
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 30 of 61

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 53
Die goeie reënval is nie net baie welkom in die Onder-Kloof nie, maar laat by Hans ook die hoop ontstaan dat die droogte op Hoekplaas uiteindelik gebreek sal word. Verwysings na die vloed van 1905 en die voorspellings van Hendrik Skoorbek, demp die opgeruimde stemming aan tafel.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 52
Frank berou sy vorige uitsprake, en deel wonderlike nuus met Martha. Barnie Zilburg word vir ete genooi, en Flossie sowel as Ada deel besonder goeie nuus met Martha.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 51
Hans vertrou Ada met ’n persoonlike probleem, en Frank skok Martha met sy uitsprake oor die droogte en geloof.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 50
Hans begaan ’n groot fout in die kryt. Piet Roltwak bied ongeoorloofde raad. Kieriekop kom tot die redding, maar veroorsaak so byna ’n diskwalifisering.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 49
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 48
’n Verpligte middag van rus voor hulle kragmeting raak vir Hans en Robert een te veel. Kieriekop het goeie nuus vir Hans, en Kosie Schreuder verras Hans en Robert.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 47
Barnie verras Hans en Robert met goeie nuus. Robert gee goeie raad aan sy beste vriend, en Kosie Schreuder waarsku Hans en Robert om nie die bokswedstryd ten koste van hulle vriendskap te probeer wen nie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 46
Met ’n week oor voor die konsert, is Hans en Robert se voorbereiding vir hulle boksgeveg moordend. Terwyl hulle rus, vra Hans ’n vraag oor Lina wat Robert heeltemal verward en onseker laat. Barnie verhoog die intensiteit van die seuns se oefening met ’n tuisgemaakte apparaat. Twee dae voor die konsert slaan Hans ’n bokshandskoen stukkend, en Barnie verras die seuns.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 45
Elbie het nuus oor die konsert, wat selfs Robert en Barnie bekommerd laat. Lina deel ’n geheim met Elbie, en Barnie waarsku Nonnie teen die uitwerking van die reukwater wat sy by Hans vir haar verjaardag present gekry het.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 44
Hans kry goeie nuus van sy pa, maar hy kry snuf in die neus dat sy ma nie sy geheim bewaar het nie. Kieriekop loop sy rieme styf.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 43
Pollie se vreugde ken geen perke nie. Kieriekop kry die verrassing van sy lewe. Pollie swig voor die versoeking om Hans se geheim uit te lap.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 42
Nonnie en Lina se gesamentlike verjaardagpartytjie begin vir Hans op ’n slegte noot. Robert word verras, en die partytjie neem ’n positiewe wending vir Hans. Elbie se dag word sodanig versuur dat haar vriendskap met Lina in die gedrang is.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 41
Robert herinner Hans daaraan dat hy nog ’n geskenk vir Nonnie moet koop vir haar verjaardag. Barnie verras Hans, en Pieter Strydom kom sy ses tuie by Frank haal.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 40
Ná die verskrikking van die vlermuisgrot, verloop die ondersoek van die grot in Donkerkloof sonder enige ontdekkings. ’n Poets wat Hans wil bak, loop egter baie skeef en tot sy verleentheid, loop hy hom weer in Betta Stroebel se kragtige arms vas.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 39
Flossie sien die kinders af vir die uitstappie na Donkerkloof, en stel Hans en Robert aan as klaskapteins vir die dag. Die lang en moeilike tog na Donkerkloof eindig met ’n skok vir al die meisies, behalwe vir Betta Stroebel.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 38
Frank se reaksie op Hans en Robert se plan om Lina en Nonnie na Donkerkloof te neem, skok Flossie. Martha is bekommerd oor die gevolge vir Flossie en die skool as daar iets met een van die kinders op die uitstappie sou gebeur.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 37
Nonnie verras Hans op pad huis toe ná skool. Die armoede en swaarkry van die Saayman-gesin raak Hans en Robert diep toe hulle brood en sop na die gesin neem.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 36
Martha is bekommerd oor die siekte en welsyn van haar buurvrou, Hanna Saayman. Robert en Hans vaar bo verwagting swak met ’n Engelse grammatikatoets, en Nonnie se reaksie is vir Hans raaiselagtig.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 35
Hans bied aan om die helfte van die vensterruit en stopverf te betaal as Robert Nonnie en Lina kan oortuig om saam te gaan Donkerkloof toe. Barnie het ’n proposisie vir Hans en Robert, mits hulle die boksoefeninge meer ernstig opneem.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 34
Hans soek raad by Ada oor ’n geskenk wat hy wil koop. Hans en Robert moet ’n beesvel vir Frank brei, maar dit ontaard in ’n nagmerrie, veral vir Robert.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 33
Frank het goeie nuus vir Hans en Robert, maar Barnie is ongelukkig omdat die seuns soos twee ou vrouens boks. Ada probeer Frank oortuig dat ’n botteltjie stroop per wavrag turksvye te min vergoeding is vir hulle harde werk.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 32
Martha haal Frank oor die kole omdat hy die seuns, volgens haar, in gevaar gestel het. Hans en Robert gaan slaap, en Robert word skielik wakker met die besef dat Hans hom gekul het met die trek van die lootjies.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 31
Hans en Robert moet elke dag rondloperdonkies gaan aankeer om te begin droë hout aanry vir die turksvystroopkokery, maar Martha is bekommerd oor die seuns se veiligheid. Hans kry kans om Robert terug te betaal vir die poets wat hom gebak is toe hulle Ousus en Angelier die eerste keer saam gaan melk het.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 30
Kosie bevestig amptelik dat Hans en Robert vir die konsert teen mekaar sal boks, en Barnie kondig ’n strawwe oefenprogram vir hulle aan. Flossie stel Hans en Robert teleur.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 29
Faans raak in die moeilikheid omdat hy reken Hans het ’n oog vir ’n mooi nooi, nes sy pa. In sy gesukkel om met Nonnie gedans te kry, loop Hans hom vas in sy grootste nagmerrie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 28
Pollie en Faans kom op Gruisbult aan en hoor by Martha dat Hans-hulle nog nie daar is nie. Pollie is bekommerd dat Hans haar nie meer nodig sal hê nie omdat hy so tuis is by die Campbells.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 27
Die voorbereiding vir Richard Nortje se vyftigste verjaardagviering vorder fluks, en Robert se opgewondenheid ken geen perke nie. Ousus, die Jerseykoei, sorg vir pandemonium op die aand van die groot makietie op Gruisbult, en Martha is bekommerd oor die seuns se veiligheid.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 26
'n Onderbreekte gesprek met Nonnie dompel Hans in vertwyfeling. Robert kry 'n skrobbering van Flossie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 25
Barnie Zilburg maak 'n voorstel aan die boere van die omgewing. Robert is bekommerd oor Flossie se dreigement. Hans se grootste vrees word bewaarheid.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 24
Hans leer 'n moeilike les, en Pollie ontvang goeie nuus.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 23
Hans beleef sy eerste boksles. Ada probeer Frank oorreed om oor sy vrees vir 'n dreigende onheil te praat.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 22
'n Gesprek oor die Groot Oorlog lei tot 'n morbiede atmosfeer in die Campbell huishouding. Hans is bekommerd oor sy eerste boksles by Barnie Zilburg. Frank maak 'n bekentenis aan Ada wat haar diep ontstel.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 21
Nadat Hans nog net vier dae weg van die huis af is, skryf Pollie al haar eerste brief vir hom. Robert glo werk op die buurplase om ekstra sakgeld te verdien, het meer meriete as om saans vroeër met huiswerk klaar te kry.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 20
Robert en Hans is bekommerd oor wat van hulle verwag sal word in die skoolkonsert. Flossie vra hulle om haar te help, en 'n verskuilde dreigement laat hulle nog meer bekommerd. Martha word gevra om te help met die maak van wors en die bak van koek vir die viering van Richard Nortje se vyftigste verjaardag, want die hele omgewing word uitgenooi. Robert is geskok dat Hans nie die beste musikante in die Baviaanskloof ken wat gaan sorg vir die musiek by die geleentheid nie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 19
Hoe meer Hans hoor van die geheimsinnige Donkerkloof, hoe meer raak hy nuuskierig om daarheen te gaan. Martha se vrae oor Kosie Schreuder krap Flossie om.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 18
Op die eerste dag van die nuwe skooljaar, ontdek Flossie gevoelens in haarself wat haar onseker laat. Hans is terneergedruk omdat hy glo hy het 'n gek van homself in die klas gemaak. Robert laat hom beter voel deur hom te waarsku teen Betta Stroebel.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 17
Die nuwe skoolhoof, Kosie Schreuder, beïndruk die gehoor met sy toespraak. Flossie is verras om haar ouers by die eerste skooldag te sien, en Frank is bekommerd oor die vrae wat Martha aan die nuwe skoolhoof stel.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 16
Hans hoor vir die eerste keer van Donkerkloof, die spooknes. Hendrik is verras om Frank en Martha raak te loop en nooi Frank om te kom skyfskiet, veral omdat hy vir hom 'n nuwe lemetford gekoop het.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 15
Op die skoolterrein word Hans verras deur die plek waar die Onder-Klowers bymekaar kom, en hy kom onder die indruk van Robert se heldeverering vir sy oom, Hendrik Smith. Frank raak bekommerd oor planne wat hy vermoed Martha in die mou voer.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 14
Robert vertel Hans hoekom daar so baie Smiths in die Baviaanskloof woon. By die skool stel die beeldskone Nonnie en Elbie Hans in die verleentheid.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 13
Op pad na die stalle om te gaan melk, vind Robert 'n paar dinge uit oor die nuwe skoolhoof, wat hom 'n bietjie bekommerd laat. Martha konfronteer Frank oor die uitnodiging aan ouers om die openingsdag van die skooljaar by te woon waarvan hy haar nie vertel het nie. Robert bak Hans 'n poets met die melkery van die twee koeie, Ousus en Angelier.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 12
Hans is opgewonde om te hoor dat Barnie Zilburg hom kan leer boks. Ada wil by Flossie weet hoekom sy op byna veertigjarige ouderdom nog nie getroud is nie. Toe Hans droom oor die pragtige Nonnie en Elbie wat hy ontmoet het, waarsku Robert hom teen Ousus en Angelier...

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 11
Flossie laat Hans en Robert duidelik verstaan die nuwe skoolhoof sal hulle nie toelaat om nie deel van die groot skoolkonsert te wees nie. Robert is bekommerd oor die vooruitsig, omdat Hans hom waarsku dat 'n konsert saam met meneer Schreuder bloedsweet verg. Hans trek vir die eerste keer bokshandskoene aan en kry die skok van sy lewe!

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 10
Hans erken sy diepste vrees teenoor Ada en Robert, wat heerlik daaroor lag. Gelukkig ontlont Ada gou die situasie. Frank spel die reëls vir Hans en Robert uit, en waarsku hulle om dit nie ligtelik op te neem nie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 9
Hans sien sy ouma Pollie vir die eerste keer in baie jare. Hy is verstom oor wat hy sien op haar plaas, Sewefontein.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 8
Hans vind uit wat 'n wildedruif is en word aangenaam verras deur sy aanvanklike belewenis van Kleinpoort. Hy is egter geskok om te verneem watter sportvooruitsigte daar by die skool op hom wag.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 7
Gestrand tussen twee driwwe, daag daar hulp vir Faans en sy gesin uit 'n onverwagte oord op. Hans leer nog 'n paar feite oor die Baviaanskloof wat hom heimlik onrustig stem.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 6
Die rit na Kleinpoort verloop voorspoedig en sonder voorval, totdat die remme nat word in een van die driwwe, en Faans se haas om terug te kom by die huis, hom te vinnig laat ry...

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 5
Die aanvanklike stram atmosfeer in die motor word oplaas meer gemoedelik en Hans hoor by Faans en Pollie van 'n voorspelling uit die vorige eeu, wat hom baie ongerus laat voel oor die toekoms.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 4
Hans deel 'n geheim met Kieriekop wat hom ontstel. Terug op Hoekplaas is Pollie geskok om te sien hoe gehawend Hans lyk. Faans se motor wil nie met die slinger aan die gang kom nie, en moet uiteindelik deur die plaaswerkers gestoot word, voor die rit na Kleinpoort, veel later as wat Faans beplan het, kan begin.