PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 28 of 61

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 28

Ribs se ma beland in die hospitaal, en hy word gedreig. Hy moet vir Wolfgang werk, sal hy kan weier? Magda bespreek ‘n nuwe sakegeleentheid met Magnus, en dis een waarvoor hy nie kan nee sê nie...

Apr 9, 202114 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 27

Diff en Rib is in groot moeilikheid by Wolfgang omdat hulle plan met die lughawe se opedag skeef geloop het, maar daar is iets wat hulle kan doen om op te maak daarvoor... Magnus en Chinel hou ‘n kompetisie met baie op die spel. Wie sal wen?

Apr 8, 202113 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 26

Wolfgang en Lance het besigheid in Botswana wat hulle moet afhandel voor hulle kan terugkom Suid-Afrika toe. Lusinda probeer uitvis wat in RIbs se privaat lewe aan die gang is, en Magnus het dalk vir Chinel ‘n ander plek om te bly.

Apr 7, 202113 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 25

Die krag is af by die lughawe, en daar moet ‘n groot ete vir 150 mense bedien word. Dis besig om donker te raak, en die Cessna met die span van die Kongo af, is nog in die lug. Sal die vliegtuig veilig kan land, en hoe gaan die belangrikste ete in die geskiedenis van die lughawe verloop?

Apr 6, 202111 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 24

Almal by die Lughawe is aan die werk om van die opedag ‘n sukses te maak. Biff en Roots het hulle eie planne oor wat ‘n groot sukses sal wees. Die Cessna is in die lug met die klomp van die Kongo af op pad terug Suid Afrika toe. Sal hulle dit maak?

Apr 5, 202113 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 23

Diff en Roots hou hulle eerste groot vertoning, en wonder bo wonder is dit ‘n sukses, maar Sandra kry snuf in die neus dat die twee narre nie eintlik is wie hulle voorgee om te wees nie. Zane probeer die vrede te bewaar by Ikarus, maar tussen Sandra, Lusinda en Magnus het hy nie altyd die regte antwoord nie.

Apr 1, 202114 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 22

Diff en Roots ontvang ‘n pakkie by Rona waarin hulle vermomming is vir die ope dag. Dis glad nie wat hulle gedink het dit sal wees nie. Magnus en Lance bekruip die myndorp en maak ‘n plan om vir Wolfgang te red.

Mar 31, 202113 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 21

Lance probeer vir Magnus uit die Staatshospitaal in die Kongo red. Lusidna vertel vir Dotty meer oor Ribs se verlede. Sandra is bekommerd oor haar broer, en voel hulle moet meer doen om Magnus en Chinel veilig terug te kry in die land.

Mar 30, 202114 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 20

Ribs en Lusinda kry die boorgatpomp aan die werk, en vir die oomblik lyk dit of die opedag gered is. Sandra vind meer uit oor Lance Smith, en dit lyk of die man groot moeilikheid kan wees. Chinel en Lance moet die vliegtuig net voor donker op ‘n grondpad land. Sal hulle dit kan regkry?

Mar 29, 202113 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 19

Lance en Chinel pak die laaste deel van hulle vlug aan om vir Magnus en Wolfgang te gaan red. Sandra Adendorf en Lusinda vind uit dat daar ‘n boorgat op die lughawe is. Sal hulle die bron kry en hulle waterprobleem oplos?

Mar 26, 202113 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 18

Dotty wil weet wat aangaan tussen Ribs en Dolla, maar Ribs belowe dis net vriendskap. Chinel besluit om wel die vlieënier vir Lance te wees, maar hulle het skaars opgestyg en daar is al klaar probleme. ‘n Ou bekende daag by die lughawe op om deel te wees van die opedag.

Mar 25, 202113 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 17

Ribs help vir Dolla besluit oor die spyskaart vir die groot ete by die opedag. Lance ontmoet vir Chinel en Zane by die Bosveld-kroeg. Hulle begin planne maak om vir Magnus en Wolfgang te gaan red.

Mar 24, 202112 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 16

Lusinda en Dolla is hard besig om die lughawe aan die gang te hou, en te beplan aan die opedag, tot ‘n groot terugslag hulle tref. Zane en Dotty probeer vir Magnus-hulle aan die hande kry, maar daar is geen antwoord nie. Hulle weet nie wat om te doen nie, tot Lance Smith daar opdaag.

Mar 23, 202112 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 15

Magnus en Wolfgang sit vas op die lughawe in Lusaka, en dit lyk of die Lughawepolisie meer in hulle belangstel as wat hulle moet. Dotty en Chinel vorm ‘n vriendskap waar daar eers oor die manne gepraat word en dan oor hulle eie geskiedenis - veral Chinel en hoe sy by die lughawe beland het.

Mar 22, 202113 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 14

Rona is besig om haar gif wyd te versprei, en nou takel sy ook vir Lusinda. Wolfgang en Magnus maak reg vir hulle vlug DR Kongo toe. Soos hulle praat, word dit al hoe duideliker dat dit ‘n baie gevaarlike reis sal wees.

Mar 19, 202113 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 13

Zane is kortaf met Magnus, en word in ‘n hoek gedryf deur Wolfgang. Dotty sit haar voet neer, en staan op vir haar regte as kantoorbestuurder teen Magnus. Wolfgang en Magnus kom ooreen dat hulle saam agter die diamante sal aangaan. Kan Magnus vir Wolfgang vertrou?

Mar 18, 202113 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 12

Magnus het ‘n sakevoorstel vir Wolfgang, wat hulle in groot moeilikheid kan laat beland. Rona ken vir Zane goed, en probeer hom teen Magnus beïnvloed. Chinel en Magnus bespreek hulle kompetisie.

Mar 17, 202112 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 11

Chinel en Lusinda kom ooreen om mekaar te help. Magnus ontneem Zane van sy waardevolste besitting. Dotty bring dit onder Magnus se aandag dat sy besigheid in ‘n groot finansiële verknorsing is.

Mar 16, 202112 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 10

Wolfgang en Rona begin planne beraam om die opedag van die lughawe in die wiele te ry. Alwyn het Magnus se hulp nodig, maar Magnus weier. Alwyn het hom al te veel keer in die moeilikheid laat beland. Chinel konfronteer vir Magnus. Sy wil vir Ikarus vlieg. Wat sal Magnus se antwoord wees?

Mar 15, 202112 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 9

Magnus kom vroeër terug van sy jagtog saam met Alwyn, en sy ontmoeting met sy nuwe kantoorbestuurder is vir albei ‘n groot verrassing. Chinel gaan soek werk by Wolfgang om die pot aan die kook te hou. Ribs help vir Chinel om al Ikarus Lugredery se vliegtuie te versien en na te gaan. Sal Chinel probeer om vir Magnus te vlieg?

Mar 12, 202114 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 8

Lusinda wil nog kla oor almal haar kom pla, toe sy uitvind van ‘n plakker op die lughawe se grond. Chinel Boshoff is ‘n vlieënier wat vliegure nodig het, en sy probeer by die lughawe om iemand te kry om haar in diens te neem. Rona Sanders is ‘n gesoute politikus en raadslid, en kom snuffel rond by die lughawe. Waar sy ook al gaan, volg probleme en drama haar.

Mar 11, 202112 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 7

Alwyn kry homself en vir Magnus in groot moeilikheid. Magnus belowe vir Alwyn dat hy nooit weer saam met hom sal werk nie. Wolfgang Starke, die eienaar van die plaas langs die lughawe, kom sien vir Lusinda. Hy is bekommerd oor die hommeltuig wat oor sy eiendom gevlieg het, en wil weet of die lughawe enigiets daarmee te doen het?

Mar 10, 202111 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 6

Magnus en Alwyn land in Botswana, waar alles nie volgens plan verloop nie. Magnus kom agter dat Alwyn se storie ‘n baie gevaarlike nadraai het. Lusinda probeer vir Magnus ‘n kantoorbestuurder kry. Vir dié doel het sy Dotty Lots na die lughawe toe gebring, en vir Ribs gekry om die plek vir haar te wys.

Mar 9, 202112 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 5

Magnus en Alwyn is gereed om op die jagekspedisie te vertrek, maar Zane daag nie op nie. Alwyn besluit om eerder in die koffiewinkel te gaan wag, en daar sien hy vir Magda. Die twee het ‘n wankelrige verhouding, met bagasie. Zane kom aangejaag met sy BMW, daar is ouens wat sy bloed, of moet ons eerder sê sy geld, soek.

Mar 8, 202111 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 4

Alwyn sit alles wat hy nodig het vir sy jagekspedisie, bymekaar. Lusinda jaag vir Ribs rond met voorbereidings vir die lughawe se opdedag. Dolla besef sy hou dalk meer van Ribs se geselskap as van Alwyn s’n. Alwyn smokkel ‘n sak in op die vliegtuig. Wat kan daarin wees?

Mar 5, 202112 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 3

Lusinda Hartlief is die lughawebestuurder, en probeer Magnus se arm draai om aan die lughawe se opedag deel te neem. Dolla Adams, die eienaar van die koffiewinkel, ontmoet vir Alwyn Marx en natuurlik moet hy eers by haar probeer aanlê. Alwyn het ‘n interessante voorstel vir Magnus.

Mar 4, 202112 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 2

Magnus en Magda van der Vyfer, die streek se veearts, sit vas in ‘n boom, met ‘n omgekrapte verwagtende renosterkoei wat hulle dophou. Zane en Ribs Fourie is op die loods se dak om van die duiwe ontslae te raak, en daar ontdek hulle iets interessant op die plaas langs die lughawe.

Mar 3, 202112 min

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 1

Zane Stuurman probeer die Piper-vliegtuig se enjin skoonmaak, maar word kort-kort onderbreek deur mense wat vir Magnus Adendorf soek. Magnus is die eienaar van Ikarus Lugredery en onderneem die vreemdste en gevaarlikste vlugte. Natuurlik teen die regte prys.

Mar 2, 202113 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot)

Wilmien deel Stephen mee dat sy besluit het om saam met hom Griekeland toe te gaan. Morné word verras met Jolene se Tankwa-waternimf-uitrusting en vra haar om verloof te raak. Oom Blikkies neem afskeid van Stephen, en vertel hom dat hy met sy oorlede self kontak gemaak het.

Mar 1, 202114 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 59

Blikkies vra Stephen om hom vrye toegang tot sy algoritmes te gee sodat hy kan begin werk aan ’n selfbewusmakingsprogram. Lizzie nooi Hannes vir ’n romantiese volmaanpiekniek in die Tankwaveld.

Feb 26, 202117 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 58

Oom Blikkies en Stephen word besoek deur Ella Conradie, en bevestig dat die polisie se forensiese afdeling die beendere wat in die grot saam met die goud gevind is, dié van Anglo Boere-oorlog-soldate is.

Feb 25, 202116 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 57

Oom Hannes keer terug van die Kalahari, en tannie Lizzie probeer al die drama wat op die plaas gebeur het van hom wegsteek. Jolene en Morné verfilm die beendere by die grot saam met Wilmien.

Feb 24, 202114 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 56

Chris verras oom Blikkies in die grot terwyl Ella Conradie gesprek voer met die beendere wat in die grot gevind is. Wilmien daag by die grot op en vra André om Chris daar weg te kry. Chris dreig vir Wilmien, en André tree tussenbeide en word per ongeluk geskiet.

Feb 23, 202112 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 55

Tannie Lizzie wil oom Hannes verras met ’n nuwe uitrusting wanneer hy terugkeer van die Kalahari, en vra Jolene om saam met haar dorp toe te gaan. André en Chris kom op Stephen se bakkie af in die veld, en vind die grot waarvan hulle verneem het almal praat.

Feb 22, 202113 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 54

Wilmien en haar filmspan besluit om Chris Schutte en haar broer skelm te verfilm terwyl hulle twee opsoek is na die grot op die plaas. Jolene wil by Morné weet of hulle wel die Krugerponde gevind het.

Feb 19, 202114 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 53

André en Chris Schutte daag onverwags by die plaas op. André is ontsteld dat sy ma hulle verlaat het. Chris Schutte probeer by Wilmien uitvis waar die grot is waar tannie Lizzie vasgesit het.

Feb 18, 202115 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 52

Lizzie sit vas in die grot se ingang en verhoed dat Stephen-hulle by oom Blikkies kan uitkom. Wilmien dring aan dat Morné vir tannie Lizzie wat vassit, moet verfilm. Stephen bedink ’n plan om tannie Lizzie te bevry.

Feb 17, 202114 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 51

Blikkies wys emosie nadat hy moes wag dat hulle hom eers verfilm terwyl hy vassit in die grot se opening. Stephen besluit hy sal die agterste deel van oom Blikkies se robotbene uitmekaar moet haal. Tannie Lizzie bring vir die groepie kos van die padstal af.

Feb 16, 202114 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 50

Blikkies sit vas in die ingang van die tweede gedeelte van die grot. André konfronteer Wilmien oor hoekom hulle ma so skielik terug is Amerika toe. Morné vertel Wilmien van oom Blikkies wat vassit in die grot, en hulle besluit om dit te verfilm as deel van die dokumentêre film.

Feb 15, 202113 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 49

Maryna wil by Blikkies weet hoe sy ervaring met Ella Conradie was. Blikkies en Stephen besoek die grot wat hulle met die hommeltuig ontdek het. Lizzie neem afskeid van Maryna en wil weet hoekom sy so skielik besluit het om hulle te verlaat. Maryna onthul aan Lizzie wat Ella Conradie gesien het in haar visie.

Feb 12, 202117 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 48

Ella kry dit reg om Blikkies sover te kry om haar te besoek. Jolene vra Wilmien om haar te help om ‘n rok te kies vir die aandete saam met Morné. Blikkies is geskok as Ella dit wel regkry om terug te kyk in sy verlede en kontak te maak met een van sy oorlede vrouens toe hy nog Blikkies Blignaut was.

Feb 11, 202115 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 47

Stephen besoek Ella om te verneem wat presies hy met haar kom bespreek het. Morné vra Lizzie om haar weer met haar perde te verfilm. Maryna raadpleeg Ella Conradie oor haar toekoms by Shangri La.

Feb 10, 202116 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 46

Wilmien vertel vir Stephen van al die vreemde stories wat Ella Conradie oor oom Blikkies aandra. Morné beplan saam met tannie Lizzie aan die spyskaart vir sy romantiese ete saam met Jolene.

Feb 9, 202114 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 45

Ella besluit om besoek af te lê by Maryna oor Blikkies wat by haar was en verwys het na die drie vroue wat sy geheime skakel na verdere menslike kennis is. Wilmien raak opgewonde as Stephen haar nooi vir ’n braai onder die bloekombome.

Feb 8, 202114 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 44

Oom Blikkies is terug in sy posisie by die padstal op die stoep saam met Buks. Lizzie reël dat oom Blikkies haar vriendin Ella Conradie ontmoet. Morné nooi Jolene vir die romantiese ete by die padstal.

Feb 5, 202116 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 43

Oom Blikkies maak sy verskyning uit Maryna se eko-hut, en het nie net ’n gedaante verwisseling ondergaan nie, maar het ook sommer ’n beter stem. Blikkies besoek Stephen en kondig aan dat hy terug is op die goudsoekprojek. Lizzie doen joga-oefeninge by Maryna.

Feb 4, 202115 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 42

Jolene betrap Morné in die badkamer wat hulle deel, en druk hom in ’n hoek oor hoekom hy haar nie na die romantiese ete genooi het nie. Morné klop aan by Ella Conradie vir hulp met Jolene, maar daar word ’n prentjie in sy toekoms gesien wat hy nie verwag het nie.

Feb 3, 202116 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 41

Jolene voorsien tannie Lizzie met die dieetkos wat sy en Wilmien voortaan by die padstal wil eet. Chris en Stephen probeer uitpluis wat ander hout ammunisietrommels kan wees wat hulle by die sementdam gevind het. Maryna verban Chris van Shangri La.

Feb 2, 202115 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 40

Chris lig Maryna in dat hulle moontlik die ou skuur se fondasie sal moet oop kap omdat daar ’n leidraad is dat die Kruger goue ponde daar versteek is. Lizzie konfronteer Maryna op Shangri La oor wat Ella van oom Blikkies tydens hulle sessie gesien het.

Feb 1, 202115 min

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 39

Stephen is besorg oor oom Blikkies wat net verdwyn het uit die solder op Shangri La. Morné vra tannie Lizzie om vir hom ’n romantiese ete te maak, want hy wil Jolene verras op die dag wat hulle vyfde jaar saam as paartjie sou wees. Ella Conradie besoek die padstal, en Wilmien vra of sy haar mag verfilm.

Jan 29, 202115 min