PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 24 of 61

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 48

Sharon is bedruk, en slaap laat tot Rianna haar wakker maak en opbeur. Lorna hang die nuwe gordyne, en maak ’n selfoonvideo om Ray te plesier. Hy is nie beïndruk nie.

Jan 14, 202214 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 47

Sharon hou Robbert op ’n veilige afstand, maar reken steeds op sy professionele bystand. Jerry en Gerhard koop ’n slaansak. Saam met die nuwe oefenfiets, is hulle tuisgimnasium flink aan die uitbrei. Sharon kry ’n rekening wat haar erg ontstel, en Ray maak weer ’n onwelkome verskyning.

Jan 13, 202214 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 46

Ethan waarsku vir Lorna dat Ray ongeduldig raak. Jerry besluit om sy geld eerlik te verdien. Lorna meet Sharon se kamervenster, en hou haar oë oop vir wegsteekplekke. Ray ontbied Lorna en Ethan na Villa Cunningham.

Jan 12, 202214 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 45

Sharon en Robbert draf nie meer saam nie. Hulle praat ook nie met mekaar nie. Mia stuur ’n Whatsapp met ’n verrassing. Sharon gaan kuier by Lorna, en bestel nuwe gordyne vir haar slaapkamer.

Jan 11, 202215 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 44

Ethan en Lorna begin die dag met ontbyt. Hy is haastig, sy is rustig... tot Ray haar bel en aanpor om die werk te doen waarvoor hy haar betaal. Sharon se spalk moet afkom. Sy en Rianna vier dit met ’n inkopietog en ete by Flames.

Jan 10, 202213 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 43

Die hele buurt is skielik op straat, en draf om fiks te word. Jerry reken die gier sal soos gewoonlik gou oorwaai. Rianna pak ’n mandjie met plaasprodukte, en gaan kuier vir Lorna.

Jan 7, 202214 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 42

Gerhard en Rianna keer terug van hulle plaasvakansie. Sharon vertel ’n halwe waarheid oor haar en Robbert se Oujaarskuier. Ethan begin sy loopbaan as matverkoopsman. Lorna loer oor die heining na Gerhard en Jerry wat bagasie aflaai. Ray bel haar met ’n dringende opdrag.

Jan 6, 202212 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 41

Letitia het planne vir ’n toekoms saam met Jerry. Hy kry goeie raad uit ’n onverwagte oord. Ray wil al weer met geweld op Sharon toeslaan.

Jan 5, 202212 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 40

Pollie ly aan skok, en Jerry moet Letitia se hulp en raad verduur. Sharon vererg haar vir Robbert wat haar dwing om soggens presies om sesuur saam met hom te gaan draf. Letitia daag vroeg op om kastig met Pollie te help.

Jan 4, 202214 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 39

Die partytjienaweek is agter die rug. Jerry is lus vir ’n goeie ontbyt en ’n dag sonder sorge, maar uit die bloute daag daar ’n lastige besoeker op. Ethan en Lorna koop ’n kattebak vol kruideniersware, en maak planne om hulle langs die Van der Merwes in te burger.

Jan 3, 202211 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 38

Dis duidelik dat die agent nog nie besluit het aan wie sy die Gedulds se huis wil verhuur nie. Gerhard en Rianna is op pad na Trudie en Koos Albertyn se oujaarspartytjie. Sharon besluit om Robbert se uitnodiging te aanvaar. Wat wag vir haar by sy huis?

Dec 31, 202112 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 37

Gerhard pluk twee mandjies vol geelperskes wat Rianna moet inlê. Letitia Ingelsdew-Swan bel onverwags en bied aan om te help. Intussen is Robbert besig om Sharon se slaapkamer te verf. Letitia kla by Rianna dat sy ongelukkig getroud is.

Dec 30, 202111 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 36

Hilton het ’n nuwe naam, Ethan, en Queena is nou Lorna. Hulle is op pad na die Gedulds se huis, wat Ray vir hulle wil huur. Gerhard ontvang hulle namens die agent en is beïndruk met die netjiese weduwee en haar oulike seun.

Dec 29, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 35

Ray het planne vir Hilton en sy ma, Queena. Sy is skepties, maar om op straat te beland is die enigste alternatief en sy kan nie anders as om in te stem nie. Jerry en Gerhard kry kans om oom Abie se tuin te versorg vir die huurders.

Dec 28, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 34

Sharon en Robbert se vriendskap blom, en Sharon tel haar seëninge. ’n Paar kilometers verder maak Hilton Hendriks die yskas oop en soek vergeefs na melk vir sy bitter koffie. Toe Ray Cunningham hom bel en werk aanbied, gryp hy die geleentheid met albei hande aan.

Dec 27, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 33

Die Van der Merwes word subtiel verplig om hulle ongewilde buurman na hulle Kerspartytjie te nooi. Sal die gees van Kersfees wat vrede verkondig, vanaand ook oor hulle waak?

Dec 24, 202112 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 32

Dis lekker op die plaas, maar Sharon kan nie vir altyd wegkruip nie. Goeie nuus kom van Sharon se weldoeners. Ray skop ’n kabaal op by die Van der Merwes se voordeur. Robbert Curnow, wat in die straat verbydraf, kom tot Sharon se redding. Is dit die begin van ’n nuwe vriendskap?

Dec 23, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 31

Rianna en Sharon gaan kuier op die plaas. Mia en Jerry bly agter om die huis op te pas. Ray gaan soek Sharon by die Van der Merwes. Jerry lei hom op ’n dwaalspoor, maar hou nie rekening met die nuwe koffiemasjien nie.

Dec 22, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 30

Mia vertel vir Jerry dat Ray Sharon afknou. Sharon koop ’n nuwe koffiemaker, goeie koffie en veel meer. Jerry en Mia versier die gesin se kersboom. Sharon het bokse vol duur glasversiersels geskenk. Waar kom die geld vandaan? Ray het dan haar kredietkaart versnipper.

Dec 21, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 29

Pollie verlang na sy mense, en die Van der Merwes doen hulle bes om hom te troos. Sharon bieg oor die inhoud van die bokse. Dit behoort aan Ray, maar hulle kan intussen daaruit voordeel trek. Mia word uitgenooi om saam met Anton-hulle met vakansie te gaan.

Dec 20, 202112 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 28

Dis nog nag toe oom Abie-hulle met groot gedruis vertrek. Gerhard en Rianna het skaars ingesluimer of hulle word wakker geklop. Sharon en Fifi soek ’n veilige hawe, volgens haar bagasie vir veel langer as net een nag. Wat is in die bokse dat sy dit so dringend wil wegsteek?

Dec 17, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 27

Dis die laaste dag voor die Gedulds se vertrek. Gerhard en Rianna raak bekommerd oor die twee oues op die lang pad. Die Gedulds gaan eet vir oulaas by die Van der Merwes, en neem afskeid van Pollie. Die motorwoonwa kry ’n naam.

Dec 16, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 26

Mia wys vir oom Abie hoe om foto’s met sy selfoon te neem. Tannie Gertie en oom Abie stel ’n lang lys reëls op vir die huurders. Gerhard kry nog ’n Whatsapp van Ray.

Dec 15, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 25

Die groot uitpak en regpak is aan die gang by die Gedulds, en die Van der Merwes sit hand by. Sharon voel vasgekeer. Anton is in die moeilikheid. Rianna kry ‘n e-pos van Huis-en-Haard.

Dec 14, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 24

Die Cunninghams is op pad terug na Suid-Afrika. Sharon sweer wraak. Gerhard en Jerry help oom Abie om die motorwoonwa te restoureer. Tuis by Villa Cunningham word Sharon en die hele huishouding streng ingeperk.

Dec 13, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 23

Rianna is seker dat dit sleg gaan met Sharon. Van Ray kry sy geen verduideliking nie. Gertie bak koekies vir Kersfees, en maak lang doenlysies wat nog afgehandel moet word. Vrydagaand word daar partytjie gehou.

Dec 10, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 22

Sharon is terug in die Waldorf-suite. Ray is kastig besorg, maar haastig om huis toe te gaan. Die motorwoonwa het aangekom, en staan in die Gedulds se oprit. Sharon kry Ray sover om vir Rianna ’n Whatsapp te stuur.

Dec 9, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 21

nton gaan vir sy rybewystoets. Mia help tannie Gertie om haar fynporselein-erfstukke weg te pak toe Anton met die uitslag bel. Gerhard is verbaas toe hy hoor die kinders is Magalies toe. Wat sal die straat sonder die Gedulds wees?

Dec 8, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 20

Oom Abie en Tannie Gertie is nou albei opgewonde oor hulle motorwoonwa. Tannie Gertie het so lanklaas van Sharon gehoor, sy kry nagmerries van angs. Rianna stoei met dieselfde bekommernis. Wat gaan aan met Sharon?

Dec 7, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 19

Anton het ’n verrassing vir Mia. Ray is woedend en in ’n baie gevaarlike bui. Robbert kla oor Mia se musiek, en eis ’n verskoning.

Dec 6, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 18

Mia is klaar met matriek, en sy en Anton maak planne vir die vakansie. Tannie Gertie kom spog by Rianna.

Dec 3, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 17

Tannie Gertie bekommer haar oor die huurders wat haar huis gaan oorneem. In Amsterdam is die Cunninghams tuis in die deftige Waldorf, maar Ray weet steeds nie hoe om hom te gedra nie.

Dec 2, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 16

Oom Abie is in sy skik met die motorwoonwa wat hy wil koop, maar tannie Gertie kry byna ’n oorval toe sy hoor wat dit kos. Jerry kry ’n geskenk wat hy nie verwag het nie.

Dec 1, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 15

Sharon sluit haar in die badkamer toe, ’n paar uur voordat sy saam met Ray Amsterdam toe vertrek. Sy neem afskeid asof sy nooit weer sal terugkom nie. Rianna is bekommerd. Tannie Gertie neem ’n belangrike besluit.

Nov 30, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 14

Gerhard en Rianna begin die week moeg. Rianna laai Mia by die skool op. Sy het ’n smokkelstorie in haar eksamenopstel geskryf. Haar inspirasie? Sharon se diamanthalssnoer. Het sy dalk die waarheid beet?

Nov 29, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 13

Sharon nooi Rianna en Gerhard vir aandete by Villa Cunningham. Ray spog met Franse sjampanje, maar sy tafelmaniere laat veel te wense oor. Die aand eindig nie so goed soos dit begin het nie.

Nov 26, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 12

Sharon is in die tuisgimnasium aan die fietsry. Rianna en Gerhard kry hulle vriende, Koos en Trudie Albertyn, jammer. Die Covid-tyd het ook húlle in ’n finansiële knyptang. Intussen eet Sharon se hondjie, Fifi, kaviaar, en maak Ray planne om Amsterdam toe te vlieg vir “besigheid”. Jerry kuier by tannie Gertie. Kan hy haar ompraat om saam met oom Abie op toer te gaan?

Nov 25, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 11

Moeilikheidmaker en nuwe intrekker, Robbert Curnow, het opgelet dat Jerry en Mia soggens sonder hulle maskers gaan draf. Hy beskou dit as sy plig om die oortreders aan te kla. Oom Abie wag vir Jerry langs die swembad om oor hulle voorgenome toer te praat. Jerry soek raad by sy pa. Wie wil saam met oom Abie gaan uitkamp?

Nov 24, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 10

Oom Abie deel sy droom met Jerry, maar Jerry is nie so seker dat hy wil saamspeel nie. Letitia e-pos voorbeelde van die voorbladfoto vir Huis-en-Haard. Die gesin herken mekaar skaars. Tannie Gertie kry ’n petisie in haar posbus.

Nov 23, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 9

Tannie Gertie pak koekies vir die tuisnywerheid. Oom Abie bied aan om te help, maar helaas die ou krapperigheid is terug. Die Van der Merwes en die Gedulds geniet middagete saam. Jerry het goeie nuus oor sy nekbesering. Die huisfoon lui.

Nov 22, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 8

Abie en Gertie maak vrede. Rianna se Polo’tjie is terug van die paneelkloppers. Gerhard het ’n plan vir Jerry, maar Riana stem nie saam nie.

Nov 19, 202113 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 7

Die huwelikspanning tussen oom Abie en tannie Gertie raak so ernstig, dit ontstel tot hulle papegaai, Pollie. Jerry se maat, Koert Albertyn, is in die hospitaal ná hulle ongeluk op die Sudwala-pad. Sharon bel vir Rianna om te vertel dat sy Ray vergewe het. Hoe het hy dit nou weer reggekry?

Nov 18, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 6

Sharon en Ray het weer rusie gemaak, en soos gewoonlik skuil sy by haar suster-hulle en moet Rianna troos en paai. Tannie Gertie wat snuf in die neus het, kom drink saam ’n koppie tee. Vir haar is Rianna en Sharon soos eie dogters, en het sy simpatie met albei. Dis nie dat háár lewe so maklik is nie. Oom Abie se droom is haar nagmerrie. Sharon se hondjie, Fifi, is in lewensgevaar.

Nov 17, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 5

Ma Rianna, Pa Gerhard en Mia is almal baie bekommerd oor Jerry. Selfs Letitia bel hom om te hoor hoe dit gaan – nie dat hy graag met haar wil gesels nie. Tannie Gertie Geduld stuur van haar beroemde hoendersop. Laataand toe Rianna die sitkamer opruim, lui haar selfoon. Raai wie?

Nov 16, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 4

Letitia en haar span moet ’n voorbladfoto vir Huis-en-Haard neem. Sharon daag op om te help met die stilering. Sal haar hulp sommer so aanvaar word? Almal wag al weer vir Jerry wat vir die naweek saam met vriende Sudwala toe is. Dié keer kan hy regtig nie help dat hy laat is nie.

Nov 15, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 3

Ma Rianna se Polo’tjie is nog by die paneelkloppers, en die gesin moet meet en pas om met pa Gerhard se kar oor die weg te kom. Sy werk toevallig nie vandag nie, maar sorg dat almal betyds by hulle onderskeie bestemmings kom. Uit die bloute bel haar suster, Sharon, en nooi haar vir ete by ’n deftige restaurant in Johannesburg. Sharon is is getroud met Ray Cunningham, ’n skatryk “sakeman”. Maar wie is Horst Schöneman?

Nov 12, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 2

Haar naam is Letitia Ingelsdew-Swan. Sy kondig aan dat die gesin een van ses finaliste is in ’n kompetisie met groot pryse. Jerry is al weer in die moeilikheid, maar hy weet hoe om te ontspan. Terwyl sy sussie, Mia, hard leer vir die matriekeksamen, lê hy langs die swembad, min wetende dat daar ’n verrassing op hom wag.

Nov 11, 202114 min

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 1

Riana en Gerhard van der Merwe maak gereed om ’n gewone werksdag te begin. Maar waar bly hulle seun, Jerry, met die gesinsmotor? En hoekom bel die vrou van Huis-en-Haard so knaend?

Nov 10, 202115 min

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 60 (slot)

Dis ses maande later. Die wildplaas is inderhaas in ʼn trouvenue verander, en daar is vandag drie paartjies wat trou. Omdat Mollie Ben en Matilda daarby betrokke is, gebeur dinge egter nie soos beplan nie, en boonop wil kaptein Cilliers dringend met hulle praat.

Nov 9, 202112 min

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 59

Mollie en Matilda gesels oor die troue, wat uitgestel moet word sodat Vincent kan aansterk. Matilda erken dat sy baie lief vir Louis is, en dalk op die wildplaas sal gaan woon as mevrou De Wet. Matilda is besig om te werk aan ʼn plan oor wat met die Van Gogh-skilderye moet gebeur.

Nov 8, 202114 min