
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 20 of 61

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 28
Tryna deel die nuus dat Vytjie swanger is met Jana en met pastoor Benjamin. Beide van hulle is, anders as wat sy verwag het, baie ondersteunend. Pastoor laat val dat Tryna vir hom spesiaal is, maar Tryna is so vasgevang in haar omstandighede dat sy dit nie hoor nie. Vytjie het steeds nie gesê wie die pa van haar kind is nie. Tryna en pastoor bespiegel dat dit is omdat sy die pa wil beskerm.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 27
Tryna vind uit Vytjie is swanger. Sy neem dadelik aan dat Thys die pa van die kind is. Sy loop hom tromp op. Thys ontken dat hy aan Vytjie geraak het. Hy konfronteer Vytjie, maar dit loop op niks uit.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 26
Piet Bakkievanger verskyn op die toneel. Hoekom skuil hy in Du Preez se huis? Jana en Du Preez gaan op hulle grondpadtoer. Sal hulle hulle nuus deel of nie? Wikus kom op Duinebult aan, maar moet teleurgesteld huistoe gaan. Is Vytjie siek, of is dit net eksamenstres?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 25
Wikus beplan om sonder Armani weg te gaan. Jana se kunsuitstalling vind plaas, en is ’n groot sukses. Met sy terugkeer uit die Kaap, skryf Du Preez ’n band af. Trix en Jana maak oop teenoor mekaar.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 24
Jan, Wikus se privaatspeurder, bring vir hom inligting oor Jana. Du Preez kom tot Jana se redding, nie net wat betref haar beplande toer nie, maar ook haar uitstalling. Trix is in die wolke oor die nuus wat sy by Du Preez kry, maar du Preez versoek haar om Cupido se pyle te bêre.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 23
Wikus en Armani kan net nie hulle geskille oplos nie. Tryna bly bekommerd oor Vytjie. Jana bied egter ’n oplossing aan. Die vraag is of dit die oplossing vir alles sal wees?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 22
Tryna en Thys kry uiteindelik vir Vytjie. Thys is kwaad vir Vytjie omdat sy haar ma onnodig bekommerd gehad het. Tryna bly bekommerd oor Vytjie wat nie wil sê wat fout is nie, en ook nie meer kans sien vir Duinebult nie. Du Preez praat oor sy gevoelens met Jana. Jana is nog versigtig. Sy het eenmaal seergekry. Sy sien nie weer kans daarvoor nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 21
Vytjie is nie haarself nie, en het almal op hol. Sy tree heeltemal buite haar aard op, en niemand weet hoekom nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 20
Wikus en Armani is weer haaks. Duinebult se mense maak amok nadat Spring Tide Holdings twee locals wat in besit van perlemoen was, aangerand het. Riekie en Dawie sit op. Trix moet inspring en raad gee. Dawie loop steeds lig as dit by Riekie kom.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 19
Stella en Gys se verhouding floreer. Steward haal vir Evelyn oor die kole omdat sy hom en sy burgemeesterskap ondermyn. Vytjie is in die sewende hemel. Nie net gaan dit goed met haar afrigting nie, maar meneer Van der Veen verras haar ook met ’n geskenk. Tryna waarsku haar om nie te naïef deur die lewe te gaan nie. Vytjie dink sy het die wysheid in pag om nie deur mense om die bos gelei te word nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 18
Thys en Vytjie sit vas oor meneer Van der Veen en die skinderstories en venyn omdat hy haar apart afrig. Evelyn vererg haar vir Riekie en haar stories, en laat haar dit goed verstaan. Sy lig Stella daaroor in. Stella sê sy sal haar nie aan die skinderstories steur nie, aangesien Gys in wese verander het en dit elke dag wys in sy optrede, maar die saad van twyfel blyk gesaai te wees.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 17
Jana het lekker by Du Preez gekuier. Du Preez is egter in die sop, want Trix het uitgevind hy het vir haar gejok. Vytjie stel haar ma gerus oor Thys. Riekie deel haar goeie nuus met Trix.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 16
Gys word uit die kliniek ontslaan. Stella moet maar fyntrap. Du Preez begin stadig maar seker sy gevoelens teenoor Jana wys. Jana is nog versigtig.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 15
Gys word opgeneem. Evelyn en Stella wag om te hoor wat die dokter sê. Evelyn loop in Speurder Theron vas. Sy is erg onkant gevang. Sy weier egter om na hom te luister of te hoor wat hy te sê het. Sy versoek hom ook om nie dinge op Duinebult vir haar te kompliseer nie. Steward het nog steeds niks goeds van Gys te sê nie, en dit veroorsaak konflik tussen hom en Evelyn.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 14
Trix deel haar geheim met Riekie. Gys is in die moeilikheid, en Stella moet orals vure doodslaan. Evelyn is baie duidelik wanneer sy sê sy het genoeg van Gys en sy moeilikheid gehad.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 13
Trix oorreed vir Jana om ’n ete by haar huis te hou en Op dié manier ’n paar mense te leer ken. Sy maan Riekie en Jana teen eensaamheid. Du Preez loop ook deur, want Trix se oë mis niks nie, veral nie as dit met moontlike liefde te doen het nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 12
Jana gaan soek meer inligting oor Piet Bakkievanger by Trix. Baie benoud gaan vra sy vir Du Preez om ’n ogie oor haar en haar huis te hou. Du Preez se reaksie maak dat sy amper onmiddellik spyt is. Riekie ontferm haar oor Dawie, maar moet heeltyd lofliedere oor Bessie en haar kwaliteite aanhoor. Dawie klink maar vol fiemies. Riekie is nie seker of sy haar lewe daarmee wil kompliseer nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 11
Wikus en Armani is aanmekaar omdat Wikus nie sy oë van ander vroue kan afhou nie. Dit is gou duidelik dat Armani ook maar net ’n poppie is wat daarvan hou dat ander haar ego streel. Vinkel en koljander, die een is nes die ander. Jana se uitstalling in die Bo-Kaap is ’n reuse sukses. Sy en Jakes is baie tevrede oor die uitkoms. Dit is egter met haar terugkeer na Duinebult dat sy hoor dat daar dinge gebeur het terwyl sy weg was. Dinge wat haar duidelik in gevaar stel.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 10
Riekie kan nie wag om vir Trix te vertel wat gebeur het nie. Trix is soos gewoonlik die ‘oor’ en gee raad, en speel steeds Cupido. Sy maak ook seker Jana woon die strandpartytjie by, en is heel tevrede met die uitkoms. Maar net die volgende dag spat die vonke weer tussen Jana en Du Preez.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 9
Stella en Gys handhaaf ’n wapenstilstand. Gaan dit hou of sal Gys weer iewers uithaak? Riekie is omgekrap oor Dawie en Bessie se eskapades. Sy wend haar na Trix. Is dit wys? Sal Trix vir Riekie in die regte rigting help, of van die wal af in die sloot? Du Preez is ook nie uitgesluit by haar planne nie. Hy is net ’n bietjie meer lugtig vir Trix en haar liefdespyltjies.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 8
Gys het nie net probleme by die huis nie, maar dinge raak ook vir hom warm by die skool. Behalwe vir die landloopseisoen wat begin het, lê daar ook ’n toetsreeks vir Vytjie en Thys voor. Stella wil Riekie help om vir Dawie te oorrompel, maar Riekie is skepties, gegewe al die weduwees wat hulle voor Dawie se voete gooi.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 7
Het Gys hierdie keer te ver gegaan? Evelyn ontferm haar oor Stella en haal haar daardeur Steward se gramskap op die hals. Jana en Evelyn ontmoet mekaar, en Jana en Du Preez se paaie kruis ook weer.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 6
Die inwoners takel Steward in ’n vergadering oor viskwotas, die beheerliggaamposte en beloftes oor werkskepping. Riekie, wat haar ook beywer vir dievissergemeenskap, is ook teenwoordig. So ook Pastoor Veldsman. Riekie is nie heeltemal tevrede met die uitkoms van die vergadering nie en nader pastoor Veldsman daaroor.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 5
Trix en Jana leer mekaar beter ken. Du Preez reik uit na Jana, maar nes hy dink hulle kan moontlik vriende wees, dan trek sy terug. Evelyn sit aan Steward om Spring Tide Holdings so ver te kry om hulle beloftes oor Duinebult en sy mense na te kom.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 4
Pastoor Veldsman praat met Tryna oor sy bekommernis oor Vytjie. Speurder Theron is besig met sy ondersoek oor Piet Bakkievanger se verdwyning. Du Preez iseen van sy verdagtes. Die twee is al met die speurder se eerste besoek haaks. Tryna maak haar hart op ’n skrefie oop vir Jana, maar Jana hou haar eie seer dig gesluit. Du Preez lê weer besoek af by sy buurvrou, en word hierdie keer ’n bietjie beter ontvang.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 3
Vytjie weier om in die see te swem. Die see het dan haar en Thys se pa’s kom vat. Boonop op ’n manier wat glad nie vir haar sin maak nie. Du Preez ontmoet vir Jana, sy nuwe buurvrou, en die vonke spat onmiddellik. Tryna sit met haar eie hartseer en probeer dit van Vytjie af weghou. Vy ken haar ma egter te goed en word nie deur haar om die bos gelei nie. Sal tyd alles beter maak?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 2
Hoekom doen Gys wat hy doen? Sal Evelyn agter die kap van die byl kom? Hoe lank sal Stella nog sy fisiese mishandeling verduur?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 1
Riekie vertel vir Trix van die nuwe aankomeling op die dorp. Wie is sy en wat kom doen sy op Duinebult? Tryna stel haarself aan Jana bekend en bied haar hulp aan om die huis leefbaar te maak. Hoekom is Gert so ontsteld nadat Jana by die hotel aangekom het? En hoekom rep niemand ’n dooie woord oor Piet nie?

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 60 (slot)
Dit gons op die dorp. Vir die eerste keer in Wingerdsvlei se geskiedenis word drie mense kort na mekaar vir verskillende moorde in hegtenis geneem. Florence Viljoen en Angie Nagel klink ‘n glasie op hulle puik speurwerk.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 59
Tersia Radlof besluit haar pa se lewe moet gevier word. Dis ‘n dag waarin die goeie van ‘n mens onthou en gedeel word. Buks Marais wend een laaste deperate poging aan om Sonja Radlof van mening te laat verander. Dennis September oortref homself.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 58
Die lewe loop nooit regtig soos jy in jou hart hoop dit moet nie. Na dese besef Wingerdsvlei se mense dit meer as ooit. Een mens kan die verloop van sake erg beïnvloed, soos Tillie Visagie gedoen het. Die vraag is: hoe maak die stukkendes reg wat stukkend is? Is dit moontlik?

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 57
Pietman Radlof neem ‘n paar groot besluite. Net die tyd sal leer of hy in alle opsigte wys besluit het. Florence Viljoen laat geen steen onaangeroer om die polisie te oortuig dat Sonja Radlof, eerder as Buks Marais, hulle staatsgetuie moet word nie. ‘n Benoude kat maak wilde spronge, en skielik is Buks besig om benoude spronge te maak.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 56
Angie Nagel sal baie speurders in die skadu stel met die presiesheid waarmee sy sake ondersoek. Sy verras sowel Sonja Radlof as Andries Roux met inligting wat sy bymekaar gemaak het.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 55
Die polisieratte knars stadig in werking, en lasbriewe word uitgereik vir die deursoeking van huise en persele. Een ding is seker, Buks Marais sal sorg dat hy nie aan die polisie se verkeerde kant beland nie. Pietman Radlof is nie só gelukkig nie. Andries Roux is gesond genoeg om uit die hospitaal ontslaan te word. Wie gaan haal hom by die hospitaal?

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 54
Wat het die noodlottige oggend regtig gebeur toe Michelle op die Maraislandgoed gesterf het? Hoe betrokke was wie, by die weduwee Tillie Visagie? Die bruin koffertjie spook skielik weer by Florence Viljoen.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 53
Buks Marais besef maar alte goed Sergio Frittelli is nie ‘n man van sy woord nie, en hy is in diep moeilikheid. Hy wend hom na Dennis September, en dis wanneer Dennis besef moeilikheid bly hom by al doen hy wat. Glennis de Bruyn kom op interessante dokumente af.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 52
Wingerdsvlei staan opnuut geskok by sy nuwe dam in wording. Dis gou bekend wie die nuwe damsandslagoffer is. Die dorp is verslae. Wie moor so onder die dorp se inwoners? Buks Marais doen ‘n goeie ding. So goed, dat Angie Nagel uitry plaas toe om hom daarvoor te bedank, maar sy is net betyds vir die volgende skok wat Wingerdsvlei soos ‘n bom tref.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 51
Wingerdsvlei word geskud deur ‘n aggressiewe weduwee. Tersia doen ‘n ontdekking wanneer sy die karavaan skoonmaak. Dennis September probeer steeds om Glennis de Bruyn se hart sag te maak. Die deurdringende reën maak egter niks op die dorp maklik nie. En dan volg skokkende nuus…

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 50
Dennis September word gevra om “een vir die span te vat”. Hy wik en weeg, maar hy tog “vat hy een vir die span.” Ongelukkig is “Moeilikheid” steeds Dennis se middelnaam. Hierdie keer is dit ook nie anders nie. Dis moeilikheid op groot skaal. Iemand op die dorp is op ‘n skrikwekkende missie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 49
Florence Viljoen is op ‘n missie. Iemand uit haar werksdae skuld haar ‘n guns, en dit help haar om belangrike inligting te bekom. Sonja en Pietman Radlof kom uiteindelik tot ‘n vergelyk, maar Sonja en Buks Marais moet ook tot die een of ander vergelyk kom. En dis nie so maklik nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 48
Die arme Glennis de Bruyn is ontredderd ná die skietery. Florence Viljoen beskou die skietery as ‘n geleentheid wat die noodlot haar bied om te krap waar sy nie voorheen kon krap nie. En krap, kráp sy. Sy kom op baie interessante inligting af, wat ‘n heel nuwe perspektief na vore bring.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 47
Dis asof Andries Roux daarop uit is om verskeie mense verkeerd op te vryf. Dit skep wrywing en gee aanleiding tot meer as een ongelukkige onderonsie. Die weduwee Tillie Visagie se naam duik op, en skep ‘n taamlike gefladder. Die dag eindig met skokkende nuus.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 46
Die drie musketiers hou ‘n reünie. Buks Marais is in die spervuur - eers word hy gekonfronteer oor sy geheime gesprek met Sergio Frittelli. Daarna hoor hy hy huur ‘n wynkelder in Hanepootbult. Dis duidelik, meer as een inwoner van Wingerdsvlei loop soos bloedhonde op sy spoor.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 45
Geraamtes tuimel met reëlmaat uit verskeie kaste. Pietman Radlof word weer eens met ‘n lelike waarheid gekonfronteer. Florence Viljoen voel sy is besig om haar integriteit te verloor. Andries Roux is op ‘n missie van sy eie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 44
Rossouw se besoek aan Wingerdsvlei vlek vele geheime oop, en sorg vir meer as een verslae gees. Niemand is méér verslae as Florence Viljoen nie. Sy weet nie waar om haar kop in te druk nie. En dis nie asof die ellende oor en verby is nie, nee, dit voel of die ellende van voor af begin. Angie Nagel besluit ferm optrede is nodig.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 43
Dennis September doen sy werk as plaasvoorman. Die wingerd moet vir swamsiekte gespuit word, en daarvoor is plaagdoder nodig. Skielik ontketen die plaagdoder ‘n ligte storm op die Maraislandgoed. Sonja Radlof word in ‘n blik gedruk, en sy wys noodgedwonge haar hand vir Buks Marais. Dít veroorsaak ‘n groter storm as die plaagdoder. Die handskoene word uitgetrek. Dis elkeen vir homself.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 42
Florence Viljoen word tot in haar siel geskud. Sy kan nie glo wat sy hoor nie, maar die nodige dokumentasie staaf die inligting. Sy besluit om daadwerklik op te tree. Sonja Radlof is slim en slinks. Dis soms moeilik om te onderskei of sy besig is om slim of slinks te wees.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 41
Foto’s is goeie getuienis om op die tafel te sit. Rossouw het minstens twee goeie foto’s. En dit vertel ‘n interessante verhaal. Pietman Radlof se ergste nagmerrie word waar.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 40
Rossouw werk deur sy lysie besoeke, en hy maak steeds vyande so ver hy gaan. Die pakkie kokaïen het ‘n lelike nadraai. Te midde van die chaos sluit twee individue van wie dit die minste verwag word, tog ‘n pakt om mekaar te help.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 39
Rossouw is nie op Wingerdsvlei om vriende te maak nie. Hy het gekom vir “unfinished business”. Daarom is hy op die man af en vryf hy meer as een inwoner verkeerd op. In dié proses kom die waarheid oor sekere inwoners se doen en late in die verlede, aan die lig. En dis nie altyd vleiend nie.