
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 18 of 61

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 68
Bart en Ampie raak byna handgemeen toe Bart hom spot oor Annekie en Tys se reaksie op sy gedrag die vorige aand. Ampie kuier vir middagete saam met Bart by Frits en Hester aan huis, en drink te veel wyn. Hy wil Annekie en Tys daardeur laat verstaan dat hulle nie in beheer is van sy gedrag nie, en hom nie na willekeur kan hiet en gebied nie.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 67
Ampie en Annekie het woorde, en Tys frustreer Ampie met sy ewige teologiese redenasies. Amos rig ’n ernstige waarskuwing aan Ampie, wat erken dat sy vriend reg is, maar hy is terselfdertyd ook vasbeslote dat hy nie sal toelaat dat Annekie en Tys van hom ’n soet, gehoorsame seuntjie maak nie.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 66
Frits begelei ’n ietwat besope Ampie na sy skuiling. Ampie is bekommerd oor wat Annekie weet van die vorige aand se eskapades, en Tys sê vir Ampie dat hy sy plig as man teenoor Annekie versuim het.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 65
Frits vertel Ampie hoe om medisyne te meng wat alle delwerskwale genees, en oortuig hom in die proses sommer ook om ’n bottel brandewyn te aanvaar in plaas van die pond wat hy Ampie skuld. Bart besoek Gert in die kroeg, en ’n bose plan word onthul.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 64
Kat doen haar bes om Ampie te verlei, en neem hom na die dansvloer. Amos hoor Ampie se belydenis aan en gee hom goeie raad. Ampie besef dat Bart se opsomming van Frits heeltemal korrek was.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 63
Ampie hoor twee jongmense baie vleiend van hom praat. Hulle nooi hom om saam met hulle te gaan koffie drink, en dalk iets sterker. Ampie verstom hom aan die gedans in die danslokaal van die “kafee.” Boet neem Ampie na ’n kroeg agter die danslokaal om vir hom ’n regmaker te koop. Ampie voel geweldig gevlei terwyl Kat vir ’n tiental jong meisies vertel wat hy alles in ’n baie kort tydjie op Donkerpos vermag het.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 62
Ampie oortuig Bart om Amos toe te laat om vir hulle te werk. ’n Ernstige woordewisseling ry Ampie se vooruitsigte op ’n aand se vrolike kuier in die wiele.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 61
Haas en Elf is só dankbaar dat Bart hulle kleim vir hulle “gered” het, dat hulle Ampie en selfs Bart verras deur hulle optrede. Bart deel ’n geheim met Ampie wat hom baie ongemaklik laat voel. Amos sê vir Ampie dat Bart nog nie bevestig het of daar vir hom werk is nie, en Ampie belowe om met Bart oor die aangeleentheid te praat.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 60
Haas en Elf boesem vrees en ontsag in onder die delwers, en Ampie is self baie lugtig ná hulle hom en Bart gedreig het. Frits kom stilletjies met Ampie praat, en vra hom om vier ekstra penne saam te vat om vir hom ook ’n kleim te gaan afsteek teen ’n pond se betaling. Kort ná die afsteek van die kleim, beleef Ampie egter die volle impak van Haas en Elf se dreigement. Bart maak ’n slim plan om die twee lummels te uitoorlê.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 59
Met die stormloop wat binnekort gaan plaasvind, wil Bart seker maak Ampie weet wat om te doen en waar om die kleim af te steek. Hy het selfs ’n paar tekkies vir Ampie gebring sodat hy nog beter en vinniger kan hardloop. Ampie vergaap hom aan twee baie groot delwers in groot jasse geklee, en lag toe hy hoor wat hulle name is.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 58
In Hester-hulle se delwershuisie loop Ampie hom vas teen ’n vrou met ’n baba op die arm. Hy is stom verbaas toe hy besef wie sy is. Frits bring ’n bottel wyn uit die kamer waarin hy en Bart oomblikke tevore verdwyn het, en sê hy wil ’n glasie klink op ou vriendskap en voorspoed op Donkerpos. Frits bied ’n tweede glas aan, wat Ampie drink, maar dit gaan na sy kop! Annekie lag vir hom, maar Tys is vies oor Ampie se skandelike gedrag.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 57
In ’n hamerspel slaan Ampie die kop van hout só hard, dat Josh Eisen hom ’n sjieling betaal om te gaan. ’n Vrouestem por Ampie op sy naam aan telkens as hy die kop teen die klok geslaan kry. Hy is stom verbaas om uit te vind aan wie dié stem behoort.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 56
Bart neem Ampie en Annekie op ’n bekendstellingstoer deur Donkerpos, maar dit blyk gou dat hy donker motiewe het. Tys neem Annie ernstig kwalik vir haar gevoelens oor hulle koms na die delwerye. Vergeet sy dan van sy Goddelike roeping om die verdwaaldes van Donkerpos te bekeer?

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 55
Amos erken teenoor Tys dat hy wonder of hulle die regte ding gedoen het, want hulle ken mos net die plaaslewe. Tys verseker hom dat Bart alles weet. Hulle moet net op Bart vertrou. Annie skok Tys met haar gevoelens oor hulle besluit om Bart na Donkerpos te volg.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 54
Amos gaan Elias groet die aand voor hulle vertrek na Donkerpos, en Elias vra hom om Ampie en sy gesin op te pas en om Bart nooit te vertrou nie. Kasper lug sy kommer oor Ampie teenoor Elias, en sê hy vertrou Bart nie. Op pad na Donkerpos is Ampie en Amos verstom oor die stofwolk oor die delwersdorp. Annekie hou nie van die plek nie, maar vra Ampie om Bart tog te vertrou soos sý haar broer vertrou.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 53
Ampie wil nie toegee aan Bart om hom na die delwerye te volg nie, maar hy het nog één ander troefkaart toe selfs die diamant Ampie nie kon oortuig nie. Kasper is baie bekommerd oor Ampie en Annekie se toekoms. Bart gaan in die laaste klompie dae voor die familie se vertrek solank vooruit na Donkerpos.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 52
Ampie is op pad om Kortkom en sy donkiekar te gaan verruil by ou mister Goldmann vir ’n fiets vir wanneer hy op die paaie gaan werk, toe hy Bart op sý fiets van voor af sien aankom. Bart voer ’n plan in die mou en wil sommer by Ampie en Annekie oorslaap sodat hy die baba kan sien. Wanneer Bart sy onfeilbare troefkaart met Ampie en Annekie speel, is Annekie dadelik beïndruk, maar Ampie bly lugtig.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 51
Bart se sukses om sy ouers te oorreed om saam met hom na die nuwe delwerye te gaan, ry wipplank. Toe dit lyk of Tys steeds twyfel, vertel hy van die geestelike verval van die delwers wat Tys oortuig van sy Goddelike roeping. Annie wil nie van haar besittings verkoop om na die delwerye te gaan nie, die droogte en swaarkry ten spyt!

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 50
Ná ’n paar opsies om te oorweeg, sê Ampie vir Kasper hy wil op die paaie gaan werk. Amos vra Bart of daar werk vir hom op die delwerye sal wees, en Bart gee hom hoop. Op Vlakplaas kry Bart ’n kille ontvangs van sy ouers, Bart en Annie. Maar dan speel Bart sy troefkaart.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 49
Kasper sê vir Grieta hy glo hulle dra by tot Ampie en Annekie se verarming omdat hulle altyd ingryp wanneer Ampie in die nood is. Annekie oortuig Ampie dat Kasper ’n goeie plan het en dat sy bereid is om alleen agter te bly terwyl Ampie gaan werk.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 48
Die droogte, swak oeste en algemene verarming in die land kry Kasper onder, en hy wonder of die delwerye regtig so ’n slegte keuse is. Amos sê vir Ampie hoe sleg dit op Vlakplaas gaan en dat hy saam met Tys-hulle delwerye toe gaan met die hoop om daar werk te kry. Kasper bespreek sy toekoms met Elias.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 47
Annekie soek raad by Tys, wat sê sy is verkeerd om te dink dit is onbybels of onchristelik om ’n naam anders as ’n familienaam te kies vir hulle eersteling. Ampie se emosionele gesprek met ou-Jakob laat Annekie van opinie verander.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 46
Tys spreek die wens uit om vir die delwers te gaan preek. Ampie en Annekie het die grond wat Kasper hulle gegee het, geploeg en vol geplant, maar Ampie voel dat Annekie iets vir hom wegsteek. Ná twee jaar in diens van Kasper Booysen, word Ampie se seun gebore, maar hy en Annekie kan nie ooreenkom op ’n naam vir hulle eersteling nie.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 45
Bart probeer Ampie oortuig om vir hom geld te leen, as sy sakevennoot, om na die delwerye te gaan. Tys neem ’n besluit wat hy nog sal berou, en Ampie wil die datum van sy en Annekie se troue bevestig.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 44
Ampie en Annekie is albei aangeneem, en nou staan niks meer in hulle pad om te trou nie. Nie eers Ampie belydenis dat hy steel en oneerlik is, skrik Annekie af nie. Sy vertel Ampie dat Flip Staander met sy hele gesin én skoonseun na die delwerye toe is! Bart nader Tys en Ampie met ’n besigheidsproposisie.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 43
Daar wag ’n skok op Annie Lombaard, en Ampie leer ’n paar dinge by Annekie omtrent die prosedure van ouersvra in die Lombaard-huishouding. Ampie skryf ’n “bekendmakingsbrief” vir Kasper en Grieta om hulle in te lig dat hy en Annekie amptelik gaan trou ná die week van katkisasie op die dorp en die aanneming.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 42
Annekie se nuus is vir Ampie ontstellend, maar sy praat hom moed in en bewys aan hom dat hy hom verniet bekommer. Bart kom met ’n sakegeleentheid na Ampie, maar Annekie waarsku hom teen haar broer. Asof Ampie nie genoeg spanning beleef het binne ’n kort tydsbestek nie, word hy boonop voor ’n reuse taak gestel ook.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 41
Annie is hewig ontsteld om te hoor dat Annekie en Ampie trouplanne het. Haar plan om Tys met die nuus te skok, misluk. Ampie kom baie vies met Kortkom by Annekie aan omdat die nuwe donkie nie wil nie loop nie en ook nie wil hoor nie. Hy vergeet egter gou van Kortkom se tekortkominge toe Annekie hom meedeel dat sy baie het om hom te vertel.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 40
Kasper gee vir Ampie ’n nuwe donkie, wat hy dadelik na ou-Jakob se kamp toe neem en hom die leviete voorlees. Annie sê baie bekommerd vir Tys dat Annekie en Ampie vry, maar Tys dink sy jaag spoke op. ’n Uitnodiging aan Annekie om saam met Annie klere heel te maak, maak haar dadelik agterdogtig.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 39
Kasper twyfel of daar enige ware erns is in die verhouding tussen Ampie en Annekie. Bart het baie planne vir die toekoms, en hy sal nooit sy lewe op ’n plaas versmaai nie. Annie probeer om Bart te laat erken dat daar iets aan die gang is tussen Ampie en Annekie, maar hy wil niks sê nie.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 38
Grieta gee haar dogter, Grietjie, se katkisasie-vraeboek vir Ampie omdat syne uitmekaar val. Ampie oorreed Kasper om vir hom populierstompe te gee waarmee hy meubels wil maak.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 37
Grieta verduidelik die belangrikheid van ouers vra aan Ampie, sowel as die aanneming by die kerk waarteen hy so opsien. Ampie sê vir Kasper hy sal ’n gebreekte venster van die bywonershuisie heelmaak as bewys dat hy waardig is om daarin te gaan woon as hy en Annekie eendag getroud is.

AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 36
Terwyl Ampie opgewonde is dat hy en Annekie gaan trou, herinner sy hom daaraan dat die aanneming en die ouers vra nog vir hom voorlê, wat hom opstandig maak. Annie wil by Bart weet hoekom Ampie so dikwels daar kom, maar net met Annekie kuier. Ampie maak groot planne vir sy en Annekie se verblyf, maar erken dat Kasper nog nie finaal ingestem het nie.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 35
Ampie maak groot planne vir die toekoms, en Grieta is oorstelp oor nuus wat Kasper vir haar bring.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 34
Elias probeer Ampie oortuig dat ou-Jakob se dood nie God se straf is nie, maar bloot ’n natuurfrats. Met Hester getroud en weg van Aangenaam, dink Ampie al hoe meer aan Annekie. Hoe hulle mekaar weer vind, kan net die noodlot of die bestiering wees!

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 33
Ampie kry ’n paar nagte agtereenvolgens ontstellende nagmerries, en een stormagtige nag vlug hy na Kasper en Grieta in die huis. Ampie glo hy word gestraf vir hoe hy Annekie sleggesê het. Kasper probeer hom oortuig dat natuurverskynsels nie voorbodes is nie, maar wat daardie nag gebeur, oortuig Ampie van die teendeel.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 32
Flip se finansiële probleme vererger, en Elias raai Ampie sterk aan om heeltemal van Hester te vergeet. Flip word gedwing om ’n drastiese besluit te neem.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 31
Ampie besluit dat hy ook dorp toe gaan om aangeneem te word saam met Hester, maar daardie aand sê Kasper vir Grieta hy glo nie Ampie sal ooit die inhoud van die vraeboek kan bemeester nie. Flip kom sê vir Kasper dat hy in groot moeilikheid is, en vra Kasper om hom te help.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 30
Annekie wil by Bart hoor of sy ’n fout gemaak het om Ampie af te sê, maar hy sê dis ’n goeie ding, want Ampie is gevaarlik, nes sy pa. Ampie beraam ’n slim plan om Flip Staander se probleem met vervoer vir Hester na die dorp vir haar katkisasie op te los, en terselfdertyd saam te kan gaan om ’n kans te kry om met Hester op te sit.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 29
Ampie gaan vir die eerste keer die landerye met Flip ploeg. Op pad na die lande vertel Ampie vir Elias hoe hy besig is om Hester se hart te wen. Flip wens hy kan die moed bymekaar skraap om Kasper vir sy wa, osse en tent te vra vir Hester se aanneming op die dorp die volgende week. Ampie beraam planne om met Hester op te sit.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 28
Bart bring ’n brief vir Ampie na Aangenaam wat sy wêreld in duie laat stort. Kasper en Grieta is albei bekommerd oor Ampie se gedrag, en Kasper hoop dis nie Ampie se ware kleure wat na vore kom noudat hy tuis geraak het nie.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 27
Ampie neem die tuie en stroppe van die osse na Flip se huis, waar hy Hester in die kombuis kry. Hy sien dat sy al die lyf van ’n vrou het en hy wens hy kan haar teen hom vasdruk en haar soen! Kasper gee goeie, praktiese raad vir Flip, en Elias wil by Ampie weet hoe hy lief kan wees vir Annekie, maar terselfdertyd ogies maak vir Hester...?

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 26
Terwyl Ampie en Flip Staander doenig is met die damskroppery, bring Flip se dogter, Hester, vir hulle koffie. Ampie vergaap homself aan dié pragtige meisie. Flip kwel hom oor ’n dreigende dagvaarding, en wanneer Kasper aankom, wil Flip hom vra om die geld te leen, maar sy moed begewe hom, en boonop praat Kasper oor allerlei ander dinge.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 25
Ampie hou nie van boekevat nie, maar hy hou tóg van die lees uit die Kinderbybel, want hy kan die taal verstaan. Ampie maak vir die eerste keer kennis met ’n damskrop, en so amper kry hy sleg seer toe die skrop se neus in die grond vassteek.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 24
Kasper en Grieta praat ernstig oor Ampie, en Grieta belowe om met Ampie te praat. Grieta se gesprek met hom onthul ’n diepe vrees waarop sy nie voorbereid was nie.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 23
Amos sien Ampie is nie baie gelukkig nie, en Ampie kom tot ander insigte. Later die aand vertel Ampie vir Amos van die pragtige Grietjie, Kasper en Grieta Booysen se dogter, wat vreemde gevoelens in hom wakker gemaak het.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 22
Kasper Booysen, sy vrou Grieta en hulle bywoner, Flip Staander, praat oor die groeiende armoede in die land. Ampie is gewas en Flip het sy hare gesny. Grieta neem hom na die buitekamer langs die skuur waar hy gaan slaap, maar Ampie voel nes een van die hase wat hy in sy wip vang. Sy vryheid is daarmee heen!

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 21
Flip Staander reken daar is geen hoop vir Ampie nie. Hy sal net dros! Kasper sê hy glo die wêreld het te vinnig geword vir die mense van hierdie land. Maar vir Ampie gaan hy help! Ampie loop Amos op pad na Aangenaam raak en Amos probeer hom waarsku dat Bart ’n skelm is.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 20
Kasper en Grieta Booysen stry oor waar Ampie moet tuisgaan. Grieta wil hê hy moet op die werf iewers bly, en Kasper sê hy moet by die murasie bly. Saartjie stuur Flip Staander na Kasper om te gaan vra vir sy wa en osse vir vervoer na die dorp met die aanneming, terwyl hy ook wou geld leen vir die 25 pond wat hy Rabinowitz skuld.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 19
Saartjie vlieg haar man in omdat hy sit en pyp rook in plaas daarvan om die dam te skrop soos Kasper hom gevra het. Haar bitterheid oor die verlies van hulle plaas en eiendom raak te veel vir Flip, en hy vlug na die beeskraal toe. Flip skuld Rabinowitz amper 25 pond vir sy dogter, Hester, se aanneemklere, want die tabakbelasting het veroorsaak dat hy net ’n vyfde van sy geld vir die oes kon kry. Selfs Kasper Booysen begin dan al die druk voel...