
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 27 of 61

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 18
Aletta is verbaas wanneer sy iets uitvind oor Bets.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 17
Jos is genoodsaak om die aftog te blaas.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 16
Jos se manewales kom hom duur te staan.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 15
Aletta se entoesiasme word kortgeknip.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 14
Dieter kry goeie nuus, maar Elvera vermoed onraad.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 13
Drikus het groot planne vir sy patent. Danny is nie baie gelukkig daaroor nie

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 12
Bets en Chris se romantiese aand is daarmee heen.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 11
'n Onaangename verrassing wag op Pearl en Shaun wanneer hulle tuis kom na hulle vakansie.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 10
Elvera en Dieter se verhouding is steeds stormagtig, en nou is daar 'n ekstra vlieg in die salf.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 9
Aletta trek die stoute skoene aan, en Roelfie geniet dié kant van haar.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 8
Dirk Lampbrecht verwerp sy seun. Chris en Bets is gelukkig.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 7
Drikus besoek sy ouers, en tot sy verbasing is sy eks-verloofde ook daar.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 6
Elvera ondersteun Bets met die reëlings vir haar uitstalling.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 5
Pearl is bekommerd oor hoe ernstig Shaun se ongeluk was.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 4
Bets en Aletta voel-voel aan mekaar, maar sukkel nog om openlik te praat oor Aletta se onthulling oor Bets se pa.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 3
Aletta en Roelf sit vas, oënskynlik oor haar vernuf om kos te maak, maar eintlik oor haar onvermoë om te kommunikeer.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 2
Shaun is bekommerd oor Pearl, en twyfel aan haar liefde.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 1
Drikus vind sy voete by sy nuwe werk. Hy en Danny is krapperig.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 60 (Slot)
Magnus keer Wolfgang in sy huis vas. Wat sal van Wolfgang en sy geliefde hiëna word? Ribs besluit om nie meer by die lughawe te werk nie. Het sy planne dalk iets met Dolla te doen? Sal Chinel besluit om by Ikarus aan te hou werk?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 59
Magnus en Chinel breek uit die aanhoudingsel uit. Lance konfronteer hulle voor hulle van die lughawe af kan wegkom. Magnus en Lance begin baklei. Ribs en Sandra gaan kruip by Zane se hospitaal weg, en Rona daag daar op om hulle te soek.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 58
Ribs en Sandra sluip die lughawe binne, en probeer hulle bes om in posisie te kom vir die uitbreekplan. Lance en Wolfgang kom op die lughawe aan, en Wolfgang wil dadelik vir Magnus gaan uitsorteer. Sal Ribs en Sandra vir Magnus-hulle kan help voor Wolfgang by hulle uitkom?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 57
Magnus en Chinel besluit om die bus te gebruik om hulle uit die aanhoudingsel uit te kry. Ribs, Sandra en Zane besluit hoe hulle vir Magnus hulle gaan help. Hier kom ‘n groot bakleiery, maar is hulle gereed daarvoor?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 56
Magnus en Chinel land by die lughawe, maar word dadelik toegesluit in die aanhoudingsel. Wolfgang is saam met Lance en sy manne oppad terug Suid-Afrika toe op een van die diamantskepe. Rona moet sorg dat Magnus-hulle nie van die lughawe af kan wegkom nie.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 55
Ribs en Sandra moet aan ‘n manier dink om Magnus-hulle in die middel van die nag veilig te laat land, sonder dat Rona daarvan uitvind. Zane konfronteer vir Rona oor wat alles wat aangaan en haar aandeel daarin.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 54
Magnus en Chinel gaan hulle plan om die navorsers van die eiland af te kry, in werking stel. Lance vermoed dat Magnus iets in die mou voer, en begin na hulle soek op die eiland. Daar is ‘n paar groot ontploffings. Wie sal oorleef en wie nie?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 53
Magnus en Chinel maak planne om vir Wolfgang en sy troepe op die eiland uit te oorlê, maar dis net hulle twee teen ‘n oormag. Hulle sal ook vinnig moet maak, want die Kubane is aan die kom. Diff het Ribs se hulp nodig. Sal Ribs hom help ná alles wat gebeur het?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 52
Zane probeer om uit sy hospitaalbed die span by Ikarus help. Ribs weet nie meer wat om te doen en wie om te vertrou nie, veral nadat daar by Sweef ingebreek is. Diff het genoeg gehad van Wolfgang en sy planne. Sandra en Chinel probeer vir Diff oorreed om hulle te help. Sal Diff sy baas verraai?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 51
Lance en Wolfgang kry hulle planne agtermekaar vir wanneer hulle op die eiland land. Magnus en Chinel bespreek hoe hulle Wolfgang se planne in die wiele gaan ry. Wie sal die oorhand kry?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 50
Rona bespreek Roots se planne met Wolfgang, en hy besef hy sal Roots moet vasvat. Chinel en Sandra hou niks van die idee dat Ikarus weer saam met Wolfgang moet werk nie, maar besef dis die enigste manier om Ikarus aan die gang te hou. Wolfgang besluit om Roots self uit te sorteer.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 49
Wolfgang het Magnus se dienste nodig, en bied hom ‘n geleentheid aan waarvoor hy nie kan nee sê nie. Rona is besig om almal by die lughawe onder haar beheer te kry. Diff en Roots begin dink aan ‘n lewe buite Wolfgang se ystergreep.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 48
Rona word by die lughawe aangestel as bestuurder in Lusinda se plek, en druk dadelik haar stempel af. Sandra wil by Chinel weet hoekom daar nie ‘n geliefde in haar lewe is nie. Magnus besluit om Wolfgang te konfronteer.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 47
Wolfgang jaag weg om vir Lance te gaan sien. Sandra is terug om uit te help by Ikarus. Diff en Roots sit druk op Ribs, en dreig hom. Sal Ribs onder die druk swig?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 46
Magnus en Ribs besef dat die video wat Zane van Wolfgang se plaas geneem het baie belangrike inligting bevat, maar hoe kry hulle dit in die hande? Hulle besluit om te gaan loer wat aangaan op Wolfgang se plaas. Diff en Roots is besig om plesierritte met Wolfgang se gunsteling kar te vat, en hy vind uit...

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 45
Magnus reël dat almal van die lughawe vroeg die oggend by Dolla se koffiewinkel moet wees. Magda sal alles vertel oor haar verhouding met Wolfgang en wat hy in die mou voer. Hoe sal almal daaroor voel, en wat gaan hulle daaroor doen?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 44
Diff en Roots het die wapens suksesvol afgelaai ná ‘n groot gesukkel, maar een van hulle is nie meer gelukkig om net vir Wolfgang te werk nie. Magnus gaan sien vir Magda en oorreed haar om vir hulle te vertel wat sy alles van Wolfgang se planne weet. Wat sal sy alles vir hulle vertel?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 43
Diff en Roots moet ‘n trok vol smokkelwapens in Port Nolloth kry, maar die polisie stop hulle. Sal hulle gevang word? Chinel en Magda moet ‘n jagluiperdwyfie vang wat van ‘n nabygeleë wildplaas ontsnap het.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 42
Diff en Roots word teruggebring deur Wolfgang. Hy het ‘n belangrike taak vir hulle. Dolla sukkel om Dotti se dood te verwerk, en Ribs besluit om haar sy waardevolste besitting te gaan wys.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 41
Dotty en Zane is in ‘n groot ongeluk. Magnus gaan dadelik na die ongelukstoneel waar hy vir Wolfgang kry. Magda gaan vertel vir Chinel wat gebeur het, en die twee begin praat oor Magda se verlede. Die episode eindig met slegte nuus.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 40
Chinel en Magda bespreek die manne en hartsake in die vliegtuig van Botswana af. Dotty en Dolla vind Lusidna se dagboek, en kom af op ‘n interessante inskrywing oor Zane se hommeltuig. Zane vat vir Dotty huis toe, en raak weer betrokke in ‘n straatresies, maar hierdie een het ‘n slegte einde.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 39
Dolla en Dotty praat eers oor die liefde, en probeer dan uitredeneer hoekom Lusidna se lugballon-gelukbringer op die grond gelê het waar haar kar was. Magnus kry vir Chinel betrokke by die jag van die olifantbul. Sal dit uitwerk soos hy hoop?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 38
Wolgang moet vir Zane by die polisiekantoor gaan uitteken nadat hy die vorige aand in ‘n straatresies deur die polisie gevang is. Wolgang doen nie gunste verniet nie, en verduidelik aan Zane presies wat hy van hom verwag. Magnus probeer vir Alwyn rustig en uit die beskermde deel van die bos hou terwyl hulle vir die olifante wag.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 37
Magda waarsku Alwyn dat die olifantbul wat hy gaan jag, siek is en gevaarliker as gewoonlik sal wees. Alwyn vertrek op die jag, met Magnus wat saamgaan om ‘n oog op Alwyn te hou. Zane gaan laai vir Dotty by die huis af, maar moet eers teen iemand jaag.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 36
Magda en Chinel is saam die bos in om die meerkaaie se sosiale interaksie dop te hou, maar eintlik is hulle besig om mekaar dop te hou. Wolfgang wil vir Dolla sien. Hy het iets belangrik om met haar te bespreek. Dolla en Dotty kom af op ‘n belangrike leidraad wat met Lusinda se verdwyning te doen het.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 35
Chinel moet tussen haar werk deur vir Alwyn aan die een kant, en Magnus aan die ander, hanteer. Zane sien dat Alwyn sakke in die vliegtuig laai wat baie verdag lyk, maar daar is niks wat hy daaroor kan doen nie. Wolfgang snoep by die lughawe rond. Dotty kom dadelik agter dat Wolgang te veel vrae het oor Lusinda se verdwyning, en begin wonder of hy iets daarmee te doen het.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 34
Dotty hou nie baie van die idee dat Magnus weer vir Alwyn rondvlieg nie, maar Magnus gee haar die versekering dat hy alles onder beheer het. Wolfgang verduidelik aan Alwyn wat sy plan is, en waar Alwyn inpas. Dotty raak al hoe meer bekommerd oor Lusinda, en besluit om self ondersoek in te stel.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 33
Magnus en Chinel is uit met die helikopter om elektriese drade na te gaan. Op kantoor gee Zane vir Dotty ‘n harde tyd, en Alwyn sit druk op Magda om vir Magnus te oorreed om die reis na Botswana te onderneem.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 32
Magnus oorhandig die bus aan Chinel om in te bly. Wolfgang werk vir Alwyn by sy planne in. Alwyn is eers huiwerig, maar dan maak Wolfgang ‘n aanbod waarvoor Alwyn nie kan nee sê nie. Magnus gaan eet by Magda, en ou koeie kom uit die sloot uit.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 31
Dotty het aan ‘n manier gedink om Ikarus finansieel aan die gang te hou. Magnus raak bekommerd oor Lusinda wat nie opdaag vir werk nie, maar hy en Zane moet aandag gee aan die dubbeldekkerbus. Wolfgang sit Magda op haar plek, en verwag van haar om iets vir hom te doen...

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 30
Lusinda sien iets raak op die hommeltuigvideo wat Zane van Wolfgag se plaas gemaak het. Dit laat haar groot skrik, en sy deel haar angs met Magda. Wolgang is terug van Botswana en het iets belangriks vir Roots en Diff om te doen. Hulle moet iemand ontvoer...

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 29
Magda probeer by Lusinda uitvind wat tussen Magnus en Chinel aangaan. Diff en Roots se verhouding raak krapperig, en hulle sukkel om te fokus op die volgende deel van hulle bose plan. Ribs probeer uitwerk wat presies met sy ma gebeur het.