
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 23 of 61

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 38
Denzil en Hester vind die rusoord, en kom af op ’n spul naak dansende mense wat onder begeleiding van dr. Gustav Lemmer besig is met ’n terapiesessie onder die volmaan. Lente is bekommerd oor Denzil by die rusoord en bel vir Hester wat haar inlig dat hulle gevang is vir onwettige toegang by die rusoord.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 37
Diedie ontmoet vir Gysbert en vertel hom dat Gôgô nou in beheer van Katinka se ontvoering is, en dat hulle ’n nuwe losprys sal vra. Hester en Denzil arriveer in Sutherland en gaan doen navraag by die plaaslike kroeg oor waar die vreemde rusoord geleë is. Denzil raak aan die kuier by die kroeg…

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 36
Lente vra Gysbert om Denzil te keer om saam met Hester na die rusoord in die Karoo te gaan. Hester laat weet vir Alet dat sy ook rusoord toe kom om haar broer, Janco, daar weg te kry. Gysbert neem Denzil vir ’n rit met sy sportmotor, en vertel hom dat Denzil se ma bekommerd oor hom is.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 35
Denzil verras Lente met ’n verjaarsdagontbyt. Hester vertel Denzil dat sy Sutherland toe gaan om haar broer te red uit die kloue van die vreemde terapeut, Susan Rademan, en dat Bianca ook by die rusoord is. Gôgô vra Diedie om hom te help om Katinka Jooste te ontvoer, en dat hy die losprys met hom sal deel.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 34
Hester vertel haar ouers sy dink Janco is agter hulle eiendomsagent Alet aan na die rusoord in Sutherland, en dat hy moontlik verlief geraak het op haar. Gôgô vra Mia om hom te help om haar baas Katinka te ontvoer. Katinka is bekommerd dat Gysbert te veel rondsnuffel oor Mia se ongeluk.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 33
Gysbert vra vir Lente of sy al van iemand met die naam Gôgô Weyers gehoor het. Diedie vra Denzil om weg te bly van Gôgô Weyers. Lente is besorg oor Bianca wat ook nie meer kontak het met Denzil nie. Gysbert ontmoet vir Diedie en vra hom om Gysbert in kontak te sit met Gôgô Weyers.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 32
Diedie keer terug van Hawston af en wil by Gôgô weet waarmee hy besig is nadat Bianca hom gebel en vertel het Gôgô het Denzil gevra om vir hulle stockcar te kom ry. Hester is bekommerd oor Janco wat net skielik Sutherland toe is, en vra Denzil of hy kontak gehad het met Janco die afgelope paar dae.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 31
Katinka is ontsteld toe sy verneem Janco het ook die hasepad gevat Sutherland toe. Lente vind uit dat Denzil en Bianca opnuut probleme het, en hulle is nog nie eers getroud nie. Gysbert besoek Mia in die hospitaal en sy vertel hom van die vreemde man wat haar van die pad gestamp het in sy V6-motor.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 30
Mia is in ‘n ongeluk met Gysbert se sportmotor toe sy resies jaag met ’n vreemde man met ’n snorretjie in sy ou V6-motor. Bianca is woedend vir Gôgô omdat hy veroorsaak het dat Denzil vir haar jok. Janco besoek Mia in die hospitaal, en besef hy het genoeg van sy ouers se konflik en huweliksprobleme gehad.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 29
Mia kom haal die sportmotor by Gysbert, en ontmoet sy dogter Hester wat glad nie vriendelik met haar is nie. Katinka ontmoet weer vir Gôgô Weyers, en vertel hom dat Mia toe wel die sportmotor geleen het. Sy vra vir Gôgô om Mia te waarsku om weg te bly van Gysbert, deur ‘n ongeluk met die sportmotor te veroorsaak.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 28
Janco waarsku Gysbert dat Katinka nie gelukkig is met die nuwe vriendskap wat Gysbert met Mia aangeknoop het nie. Bianca wil nie die bokse met klere wat Hester vir hulle wil gee, aanvaar nie, en sy wil die geld teruggee vir Gôgô. Denzil ontmoet vir Gôgô Weyers, maar besluit om die geld te hou.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 27
Bianca moet haar pa se beste vriend, Gôgô Weyers, ontmoet om die geld af te haal. Hester besluit om, soos haar broer Janco, ook haar kamer by hulle ouerhuis te ontruim en van al haar kinderjarebesittings ontslae te raak. Katinka maak kontak met Gôgô om haar te help met die ‘Mia en Gysbert situasie’.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 26
Katinka keer terug van haar besoek aan die Weskus, en is ontsteld as sy verneem Gysbert het vriende geraak met Mia, haar jong werkkollega. Janco vertel vir Hester dat Alet op aanbeveling van haar terapeut, na die rusoord in Sutherland is. Katinka dreig Mia om weg te bly van Gysbert en haar seun Janco.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 25
Gysbert neem Mia vir ’n piekniek, en stel voor sy gebruik sy sportmotor vir ’n wyle aangesien hy juis vir Katinka wil ontstel, om seker te maak sy skei dié keer van hom. Bianca besoek die terapeut, Susan, en vertel haar dat sy deur ‘n moeilike swangerskap gaan want die swangerskap was eintlik ’n groot skok.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 24
Alet vra vir Susan om saam met haar te kom, want Janco het vir Alet genooi om sy suster Hester te ontmoet. Susan herinner Alet aan die professionele grense tussen terapeut en pasiënt. Janco besoek Mia by die advertensie-agentskap, en vra haar om weg te bly van sy pa aangesien dit sy ma sal ontstel.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 23
Denzil deel Janco mee dat Bianca ingestem het om na die woonstel te gaan kyk wat Janco hulle wil help koop. Mia, die jong kopieskrywer wat onder Katinka werk, daag by hulle huis op om werk met Katinka te bespreek aangesien Katinka nie haar foon antwoord nie. Gysbert wys vir Mia sy sportmotor.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 22
Denzil kan nie verstaan dat Bianca nou skielik nie die hulp wat Janco hulle aanbied met die woonstelkoop, wil aanvaar nie. Hester gaan tuis by ’n gastehuis, en vra Janco om vir eers nie vir Gysbert en Katinka te vertel sy is hier nie. Denzil stel voor Bianca gaan sien Susan vir terapie.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 21
Gysbert is ontsteld omdat Katinka net die pad gevat het om kamtig na eiendom op die Weskus te gaan kyk, en sommer ook vir Lente saamgesleep het. Alet hervat haar terapiesessies met Susan, wat terug is van haar vakansie by die rusoord in Sutherland. Janco se suster, Hester, arriveer vanaf Dubai.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 20
Alet en Janco, wat die vorige aand te veel gedrink het, word wakker in dieselfde bed en besef hulle het meer as net ’n romantiese aand saam gehad. Alet bieg teenoor hom dat sy eintlik meer aangetrokke tot vrouens voel. Denzil vra Bianca ’n tweede keer om met hom te trou.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 19
Janco nooi Alet vir ete by sy restaurant, en die kuier ontaard in ’n romantiese aand. Katinka is woedend omdat Gysbert alles in die huis rondgeskuif het om sy virtuele video te maak. Lente is dankbaar wanneer sy hoor Katinka het die verloofring wat Diedie verpand het, gaan terugkry het by die pandjieswinkel.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 18
Denzil vertel vir Janco hy vermoed dat Bianca deur ’n moeilike swangerskap gaan, want sy is diehele tyd emosioneel. Alet het ’n woonstel gevind wat Janco vir Denzil en Bianca kan koop. Bianca wat nie met Denzil wil trou nie, besluit sy sal met hom trou aangesien hy sy stock-car verkoop het om die ring te koop.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 17
Katinka stem in dat Gysbert ’n virtuele toervideo van hulle huis maak. Bianca konfronteer haar pa oor waar die verloofring is wat Denzil vir haar gekoop, en toe vir Diedie gegee het om te hou. Lente vind uit Diedie het die verloofring verpand, en dis die geld wat hy gebruik het om vir Bianca klere te koop.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 16
Alet deel Katinka mee dat die voornemende kopers van hulle huis besluit het om nie ’n aanbod te maak nie. Katinka is besorg dat hulle nooit die huis verkoop sal kry nie. Lente is ontsteld toe sy hoor Bianca wil nie die baba na haar oupa vernoem nie, en eerder ’n vreemde robotiese naam wil gee.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 15
Diedie neem Bianca vir inkopies om klere vir haarself en die baba te koop. Bianca wil weet waar hy die geld kry. Janco wil al sy speelgoed wat nog in sy kamer is, vir Denzil en Bianca vir hulle baba gee. Katinka dring aan om egter sy teddiebeer te hou, want eendag het Janco dalk ’n kind van sy eie.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 14
Denzil vra sy ma of hy vir Bianca se pa, Diedie, kan oornooi vir ete. Lente wil Diedie egter naby haar huis hê nie aangesien hy ’n skelm is. Gysbert kla oor sy dogter Hester en seun, Janco, wat so vyandig teenoor hom en Katinka is. Lente stel voor hy moet bid en vir vergifnis vra.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 13
Denzil is verstom wanneer Janco hom meedeel dat hy graag vir Denzil en Bianca finansieel wil ondersteun omdat hy voel sy ouers het Denzil se kinderjare van hom gesteel deur vir Lente as huishulp aan te stel. Gysbert vra vir Janco om vir Hester te sê Gysbert is siek, en sy moet hulle kom besoek.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 12
Janco raak ontslae van al sy besittings uit sy kinderjare wat sy ma so netjies in hulle huis in stand gehou het, en dit ontstel Katinka. Bianca se pa, Diedie, ontmoet haar en vertel dat hy deesdae in Hawston woon waar hy betrokke geraak het by die kreefbedryf. Bianca vermoed hy smokkel eintlik kreef.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 11
Lente vra vir Denzil om Alet om verskoning te gaan vra vir die dreigemente wat hy teen haar gemaak het. Janco bieg teenoor Lente dat hy skuldig voel dat sy al die jare wat sy as huishulp vir sy ouers werk, eintlik meer van ’n ma vir hom en sy suster was as vir haar eie seun Denzil.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 10
Alet is ontsteld nadat Denzil haar besoek het en waarsku om weg te bly van Bianca en sy ma. Bianca is besorg nadat haar pa Diedie, wat jare lank in die tronk was, haar bel en sê hy wil graag vir haar kom kuier. Susan gaan met vakansie, en Alet moet haar kollega sien vir terapiesessies

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 9
Denzil vertel vir sy ma, Lente, dit het nie goed gegaan met sy nuwe werk by die restaurant nie. Sy stel voor hy fokus eerder op sy werk as motorwerktuigkundige. Susan bespreek die professionele grense tussen haar en Alet nadat Alet bieg dat sy maklik verlief kan raak op iemand soos Susan.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 8
Katinka is besorg dat Janco en sy suster Hester hulle ouers probeer vermy, en blameer Gysbert vir die probleme met hulle huwelik die afgelope 30 jaar. Alet neem haar terapeut, Susan, om die Joostes te ontmoet. Gysbert stel voor hulle gaan vir ’n rit met sy sportmotor.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 7
Janco bied vir Denzil ekstra werk aan by sy restaurant, om hom te help met sy uitgawes met Bianca en die swangerskap. Gysbert is opgewonde dat sy dogter Hester wat in Dubai werk, vir hulle kom kuier. Denzil se eerste aand by die restaurant verloop rampspoedig as hy verkeerde tafels bedien.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 6
Gysbert wil nie voornemende kopers toelaat by hulle huis nie. Hy sê hy sal ’n virtuele toep skep wat kopers kan gebruik om die huis te besigtig. Lente stel voordat Bianca, wat nou verwagtend is, eerder by haar en Denzil kom woon. Lente neem vir Bianca om inkopies te doen vir die baba wat op pad is.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 5
Alet gesels met Janco om haar te help om beter perspektief te kry van sy ouers en hulle huis se geskiedenis. Susan stel voor dat Alet eerder met Gysbert en Katinka se huishulp gaan gesels. Denzil is bekommerd dat Bianca gewig aansit van al die melkskommels.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 4
Alet besoek weer haar terapeut, Susan, uit desperaatheid as sy besef die verkoop van die Joostes se huis sal nie maklik wees nie. Katinka pleit by Janco vir hulp nadat sy pa, Gysbert, hom met hulle eiendomsagent, Alet, sleg gedra het deur haar dronk te maak en rond te ry in sy sportmotor.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 3
Gysbert speel gholf saam met sy seun Janco, en vertel hom van Katinka se planne om hulle huis te verkoop. Janco deel hom mee dat hy en Hester hulle ouers se vlambare verhouding al jare lank vermy, en nie betrokke wil raak nie. Bianca was by die kliniek en bevestig aan Denzil dat sy verwagtend is.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 2
Denzil wil aanvanklik nie glo sy meisie Bianca is verwagtend toe sy hom vir ’n melkskommel nooi en die nuus meedeel nie. Denzil dring tot haar skok aan dat sy vir ’n toets by ’n kliniek gaan. Denzil se ma, Lente, wat al 30g jaar vir die Jooste-egpaar werk, is bekommerd oor hulle besluit om die huis te verkoop.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 1
Alet besoek haar terapeut, Susan Rademan, en vertel haar van die nuwe kliënte, Gysbert en Katinka Jooste, wat vir Alet ’n alleenmandaat op hulle enorme huis aangebied het. Alet wat pas self uit ’n gebroke liefdesverhouding kom, sukkel met die Jooste-egpaar, wie se huwelik al jare lank wankel.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 60 (slot)
Die waarheid is uit. Ethan is nou weer Hilton, en Lorna is Queena. Danksy die Turk kan hulle in die Gedulds se huis aanbly en hulle vriendskap met die Van der Merwes versterk. Sharon laat weet sy het weer geluk gevind. Niemand weer waarheen Ray verdwyn het nie, maar Ethan verseker almal hy sal hulle nooit weer pla nie.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 59
Ethan is in die hospitaal met ernstige meswonde. Gerhard besluit om polisie toe te gaan. Jerry reken dis beter om eers vas te stel wat in die bokse is. Die verrassing van die jaar wag op hulle in die kelder...

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 58
Ray moet sy bokse kry - hy het ’n ultimatum gestel vir vannag om twaalfuur. Wie sal dit nakom, of sal hy uiteindelik sy moses teekom?

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 57
Ethan besluit dat hy en Lorna ’n laaste poging moet aanwend om Ray se bokse in die hande te kry. Uit die bloute bel Ray vir Rianna met die nuus dat hy Robbert Curnow in sy mag het. Lorna word ook weer afgedreig. Enigeen kan aflei dat Ray desperaat is. Jerry willig in om tot Robbert se redding te kom.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 56
Sharon wil haar voorkoms verander en afskeid neem. Sy vergeet dat sy Rianna en Gerhard in ag moet neem. Lorna deel die pynlike waarheid oor haar huwelik en haar man se dood. Afskeid tussen die susters lyk onvermydelik.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 55
Rianna en Gerhard wil nie verantwoordelikheid vir Ray se bokse aanvaar nie. Moet hulle polisie toe gaan en ’n verklaring aflê? Jerry se slaansak word uiteindelik opgehang, met die slegste gevolge denkbaar.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 54
Sharon bereken die voor- en nadele van Ray se val, en besluit dis tyd om te vlug. Lorna is bekommerd oor Ethan wat te dikwels oortyd werk. Moet hulle met die waarheid uitkom? Gertie Geduld stuur ’n lang Whatsapp. Die Van der Merwes hou ’n huisvergadering.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 53
Ethan is bitter spyt omdat hy ingewillig het om vir Ray te werk en Lorna daarby te betrek. Hy belowe haar dat Ray gestraf sal word. Jerry is ook op die oorlogspad. ’n Verdoemende berig word oor die televisienuus uitgesaai. Die lyk asof Ray Cunningham sy rykdom kwyt is.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 52
Die Van der Merwes se kat kuier permanent by Lorna se Jessica. Ethan werk oortyd in die matwinkel, en word daarvoor beloon. Dit lyk asof Sharon uiteindelik besef hoe selfsugtig sy is. Jerry en Anton soek ’n plek om Jerry se slaansak op te hang, en red ’n lewe.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 51
Gerhard is op soek na Ray om hom die waarheid te vertel. Dit loop uit op ’n vrugtelose besoek aan Villa Cunningham. Sharon het ’n openhartige gesprek met Mia.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 50
Lorna kry ’n katjie present. Fifi raak geheg aan Mia. Sharon maak planne vir ’n nuwe toekoms. Mia gaan draf, en loop haar vas in Ray, tot sy nadeel. Lorna word gestraf vir ’n goeie daad.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 49
Jerry kry goeie nuus van Letitia. Mia is terug van haar Ballito-vakansie. Robbert Curnow pak op en trek.