
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 21 of 61

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 38
Moenie Sonja Radlof verkeerd opvryf nie. Dis of jy die duiwel in haar wakker maak. Dis wat Buks Marais en Pietman Radlof vir die soveelste keer uitvind. Dennis September leer skielik by die beste ‘n les of twee.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 37
Rossouw maak onverwags sy verskyning op Wingerdsvlei, haak sy karavaan en ry dam toe. Weldra vind Wingerdsvlei uit Rossouw is ‘n man met ‘n missie. Dis asof hy die stem geword het wat namens sy ma Rietie Rossouw en haar boesemvriendin, Michelle Marais, sê wat gesê moet word. Dit maak hom spoedig ‘n gehate man.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 36
Florence Viljoen en Angie Nagel besluit om druk op Buks Marais te sit. Hulle beraam ‘n slim plan, maar soms vang slim sy baas. Florence spartel om uit die verknorsing te kom. Angie Nagel word stilweg ‘n bogemiddelde speurder, en sy geniet dit om van tyd tot tyd met verrassende inligting vorendag te kom.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 35
Een van Sonja Radlof se geraamtes val uit die kas, juis wanneer sy dit nie eintlik kan bekostig nie. Dít dwing haar om haar skeisaak te finaliseer, maar dis of jy die duiwel in Sonja wakker maak as jy haar wil dwing om iets te doen. Glennis de Bruyn se afdanking veroorsaak steeds meer as ‘n gefladder. Wie kry slegte nuus?

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 34
Die koerant se funksie in die gemeenskapsaal bly opslae maak. Wie ook al Sergio Frittelli nie ernstig opneem nie, maak ‘n ernstige fout. Hy is baie beter op die dorp ingegrawe as wat Florence Viljoen besef. Dennis September glo die man het tot ‘n mafiabaas op die dorp ontwikkel, wat nog groot moeilikheid op Wingerdsvlei gaan veroorsaak. Kort voor lank daag die eerste moeilikheid by Kweek & Koffie op.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 33
Sonja, die sakevrou, blom. Sy laat niks in haar pad staan nie. Haar bates word net eenvoudig meer. Die arme Glennis de Bruyn soek werk en sy sal enigiets vat wat na haar kant toe kom. Daar is ‘n belangrike funksie in die gemeenskapsaal.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 32
Sonja Radlof is op die oorlogspad, en sy eenvoudig onredelik. Nie almal om haar laat haar nie toe om te maak soos sy wil nie. Dennis September weet van ‘n nare plan wat beraam word, en hy weet hy kan nie daaroor stilbly nie. Dit dwing hom om ‘n belangrike besluit te neem.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 31
Dennis September se dreigende afdanking verloop glad nie soos Buks Marais sake gevisualiseer het nie. Maar dis die minste van Buks se probleme. Pietman Radlof is desperaat om van Sonja Radlof te skei. Só desperaat dat hy selfs Buks se hulp inroep. Maar Sonja laat haar nie voorskryf nie, en die dreigende situasie ontplof uitendelik.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 30
Dis goed om Florence Viljoen en Angie Nagel aan jou kant te hê. Hulle gee vir hulle naaste om, en as dit nodig is loop hulle ‘n ekstra myl. En dis net mooi wanneer Buks Marais en Sonja Radlof hulle in Pietman Radlof se leed verlustig, wat Florence en Angie tot die stryd toetree, maar elke aksie het ‘n reaksie, het Dennis September se oorle’ pa altyd gesê.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 29
Die identiteit van die tweede liggaam wat uit die sand by die dam gegrawe is, word bekend gemaak, en skielik is dit chaos -dis mense wat uit Wingerdvlei verdwyn het, maar in die sand by die dam gevind is. Is daar enige verbintenis tussen die vermoordes? Wie word aangeraai om ernstig aan ‘n goeie prokureur te dink?

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 28
Die groot dag in Glennis de Bruyn se lewe breek aan. Sy moet die spesialis gaan sien oor die uitslag van die biopsie wat gedoen is. Daar sak ‘n verslaentheid oor haar vriendekring toe. Niemand weet waar sy is nie. Sy het niemand gevra om haar te vat of haar te vergesel nie. Hoe hard hulle ook al na haar soek, hulle kry haar nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 27
Die tweede liggaam wat by die dam uit die sand gegrou word, stuur skokgolwe deur Wingerdsvlei. Eers wil almal weet of dit ‘n man of ‘n vrou is. Angie Nagel begin krap met nuwe inligting wat sy gekry het. Waar kom dit vandaan?

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 26
‘n Nuwe hoofstuk breek in Angie Nagel se lewe aan wanneer sy in die woonstel agter die apteek intrek wat sy gekoop het. Al haar besoekers is nie ewe welkom nie. En net wanneer Dennis September dink die einde van die “bruin koffertjie” het uiteindelik aangebreek, maak die ding weer erge moeilikheid vir hom.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 25
Nog nooit het een koffertjie soveel bespreking ontlok nie. Daar is meer vrae as antwoorde. En dan stop die damwerkers weer alle werksaamhede by die dam en die hele dorp tou dam toe. Die televisiewaens sak van oral af op Wingerdvlei toe. Skielik gons die land nie langer oor Wingerdsvlei se voortreflike wyne nie - dit gons oor die moorde op die dorp.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 24
Die bruin koffertjie maak amok. Die arme Dennis September weet nie vorentoe of agtertoe nie. Hy berou die dag wat hy die koffertjie raakgesien en oopgemaak het. Dis asof die koffertjie hom al die pad aan die agterent hap.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 23
Florence is impulsief van geaardheid, maar sy tree van nature in die bresse vir die verontregte. Haar metodes is nie altyd konvensioneel nie. Soms is sy soos ‘n bulhond wat nie los as sy eers gebyt het nie. En die bruin koffertjie haal dit alles uit Florence!

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 22
Pietman Radlof het besluit om Sonja Radlof met ‘n egskeidingsbevel storm te loop en haar aan te vat. Natuurlik sal Sonja dit nie gelate aanvaar nie. Sy sal nooit ondergaan sonder ‘n geveg nie. Dis asof Pietman die slegste in haar uitbring.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 21
Florence Viljoen het nie ‘n einde nie, en Andries Roux moet dit ontgeld. Buks Marais kry meer as een verrassing. Hoe hard Dennis September ook al probeer om laag te lê, die moeilikheid sien hom raak.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 20
Michelle Marais begin spook by Buks Marais en Sonja Radlof. Nuwe planne is nodig en kan nie langer uitgestel word nie. Pietman Radlof verras vriend en vyand. Andries Roux is stom oor Florence se mal plan, maar Florence is ‘n weduwee en weduwees is Andries se achilleshiel.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 19
Glennis de Bruyn is by ‘n kruispad in haar lewe. Sy moet dringend ernstige besluite neem. Dennis September weet nou verseker die lewe se sonkant het hom die rug gekeer. Florence Viljoen het geen genade vir hom nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 18
Dit word ‘n dag wat sowel Dennis September as Glennis de Bruyn wil vergeet… as hulle maar kon. Dis of die moeilikheid al agter Dennis aanloop. Angie is terug uit Stellenbosch, en sy loop haar in Buks Marais vas. Sy kry hulp uit ‘n onverwagse oord.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 17
Daar is ‘n bruin koffertjie op ‘n rak in die buitegebou op die Maraislandgoed. Dit was altyd daar, feitlik al twee jaar lank. Maar noudat Dennis September die buitegebou reggepak het, is die bruin koffertjie soek, en skielik is die Maraislandgoed in rep en roer.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 16
Dis moeilik om twee kliënte oor dieselfde saak tevrede te hou. Tog probeer Andries Roux om dit te doen. Florence Viljoen kom agter dis toe nie so maklik om ‘n belofte gestand te doen nie. Die skurke wat die pakkie kokaïen soek, is onverbiddellik.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 15
Die stinkryk weduwee van die Kaap, Sally April, is die obderwerp van meer as een bespreking, en dis duidelik sy krap waar dit nie behoort te jeuk nie. Dennis September begin vas te glo sy tweede naam is Moeilikheid. Dis net die diepte daarvan wat van dag tot dag verskil.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 14
Dis bedrywig by die dambouery waar alle werksaamhede eers opgeskort is. Dis of die hele dorp kom kyk of die nuus waar is. Kort voor lank daag ook al wat ‘n televisiekamera is op. Almal spekuleer oor wat gebeur het. Andries Roux is vol aardskuddende nuus.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 13
Buks Marais is nie bekend vir sy geduld nie. Sonja Radlof is nie ‘n vrou wat jy in ‘n blik druk nie. Die konfrontasie tussen die twee borrel, en dreig om oor te kook. Buks hou die hef in die hand vanweë iets wat in die donker verlede gebeur het, en wat hy gepas misbruik. En toe gebeur wat die twee allermins verwag…

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 12
Die voorval by die dam laat verskeie mense soontoe jaag. Buks Marais begin met sy volgende slinkse plan. Glennis de Bruyn wroeg, en kry nie rus vir haar siel nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 11
Andries Roux bly gewild, en die vroue staan tou om met hom sake te doen. Dit klink of hy geld daaruit kan maak, en geld is altyd welkom. Angie Nagel praat haar mond verby.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 10
Skuldgevoel is soms so erg soos tandpyn. Dennis September loop met die skuldgevoel, en Florence Viljoen die tandpyn. Florence waag dit tandarts toe, maar Dennis weet naderhand nie watter kant toe met sy skuldgevoel nie. Andries Roux is ‘n geseënde man met drie beeldskone vroue, wat dit in sy deurmekaar kantoor waag.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 9
As afgetrede redakteur van die Wingerdnuus bly Florence Viljoen goed ingeskakel by nuusgebeure, veral dié op Wingerdsvlei. Sy kan ‘n vriendin duisend wees, maar sy sukkel soms om haar emosies in toom te hou waar sy van mening is dat ongeregtigheid besig is om handuit te ruk. Dit word dan tipies ‘n geval van “sê jou sê” en “besin later.”

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 8
Tersia is bekommerd, en dit blyk gou dat haar bekommernisse is nie ongegrond nie. Dennis beleef ‘n dag wat hy graag wil vergeet, maar Buks Marais maak dit nie moontlik nie. Sy besoeke aan die dam-in-wording word nagmerries. Andries Roux begin al hoe meer krap waar dit vir ander mense nie jeuk nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 7
Die wending in Rossouw se gesondheid dwing Angie Nagel om ‘n nuwe staanplek vir sy karavaan te kry. Sy kry die wind van voor. Dennis September is vol goeie bedoelings, maar dit is geen waarborg vir die suksesvolle deurvoering van sy planne nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 6
Soms stuur die verloop van die lewe mense op nuwe paaie, en is nuwe uitdagings aan die orde van die dag. Rossouw se ontvoering begin om van die inwoners in Wingerdsvlei se lewe beduidend te beïnvloed. Daar is skielik baie vrae, nuwe onsekerhede en uitdagings. Almal hanteer dit nie ewe goed nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 5
Tersia Radlof huil oor haar flenterdroom. Sy is kwesbaar. Enige aanloklike aanbod kan maklik met haar kop smokkel. Buks Marais weet dit maar alte goed. Daarom aarsel hy nie om Tersia met ‘n baie aanloklike aanbod te konfronteer nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 4
Die Maraislandgoed sou nie naastenby so goed presteer het, was dit nie vir sy voorslag voorman Dennis September nie. As Buks Marais sê “Spring!” vra Dennis “Hoe hoog, Meneer?” sonder ‘n woord teëspraak. Maar noudat Dennis vir Glennis de Bruyn by Kweek & Koffie raakgesien het, sluip daar soms aarseling in sy werksywer in. Hy sukkel om verby haar huis te ry, en dit kry hom spoedig in die moeilikheid.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 3
Die Maraislandgoed behoort aan die bekende wynmeester Buks Marais. Vandat sy vrou hom twee jaar gelede gelos en landuit is, is sy naam aan meer as een dame gekoppel. Maar in hierdie dae borrel die skindertonge oor net een naam: Sonja Radlof!

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 2
Daar hang ‘n geur van hartseer in die hele Kweek & Koffie. Selfs die voëltjies in die tuin is minder opgewek. Andries Roux is nie die beste privaatspeurder in Wingerdsvlei nie, maar hy is die enigste een. En sy dienste word benodig.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 1
Dis Wingerdsvlei se troue van die jaar. Tersia Radlof is ‘n prentjiesmooi bruid. Die kerk is vol gaste, dominee wag en die orreliste is reg om die troumars te speel. Al wat kortkom is Rossouw Rossouw, die ingenieur en dambouer. Hy het besluit om in sy karavaan by die dam aan te trek.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 40 (slot)
Dit is tyd om afskeid te neem. Doep en Het praat oor die toekoms.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 39
‘n Brutale voorval vind in Erlank se kantoor plaas, maar daar wag nog groter rampe op die mense van Verlangekraal.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 38
Mart en Doep bespreek Het se toekoms, en hoe hulle haar kan help.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 37
Het en van die kinders gaan see toe. Sal Het daar ook moeilikheid veroorsaak?

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 36
Die Departement van Volkswelsyn gryp in. Mart begin met haar opvoedingsproses met Het.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 35
Doep besluit om ondersoek in te stel na Het se huislike omstandighede.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 34
Doep kry ‘n onverwagse en ontstellende aanbod.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 33
Doep spreek Het aan oor die gedigte-skandaal, en sy maak ‘n belydenis. Sal Erlank hiervan uitvind?

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 32
Terug van die see af, het meneer du Plessis ‘n resitasieklas. Maar daar gebeur weer iets oneerlik...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 31
Doep besluit om vir die vakansie see toe te gaan terwyl sy vrou Mart na haar siek ma in Uitenhage toe gaan. Doep besluit om Het en Fielies saam te neem, maar Doors staan in die pad.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 30
Inspekteur Redelinghuyus neem waar terwyl meneer Erlank ‘n kongres bywoon. Hy moet die sjokolade-situasie hanteer. En dit raak lelik...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 29
Het besluit om vir meneer du Plessis iets present te gee, maar daar is erge gevolge.