Francois se vrylating. Fanie deel sy gedagtes oor vlieënde pierings met Ansie.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 40
Ansie vertel haar ma van die vreemde oproepe wat sy vanaf Francois se foon ontvang het. Fanie deel met kaptein Jafta die nuus dat hulle Francois se selfoonsein opgespoor het by Witsand. Christa vertel Ansie dat sy ook gebel is, en dat Francois inderdaad ontvoer is.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 39
Fanie besoek 'n vriend van hom in Upington, wat Francois se foon se sein gaan probeer opspoor. Ansie ontvang 'n oproep van Francois se selfoon, maar niemand praat aan die ander kant nie.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 38
Basjan stel voor dat hy en Christa dinge rustiger vat met hulle verhouding terwyl hy by die gastehuis bly. Kaptein Jafta en Herbert bespiegel oor die eintlike rede hoekom Francois verdwyn het.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 37
Speurdersersant Jantjies doen navraag by Ansie oor Francois se skielike verdwyning. Belinda vra vir Jolene om 'n ogie oor Ansie se welstand te hou. Fanie Louw besluit hy gaan uitvind waar Francois is.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 36
Christa kry 'n oproep van Francois se koerant dat hy nie by die werk opgedaag het nie. Jolene is angstig om terug te kom by die gastehuis nadat haar ma al die skindernuus met haar deel.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 35
Francois is ontsteld toe hy by Christa verneem dat Belinda sy ma en Basjan uitgevang het, en niemand vertel hom daarvan nie. Fanie nooi speurdersersant Jantjies om saam met hom piña coladas te drink. Ansie is in toestand nadat Francois haar vra om hulle troudag uit te stel tot ná haar ouers se egskeiding.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 34
Belinda vra Basjan om uit te trek, na aanleiding van die halfnaak-voorval met Christa in sy studeerkamer. Fanie vra Belinda om viskoekies van die karpe te maak wat hy gevang het. Basjan neem Francois op 'n uitstappie na die ontwikkeling vir 'n koerantstorie.