
Middagvervolgverhaal
3,020 episodes — Page 25 of 61

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 58
Cilliers en Ben jaag vir Max en Pietie die woonstel in. Max weier om te onderhandel en verkies eerder om te sterf as tronk toe gaan. Wanneer Cilliers vir hom en Pietie in hegtenis neem, spring Max by die venster uit...

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 57
Cilliers is by wanneer Mollie en Ben in die middestad van Kaapstad ʼn ogie hou oor die gebou waar hulle vermoed Max wegkruip. Vincent ontsnap en hardloop uit die gebou uit. Pietie skiet op hom, maar Cilliers skiet terug en Pietie vlug weer in die gebou in.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 56
Terwyl Louis en Matilda by Susan se siekbed wag, kry Louis ʼn oproep om te sê daar is probleme op sy plaas met wildstropers. Cilliers gebruik ʼn SMS-boodskap van Max om uit te vind waar hulle nou wegkruip.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 55
Matilda en Louis is by die Higgovale-huis toe dit in die middel van die nag aan die brand slaan. Terwyl die huis afbrand, ontvang Matilda ʼn hoogs onstellende boodskap.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 54
Mollie en Vincent se ma gesels by die kantoor oor hoe dinge vorder met die soektog na Vincent. Die foon lui. Dis Vincent wat, met ʼn pistool teen sy kop, vir hulle smeek om op te hou soek na hom en die skilderye.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 53
Ben en Mollie beplan hoe hulle die volgende dag vir Max se wegkruipplek in Langstraat sal gaan soek. Matilda en Louis begin al hoe ernstiger dink en praat oor hulle moontlike toekoms op sy wildplaas.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 52
Max en Pietie is by Vincent waar hy in die middestad van Kaapstad in ʼn klein woonstel gevange gehou word. Planne begin skeef loop, en dinge lyk nie te goed vir die skurke nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 51
Ben besoek vir Stefaan, en Matilda besoek vir tannie Susan. Stefaan vertel vir Ben wat gebeur het, en hoe hy oor hom voel, terwyl Susan haar optrede teenoor Matilda, en die diefstal van die skilderye, probeer motiveer.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 50
Dis die dag van die waardering. Niks verloop volgens plan nie. Tannie Susan se hart gee in, en sy val flou neer. Stefaan weier om een van die skilderye aan Pietie te gee, en dit eindig nie goed vir hom nie. Max en Pietie verdwyn weer met die skilderye.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 49
Ben en Stefaan is op hulle derde date die nag voor die waardering. Stefaan is opgewonde omdat hy dalk egte Van Gogh-skilderye sal sien, maar terselfdertyd bang omdat Max en sy trawante daar sal wees.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 48
Max, Pietie en Susan beplan die veiligste manier om die gesteelde skilderye te laat waardeer. Susan probeer vir oulaas om vir Max te oorreed om nie teen mense wat in hulle pad staan, geweld te gebruik nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 47
Louis help vir Mollie, Matilda en Ben om ʼn plan te beraam oor wat om te doen op die dag van die waardering.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 46
Ben, Mollie en Matilda kla oor hoe al hulle leidrade in ‘n doodloopstraat eindig. Stefaan bel met die nuus van die waardasie, wat Susan gevra het hy moet doen.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 45
Max, Pietie en Susan ontmoet in die geheim. Max begin twyfel oor die egtheid van die skilderye. Hulle besluit om Stefaan te vra om na die Van Gogh’s te kyk. Susan besef vir die eerste keer dat sy nie in beheer van sake is nie, en dat sy eintlik in die moeilikheid is.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 44
Vincent se ma en kaptein Cilliers ontmoet. Cilliers wil nie hê dat Mollie so op haar eie moet aanhou soek na Vincent nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 43
Matilda en Louis reis terug na Kaapstad. Louis kom saam om te help om Max vas te trek. Louis vind uit waarom Matilda nie die skilderye mag verkoop nie, en van die ander moeilike klousules in Dieter se testament.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 42
Mollie en Ben reis saam terug Kaapstad toe en gesels oor wat hulle volgende moet doen om Vincent op te spoor. Vincent se ma bel om te hoor van die vorige dag se gebeure.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 41
Die groep kom weer bymekaar op die wildsplaas om die frustrerende gebeure op Max se plaas te bespreek. Louis bring nuus dat die boewe die plaas inderhaas verlaat het...

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 40
Terwyl Louis in die bosse wegkruip om ʼn ogie oor alles te hou, kom Mollie, Matilda en Ben op Max se plaas aan. Die konfrontasie lewer niks op nie. Max weier om te erken dat hy vir Vincent gevangene hou, of dat die skilderye in sy besit is.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 39
Matilda en Louis wag vir skemer voordat almal na die wildplaas toe gaan. Die twee gesels, en hulle verhouding verdiep. Ben bel vir Stefaan. Ben is verbaas om te leer dat Stefaan nou elke aand in die Higgovale huis oorbly om Ben se ma op te pas.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 38
Johannesburg – Kaptein Cilliers kom na die Crawford-kantoor toe en ontmoet vir Vincent se ma. Hy leer dat Ben en Mollie, sonder om hom op hoogte van sake te hou, Vrystaat toe is.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 37
Vincent vra dat sy nuwe skietwond behoorlike mediese behandeling kry, maar die boewe steur hulle nie aan hom nie. Tannie Susan bel vir Max om hom te waarsku dat Mollie en Ben op soek is na Vincent en die skilderye.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 36
Mollie, Ben, Matilda en Louis beplan hoe hulle te werk sal gaan met die boewe op die aangrensende plaas.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 35
Terwyl Ben besig is om foto’s van Vincent, Max en Pietie vir almal te wys by ‘n ete in koffiewinkel in Parys, ontmoet hy vir Louis. Die wildsplaaseienaar herken van die mense op die foto’s. Daar is sparks tussen Matilda en Louis.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 34
Mollie, Ben en Matilda ry saam Vrystaat toe. Hulle leer ken mekaar ʼn bietjie beter. Ben bel vir Stefaan om hom te vra of hy die kuns wat in Matilda se huis is, na die universiteit sal neem vir veilige bewaring.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 33
Vincent ontsnap, maar word ná ʼn geskietery deur Pietie gevang. Louis hoor die skote en kom ondersoek instel. Max lieg vir Louis, en sê dat hy en Pietie besig was om na teikens te skiet.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 32
Mollie en Ben wys vir Vincent se ma hoe om die kantoorwerk te doen. Sy moet die besigheid aan die gang hou terwyl hulle in die Vrystaat sal wees om Vincent en die boewe op te spoor.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 31
Dis Ben en Stefaan se tweede date. Ben moet vir Stefaan sê hy gaan saam met Mollie Vrystaat toe om Vincent te probeer vind. Mollie en Ben maak planne vir die Parys-trip.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 30
Matilda kuier by Mollie op kantoor wanneer Cilliers bel met die nuus dat die laaste sein wat hulle van Max se foon kan opspoor, uit Parys in die Vrystaat gekom het.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 29
Dis Ben en Stefaan se eerste date. Hulle praat oor hulle lewe en toekomsdrome. Ben vertel vir Stefaan meer van sy vermiste vriend, Vincent.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 28
Mollie en Ben kuier by Vincent se ma. Hulle gesels oor hoe moeilik dit is om na Vincent te soek. Mollie en Ben sukkel om gemotiveerd te bly, maar help mekaar om moed te hou.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 27
Cilliers luister na die boodskap van Max op Mollie se foon. Hy belowe om weer Max se nommer te gebruik om te sien of hy kan uitvind waar die boewe nou wegkruip. Stefan bel vir Ben, en nooi hom uit vir hulle eerste date.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 26
Matilda, Susan en Mollie ontmoet by ʼn tuinmaakplek, waar Susan weer ʼn storie vertel wat Mollie meer agterdogtig maak. Mollie ontvang ʼn onstellende oproep van Max af. Sy neem in die geheim die oproep op.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 25
Louis de Wet, eienaar van die aangrensende wildplaas, kom ondersoek instel oor wat op Max se plaas aan die gebeur is. Max probeer hom gerus stel, maar die buurman bly agterdogtig.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 24
Max en Pietie vervoer Vincent en die skilderye na Max se plaas in die Vrystaat. Hier voel hulle veiliger, maar bly op hulle hoede. Vincent weier steeds om enigsins met Max saam te werk.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 23
Mollie en Ben ontdek Max se wegkruipplek in Kaapstad. Die gebou lyk verlate, en Mollie besluit om in te breek. Vincent is nie daar nie, maar hulle maak ʼn ontstellende ontdekking.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 22
Kaptein Cilliers word deur Mollie ingelig van haar vermoede dat Max dalk by Vincent se verdwyning betrokke is. Cilliers help om te probeer vasstel waar die boewe wegkruip.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 21
Stefaan bel vir Mollie op soek na Ben se telefoonnommer. Susan neem Mollie en Matilda uit vir ete, en hoe meer sy praat, hoe minder glo Mollie haar stories.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 20
Max en Pietie begin vermoed dat Mollie en Ben op hulle spoor is. Hulle dink daaraan om die twee dalk ‘stil te maak,’ maar besef dat dit die aandag van die polisie sal trek. Die boewe besluit om Vincent na ʼn plaas in die Vrystaat te vervoer.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 19
Mollie en Ben is weer by Vincent se ma vir aandete. Ma vertel hulle stories van hoe Vincent in sy kinderdae gereeld van die huis af weggeloop het. Sy het altyd geglo hy sal gevind word, maar hierdie keer is sy nie daarvan oortuig nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 18
Matilda oorreed Mollie om saam met haar na ʼn jogaklas te gaan, waar hulle begin wonder of alles wat hulle doen om Vincent op te spoor, die moeite werd is. Mollie weet dat sy nie moed mag verloor nie, maar soos die dae verbyvlieg raak dit vir haar moeiliker om positief te bly.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 17
Mollie en Ben klop by ʼn universiteit aan vir hulp en inligting oor die Van Gogh-skilderye. Hulle probeer die waarde en outentiekheid van die skilderye bevestig. Ben ontmoet vir Stefaan, en dis duidelik dat die twee van mekaar hou.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 16
Tante Susan besoek Mollie onverwags op kantoor. Sy vertel die storie oor hoe die skilderye in die van De Venter-familie se besit gekom het. Susan probeer haar bes om Mollie op ʼn dwaalspoor te plaas.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 15
Max en Pietie is woedend dat kaptein Cilliers by die saak ingetrek word. Hulle blameer Vincent daarvoor, en straf hom. Vincent weier om hulle te help, en Max laat hom verstaan dat sy lewe afhang van hoe behulpsaam hy is.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 14
Terwyl Mollie en Ben op kantoor besig is om planne te beraam, kom kaptein Cilliers onverwags daar aan. Hy is bekommerd oor wat met sy ou diensmaat gebeur het. Wanneer hy sy ry kry, bel Mollie vir Matilda. Hulle besef dat hierdie storie baie groter is as wat hulle geglo het. Nuwe planne sal beraam moet word.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 13
Kaptein Cilliers waarsku vir Pietie om nie in sy kar buite Matilda se huis te sit en wag nie. Mollie ontmoet Matilda se tante Susan. Alhoewel hulle goed oor die weg kom, vertrou Mollie haar nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 12
Mollie laat kaptein Cilliers weet van die verdagte motor buite Matilda se huis. Matilda wys vir Mollie die kluiskamer in haar huis. Sy kan nie verstaan hoe die vier skilderye so maklik daaruit verdwyn het nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 11
Mollie en Ben kuier by Vincent se ma om haar op hoogte te hou van gebeure. Matilda bel om vir Mollie te vertel van die vuil groen kar wat sy gedurig buite haar huis opmerk.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 10
Ben deel Vincent se ma se teorie oor Max met Mollie. Hulle probeer aan ʼn plan dink om Max op te spoor. Vincent onderhandel met Max en Pietie oor sy vryheid. Die boewe het nie lus vir sy parmantigheid nie, en dinge raak rof.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 9
Matilda en Mollie ontmoet vir middagete, waar Mollie meer uitvind oor die Vincent van Gogh-skilderye. Terwyl Ben by Vincent se ma tee drink, onthou sy die boef wat Vincent so geteister het toe hy ʼn polisieman was. Ma glo dat Max nie alleen die ontvoerder is nie, maar ook die een is wat Vincent geskiet het.