
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 22 of 61

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 28
Dis tyd vir die groot rugbywedstryd. Dawie is onseker, maar Doors dink Verlangekraal sal wen.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 27
Doep kry blomme, maar dit gee aanleiding tot groot drama met Het.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 26
Het verbeter skynbaar. Klein Mietie is verheug. Doep ook. Maar hoe lank sal dit duur?

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 25
Doep en Erlank het ‘n geweldige konfrontasie oor Het, waarna Erlank drie seuns oormatig foeter.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 24
Doep en Mart hou op die brug na Verlangekraal toe stil, maar dit lyk of meneer Erlank hulle agtervolg. Klein Mietie het ook iets te sê.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 23
Wanneer Doep in sy klaskamer kom, wag die skok van sy lewe op hom.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 22
Mart sien dat die Heibergs honger ly, en besluit om iets daaraan te doen.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 21
Die Heibergs trek in ‘n nuwe huis in. Het veroorsaak groot probleme op die bus en by die skool.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 20
Doep kan nie glo wat hy sien nie. ‘n Klomp honger klein kindertjies drom by die kraan saam, en hy gaan stel ondersoek in. Dan daag Het se ma op. (Hierdie episode het ‘n kameevertolking deur Sally Campher, wat oorspronklik die rol van Het Heiberg in die televisiereeks gespeel het.)

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 19
As Doep gedink het die drama op Verlangekraal is verby, het hy ‘n fout gemaak. Oom Sias het skokkende nuus.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 18
Terwyl Mart klasgee, gaap Het openlik. In die volgende periode by Doep ontplof alles...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 17
Daar is weer ‘n voorval in die bus met Het, waarvoor nie eens Doep ‘n verskoning het nie. Dis net die begin van die probleme...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 16
Het klop vir Maryna in korfbal, maar dan daag klein Dawie op met baie slegte nuus. Doep se moed word byna gebreek.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 15
Die inspekteur van onderwys daag by Verlangekraal Hoërskool op.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 14
Mart probeer Doep troos, maar dit lyk of sy moed gebreek is. Wat hy hierna vir haar sê, vang haar heeltemal onkant.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 13
Nadat Erlank op die chaos in sy kantoor afkom, ontbied hy Het na sy kantoor, en ‘n groot drama speel hom af.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 12
Mathilda tempteer Het op die bus, en dit het weer erge gevolge.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 11
Het toets weer vir Erlank, maar dié keer gaan sy te ver...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 10
Die uitskryfwerk word ingehandig, maar Doors word in die pouse lus om te rook, en glip by die hekkie uit...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 9
Erlank se hantering van die poppie-probleem eskaleer na iets baie erger.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 8
‘n Porseleinpoppie veroorsaak groot drama by die skool.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 7
Net toe dit lyk asof Het se atletiekprestasies ook in die klaskamer herhaal gaan word, is daar ‘n voorval met Maryna.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 6
Die groot atletiekbyeenkoms breek aan, en Riaslaagte ding met Verlangekraal se hoërskool mee om die gesogte atletiektrofee.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 5
Meneer du Plessis rig die meisies af, maar Het doen ‘n besering op. En daar loop nare stories oor haar ma op die dorp rond...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 4
Daar is groot opgewondenheid oor die atletiek, maar die laaste oefening lê nog voor.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 3
Wanneer Doors en Het vir atletiek oefen, val sy. Klein Maryna sien dit, en maak ‘n hele gedoente daarvan.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 2
Die spanning tussen die nuwe skoolhoof, meneer Erlank, en die geliefde Afrikaanse onderwyser, meneer du Plessis, vererger.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 1
In die konserwatiewe Verlangekraal begin ‘n nuwe skoolhoof, meneer Erlank, maar kort voor lank bots hy met die skool se rebel, Het Heiberg.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot)
Bianca kan nie in haar trourok pas nie, en Lente moet ’n plan met haakspelde maak. Katinka kom af op Gysbert wat skelm wyn drink op die oggend van die troue. Denzil kan die spanning van sy troue nie hanteer nie. Gôgô daag by die troue op vermom as Bianca se tannie Moira.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 59
Hester vra Katinka om haar verhouding met Alet te aanvaar. Lente verneem Denzil is by die hospitaal in die ongevalle-afdeling, en vra Katinka om saam met haar te gaan. Lente is woedend vir Diedie wat toegelaat het dat Denzil met die stockcar ry aangesien hy dood kon wees.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 58
Gysbert keer terug na hulle huis, en vertel Katinka dit was eintlik Tallie se vinger met sy trouring daaraan wat Gôgô vir haar gestuur het. Hester bieg teenoor haar pa dat sy lesbies is, en vra sy ondersteuning in haar liefde vir Alet. Denzil oefen met die stockcar en maak ‘n ongeluk toe Bianca opdaag.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 57
Denzil bied aan om vir Diedie te help met geld vir die troue, deur vir hulle in ’n stockcar resies te gaan jaag. Hester daag by Alet op en nooi haar vir ’n romantiese ete. Lente vra Denzil om vir Bianca te vat om haar trourok te gaan aanpas, maar vertel nie sy ma van sy plan om stockcars te ry nie.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 56
Denzil en Bianca keer terug van die rusoord, en trek in sy ma se huis om in te bly tot ná hulle baba gebore is. Katinka vra Lente om saam met haar te kom sodat hulle vir Gysbert by die aanhouhuis kan gaan haal. Gôgô moet dringend vir Tallie hospitaal toe vat nadat sy hand septies raak.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 55
Katinka ontmoet met Gôgô en vertel hom sy gaan nie die R20-miljoen losprys vir Gysbert betaal nie. Janco nooi vir Mia om saam met hom na die rusoord in die Karoo te gaan. Gôgô stel aan Gysbert voor dat hulle sy vinger afsny en vir Katinka stuur om haar te kry om die losprys te betaal.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 54
Lente wys vir Diedie die Jooste-huis se tuin, en hulle beplan waar en hoe Bianca en Denzil se troue gehou sal word. Katinka hou ’n afskeidspartytjie vir Mia, en is verras wanneer Mia ’n glas sjampanje in haar gesig gooi. Katinka besluit om die verkoop van hulle huis aan Susan Rademan terug te trek.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 53
Gôgô vertel vir Diedie dat hulle Gysbert ontvoer het, maar dat hy nog moeiliker is as Katinka. Hy word die heeltyd saam met Tallie dronk word, en wil net rugby kyk. Janco vertel vir Alet dat hy terug na die rusoord in die Karoo gaan waar hy die 18-44 terapiekursus gaan aanpak. Gôgô stuur die losprysbrief vir Katinka.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 52
Katinka konfronteer Mia oor haar verhouding met Gysbert, en vra haar om weg te bly van hulle gesin. Diedie ontmoet Lente en vertel haar dat hy klaar is met Gôgô se skelmstreke en vorentoe ’n ordentlike pa en oupa vir Bianca en Denzil sal wees. Alet lewer die getekende huiskoopaanbod by Katinka af.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 51
Katinka vra Lente om vir haar Bianca se trourok te wys. Janco en Gysbert speel gholf, en Gysbert vertel hom van sy kuier saam met Katinka. Gysbert laat homself deur Gôgô ontvoer, en hulle daag by die aanhouhuis op waar Gysbert vir Tallie ontmoet. Janco konfronteer sy ma oor haar aborsie.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 50
Hester konfronteer haar ma oor die baba se graffie in die agtertuin, en vind uit Katinka het destyds ’n skelm verhouding gehad en besluit het op ’n aborsie om hulle gesin te red. Gysbert vra Katinka om al sy meubels en besittings te verkoop, aangesien hy permanent gaan uittrek.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 49
Alet besoek vir Susan en vertel haar dat sy oor haar liefdespyn met Kerneels is en nie meer terapiesessies wil bywoon nie. Lente stel Diedie voor ’n ultimatum dat hy sy vriendskap en betrokkenheid by Gôgô moet beëindig. Susan vra Lente om vir haar te kom werk wanneer sy die Jooste-huis gekoop het.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 48
Hester konfronteer haar pa oor die baba wat in hulle agtertuin begrawe is, en is geskok as sy verneem dit was eintlik ’n aborsie wat haar ma gehad het. Gysbert ontmoet Gôgô in die parkie en bespreek die plan dat hulle hom moet ontvoer en R20-miljoen rand van Katinka eis.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 47
Alet neem vir Susan om die Jooste-huis te besigtig, en Katinka is baie beïndruk met Susan se plan om die huis in ’n rehabilitasiekliniek te omskep. Alet vertel vir Hester die waarheid oor die graffie in haar ouers se agtertuin, wat Hester al die jare gedink het haar ma se oorlede katjie se graf is.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 46
Alet vertel Katinka dat haar sielkundige, Susan Rademan, belangstel om hulle huis te koop want sy wil dit in ’n tegnologiese rehabilitasiekliniek omskep. Lente besoek Gysbert by die gastehuis, en lig hom in dat Gôgô beplan om hom te ontvoer. Katinka bied aan dat Lente die troue in hulle tuin hou.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 45
Diedie en Gôgô is bang dat Mia en Lente hulle sal aangee by die polisie, en bedink ’n plan om hulle stil te kry. Lente gaan wys vir Diedie die trourok wat sy beplan om vir Bianca te koop. Diedie bied aan om vir die rok te betaal. Gôgô ontmoet Mia in die parkie, en dreig haar weer om stil te bly oor Gysbert.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 44
Katinka keer terug, en Lente is verward oor wat aangaan want sy het gedink Katinka is deur Diedie en Gôgô ontvoer. Janco bespreek sy suster Hester met Susan en noem aan haar dat sy dink Hester stel eintlik in vrouens belang. Katinka vertel Janco dat Gysbert nou ook by die gastehuis woon.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 43
Katinka maak Gôgô ’n beter aanbod in ruil daarvoor dat hulle vir Gysbert moet ontvoer, en haar vrylaat. Janco besluit om terug te keer van die rusoord. Gôgô bespreek die nuwe plan om vir Gysbert te ontvoer met Diedie. Alet verneem dat Susan die Jooste-huis wil koop om te omskep in ’n rehabilitasiekliniek.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 42
Diedie ontmoet Gôgô in die parkie, en vertel hom dat hy dink Mia sal stilbly oor Katinka se ontvoering. Gôgô kla oor Katinka wat te veeleisend is, en hulle mal maak by die aanhouhuis. Mia en Lente besoek Gôgô se huis, en Lente konfronteer hom oor waar hulle vir Katinka aanhou.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 41
Janco keer terug van sy sewe dae lange terapiesessie in die korbeelhuis by die rusoord, en bespreek sy plan met sy terapeut Susan Rademan om aandele in sy restaurant vir Denzil te gee. Mia vertel vir Lente dat Diedie onverwags opgedaag het by haar woonstel, en dat sy hom amper doodgeskiet het.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 40
Alet besluit om terug te keer, en Hester vra of sy saam met haar kan ry aangesien Denzil die huurmotor wil hou om saam met Bianca ’n terapiekursus by die rusoord aan te pak. Lente konfronteer Diedie oor sy betrokkenheid by Katinka se ontvoering, en sy dreig om hulle aan te gee by die polisie.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 39
Lente is bekommerd omdat Katinka nie die vorige aand huis toe gekom het nie, en wil by Gysbert weet of hy weer met Katinka stry gekry het. Mia word ontslaan uit die hospitaal, en Gysbert gaan haal haar. Lente ontmoet met Mia en vind uit dat Diedie en Gôgô haar gedreig het om stil te bly oor Katinka se ontvoering.