PLAY PODCASTS
Middagvervolgverhaal

Middagvervolgverhaal

3,020 episodes — Page 19 of 61

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 18

Bart belemmer Ampie se planne om privaat met Annekie te praat, en Ampie stuur hom om ou-Jakob te gaan water gee by die spruit. Bart het sy oog op Ampie se gordel, en loop eers nadat hy Ampie ook uit sy geldgordel verkul het! Ampie gee die ring vir Annekie, maar dit is heeltemal te groot. Gelukkig pas dit beter op haar middelvinger. Ampie wil trouplanne maak, maar Annekie wil niks weet nie, want hy is nog nie aangeneem nie. Hy sal moet leer dat dit klap vir die aanneming in Oktober!

Jan 2, 202312 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 17

Ampie is op ou-Jakob se rug op pad na Vlakplaas om Annekie se ring vir haar te gee. Hy is opgewonde en vrolik, en speel sy mondfluitjie baie vals! Naby die Lombaards se bywonershuisie kom Ampie op Bart af, wat Ampie se mondfluitjie wil hê en hom wysmaak dat dit ’n swak, goedkoop instrument is waarvoor hy te veel betaal het. Hy oortuig Ampie om eerder die nuttelose mondfluitjie vir sy onbreekbare trompie te verruil. Ampie stem in om sy mondfluitjie vir die trompie te verruil as Bart sy suster vir hom gaan roep. Bart stem in, maar nie voordat hy Ampie ook uit sy knipmes verkul het nie...

Dec 30, 202214 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 16

Dawid en Ampie het albei ander klere as normaalweg aan vir hulle besoek aan Aangenaam. Dawid het selfs sy gesig gewas! Kasper trek die kontrak op tussen hom en Dawid, en betaal hom ses pond vir die jaar se werk wat Ampie gaan verrig. Dawid kan nie skryf nie en Ampie help hom om D. Nortjé te skryf. Kasper en Grieta hou Ampie dop, en Grieta sê sy dink dit was so bestem dat Kasper ou-Jakob moes koop, sodat Ampie op Aangenaam wou kom werk.

Dec 29, 202214 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 15

Kasper vra Elias of hy dink dit is ’n goeie ding dat Ampie op Aangenaam kom werk, wetende dat Dawid alles van Ampie sal vat waarmee hy betaal word. Elias sê die een ding wat Ampie moet hê, is ’n plek waar daar vir hom omgegee word. Dawid is opgewonde dat Ampie op Aangenaam gaan werk, want dan kan hy die slagvark koop wat in die eerste plek die rede was waarom ou-Jakob verkoop moes word.

Dec 28, 202213 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 14

Ampie skok Elias deur te sê hy wil gaan drank smokkel. Maar dán sê Ampie hy het eintlik ’n ander plan. Een waarvan Elias baie hou! Grieta Booysen hoor ’n klop aan die agterdeur, en haar moed sak in haar skoene toe sy sien dit is Ampie. Maar hy verras haar deur wat hy vir haar sê. Kasper hoor Ampie se voorstel aan en sê hy sal dit oorweeg, maar dan moet Ampie sy pa die volgende dag saambring.

Dec 27, 202214 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 13

Bedruk oor die omstandighede tuis, gaan stap Ampie buite en kom op Elias af waar hy steeds soek na Kasper se drie verdwaalde osse. Ampie vertel van Dawid se aanslag op sy lewe, tot Elias se skok. Ampie sê hy het geleer dat mense net in jou belangstel solank hulle iets van jou kan kry. Dis hoekom hy nie naby mense wil wees nie.

Dec 26, 202214 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 12

Flip Staander hoor ’n onaardse gebrul, en kom tot Ampie se redding. Dawid vra vir Flip om wat gebeur het, asseblief stil te hou. Ampie se ma was doodbekommerd oor Ampie, en is oorstelp om hom weer te sien. Terwyl Dawid mor oor Ampie die geld gesteel het en hy nou die slagvark kwyt is, sê sy hy kan die vark mos op skuld koop. Sy weet wat hulle vir haar wegsteek...

Dec 23, 202213 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 11

Dawid Nortjé wil weet waar sy geld is wat Ampie vir die verkoop van ou-Jakob gekry het, en Ampie dink vinnig ’n verskoning uit wat al te spoedig eskaleer in ’n verwikkelde intrige. Die terugstap na Wasgat se murasie ontaard in ’n totale nagmerrie.

Dec 22, 202212 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 10

Ampie gaan loer by sy tant Fyta van Blikkiesdorp in, hoofsaaklik omdat hy honger is. Sy kla oor hoe swaar dit gaan, en Ampie stel voor dat haar man, Frits, met drank moet begin smokkel. Terwyl Ampie sy brood en koffie by sy tante geniet, word sy grootste vrees helaas bewaarheid.

Dec 21, 202213 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 9

Die twee smokkelaars, Jan en Piet, vertel vir Ampie hoe moeilik dit is om werk te kry. En wanneer jy jou werk verloor, is daar feitlik geen ander opsie as om maar tydens die drankverbod met drank te smokkel nie. Die konstabel bring droë brood en flou, koue tee. Jan en Piet is bereid om hulle maaltyd met Ampie vir sigarette te verruil, as hy het. Maar Ampie bly bekommerd oor al sy besittings wat die polisie van hom afgeneem het. Sal hy dit ooit terugkry? Veral die ring wat hy vir Annekie gekoop het...

Dec 20, 202214 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 8

In die tronk maak Ampie kennis met twee dranksmokkelaars, Oom Jan en die veel jonger Piet, sy handlanger. Ampie verstom hom aan die stories wat Jan hom vertel van sy planne om die polisie te ontduik. Hy dink hy gaan nie weer terug slagpale toe nie, hy gaan ook smokkel!

Dec 19, 202214 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 7

Amos erken dat Elias hom gestuur het om seker te maak Ampie is veilig op die dorp. Ampie sê die agterplaas van ’n leë huis is ideaal vir hulle om weg te kruip sodat hulle die kos kan eet wat hy gekoop het. ’n Konstabel kom egter op hulle af en verwilder hulle. Aan die buitewyke van die dorp is daar ’n diep waterafvoersloot waarin Ampie sê hulle kan wegkruip, maar die volgende oggend wag daar ’n nare skok op Ampie.

Dec 16, 202213 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 6

Net buite die dorp loop Ampie vir Amos raak, wat vinnig sê hy soek steeds na verdwaalde skape. By Moosa se winkel voel Ampie soos ’n ryk man, en laat toe dat sy opgewondenheid hom te ver meevoer.

Dec 15, 202214 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 5

Ampie vertel vir Annekie van sy toekomsplanne en dat hy graag met haar sal wil trou wanneer hy werk by die slagpale gekry en sy eie span donkies het. Flip Staander en Kasper Booysen staan by die kamp waar ou-Jakob gehou word, en Kasper sê hy moet dalk tog maar toelaat dat Ampie vir ou-Jakob kom kuier wanneer hy so voel.

Dec 14, 202213 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 4

Amos waarsku Ampie om nie planne oor Annekie Lombaard, die mooi nooi van Vlakplaas, te maak sonder dat hy eers met haar daaroor gepraat het nie. By Annekie se ouers se enkelvertrek bywonershuisie aangekom, vra Ampie om na haar broer, Bart, se tuisgemaakte kitaar te kyk en hy sing en speel sommer sy eie liedjie ook!

Dec 13, 202213 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 3

Ampie loop Elias Maerman, die getroue veewagter van Kasper Booysen, net buite die beeskraal raak. Uit sy gesprek met Elias skep Ampie weer ’n bietjie moed. Op die voetpaadjie waarlangs Ampie dorp toe stap, kom hy Amos Danster teë. Toe hy Ampie wil afraai om sy plan uit te voer, sê Ampie hy kan nie huis toe gaan nie, want hy is bang sy pa “verniel” hom.

Dec 12, 202212 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 2

Ampie se beste vriend en metgesel, ou-Jakob, die donkie, word vir net twee pond verkoop aan die welgestelde boer, Kasper Booysen van die plaas Aangenaam. Ontsteld oor die verlies van sy vertroueling én die feit dat hy nie vyf pond vir ou-Jakob gekry het nie, sien Ampie nie kans om huis toe te gaan nie.

Dec 9, 202215 min

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 1

Ampie word deur sy hardvogtige pa, Goor Dawid Nortjé, een van die moeilikste take opgelê wat ’n jongman van 19 jaar opgelê kán word.

Dec 8, 202213 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 60 (slot)

Is al die spoke begrawe? Het Cupido in haar doel geslaag? Het dinge uitgewerk soos dit moes, of lê daar nog baie werk voor vir Trix?

Dec 7, 202215 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 59

Du Preez kry ‘n oproep van die speurder. Hy gaan help, maar nie alleen soos hy gedink het nie. Dawie is agterna. Die speurder gaan om Evelyn in te lig oor Steward. Nog voordat hy met Evelyn kan praat oor Steward, lig sy hom in dat sy van Steward gaan skei. Evelyn kom agter dat Leonard al die tyd weet van haar geheim.

Dec 6, 202215 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 58

Pastoor Benjamin praat met Tryna oor twee dinge - hoe hy oor haar voel en die vermoede oor wat met Vytjie gebeur het. Hy kry ook vir Vytjie om uiteindelik te praat. Gert pleit onskuldig, maar al die bewyse is teen hom.

Dec 5, 202215 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 57

Piet en Du Preez bespreek hulle vermoedens met speurder Theron. Evelyn deel haar geheim met Stella.

Dec 2, 202215 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 56

Thys deel belangrike inligting met Du Preez, en gee ook vir hom Piet se selfoon. Evelyn keer terug uit die Kaap. Steward is nog onbewus van die kan wurms wat oopgekrap is. Du Preez neem pastoor in sy vertroue, en deel sy vermoedens oor die dinge wat op Duinebult afspeel. Evelyn besluit om van Steward te skei. Sy maak haar hart oop teenoor pastoor Benjamin.

Dec 1, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 55

Thys vat ’n kans, en praat met Vytjie. Leonard doen dieselfde, en praat met Evelyn. Beide kry meer as wat hulle verwag het. Evelyn het een doel voor oë, en dit is om uit te vind of Steward haar wel destyds ’n rat voor die oë gedraai het, soos wat Leonard beweer. Evelyn besef nie hoeveel waarde die inligting dat Kromhout by die stoor buite Duinebult was, inhou nie.

Nov 30, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 54

Riekie se verdwyning het die hele dorp behoorlik op hol. Almal soek na dié geliefde inwoner. Die vraag is net of sy nog leef? Tryna deel ook inligting van Steward met Jana.

Nov 29, 202213 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 53

Die mense is op hol oor Riekie se verdwyning. Die speurder glo Du Preez is nie heeltemal onskuldig nie. Hy kry Steward te siene, en soos verwag is die herontmoeting nie ’n aangename ervaring nie. Gys is van mening dat speurder Theron op die verkeerde spoor is wanneer hy Du Preez verdink. Wie is die hoëvlak mense waarna Riekie verwys?

Nov 28, 202213 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 52

Riekie gaan praat met du Preez. Wat hy tot op hede uitgevind het, voldoen nie aan haar verwagtinge nie. Teen Du Preez se waarskuwing in, gaan doen sy haar eie speurwerk. Sal dit haar duur te staan kom?

Nov 25, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 51

Du Preez probeer sy bes om Jana te oortuig dat hy onskuldig is. Jana weier egter om weer so naïef soos in haar eerste huwelik met Wikus te wees. Trix wend ook ’n poging aan om Jana te oortuig, maar dis nie so maklik nie.

Nov 24, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 50

Vytjie het ’n miskraam. Almal is besorgd. Du Preez is bekommerd dat as Vytjie iets sou oorkom, Thys ook weer sal terugval. Jana loop in op Du Preez en Armani.

Nov 23, 202213 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 49

Emily neem vir Thys ’n nuwe foon. Sy is dankbaar vir al die hulp wat Du Preez vir Thys gee. Thys is teleurgesteld omdat sy ma nie Piet se foon vir hom geneem het nie. Jana hoor via Trix van Armani, wat troos by Du Preez gaan soek het. Vytjie verloor haar baba, en haar eie lewe is ook in gevaar.

Nov 22, 202213 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 48

Pastoor maak dit duidelik dat hy Tryna ondersteun en haar geselskap geniet. Vytjie het nie ’n probleem daarmee nie. Emily loer in by Tryna om ’n geldjie te leen. Vytjie stop geld in Emily se hand, en verwys daarna as bloedgeld. Tryna is te bang om vir Vytjie te vra wat sy daarmee bedoel. Sy vra Benjamin vir raad.

Nov 21, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 47

Gys en Stella gesels oor die ontwikkeling, maar ook oor Evelyn en Leonard en natuurlik die feit dat Gys vir Leonard help met sy ondersoek. Trix vra vir Du Preez om verskoning vir haar optrede, maar bekom in die proses inligting wat Du Preez eerder van Trix sou wou weerhou.

Nov 18, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 46

Riekie is omgekrap omdat Trix glo nie aan haar kliënte genoegsame aandag gee nie. Steward en Kromhout beplan nog ’n sending perlemoen. Trix vat Du Preez vas omrede Armani by hom besoek afgelê het en hy nie vir Jana daarvan vertel het nie.

Nov 17, 202213 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 45

Armani gaan soek Wikus by Jana se huis. Sy moet hoor dat Wikus op Duinebult is om Jana terug te wen. Jana maak dit duidelik dat sy nie belangstel nie. Wikus erken, ná ’n konfrontasie met Armani, dat hy inderdaad vir Jana wil terughê. Sy gaan soek troos by Du Preez. Thys vind uit Piet is nog springlewendig.

Nov 16, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 44

Du Preez en Piet ontferm hulle oor Thys, en maak planne om die perlemoenstropers in te wag en bewyse bymekaar te maak. Riekie gee ook vir Du Preez welkome inligting. Die vraag is of sy na Du Preez sal luister en haar uit alles sal hou, of gaan sy haar neus dieper insteek?

Nov 15, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 43

Tryna is ontsteld oor iets wat sy gehoor het. Sy vra raad by Jana. Du Preez verras Jana in die buitestort. Wat sal sy daarvan sê, en hoe gaan sy reageer? Is Tryna en Vytjie weer in gevaar?

Nov 14, 202215 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 42

Armani kom op Duinebult aan. Behalwe dat sy Wikus se planne kom deurmekaar krap, dryf sy hom van die staanspoor af teen die mure uit. Hy is ook gefrustreerd omdat hy nie aan boord kan kom met Gys se nuwe belegging nie, en hy nie wil glo dat Jana aanbeweeg het nie.

Nov 11, 202215 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 41

Wikus het ’n paar van Duinebult se mense op hol met sy optrede en sy poging om Jana terug te wen. Trix weier om toe te laat dat hy Jana en Du Preez se verhouding verongeluk. Sy laat nie op haar wag nie, maar kontak Armani, en bring haar op hoogte van die motief agter Wikus se teenwoordigheid op Duinebult.

Nov 10, 202213 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 40

Gys en Evelyn loop mekaar raak langs Leonard se hospitaalbed. Is Evelyn regtig so onaangeraak deur Leonard se teenwoordigheid op Duinebult soos sy te kenne gee, of nie? Trix is nie meer so verlief soos sy gedink het nie, terwyl Du Preez die knoop so vinnig moontlik wil deurhaak. Piet maak sy verskyning terwyl Jana by Du Preez is. Du Preez moet noodgedwonge verduidelik.

Nov 9, 202213 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 39

Steward raak bietjie senuagtig omdat sy en Kromhout se planne nie heeltemal verloop soos dit moet nie. Hy en Evelyn is ook nie op ’n goeie plek nie. Verder hou Leonard Theron vir hom ook nog ’n bedreiging in. Gelukkig is alles wat op Duinebult gebeur nie net negatief nie. Evelyn en Riekie maak vrede, en Dawie is dapper genoeg om die groot vraag te vra.

Nov 8, 202215 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 38

Steward en Evelyn stamp koppe. Speurder Theron probeer agterkom hoekom Evelyn dink hy was ontrou aan haar. Is Steward wie hy voorgee om te wees, of kom sy ware kleure nou na vore?

Nov 7, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 37

Wikus wil nie aanvaar dat Jana hom nie wil terughê nie. Hy probeer om Du Preez aan te vat. Sal hy regkom? Gert bieg teenoor Steward dat hy verantwoordelik is vir Vytjie se swangerskap. Du Preez maak die ontwikkeling ook nou sy besigheid. Wie steek wat weg?

Nov 4, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 36

Pastoor praat met Tryna oor haar en Emily se vriendskap. Tryna besef sy sal moet gaan regmaak. Sy voel immers verantwoordelik dat Thys die pad byster geraak het.

Nov 3, 202215 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 35

Du Preez gesels weer met Piet oor die aand wat Llewelyn en Allister sogenaamd verdrink het.

Nov 2, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 34

Wikus daag onverwags op Duinebult op. Hoekom sê Jana nie hoekom hy daar is nie? Wat het Riekie van Kromhout gesien wat sy eers vir haarself wil hou?

Nov 1, 202215 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 33

Steward en Evelyn is haaks oor Gys. Steward glo steeds daar steek niks in Gys nie, net totdat hy ontdek Gys het Steenkamp se grond gekoop. Dis grond waarop Spring Tide Holdings met alle mag hulle hande wou lê. Steward word verder ontstel toe hy uitvind van Lennie Theron se teenwoordigheid op die dorp. Hy waarsku Evelyn vroegtydig om van Lennie af weg te bly. Evelyn hou nie daarvan dat Steward haar disrespekvol hanteer, of dat hy haar voorskryf nie, en rebeleer openlik daarteen.

Oct 31, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 32

Die gemoedere loop hoog. Riekie is omgekrap oor wat gebeur het. Stella is in die middel van al die bespiegelinge en praatjies, terwyl Gys verwag sy moet hom glo. Wat maak sy? Wie glo sy? Gys se geskiedenis tel teen hom. Sal Gys toelaat dat die skinderpraatjies en Steward se dreigemente hom onder kry? Of sal hy deurdruk en die geleentheid gebruik om vir hom en Stella ’n nuwe toekoms te bou?

Oct 28, 202213 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 31

Piet kom agter hy het Du Preez oor die kop geslaan, en nie vir speurder Theron nie. Du Preez waarsku hom om nie goed sonder sy medewete te doen nie. Trix is agterdogtig oor Steward en Spring Tide Holdings se grootkop, Kromhout. Gys is in die sewende hemel want die bank het sy besigheidsplan goedgekeur. Sy vreugde is egter van korte duur. Stella konfronteer hom oor die stories dat hy die pa van Vytjie se kind is.

Oct 27, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 30

Speurder Theron is hard aan die werk want die mense van Duinebult hou hom besig. Hy besoek Tryna en Vytjie in verband met die skietery, maar ondervra ook vir Du Preez. Hy glo vas locals wat onwettig duik, is verantwoordelik vir die skietery. Net toe Du Preez dink hy is ontslae van speurder Theron, daag hy weer by Du Preez se huis op met verdere beskuldigings. Iemand wat kort daarna by Jana se huis peuter, verhoog ook die spanning. Du Preez kry ’n hou oor die kop, en die skuldige hardloop weg. Wie is verantwoordelik vir die skoot wat kort daarna afgaan?

Oct 26, 202214 min

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 29

Tryna is in die arm geskiet, en word in die hospitaal opgeneem. Jana en Du Preez spring in en staan Vytjie by. Thys is nie net bekommerd oor wat met Tryna gebeur het nie, maar is ook bekommerd omdat Vytjie nog nie vir Tryna gesê het dat hy nie die pa van haar kind is nie.

Oct 25, 202213 min