
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 29 of 61

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 38
Wilmien vra Stephen se hulp om oom Blikkies terug te steel van haar ma. Jolene bel vir Chris Schutte en nooi hom vir koffie om hom weg te kry van Shangri La. Maryna betrap Wilmien en Stephen in haar huis, en dreig om hulle aan te kla by die polisie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 37
Stephen dien ’n klag van diefstal in by die polisie op Ceres teen Maryna Gouws. Wilmien en Jolene beplan om oom Blikkies terug te steel van haar ma. Morné verneem by tannie Lizzie wat die uitwerking van Tankwa-se-troon op ’n vrou sal wees as hulle dit drink.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 36
Chris Schutte keer terug plaas toe, en besoek Ella Conradie om haar in te lig dat oom Blikkies haar nie meer kom besoek nie, omdat hy tans by Maryna Gouws wegkruip. Stephen is kwaad vir Maryna omdat hy glo sy hou oom Blikkies teen sy sin aan by Shangri La.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 35
Maryna vra vir André om vir oom Blikkies te gaan haal sodat hy in privaatheid by haar kan kuier. Lizzie vertel vir Blikkies sy het vir hom ’n afspraak by Ella Conradie, die ‘siener’, gemaak. Chris Schutte vra vir Lizzie of sy vir hom ook van die Tankwa-se-troon tee sal gee voor hy vertrek.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 34
Lizzie vra Wilmien of sy saam kan gaan kyk as hulle vir Maryna verfilm, want sy wil graag sien hoe lyk die ou skuur se omskepping in ’n eko-eenheid. Morné dink Jolene stel weer belang in hom omdat sy 'n verjaardagpartytjie vir hom gereël het.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 33
Jolene maak aanvanklik asof sy nie weet dis Morné se verjaardag nie, maar verras hom later die dag met ’n sjokoladekoek met kersies op, en ’n braaivleis by die kampeerterrein. Maryna vra vir André om haar padstal toe te neem om vir Blikkies te ontmoet.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 32
Lizzie vertel vir Jolene dat Morné haar gevra het om vir hom ’n sjokoladekoek vir sy verjaardag bak, en Jolene besluit om Morné te verras. Stephen ontmoet vir Maryna wanneer hy na Shangri-La toe gaan om André se hulp met ’n laaigraaf te vra.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 31
Wilmien konfronteer Stephen omdat hy haar nie op hoogte hou van sy en oom Blikkies se bewegings nie. Morné vind tot sy skok uit oom Blikkies het sy selfooninternetdata binne twee dae opgebruik, en sê hy sal nie kan bekostig om verder internetdata aan hom te voorsien nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 30
Wilmien se ma, Maryna, arriveer by die Tankwa-padstal en word deur tannie Lizzie verwelkom. Morné en Jolene begin almal en alles te verfilm, soos Wilmien versoek het, maar wanneer hulle vir Wilmien self verfilm is sy ontsteld want sy is die regisseur.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 29
Wilmien besluit sy gaan op Jolene se raad alles en almal op die plaas wat betrokke is by die soeke na Krugerponde, verfilm, insluitend haar ma. André maak ’n aanbod om Stephen met geld en tegnologie te help in sy soeke na Paul Kruger se verlore goue ponde.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 28
Wilmien berei Hannes voor vir haar ma se aankoms op die plaas. Chris Schutte verneem hy word teruggeroep Kaapstad toe sodat hy op ’n ander projek kan werk. Blikkies besluit hy gaan nie vir Ella Conradie sien nie, want hy wil Wilmien nie verder ontstel nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 27
Hannes voel Lizzie oortree haar grense as verblyfverskaffer aan die filmspan deur haarself as regisseur voor te doen met oom Blikkies verfilming. Wanneer Wilmien van Lizzie se betrokkenheid by haar filmspan hoor, is sy hewig ontsteld.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 26
Maryna se eko-ateljee word by die ou skuur afgelaai, en Hannes is besorg dat ’n kolonie jongmense hulle op die plaas sal kom vestig. Hannes vertel vir Blikkies hoekom Lizzie al jare lank die siener, Ella Conradie, van Middelpos gaan besoek.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 25
Lizzie wil by Jolene weet of Wilmien tevrede is met Hannes se onderhoud. Blikkies konfronteer vir Chris Schutte oor hoekom hy nou eintlik op die plaas is. Jolene en Morné besluit hulle gaan vir oom Blikkies verfilm.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 24
Oom Blikkies en Stephen besoek die ou windpomp met aanwysings wat op die kaart aangedui is, wat André in die trommel in die skuur gevind het. Chris Schutte vra tannie Lizzie uit oor Stephen-hulle se vordering met die soeke na Krugerponde.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 23
Tannie Lizzie help oom Hannes om voor te berei vir sy onderhoud wat Wilmien en haar span kom verfilm. Morné en Jolene maak vrede ná die spinnekopvoorval. Lizzie dring daarop aan dat sy by wil wees wanneer hulle vir Hannes verfilm, om hom raad te gee en te ondersteun.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 22
Stephen is terug van die stad en probeer oom Blikkies weer aangeskakel kry. Morné verfilm die progressie van die ou skuur se ombouiing, en vra uit namens Wilmien oor André en haar ma se planne. Chris wil weet hoekom Wilmien nie André se telefoonoproepe beantwoord nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 21
Jolene bak Morné ’n poets terug met ’n rubberspinnekop. Wilmien probeer Hannes nog een keer oortuig om die regte boer van die plaas in haar dokumentêre rolprent te wees, nadat die onderhoud met tannie Lizzie flop as sy net oor haar sirkus jare praat.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 20
Wilmien besluit sy wil tannie Lizzie verfilm en ook ’n onderhoud met haar voer. Chris Schutte kom vra uit by tannie Lizzie oor die filmspan se doen en late. Jolene konfronteer Morné oor wie die rubberslang in haar kamer onder die bed geplant het.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 19
Tannie Lizzie vertel vir Hannes van die sirkusuitrustings wat sy beplan om te dra wanneer hulle haar verfilm. Jolene vind ’n slang in haar kamer, en is histeries. Stephen besluit op ’n meer drastiese manier om oom Blikkies weer aangeskakel te kry.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 18
Oom Hannes vertel vir André wat die oorsprong van die kaart is wat hulle in die ZAR-trommel in die ou skuur se solder gevind het. Tannie Lizzie bied haar hulp aan om te kyk of sy nie vir oom Blikkies kan kry om homself weer aan te skakel nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 17
Wilmien en haar span verfilm vir André wat kamtig op die houttrommel in die ou solder afkom. Chris probeer by Morné uitvis oor wie Stephen is, en hoe hy eintlik op die spoor van die Krugermiljoene in die Tankwa afgekom het. André probeer Jolene weer aan sy kant kry.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 16
Tannie Lizzie wil vir Wilmien haar cowboy-uitrustings van haar sirkusdae wys. Chris Schutte en André plaas die houttrommel terug in die solder vir Wilmien om te verfilm. Stephen is verras dat Wilmien besluit het sy gaan wel saam met haar broer werk.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 15
Tannie Lizzie dek verskeie tafels by die padstal, in ’n poging om almal uitmekaar te hou tydens aandete. Oudspeurder Chris Schutte, André se handlanger, daag onverwags by die padstal op. Stephen is bekommerd omdat oom Blikkies homself afgeskakel het.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 14
André besoek die ou skuur wat Chris Schutte omskep in ’n wooneenheid, en vis uit by oom Hannes oor Stephen se vordering met die soeke na Kruger se miljoene. Lizzie wil van haar ou sirkusuitrustings dra wanneer sy haarself voordoen as die boer van die plaas.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 13
Wilmien se broer, André, daag onverwags by die plaas op, blykbaar om te kyk hoe Chris Schutte met die bouery vorder. Lizzie deel Wilmien mee dat sy gewillig is om as die boer van die plaas op te tree in Wilmien se dokumentêre rolprent. Jolene en Morné maak voorlopig vrede met die gedeelde badkamer… met voorwaardes.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 12
Wilmien vergesel Stephen en oom Blikkies op ’n ekspedisie op die plaas nadat Jolene en Morné weer vassit en weier om saam te gaan as ’n span. Tydens die verfilming loop hulle oom Hannes raak by die ou skuur, en Wilmien konfronteer hom oor hoekom hy nie verfilm wil word nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 11
Wilmien is ongelukkig omdat Stephen die plaas sonder haar saam met oom Hannes gaan verken het. Morné betree die badkamer terwyl Jolene daarbinne is, sonder om aan die deur te klop. Oom Hannes weier dat Wilmien hom enigsins vir die dokumentêre rolprent verfilm.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 10
Jolene is nie gelukkig dat sy ’n badkamer met Morné moet deel nie. Tannie Lizzie vertel vir oom Blikkies hoe haar man Hannes destyds ’n polisieman wou word. Wilmien verneem haar broer se handlanger, Chris Schutte, kom ook Tankwa Karoo toe.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 9
Oom Blikkies en Stephen neem hulle intrek by die kampeerterrein op oom Hannes se plaas. André lig Jolene in dat hy die grond by oom Hannes gekoop het in weerwil van Wilmien se teenstand, en dat sy bouer, Chris Schutte, die ou skuur in ’n wooneenheid sal omskep.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 8
Wilmien konfronteer weer vir André omdat hy voortgaan met sy plan om die grond by oom Hannes te koop. Lizzie probeer Hannes ompraat om nie grond aan André Gouws te verkoop nie. Morné is besorg dat hy saam met Jolene in die plaashuis sal moet woon.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 7
Stephen is skepties wanneer hy hoor Wilmien kry nie meer geld van haar broer vir die dokumentêre film nie. Hy besluit om haar te ondersteun nadat hy verneem sy het haar motor verkoop. Oom Hannes vra tannie Lizzie om nie met Ella Conradie kontak te maak nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 6
Wilmien vind uit haar broer André was op die plaas by oom Hannes en tannie Lizzie, en konfronteer hom daaroor. Jolene probeer intussen by Morné uitvind wie die skattejagter, Stephen Roux, nou eintlik is.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 5
Oom Hannes ry saam met André na die dokter op Ceres, op pad terug na Kaapstad. Stephen is nuuskierig oor wie André Gouws nou eintlik is. Morné en Jolene ontmoet mekaar om hulle filmgereedskap bymekaar te kry, en dit loop uit op ’n hewige argument.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 4
Oom Hannes neem André om na die stuk plaasgrond wat hy moontlik wil verkoop, te gaan kyk. André word per ongeluk deur ’n slang gepik. Stephen en oom Blikkies daag by die plaas op om geografiese ligging en data-insameling te doen.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 3
Morné probeer Jolene oortuig om saam met hom en Wilmien aan die dokumentêre film te werk. Wilmien vra haar broer vir die geld wat hy haar sal leen, maar hy wil self eers ’n draai by oom Hannes en tannie Lizzie se plaas maak.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 2
Stephen reël om Wilmien op oom Hannes en tannie Lizzie se plaas in die Tankwa Karoo te ontmoet. Hannes is nie gelukkig om die mense op die plaas te ontvang nie, en tannie Lizzie oortuig hom om positief te wees met die vooruitsig dat hulle skatryk kan word van Paul Kruger se verlore goue ponde.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 1
Stephen probeer om sy robot, oom Blikkies, mobiel te kry vir hulle skattejagavontuur in die Tankwa Karoo. Wilmien vertel haar broer, André, van haar nuwe dokumentêre film oor Stephen Roux, die skattejagter.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 65 (slot)
Hans Terblanche besef dat hy sy grootste persoonlike oorwinning juis te danke het aan die mees traumatiese ervaring in sy lewe. Die verhaal, wat in 1916 afspeel, is gebaseer op ware gebeure.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 64
Alhoewel die son skyn en die reën en wind iets van die verlede is, is die ontbering van die vorige nag se gebeure te veel vir Robert. Langs die malende vloedwater daag daar hulp uit ’n onverwagte oord op, wat Barnie baie moed gee.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 63
Hans verbeel hom hy sien iemand in die wildevy langs die Saaymans se huis. Geskok beleef Hans en Robert ’n skrikwekkende gesig, wat hulle bewus maak van ’n onafwendbare realiteit.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 62
Hans beraam ’n waaghalsige plan om die gesin na ’n veiliger skuilplek te neem. Martha se ergste vrees word bewaarheid.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 61
Frank se maatreëls om sy gesin te beveilig ly skipbreuk, en hulle vlug na ’n buitengewone skuilplek. Die toestand vererger, en geleidelik begin die hoop in almal vervaag.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 60
Frank, Hans en Robert word deur ’n onverwagte gesig begroet toe hulle saam met Barnie van buite af die huis binnekom. Barnie neem ’n dapper besluit, en kort voor middernag is die Campbell-huishouding in skok en vertwyfeling.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 59
Frank kom van buite af in met nuus dat die harde reën opgehou het, maar dat daar nog donker wolke na die Langkloof se kant toe is. Martha rig ’n stille waarskuwing aan Frank wat hom ongemaklik stem. Barnie kom met ontstellende nuus.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 58
Hans en Robert het goeie nuus vir Frank en Martha. Frank nooi Barnie om later die aand iets warm voor die kaggelvuur te kom drink indien hy te koud sou kry. Barnie is ongerus.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 57
Pollie is bekommerd oor Hans, en Piet Vink oortuig Faans om saam met hom na Vlakplaas se poskantoortjie te probeer gaan om Barnie te bel om te hoor hoe dit op Kleinpoort gaan. Frank verseker Martha van die feit dat hy die huis hoog bo die vloedlyn gebou het, en Faan het slegte nuus vir Pollie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 56
Faans en Pollie Terblanche is ten gronde oor vloedskade op Hoekplaas, maar Pollie herinner Faans daaraan dat hulle immers nog die toevlug van ’n stewige huis het. Hans en Robert maak ’n skokkende ontdekking.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 55
Frank en Barnie is bekommerd oor die hoeveelheid water wat hulle uit die bergklowe sien afstroom na die Baviaanskloofrivier, waarvan die vlak bly styg. Barnie is bekommerd oor nuus uit die Bo-Kloof.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 54
Vroeg Donderdagoggend is Frank baie opgewonde, want ná agtien lange maande is die droogte uiteindelik finaal gebreek! Barnie bied aan om Flossie en die seuns skool toe te neem met sy motor, en Kosie Schreuder het ’n belangrike besluit om te neem.